BRANDSTOF- WYSHEID

Dr P.E. van der Dussen

Die waarnemingstydperk vir die vasstelling van brandstofpryse vanaf 3 Desember strek van 31 Oktober tot 26 November. Na die eerste week daarvan is die gemiddelde oorverhaling ten opsigte van petrol net minder as 80c en van diesel net minder as 70c. Die daaglikse oorverhaling op 6 November was ongeveer 55c vir petrol en 35c vir diesel.

Of daar manipulasie is ofte nie dui hierdie gegewens op ‘n verdere noemenswaardige verlaging op 3 Desember – moontlik 60c/liter vir petrol en 40c/liter vir diesel. Dit is dus raadsaam om hierdie maand nie met ‘n vol tenk te ry nie maar liewers net genoeg in te gooi vir die verwagte afstand wat nog tot 2 Desember gery sal word.