BELEID VIR SA SE VOLKE

Volksbegrip vanuit ‘n Bybels-antropologiese perspektief verhelder

Dr C Landman

"Die verskille tussen gemeenskappe is nie net liggaamlik nie, maar ook ingrypend geestelik. Daarom dat dit so wreed is vir blankes om ‘n swart kind aan te neem, welke kind uiteindelik in gemeenskapsverband sal moet lewe en as oorplanting ontuis sal voel. Die teendeel is ook waar wanneer ‘n witkind deur ‘n swart gemeenskap tussen swartmense grootgemaak word."

Die individu/enkele persoon leef nie afgesluit in homself nie, maar in verskillende samelewingsverbande/instellinge.

Die individu bevind homself  in ‘n huweliksverband.

Die huwelik is aangewese op gesinsvorming en uit die gesinsvorming op familieformasie.

Verskillende families wat sosiaal met mekaar verkeer (bv. in kerkverband) of hulle binne ‘n beperkte geografiese ruimte bevind (soos in Switserland) of deur assosiasie dmv ‘n gemeenskaplike taal, is geneig om te ondertrou.

Deur die assosiasie van ‘n gemeenskaplike taal en ondertrouery verwerf sodanige gemeenskap ‘n min of meer gemeenskaplike genepoel.

Dadelik spring die verhouding geen/liggaamlike disposisie en sosiale verbintenis/geestelike/nie-materiële elemente van menswees in die oog.

Daar is ten minste twee skole van denke oor die verhouding liggaam/genetiese disposisie en gees/spirituele/nie-materiële eienskappe van menswees:

In die Bybelse antropologie is die mens die geïntegreerde verweefdheid van geen en siel/spiritueel. Hierdie verhouding lyk so:  m (mens) = l (liggaam) X g (gees). So gesien lê die genetiese samestelling sekere beperkinge op, maar bied dit ook moontlikhede. Die spirituele/nie-materiële aspekte van menswees is so geïntegreerd met die geen dat die mens die knooppunt van beide geen en die spirituele is.  Ek ís dus my liggaam en ek ís my gees!

Die implikasie is dat een gemeenskap deur die integrasie/verweefdheid van ‘n groot aantal individue oor tyd beide wat gestalte/liggaamlike eienskappe  geestes/kulturele eienskappe betref verskil van ‘n volgende gemeenskap.

Vir die ingewyde is dit malik om Hollander en Duitser vinnig van mekaar te onderskei.

In kort: in die Bybelse antropologie val die klem op die totale/geïntegreerde mens deur assosiasie en ondertrouery op ‘n gemeenskap wat ook spiritueel/geestelik/kultureel van mekaar verskil.

Die verskille tussen gemeenskappe is nie net liggaamlik nie, maar ook ingrypend geestelik. Daarom dat dit so wreed is vir blankes om ‘n swart kind aan te neem, welke kind uiteindelik in gemeenskapsverband sal moet lewe en as oorplanting ontuis sal voel. Die teendeel is ook waar wanneer ‘n witkind deur ‘n swart gemeenskap  tussen swartmense grootgemaak word.

In die  humanistiese antropologie, wat die breinkind van die heidense Griekse dualisme van siel teenoor liggaam is, is m (mens) = s (siel) + l (liggaam). Die implikasie hiervan is dat die siel ewig en die liggaam tydelik is.  Dat wat tel nie die liggaam is nie maar die ewige siel. Dat as die sosiale omgewing (die omwêreld) materieel  gelyk gemaak word, alle verskille meteens verdwyn.

Nou is dit so dat die mens in gemeenskapsverband met sy totale disposisie elke samelewingsformasie eiesoortig en volgens ‘n sekere religieuse (lewens- en wêreldbeskouing) stempel, die versamelbegrip (mens in verhouding tot sy instellinge) vir so ‘n gemeenskap as ‘n kultuurgemeenskap (alias volk) bekend staan.

In die Engelse idioom ken hulle nie die begrip volk nie, terwyl in die Duitse gemeinschaft en gesellschaft die begrip völke goed ingeburger is.  In Berlyn staan die volgende op die parlementsgebou geskrywe:  fur dem Duitsche völke!

In ‘n diepverdeelde Suid-Afrika, met sy veelheid van kulture (Zoeloe, Afrikaner, Xhosa, ens.), volgens verskillende religieuse rigtings (Joods, Christelik, Muslim, Afrikagodsdiens),  is dit nog  meer van toepassing as in Duitsland, om te praat van ‘n beleid  “vir die Suid-Afrikaanse volke”.

Amen ... ik heb gezegt!

2013-08-29