LIEFDE VAN DIE MEESTE VERKOEL

AARDVERWARMING EN WÊRELDVERKOELING
Koers
Dit ís nie net twee teenoormekaarstaande begrippe nie. Daar is ook ′n spesifieke bydrae wat wêreldverkoeling tot aardverwarming meebring. Hoe koeler die mensdom in die wêreld staan teenoor die natuur en die medemens hoe vinníger vorder aardverwarming.
Die media ís toenemend ernstig om die mens te waarsku teen lugbesoedeling en osoonlaagskade, teen waterbesoedeling, seebesoedeling, ekologiese versteurings en besoedelings en allerlei detail wat bydra tot aardverwarming. Die gevolge van gevorderde aardverwarming soos die styging van die see, weens die pole en ysberge wat smelt, die weersverandering en klimaatverandering en so meer bedreig selfs die bestaan van diere-, plante- en menselewens. Die wetenskap werk op volle sterkte, kan ons sê, teen aardverwarming – maar die kerk en die publiek besef nie voldoende dat wêreldverkoeling dringend onder die loep geneem moet word nie. Ubuntu word selfs deur teoloë gesien as Bybelse naasteliefde, maar is mynstakings, busstakings, skoolstakings, hospitaalstakings en vele daarvan onder die huidige regering dan te rym met ubuntu? Stakings, miljarde rande geldverduisterings, diefstal, roof en moorde ís alles benadeling van díe medemens. Dié gesig van ubuntu is koel en koud in die proses van wêreldverkoeling.
Die huwelik verkoel en baie fasette daaromheen saam. In ons land word spesiale sorg bestee aan strukture om skoolkinders oor seks voor te lig, seuns om te oortuig dat verkragting erge misdaad is. Onderwysers moet daarvoor toegerus word om kinders te lei. By hospitale, by polisie en baie maatskappy-instellings word spesiale eenhede teen groot onkoste
ingekoop om mense vir ′n gesonde sosiale lewe toe te rus. Maar die basiese toerustingfront, die huwelik, word toegelaat om te verkil.
Is aborsie, by die duisende in ons land, nie ′n termometer om die kille benadering tot ′n mens se lewe te meet nie? En al die wreedaardigste moorde! Die mens het koud geword teenoor sy naaste, teenoor die ekologie, teenoor rasse. Hy ís ontrou aan sy woord. Hy het geen respek vír homself nie. Sy kleredrag, gedrag en slordigheid word lewenstyl.
Die kerkmens self word ontrou aan God en naaste, ontrou aan die kerk, die ouers, die gesag. Padetiek bestaan nie. Polisie word rowers. Jy het rede om bang vir hulle te wees. Die warmte van veiligheid en sekuriteit maak plek vír koue vrees.
Geestelikes word duiwels. Hulpverlening word selfverryking. Die kerk waar huisbesoek verflou en verdwyn, word koud teenoor sy lidmate. ″Maar Ek het teen jou dat jy jou eerste liefde verlaat het″ (Op 2:4). ″En omdat die ongeregtigheid vermeerder word, sal die liefde van die meeste verkoel″ (Matt 24:12).
Die tyd het aangebreek dat die kerk met ingrawende begeesterde prediking die gemeente en gemeenskap opvorder tot hoër grond.

Kolofon

Webblad:

www.leerenlewenskwessies.co.za

Redakteur: Prof dr HG v/d Westhuizen

Subredakteur: Ds PJ v/d Merwe

Prof dr AD Pont

Ds PH Viljoen

Ds LJ Strauss

Ds FH van der Merwe

Dr J Otto

Ds W Olivier

Uitgewer:

HCM Fourie-Vriendekring

Donasies & Korrespondensie:

Mev E van der Westhuizen

Posbus 4

Piet Plessis, 8621

Tel 053 984 0020/082 3400 720

e-pos:

Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Tjeks uitgemaak aan:

E v/d Westhuizen,

ABSA 9062706439

Takkode: 503601

Donateurs:

ELKEEN WAT ’N DONASIE SKENK

ONTVANG DIE BRIEWE. MAAK SE- KER DAT U DONASIE ONTVANG IS.

Skrywers neem eie verantwoordelik--heid.

REDAKSIONEEL

LIEFDE VAN DIE MEESTE VERKOEL

AARDVERWARMING EN WÊRELDVERKOELING

Koers

Dit ís nie net twee teenoormekaarstaande begrippe nie. Daar is ook ′n spesifieke bydrae wat wêreldverkoeling tot aardverwarming meebring. Hoe koeler die mensdom in die wêreld staan teenoor die natuur en die medemens hoe vinníger vorder aardverwarming.

Die media ís toenemend ernstig om die mens te waarsku teen lugbe­soedeling en osoonlaagskade, teen waterbesoedeling, seebesoedeling, ekologiese versteurings en besoedelings en allerlei detail wat bydra tot aardverwarming. Die gevolge van gevorderde aardverwarming soos die styging van die see, weens die pole en ysberge wat smelt, die weersver­andering en klimaatverandering en so meer bedreig selfs die bestaan van diere-, plante- en menselewens.

Die wetenskap werk op volle sterkte, kan ons sê, teen aardverwarming – maar die kerk en die publiek besef nie voldoende dat wêreldverkoe­ling dringend onder die loep geneem moet word nie. Ubuntu word selfs deur teoloë gesien as Bybelse naasteliefde, maar is mynstakings, bus­stakings, skoolstakings, hospitaalstakings en vele daarvan onder die huidige regering dan te rym met ubuntu? Stakings, miljarde rande geld­verduisterings, diefstal, roof en moorde ís alles benadeling van díe medemens. Dié gesig van ubuntu is koel en koud in die proses van wêreldverkoeling.