ONSE JULIAS MAAK RUSTIGES ONRUSTIG

David Bullard praat reguit oor Malema

Wat Julius Malema te sê het mag dalk lagwekkend wees maar hy laat my dink aan die vroeëre tyd van Idi Amin. Die jonge JuJu word alreeds toegelaat om in 'n voertuig sonder nommerplate rond te kerjakker sonder enige bekommernis vir vervolging.

Hy weier voortdurend om die media te antwoord op vrae soos hoe op aarde hy in so 'n kort tyd so 'n groot rykdom bymekaar gemaak het.
Hy verkeer vermoedelik ook in 'n baie spesiale verhouding met die Ontvanger van Inkomste.

Terwyl hy met al die oorweldigende getuienis teen hom duidelik 'n uitvaagsel blyk te wees swyg die kommunistiese ANC-regime in al elf landstale oor die mannetjie se vergrype. Is dit dalk omdat hulle hul eie planne vir klein JuJu het? Maar dit mag ook wees dat hulle heel in hulle skik met sy optrede is. As laasgenoemde waar is, is hierdie land se burgers, veral sekeres, reeds in baie diep modder.

Ons sal ook later terugkyk na die jaar 2010 en dit werklik nie onthou vir die jaar van die Wêreldsokkerbeker nie maar eerder as die jaar waarin die kanker wat ons land vernietig vir die eerste keer ontdek is. Ons het tevore ook baie laagtepunte beleef en die meeste daarvan het van die ANC se Jeugliga gekom, maar Malema se kombinasie van selfsug en eiegeregtigheid, arrogansie, daarby onnoselheid plus sy vermoë om te lieg sonder blik of bloos (laasgenoemde natuurlik uit die kwessie...) maak hom 'n persoon wat nie onderskat moet word nie.

Ons mag nou nog sy optrede net irriterend vind maar ons sal meer as kriewelrig raak wanneer hierdie maniak begin om sy politieke vyande te vernietig – as JuJu iets wil hê vat hy dit klaarblyklik net. Daarom sal daar geen debattering wees oor die nasionalisasie van myne nie al verkondig Zuma ook wát aan die wêreld. Dit sal in alle geval nie meer Zuma se regering wees nie – dus sal hy nie lieg nie wanneer hy dan weer vertel: "...my government have no plans to nationalise the mines." Dinge verander baie vinnig in Afrika en hier is geen kontrak die papier waarop dit geskryf is, werd nie.

Die media sal ook van geen hulp wees nie. Teen daardie tyd hou onse JuJu groot partytjies as lewenslange outokraat (klink soos Zim se groot Rober...) waartydens hy die joernaliste vir sy troeteldierleeus voer terwyl dit vir YouTube verfilm word.
Ek glo dat Malema se posisie by sy ondersteuners net oor een ding gaan – hy is hulle held omdat hy die "witman op sy plek gaan sit", van ontslae gaan raak, en hulle eiendom kwansuis onder die swart massas sal verdeel; dit is sy belofte aan hulle al word daar vir hulle gelieg want alle rykdom in 'n kommunistiese staat gaan na net 'n klein elite-groepie in die boonste stoele, maar nietemis daarom hulle lojale ondersteuning aan hierdie 'held'.  Hulle uiteindelike doel en vooruitsigte word gevoed deur rassehaat teenoor die witman. Alle blanke bates sal in die slag bly; onder andere sal blankes se bankrekenings gevries word en die bates onder die 'arme agtergeblewenes' verdeel sal word. Hieraan sal 'n tipiese Malema-logika verbonde wees soos: mens het nie die geld nodig as jy dit in die bank gesit het om rente te trek nie, dus mag hulle dit vat.
Blankes sal ook nie toegelaat word om enige nalatenskap aan hulle erfgename te maak nie.
Besighede sal voor die voet aan swartes oorgegee moet word – die deeltjie daarvan wat tans nog nie in hulle kloue is nie nadat Swart Ekonomiese Bemagtiging in werking getree het en met mening toegepas word.

Blankes sal terugkyk en verstom wees waarom hulle hierdie dinge nooit betyds sien kom het nie.
Wel, dalk het baie dit gesien kom maar was te bang en geïntimideerd om enige aksie hier rondom uit te voer.

Maar dan sal dit te laat wees!