Toe Jan van Riebeeck op 6 April 1652 voet aan wal in Tafelbaai sit, het hy ook die beste bedoelings en planne gekoester ten opsigte van die inheemse bevolking wat hy daar in die baai en omstreke aangetref het. Trouens, dit word weerspieël in sy gebed van daardie dag, toe hy gebid het dat die Here hulle in staat moet stel om die reg te handhaaf, sodat hulle aan hierdie “wilde, brutale mense” sover dit moontlik sou wees, die ware gereformeerde Christelike leer kon bring, “sodat dit tot u heilige Naam se lof en eer verder voortgeplant en versprei sal word.”
Die volksplanters het baie gou met hierdie “wilde brutale mense “ kennisgemaak en gou ontdek dat daar maar bitter min hoop was om hulle te kersten, weens hulle algehele barbaarse toestand en vyandigheid wat hulle uit die staanspoor teenoor die Blankes openbaar het. Hulle kon ook nie hierdie Hottentotte as arbeiders gebruik nie, want hulle was lui en nie aan werk gewoond nie. Daar het ‘n bende van hulle in die omgewing van Van Riebeeck hulle se fort rondgedwaal. Op ‘n dag kom hulle by die fort onder aanvoering van Herrie, hulle leier, en eis al die grond op wat die Blankes reeds beset het, as hulle eiendom. Hulle het as rondlopers nooit enige grond besit nie en het as nomade maar net met ‘n bietjie vee rondgetrek.
Die Here 17 het aan Van Riebeeck opdrag gegee om tog ten alle tye vrede met hierdie ou “natuurvolkie” te handhaaf. Hy het hulle toe met allerlei geskenkies tevrede gestel. Dit het hulle onder die indruk gebring dat die blankes vir hulle bang is.
Herrie en sy maters het op Sondag, 9 Oktober 1653 hulle kans waargeneem toe Van Riebeeck hulle almal vir ‘n erediens in die fort bymekaar was. Al hulle vee is gesteel. Die Hottentotte het die veewagter, Dawid Jansz, wreed vermoor. Van 100 beeste en 350 skape het daar net een os, een melkkoei, 4 kalwers en 60 skape oorgebly. Herrie is nie gestraf nie. Hy het twee jaar lank weggekruip en toe ewe vroom kom lieg dat hulle almal onskuldig was aan wat gebeur het..
Omdat die boosdoeners nooit gestraf is nie, het die eerste vryburgers aanhoudend onder hulle deurgeloop. Hulle het naderhand nie meer genoeg osse gehad om te ploeg nie. Hulle kon nie die rug draai, sonder dat alles gesteel word, buiten die swaar ploeë wat hulle nie kon wegdra nie.
Op 19 Mei die volgende jaar, word Simon In’t Veld deur die Hottentotte aangeval en vermoor. Hulle steel 70 skape en 30 beeste. Alhoewel die Hottentotte agternagesit is, is geen enkele bees teruggevind nie. Na Van Riebeeck se tyd het hulle in 1672 weer ‘n opstal afgebrand, vee geroof en twee mans en een vrou vermoor. Kort daarna het hulle 8 burgers wat op ‘n gesamentlike jagtog was, gruwelik om die lewe gebring. Daarna is nog drie Vryburgers naby Saldanhabaai vermoor en ‘n rukkie later nog drie by Breederivier. Al hierdie gruwelikhede het in 1676 tot ‘n oorlog teen die Hottentotte gelei.
So het die Godgegewe volksplanting waaruit die Afrikanerdom gebore is, reg van sy begin af te kampe gehad met die felle weerstand van donker Afrika se primitiewe wrede barbare. Hulle is beslis vandag die agtergeblewenes wat nie in staat is om die westerse beskawing hul eie te maak nie, en die tekens daarvan dan maar liewers tot in die grond in afbreek en alles vernietig wat die Blankes opgebou het. So was dit maar van die begin af.