U sal oplet dat FW de Klerk nou weer baie in die nuus is. Sy De Klerk-stigting was nie om dowe neute nie. Hy het net na sy verraad in 1994 gesê dat hy weer binne vyf jaar die land sal regeer – menende die Swart kommuniste is nie in staat om die land te regeer nie en hy het dit geweet maar nogtans ons land aan hulle gegee om af te takel tot waar ons nou in 2012 'n erge ekonomiese ineenstorting in die gesig staar. Hierdie selfde De Klerk predik die afgelope tyd aanmekaar dat die Afrikaanses bymekaar hoort. In dieselfde asem beskuldig hy die ANC van al die dinge waaraan hulle wel skuldig is. Maar hierdie is suiwer taktiek om die Afrikaners nog 'n keer om die bos te lei en ons identiteitsloos te probeer maak, ons trots te vernietig en die stukkende land voor te hou vir sy optrede sodat ons amper bly sal wees wanneer hy as blanke weer die land regeer – en te vergeet dat dit in die eerste plek hy was wat miljoene van die geldmag ontvang het om ons aan die Swarte kommuniste uit te lewer.
Nou vertel hy dat almal wat Afrikaans praat, as een volk beskou moet word. In Sentraal-Europa praat die Serwiërs en die Kroate ook dieselfde taal, maar hulle is in 'n oorlog teen mekaar gewikkel.
Hier by ons is daar ook mense wat Afrikaans praat naas die Afrikaner, maar hulle is nie Afrikaners nie en hulle kan nooit deel word van Afrikaner-nasionalisme nie.Nou word daar gesê ons moet elke volk in Suid-Afrika se reg op sy taal erken. Daar is elf tale, bid u aan! Sal u dink dat daar 'n elftalige stad kan bestaan, of negetalige wegwysers, of sewetalige amptelike vorms van die Staat wat ingevul moet word. Kan u u die bespotlikheid daarvan voorstel?
Maar dit is om Afrikaans eers te degradeer tot een van die Swart tale en dan met die algemene aanvaarbaarheid van Engels deur die Swartes, Afrikaans uitgeskakel te kry. Eentalige lande en stede kan daar wees, tweetalige ook, drietalige is reeds buite die kwessie.
In 'n staat behoort daar een taal te wees. As 'n volk nie vir homself sorg nie, sal niemand anders vir hom sorg nie.
Ons sit daar met die aanslag vanuit die Engelstalige wereld, veral die Amerikaanse aanslag. Amerika, wat aan ons voorgehou word as 'n voorbeeld om na op te sien. Onthou ook wat Amerika werklik vandag is. Die Negers is 12% van die Amerikaanse bevolking, maar 50% van die tronkbevolking daar is Negers; 35 miljoen Amerikaners lewe in armoede; 37 miljoen Amerikaners is verstoke van alle mediese hulp; 24 miljoen volwassenes kan nie hulle eie land op 'n landkaart aantoon nie! Dan is dit die mense wat vir ons wil vertel hoe ons moet lewe. 'n Amerikaanse professor het onlangs gesê, 50% van die studente wat hy gevra het, het nog nooit gehoor van Roosevelt of Churchill nie. Alain de Benoist het gese: "Die Kommunisme is hel, die Amerikanisme is hel met lugreëling".
En u sien, by ons is dit 'n grotendeelse navolging van die Amerikaners. Hierdie rol wat die juriste moet speel in Suid-Afrika: die Goldstone-kommissie en hierdie konstitusionele hof, dis alles navolging van die Amerikaners waardeur die reg eintlik die seggenskap kry oor 'n volk se lewe. Die verkose verteenwoordigers het nie die seggenskap nie, hierdie onverkose verteenwoordigers wat regspleging moet doen, hulle word eintlik die onverkose wetgewers.
Van die verset teen die Amerikanisme word nou ook al vandag gesê, soos onlangs in een van die blaaie hier in Suid-Afrika: dit het 'n anachronisme geword. Die verset teen die Kommunisme het 'n anachronisme geword. Ja, dit is altyd 'n anachronisme om jou te verset teen die besetter van die oomblik, om in opstand te kom teen die dominerende ideologie en om in te gaan teen die konformisme. Dit is altyd 'n anachronisme.
Ons moet besef dat as ons wil toegerus wees om hierdie stryd te stry, sal ons moet kennis maak van al die magte waarmee ons te doen het, veral die mag van die media. In een van die koerante sê hulle die verskil tussen die Britse imperialisme en die Amerikaanse imperialisme is dat die Britte het eers hulle vloot gestuur, dan hulle soldate, dan hulle burokrasie, dan hulle onderwys. So het hulle die imperialisme gevestig. Die Amerikaners, vertel hulle, dié werk heeltemal anders. Hulle stuur net hulle televisie. Ons sien dit in Suid-Afrika hoe kwesbaar ons mense daarvoor is. Ons moet aanneem ons kan nie kompeteer teen die magtige kommunikasie-apparaat van media wat op ons gerig is nie omdat ons nie die middels tot ons eie beskikking het nie.
Ons sal moet besef ons moet organiseer. Ons moet die Afrikaners se verbrokkelde organiese verval herstruktureer in organisasies waar ons aanmekaar gebind word, waar ons feitlik geïsoleer word teen hierdie vreemde invloede, waar ons middele gemonster word vir enkelsinnige doeleindes, waar ons weer 'n kollektiewe gerigtheid kry in plaas van dat ons elkeen in afsondering ons bekommer oor wat gebeur in die land.
Daar is baie dinge wat ons op ons eie kan doen om mee te help om gerigtheid te kry: ons moet daaraan moet dink om, soos wat hulle in Ysland doen, televisielose aande te hê. Een maal 'n week geen televisie nie. Die oomblik as mense eers tot daardie punt oorgaan dat hulle besef hulle kan 'n aand sonder televisie klaarkom, dan word dit 'n hele nuwe manier om te leef in jou eie huis.En ons sal ons kontak met ons stamlande weer moet herbevestig om los te kom uit die Engelstalige wereld se greep op ons. Ons kan nie fisiek trek nie, ons het 'n trek van die gees nodig uit die greep van die Engelstalige wêreld. En daar is vir ons groot voeding in daardie lande te kry. Engels is 'n voertuig van die liberalisme en tussen liberalisme en nasionalisme is daar geen versoening nie. Hoe meer ons ons van die Engelse media vervreem, hoe meer verskans ons ons teen die liberalisme.
Ons moet sorg dat ons die valshede wegstroop. Die demokrasie is 'n uiters beperkte politieke stelsel, daar is niks heiligs aan hom nie. Die Menseregte-akte is 'n instrument om ons aan ander magte te onderwerp. Die storie van vrede, van versoening, van verdraagsaamheid, die "nuwe nasie", en vereniging van tale, is alles dinge waarteen ons sal moet opruk om dit uit ons woordeskat te stroop en onsself daarteen weerbaar te maak. Ons mense moet die gerustheid van hulle afskud!