MANDELA – RIGTER OF ONTWRIGTER?

Ds. André van den Berg

Vyftig jaar gelede het ‘n sekere swart argitek sy stempel op ’n stad probeer afdruk omdat hy geglo het dat die bestaande geboue ondoeltreffend was.   Hy wou dit sloop en met sy eie ontwerpe vervang.

Toe die stadsbestuur hom verhoed het, het hy ’n klompie bouers wat hul ambag in die buiteland geleer het, die stad met plofstof probeer vernietig.  Hulle plan het nie gewerk nie.  Hulle is gevang en verban.

Die argitek het egter baie simpatiseerders gehad wat geen steen onaangeroer gelaat het om hom vrygelaat te kry nie.  Hulle het na verloop van tyd daarin geslaag.   Onverskillige kerklui het hulle gehelp om die teenstanders se geesteskrag af te water.

   Diegene wat hul nie laat mislei het nie, het mense gewaarsku om nie aan mense verantwoordelikhede te gee waarvoor hulle nie bevoeg is nie.  Dit sou tot onreg en ellende lei.

Kort na die argitek se vrylating het hy as vergoeding burgemeester geword en van die ou geboue gesloop en met sy eie ontwerpe vervang.   Daarmee wou hy sy eie weergawe van hemel op aarde op die stad afdwing.

   Dit het baie van die stadsraadslede en verloopte kerklui so opgewonde soos dwergies wat ’n walvis wil braai, gemaak!

Die nuwe geboue het die een na die ander ineengestort en talle lewens geëis omdat daar met swak gehalte stene gebou is.   Ontnugterde raadslede het die stadsbewoners gevra om maar net geduldig te wees.  Die argitek het glo nog geleer!   Hulle het hul lelik misgis - die argitek het in ’n doodloopstraat bly voortspoed!

Desondanks die spoor van verwoesting het die argitek talle plaaslike sowel as internasionale toekennings vir sy brouwerk ontvang.   Selfs ’n sitplek op die wêreldverhoog!   Toe hy die troon ontruim, het hy gesorg dat sy opvolgers nie van sy bouplan afwyk nie.   Gevolglik het misdaad ʼn plesiertog van vernietiging aan die suidpunt van Afrika geword.

Die verwoesting wat hy en sy troonopvolgers gesaai het, sal moeilik ongedaan gemaak word omdat die internasionale gemeenskap glo wat hulle sê – dat die nuwe geboue beter as die oues is.   Min van hulle het kom kyk.   Diegene wat wel kom kyk het, struikel oor die waarheid, maar gaan desondanks voort om die argitek lof toe te swaai.  Diegene wat hom toegelaat het om die ou geboue af te breek, betaal hul eie ondergang in strawwe paaiemente af!

Dit wat hier aan die suidpunt van Afrika gebeur het, het ook elders in Afrika gebeur.   Oral waar ’n paradys van eienaar verwissel het, is  ʼn hel gebore -  ʼn eindelose herhaling van die verkeerde manier van leef!   Die swart gepeupel is lief om kampvegters wat hul as beskermers voordoen, te vertroetel, al baar dit  ellende.

Desondanks alles, is daar nog steeds blankes wat dié argitek ophemel en sy verjaarsdag geesdriftig vier.   Wie dit doen, dink nie reguit nie!  Talle van hulle skroom ook nie om die ou argitekte se werk te veroordeel nie.   Slegte honde blaf vir ʼn dooie leeu!

Dit het tyd geword dat die werklikheid van hierdie lewensgevaarlike bouplan plaaslik sowel as internasionaal erken word.   Die dodelike kombinasie van politieke onstabiliteit en sedelike verval, maak van oorlewing aan die suidpunt van Afrika ’n nagmerrie.   Wat sleg is vir die bye, is sleg vir die korf!