HÍÉRDIE LAND IS ÓNS LAND!
POLITIEKE EENHEID
"Wie het hierdie land mak gemaak tot 'n tuiste van 'n gevestigde beskawing? Wie het die land se verborge bates ontbloot? Was dit nie die Afrikaner-boer wat die plase aangelê en ontwikkel en die wilde wêreld getem het nie?"
Ons staan aan die begin van 'n nuwe fase onder die ANC met betrekking tot die Nasionale Demokratiese Revolusie (NDR). Ons het die tydvak ingetree waar die ANC nie meer die front van sogenaamde vrede en eenheid in die land gaan voorhou nie. Dit was reeds vroeg in 2012 duidelik toe Zuma as president van die ANC in die media aangekondig het dat 2013 gekenmerk sal word as die jaar waarin 87% (menende 100%) van blanke grond en eiendom geneem gaan word en aan Swartes gegee sal word. Dat Zuma geen kommentaar wou lewer op die ANC-Jeugliga se uitlating eersgister dat blankes net sal lewe as hulle hul grond vrywillig en sonder vergoeding verlaat, is 'n verdere bewys dat die ANC aan leiding van die finale fase van revolusie staan. As die ANC-president self sê dat 2013 die jaar sal wees (van algehele chaos, anargie en moordende geweld), sal net 'n politieke idioot daarvan wil verskil.
Die blankes, en by name die Afrikanervolk wat oorlog na oorlog vir hulle grond en besittings in hierdie land geveg het, staan tans so verdeeld dat hulle nie as 'n mag gereken kan word nie. Ons is almal baie bekommerd oor die verdeeldheid in ons volk. Wat gaan die Afrikaners doen om hulle verdeeldheid te oorbrug? Is daar nog tyd?
Vroeër was ons ook telkens verdeeld, en ondanks die verdeeldheid ná 1902 het ons uiteindelik weer ons vryheid gekry. As ons moet soek na 'n verklaring, dan is dit omdat 'n deel van die Afrikaners, 'n minderheid van die Afrikaners, hulle gestel het op die regte beginsels en die regte waardes. En dit het 'n magnetiese sentrum geword wat mense aangetrek en gebind en begeester het, en wat hulle eindelik weer tot vryheid gevoer het. Daar is geen ander vertolking nie as dat ondanks die verdeeldheid wat daar was, ons hierom kon slaag om weer ons vryheid te kry.
Dit het nie vanself gekom nie; dit het harde stryd gekos, moed, durf, volharding. Maar die oorwinning is behaal. En nou is daar weer groot aandrang op eenheid. Dit kom van verskeie oorde en waarskynlik uit verskillende oorwegings, maar dat dit noodsaaklik is om dringend egte eenheid te verkry in 'n tyd waarin die Swart kommunistiese regime openlik dreig oor die lot van die blanke, is nie debatteerbaar nie.
Laat daar aan een ding geen twyfel wees nie: Afrikaner-eenheid waarna gesoek word, is politieke eenheid. Hierdie verbrokkelheid op kerklike en kulturele gebied spruit alles uit die politieke verbrokkeling wat ingetree het ná die sluipmoord op dr Verwoerd. Ons as Afrikaners is 'n moeilike definieerbare eenheid, maar tog 'n eenheid bo-oor die kerklike en kulturele en politieke grense. Maar die versugting wat daar is na eenheid, is na politieke eenheid, ten einde weer 'n mag te wees.
U weet daar was altyd in ons geskiedenis Afrikaners, en naas hulle Afrikaner-nasionaliste. Smuts, Botha en Jan Hofmeyr was 'Afrikaners', net soos F W de Klerk en Roelf Meyer en Constand Viljoen vandag as 'Afrikaners' deurgaan. Maar tussen hulle en die Afrikaner-nasionaliste is daar ook 'n totaal onoorbrugbare kloof. Hulle is nader aan die Amerikaanse liberalisme en selfs aan die ANC as aan die destydse Nasionale Party van Hertzog, Malan, Strijdom en Verwoerd.
Die liberalisme kan geen gemene saak hê met die nasionalisme nie. Daarom, met die huidige verdeeldheid, moet 'n mens aanneem dat as daar gepraat word oor eenheid, dit nie moontlik is om jou polities te versoen en jou te verenig met hierdie liberaliste nie – die meeste van hulle betwis steeds die politieke doelstellinge van die ANC en betwyfel steeds die feit dat daar geen blanke geduld sal word wanneer die laaste fase van die Swart revolusie afgehandel is nie. Die Afrikaner-eenheid moet dus, soos tevore, 'n beperkte eenheid wees van diegene wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort.
Die wil tot weerstand is die belangrikste faktor in so 'n politieke stryd tot eenheid. Om 'n volk se doel te bereik, moet 'n teenmag eers ontdoen word. Daartoe is nasionalisme die werktuig. Die begeestering van nasionalisme kan op baie maniere gedefinieer word, maar daar is drie hoofelemente van nasionalisme waarvan die belangrikste is patriotisme, die gebondenheid aan die vaderland. Vaderland is 'n beginset, en gebondenheid aan daardie beginsel is patriotisme.
Wie het hierdie land mak gemaak tot 'n tuiste van 'n gevestigde beskawing? Wie het die land se verborge bates ontbloot? Was dit nie die Afrikaner-boer wat die plase aangelê en ontwikkel en die wilde wêreld getem het nie? Wat die land aan die wildernis ontworste!; die dorpe gestig, en die stede gebou het nie?
Die land dra die stempel van die Afrikaner se pionierswerk in elke sin van die woord, soos die name van berge en riviere, visse en diere, bosse en bome, plase en dorpe en stede getuig. Dis ons vaderland, ons het horn nie gesteel nie, ons het hom verwerf op elke wettige wyse van die volkereg: deur
besetting, deur verowering, deurdie uitruil van gebiede, die die aankoop van grondgebied. En as ons hierdie land moes prysgee, omdat deur Afrikaners of deur Swartes of Kommuniste aan ons vertel word dat ons nie die morele reg het om hier te regeer nie, of dat ons nie meer die wil het om hier te regeer nie, dan is dit die ergste verloëning van patriotisme — 'n rasionalisasie van lafhartigheid en verraad.
Ons sál weerstand bied want ons is 'n mag; 'n mag om met rekening te hou omdat ons 'n Almagtige Vader het wat van orde en geregtigheid hou, Wie ter eer van sy heilige Naam weer ons land sal genees en ons volk in hierdie land, die hele land, sal herstel. Wees moedig, wees dapper, en kyk Op - want hierdie land is óns land!