NIKS IS NUUT NIE (7)

Dries Bergman

Lees reeks by Niks Is Nuut Nie

OWERHEIDSFLATERS

"Die Britse owerheid het hul fout te laat agtergekom - moet nooit swartes bewapen nie.  Vroeër of later draai hulle teen hul leermeesters!"

Die Britse owerheid was van meet af aan daarop ingestel om die Boerevolk te vernietig.  Hulle het die staat, kerk en skool vir hul bose doel aangewend.  Hierdie drie instansies is jare later vir ‘n tweede keer teen die Boerevolk ingespan om hom van sy vryheid te beroof.   Die Britte het die Boerevolk eers deur middel van massa-immigrasie probeer toeploeg.  Toe hierdie pogings misluk, het hulle alles in hulle vermoë gedoen om rassespanning aan te wakker ten einde die Boere se  rasseverhoudinge te vertroebel.

In 1839 skryf die latere president Boshoff as volg aan Lord Glenelg: "Die vermoede wat lank reeds bestaan het, is bevestig, naamlik dat die totale ruïnering en uitwissing van die blanke bevolking met ongeërgdheid gade geslaan sal word" (CFJ Muller: 500 Jaar, p.155).

Die Britse owerheid was hoofsaaklik vir die Groot Trek te blameer en het die gevolge daarvan deeglik gevoel. Kaapland was yl bevolk en het 'n dringende behoefte aan meer blanke bewoners gehad.  Gevolglik het die noordwaartse volksverhuising nie net die handel en nywerheid van die gebied ernstig geknou nie, maar ook die lewensvatbaarheid van die hele Kaapkolonie in gedrang gebring.

Die Voortrekkers het egter ‘n groot sug van verligting geslaak toe hulle uiteindelik van die volksvyandige invloede bevry is.   Voortaan kon hulle hul taal, gewoontes, gebruike, karakter en godsdiens, ja, alles wat vir hulle kosbaar en edel was, behou en daadwerklik uitbou.

Toe Sir Peregrine Maitland in 1844 goewerneur aan die Kaap word, het hy die sinnelose verdragspolitiek met die vyandige swartes voortgesit.  Hy het die stelsel so gewysig dat die swart kapteins jaarliks ‘n geldbedrag in ruil vir hul gehoorsaamheid aan die Britse owerheid ontvang het.  In wese het dit niks van Maynier se eertydse flater verskil nie.  Wie nie uit die geskiedenis leer nie, herhaal foute!

Die barbare het Maitland se gulhartigheid as ‘n teken van swakheid gesien en hul roof-en plundertogte spoedig hervat.  Dit het tot die Sewende Grensoorlog (1846-1848) gelei. Maitland het op die harde manier geleer dat blankes altyd baie ferm met swartes moes optree.  Mense wat deur geweld leef, kan anders as om deur geweld in toom gehou te word nie. Swartes het geen belang by traktate, vredesooreenkomste en dies meer nie. Al waarvoor hulle ontsag gehad het, is mag.

Die plaaslike Britse owerheid wou egter nie leer nie en het in die beneweldheid van hul liberale denke al hoe meer foute begaan.  Politieke flaters kos lewens!  Toe Sir Harry Smith in 1848 goewerneur aan die Kaap word, het hy ‘n verdere flater began deur ‘n swart polisiemag op die been te bring en te leer om vuurwapens te gebruik.  Hierdie onbesonne daad sou spoedig boemerang!

Nadat die Sewende Grensoorlog beëindig en vrede gesluit is, was die roofsugtiges se mag nog lank nie gebreek nie.

Na drie jaar van wapenstilstand is die stryd met groter beslistheid hervat en het die swart polisiemag hul by hul strydlustige rasgenote gevoeg.  Die Britse owerheid het hul fout te laat agtergekom - moet nooit swartes bewapen nie.  Vroeër of later draai hulle teen hul leermeesters!

Nadat duisende roofsugtiges die grens op Kersdag 1850 oorgesteek en die Britse soldate by die Woburn en Auckland poste vermoor het, het die Agtste Grensoorlog uitgebreek.  Die swart polisie het sy aan sy met die Galekas, Hottentotte en Tamboekies teen die Britte geveg.  Sir Harry Smith is by Fort Cox omsingel en kon eers dae later na veiligheid vlug.  Die Britte het dié keer van hul eie medisyne geproe! Swartes vra nie na jou land van herkoms alvorens hulle jou skade aandoen nie.

Sir George Cathcart het Harry Smith as goewerneur aan die Kaap opgevolg en vir ‘n verandering ferm teen die rowers opgetree en hard geslaan. Hy het gou besef dat ‘n paai-en mooipraatbeleid nie met onbeskaafdes gewerk het nie. Cathcart se strategieverandering was so suksesvol dat die swart boosdoeners hulle spoedig onvoorwaardelik aan die plaaslike owerheid onderwerp het. Cathcart is in 1854 deur sir George Grey opgevolg wat die aansien en gesag van die swart kapteins verminder en meer blanke setlaars in die strydgebiede gevestig het.

In 1856 het 'n swart profeet in Galekaland die verwoesting van die blankes en die triomf van die Xhosas voorspel.  Hy het sy mense aangesê om al hul beeste te slag, die graan te vernietig en die lande onbewerk te laat.  Hulle sou dié van blankes as vergoeding ontvang.  Volgens die profeet sou ‘n orkaan op 18 Februarie 1857 alle blankes van die aardbodem afvee.  Toe dit nie gebeur nie, het ‘n hongersnood gevolg wat die lewens van meer as 70,000 barbare geëis het. Dit het die roofsugtiges se mag vir 20 jaar gebreek.