20 MAART 2026

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

'n Kind wat voel dat hy by die gesin hoort en gereken word, kan die hele wêreld waterpas in die oë kyk met die vermoë om lief te hê en ander te aanvaar omdat hy self aanvaar is en liefde ontvang het. Ontneem die ouer dit die kind, is daardie kind nie toegerus om die lewe aan te durf sonder groot probleme nie.