DIE VERKEERDE RESEP
Ds Andrè van den Berg
Om die regte koek te kan bak, is die regte resep nodig. Verkeerde resepte bak verkeerde koeke. Dis ook van die politiek waar. Suid-Afrika gebruik al jare lank die verkeerde resep vir rassevrede maar verwag telkens ʼn goeie koek. Die hoofbestanddeel van die reënboognasie-resep in die Kook maar Verniet maak dit oneetbaar - kunsmatigheid.
As rasse nie op ʼn natuurlike wyse na mekaar toe groei nie, is alle ander pogings tevergeefs. Die mens vereenselwig hom met sy eie soort en skei hom van andersoortige mense af. Dis ook eie aan die diereryk waar indringers dikwels verjaag word.
Die reg tot afskeiding behoort tot die wese van ʼn kultuur. Daarsonder dit sal verdwyn. Daarom is rassevermenging ʼn bose aanslag op die handhawing van ʼn ras se eenselwigheid. Niemand wat eerbied vir homself het, aan sy ras voorkeur gee en onder sy eie volksgenote wil woon omdat hulle sy volkswaardes vertolk, durf van rassehaat beskuldig word nie!
Ongelukkig is die openbare mening mislei om te glo dat rasbewustheid sonde is en het die begrip rasseverskille politieke plofkrag verkry. Daarom word die verlede telkens as ʼn vyandige rassepatroon vertoon en is die opjaag van rassespoke in die openbare media baie gewild.
Die reënboognasie skep by sommige leke die indruk van vooruitgang terwyl dit ʼn doelbewuste ontwrigting is wat op die tekenbord van die ideologie van mensegelykheid ontwerp is. Dis ʼn rookskerm waaragter talle booswigte skuil en die mislukking daarvan die aanskouingsles van ʼn verkeerde resep waarmee volhard word.
Daar is net een regte resep - skei rasse van mekaar en laat goeie verhoudinge op natuurlike wyse ontwikkel. Sulke skeiding skakel wrywingsvlakke uit en het nog nêrens onderlinge vrede bedreig nie. Gedwonge rassevermenging bevorder geen menseverhoudings nie, maar skaad dit eerder.
Rasse kan hoogstens naasbestaan maar nooit saambestaan nie. Dis baie duidelik aan die toenemende bedompigheid in die parskuip van ons huidige saambestaan. Suid-Afrika is nie ʼn smeltpot waarin alle rasse moet verdwyn nie, maar eerder ʼn mosaïek van verskillende volke met verskillende kulture wat mekaar se verskille behoort te erken en te eerbiedig. Rasseverskille is nie klasseverskille nie.
Die erkenning van veelvolkigheid is die enigste oplossing op ʼn vasteland waar raswaardes baie groot van mekaar verskil. Om rassehaat met rassehaat te beveg, lewer geen wenners op nie. Die reënboognasie is ʼn verkeerde resep. Indien hierdie noodlottige verbeeldingsvlug nie spoedig beëindig word nie, gaan dit soos ʼn etniese kartets uit mekaar spat!