GATSOMETERS IN DOODLOOP- STRATE

Andrè van den Berg

Toe misdaad en politieke ontwrigting Suid-Afrika jare gelede in ʼn bont vlag toegedraai binnegekom het, het die son oor hierdie eens florerende Eerstewêreldland begin ondergaan.  Die tempo waarteen die inheemse bevolking aangewas het asook die instroming van miljoene vreemdelinge noodsaak tans drastiese stappe om dit hok te slaan.

Getalle plaas ʼn land se infrastruktuur onder soveel druk dat dit onder die gewig daarvan kan ingee.  Oorbevolking lei tot werkloosheid en armoede wat baie gou die broeikamer van misdaad word.  Duisende burgers het as gevolg van hierdie bloedlose oorgang na ʼn goddelose bestel slagoffers van misdaad geword.

Die geskiedenis van Suid-Afrika nadat apartheid opgehef is, is die droewige verhaal van mislukte planne en teleurgestelde verwagtings.  Toe instromingsbeheer opgehef is, is hoë verwagtinge van swak mensemateriaal gekoester.  Dwase het geglo dat sterk mure met bros stene gebou kon word.

  Die genot van ʼn lae prys kon egter nie teen die bitterheid van ʼn produk van swak gehalte opweeg nie.

Die geskiedenis van sub-Sahara Afrika is ʼn eindelose herhaling van die verkeerde manier van leef.  Al wat hier floreer, is getalle en ellende.  Die Afrikamens skep as ʼn reël niks nie.  Hy verbruik dit wat beskikbaar is.  En om alles te bekroon, word die verlies aan ontwikkeling op die gewete van diegene wat die beskawing na Afrika gebring het geplaas!

Suid-Afrika het te veel getalle en te min gehalte.  ʼn Land se vooruitgang word immers nie aan die hoeveelheid mense wat dit kan huisves getoets nie, maar eerder die mensemateriaal wat dit oplewer.   Nadat die Britse en Duitse setlaars in die 19de eeu voet aan wal gesit het, het Suid-Afrika nooit weer gehalte setlaars gehuisves nie.

’n Land wat deur eerbare mense tot stand gebring is, kan slegs deur eerbare leiers in stand gehou word.  En eerbare lewenswaardes kom slegs binne eerbare lewenskringe tot stand.   Afrika gaan mank aan voortreflike mensemateriaal.  Dit word al eeue lank aan die verfoeilike optrede van mensemassas (gepeupel) met ʼn onversadigbare aptyt om die vesting van ontwikkeldes te plunder gekenmerk.   Afrika is slegs met ʼn baie dun lagie demokrasie bedek waarvan die kleure van barbarisme gereeld deurbreek.

Niks vernietig ʼn land soos ʼn swak regering wat deur ʼn gepeupel ondersteun word nie.  Om ʼn gepeupel op dieselfde vlak as edeles te plaas is ʼn politieke doodswens.   So ʼn regering se dwaasheid is vir eerbare burgers ʼn beproewing.

Wat is die oplossing?  Suid-Afrika sal soos China die dolle mense-aanwas met streng wetgewing moet beteuel, baie strenger instromingsbeheer toepas en onwettige vreemdelinge op ʼn nie gewelddadige wyse na hul land van herkoms terugstuur.  Drastiese omstandighede noodsaak drastiese stappe!

Of die regering dit gaan doen, is te betwyfel.   Hulle het die kuns ontwikkel om feite te ontken.  Hulle doen die verkeerde dinge oor en oor maar verwag telkens ’n ander resultaat.   Sulke dwaasheid maak hulle nie net blind vir die waarheid nie, maar verhoed dat foute herstel word.  Die gevolg is dat die regering baie tyd en geld verkwis deur die takke van die probleem af te kap terwyl hulle weet waar die wortel is - gatsometers in doodloopstrate!