...Tussen Alma, Ellisras en Marken
Brandstigting en natuurlike vure in bg omgewings het handuit geruk. Die vure is so ontsaglik dat vuurslaners dit nie meer naby kan aanpak nie, dis bloot net te warm en uitputtend! Na raming het daar reeds 40 000 – 50 000ha afgebrand, net vanaf middel September hierdie jaar. Die skade is onberekenbaar. En almal wat betrokke is daarby weet voor hulle siele dat die meeste daarvan brandstigting was. Ons land is dus reeds aan die brand – een van Siener se voorspellings vir hierdie tyd net voordat die 3e Wêreldoorlog begin, en net voordat ons land geheel en al op alle gebiede ineenstort.
Hierdie brande sluit nie eers die groot brande in die Alma-area, by Nylstroom en tussen Nylstroom en Warmbad in nie. Die brandstigters teiken ook hoofsaaklik wild- en beesplase, en ons hoef nie te raai waarom nie!
Intussen is die droogte besig om sy tol te eis; boere in hierdie omgewings het reeds vanaf verlede jaar watertekorte omdat dit minder as te vore gereën het en gaan nou gebuk onder werklik ernstige droogte. Terwyl verlede somer se reënvalsyfer aansienlik laer as gewoonlik was en dit nog nie hierdie somer begin reën het nie, word daar gevrees dat die wild (vir wie daar nou ten duurste voer aangekoop moet word) dit nie sal oorleef indien boere dit nie finansieel kan bekostig nie.
Hierdie reënstreek moes onder normale omstandighede reeds nou aan die einde van Oktober ‘n goeie drag reën ontvang het. Foto’s van verlede jaar hierdie tyd (al was daar reeds ‘n merkbare droogte) toon groen weivelde teenoor nou waar dit net vaal en dood lyk.
Ons plaas hiermee saam ‘n lys van onlangse groot brande:
| DATUM | OMGEWING | |
| 1 | 17-18 Sept | Vaalwateromgewing |
| 2 | 19-20 Sept | Vaalwateromgewing |
| 3 | 29-30 Sept | Ellisraspad |
| 4 | 30 Sept-1 Okt | Vaalwater/Markenpad |
| 5 | 7-8 Okt | Vier-en-twintigrivierepad (tussen Vaalwater en Marken) |
| 6 | 17 Okt | Ellisraspad |
| 7 | 18-19 Okt | Vaalwater/Melkrivierpad |
| 8 | 27 Okt | Nylstroom/Vaalwaterpad |
| 9 | 29-30 Okt | Horison, Melkrivier/Sondagslooppad |
| 10 | 1-5 Nov | Slangfontein, Doornkom, Melkrivier/Markenpad |
| 11 | 1-2 Nov | Lindani, Melkrivierpad |
Ons sal binnekort in die volgende berig ‘n video plaas wat vanuit ‘n helikopter geneem is om hierdie ontsaglike brande waar te neem.