WAARSKUWING !

Die Weskaapse Onderwys Departement het pas die land se eerste riglyne vir geslagsidentiteit en seksuele oriëntasie vir skole opgestel. Hieronder word verstaan dat skoolkinders nou onderrig gaan word oor wat elke “gender” behels. Dit word hartlik ondersteun deur die Demokratiese Alliansie (DA).

Dat dit so kort voor die verkiesing plaasvind laat mens wonder of die DA glo hy stemme daarmee kan trek. Dit is ‘n hartseer dag dat Suid-Afrika die pad van die VSA in hierdie verband volg. In Amerika is sowat 56 sogenaamde geslagte (“genders”) wat totale chaos dikteer. Die satan se hand word so duidelik daarin gesien wanneer onmin en verwarring by jong kinders geskep word. Daar is nie net meer homoseksuele en lesbiese verhoudings nie. Kinders gaan skooltoe as ‘n kat of ‘n hond, gedra hulle daarvolgens en die onderwyser het geen gesag daaroor nie.

Die tragiese toestand strek ook tot volwassenes daar. Een so ‘n voorbeeld is toe ‘n voornemende koper ‘n verkoopsman as “meneer” aangespreek het. Die “meneer” was glo nie meer ‘n meneer nie maar iets anders, het die koper aangekla en hy is volgens die land se wetgewing swaar tronkstraf opgelê. Sulke voorvalle vind daagliks plaas. Dit is die pad wat nou vir Suid-Afrika wag. Ouers en onderwysers het geen gesag oor hulle kinders se soort “gender” nie en absolute bandeloosheid is die gevolg daarvan.

Hierdie gedrag is direk van die satan af. Geen Christen kan hom met so iets vereenselwig nie. Dat die DA hierdie chaos goedpraat beteken suiwer dat die DA homself nie met Christenskap identifiseer nie maar hom by die satan skaar. Dus sal enige persoon wat vir die DA stem, homself by die sataniese gevolge wat uit hierdie leerstelsel kom, voeg. Daarom doen Gelofteland ‘n dringende oproep op elke kind van God om hierteen in opstand te kom. Maak hierdie saak aanhangig by u kerk, skool en gemeenskap, vertel hulle van die gevolge daarvan, nie net wat dit in die samelewing gaan veroorsaak nie maar ook dat elkeen wat hieraan meedoen, die ewige lewe kwyt is omdat hy homself by die satan skaar. Om niks daaraan te probeer doen nie, is ‘n sonde van versuim; u stilswye is ‘n vorm van goedkeuring daaraan.

Bly asseblief weg van die stembus ook omdat u nie deel van hierdie bestel is nie. Geen Afrikaner met ‘n liefde vir Christus en sy volk en land, hoort by die stembus nie. Hierdie land is onwettig aan die ANC oorhandig sonder ‘n wettige stemproses en ons gee nie ons samewerking aan ‘n onwettige regering deur te gaan stem nie, nie vir één van die staande partye nie!