SWAK LEIERSKAP...

...AFRIKA SE KERNPROBLEEM

Andrè van den Berg

Afrika is ʼn vasteland met soveel probleme dat dit moeilik is om een daarvan bo aan die lys te plaas.  Swak leierskap is myns insiens die kernprobleem omdat Afrika se sy leiers deur ʼn gepeupel met te veel koppe en te min verstand verkies word.

ʼn Verkeerde kieserskorps maak nooit regte keuses nie.  Sodra sulke mense stemreg verkry, raak hulle gou van ʼn ordelike regeringsbestel ontslae en daal hulle dikwels na die vlak barbare neer.  Afrika se wrede na koloniale geskiedenis is ʼn sprekende voorbeeld hiervan!

Afrika gaan mank aan gehalte stemgeregtigdes.  Dit beskik slegs oor getalle; mense wie se onversadigbare aptyt vir plundering ʼn land reuse skade aanrig.   Daarbenewens haat hulle die plaaslike kundige minderheid omdat hulle lelik teen hulle afsteek.

Swak leiers dwing hoogstens mag maar nooit gesag af nie.  Dit val slegs eerbare leiers te beurt; iets wat geheel in Afrika ontbreek.  Hier word leiers eerder deur ʼn dwase magslus, aptyt vir chaos, korrupsie en wanpraktyke verteer wat soos onkruid op die onvrugbare vlaktes van hul bose verstand groei.  Daarom is baie van hulle se lewens is so vrot dat dit aan misdadigheid grens!

Afrika-leiers gee graag voor dat hul ywer geregtigheid oor geskiedkundige onreg laat seëvier het.  In werklikheid staan hulle onverskillig teenoor die nood van hul volk omdat hulle meer op eiebelang as op volksbelang ingestel is.  Dit lei tot selfverryking deur korrupsie.

Hul gewaande strewe om hul volk van onderdrukkers te bevry, is oëverblindery en net ʼn front om hulself te verryk.  Afrika het in werklikheid min erg aan werklike bevryding.  Sy leiers is eerder op mag en die geleentheid om ander te onderdruk ingestel.   Dit het tirannie laat ontstaan.

Wie mag bekom, beskik nie noodwendig oor die nodige wysheid om ʼn volk sinvol te lei nie.   ʼn Groot stoel maak nie ʼn goeie koning nie!  Afrika se leiers veronagsaam gereeld voor die hand liggende feite, struikel oor die waarheid, maar gaan nietemin voort.  Baie van hulle uitsprake wissel van lagwekkende onkunde tot weersinswekkende dreigemente.  Daarbenewens probeer hulle die ware toedrag van sake met dwase argumente om te keer en in doodloopstrate voort te spoed.

Afrika se grootste struikelblok op pad na ʼn beter toekoms is sy onuitblusbare rassehaat.   Sy leiers se toesprake verdrink gereeld in die sous van rassehaat.  Dit lei tot ʼn versteende wraaksug wat sy mense arm en onderhorig aan die onderpunt van die voedselketting hou.

Vir Afrika is mag krag.  Daarom verloor baie leiers hulself in die strewe na mag.   En hoe groter die mag, hoe gevaarliker die misbruik.  Wie absolute mag bekom, probeer altyd sy eie weergawe van hemel op aarde op ander af te druk.   En as so ʼn persoon eers mag bekom het, beskou hy dit as ʼn persoonlike besitting wat hy met niemand wil deel nie.

Mag en dwaasheid is ʼn fatale regeringskombinasie.  Dit los nie probleme op nie, maar vererger dit eerder.   Dis egter baie gerieflik vir swak leiers dat massas nie juis dink nie.  Dieselfde mense wat hulle aan bewind geplaas het, kan egter ook van hulle ontslae raak.  Mag in die hande van so min en magteloosheid in die hande van so baie is ʼn resep vir teenspoed; iets waarvan Afrika se bloedige geskiedenis van staatsgrepe en burgeroorloë getuig.  As jy mag verkry het deur op ’n leeu te ry, beland jy baie maklik binne-in sy pens!