BROLLOKS SE BROKKE

Lees by  Brolloks se Brokke

* Swart 'opkomende boere' is glo nou weer besig om af te gaan – Blanke boere is besig om hulle grond terug te koop. Daar is glo al ongeveer 2 miljoen hektaar van die 6 miljoen hektaar wat aan Swart agtergeblewenes gegee is teruggekoop. Die oumense het altyd gesê 'n boer word gebore, nie gemaak nie. Toe die land genoegsame voedselproduksie gehad het, was dit Blanke boere wat dit voorsien het...

* Malema-ondersteuners se amokskade by die hofsirkus Dinsdag in Johannesburgse middestad word tussen R30 miljoen en R50 miljoen bereken. Dit blyk dat Malema die busdienste se vervoerkoste gedra het om sy ondersteuners daar te kry – vir hierdie doel.

* Mike Schussler, bekende ekononoom, waarsku dat Malema se skadelike politieke uitlatings die land reg voor 'n rewolusie te staan kan bring – Malema het darem al te kenne gegee dat hy beplan om die land se president te word, daarom hoef ons nie soos Schussler van 'n rewolusie te praat nie maar van die rewolusie, die Nasionale Demokratiese Rewolusie van die kommunistiese ANC, die regime wat Malema ruimskoots vergoed om die rewolusie tot 'n hoogtepunt te stook –  tot Zuma sy oë 'n slag uitvee, skuus, slim sy baas vang.

* Die vorige Swart burgemeesteres van Brits het weens haar buitensporige rykdomme en talle eiendomme in Blanke en Swart gebiede (ja, daar is nog so iets, soos die Swartes inkruip sluip die Blankes verder weg) in Blanke gebied gaan wegkruip vir die Swart massas wat haar om die lewe wou bring.

* Die huidige omstrede Swart burgemeesteres van Brits wat 'n geruime tyd met 'n gehuurde BMW teen R2000 per dag rondgerits het terwyl haar motor permanent vir 'herstelwerk in is' maar die bankrot dorp in vullis en riool gehul is weens 'n tekort aan geld, het nou 'n nuwe Benz gekry van net sowat R600 000 – wat 'n besparing!

* Dieselfde burgemeesteres se inhulding kort gelede het R1 miljoen in plaas van die begrote R217 000 vir die 250 gaste gekos – geen wonder die minder bevoorregte Swart bevolking in Brits praat van die vetkatte se "wange wat so hang" nie; en teen R4000 per aandete sal nog baie meer dinge hang.

* Kort na die inhuldiging van die nuwe Swart burgemeesteres van Brits hou sy toe weer 'n gulle onthaal en nooi weer 250 gaste vir dieselfde begrote bedrag, maar toe daag daar glo minder as vier handevol op (gerug is 17) – maar hierdie som per twee vet wange is bietjie moeiliker.

* Nog twee heerlike munisipale inhuldigingsorgies is op Venterdorp gehou teen darem heelwat minder as Brits s'n; een was maar net R400 000 – 'n valse kwotasie vir die spysenierskoste was klaarblyklik die gat waarin dit verdwyn het.

* In Vryburg gaan dit nie beter nie – die motors val in die slaggate in die paaie, onverwerkte riool vloei in die strate en daar is so min krag soos in baie plattelandse dorpe - maar hier is niemand seker in watter gat die belastingbetaler se wegraak nie.

* Talle munisipaliteite in Wes-Transvaal kan nie hul agterstallige rekenings aan Eskom betaal nie  – terwyl die inwoners steeds hoes maar die Swart munisipaliteite hou onthale en vul sakke vol geld. Ottosdal, Delareyville en Ventersdorp kan dalk binnekort nog meer donker tye as tevore beleef.

* Die produksieprysinflasie het in Julie 2011 vinniger toegeneem as in enige ander tyd die afgelope twaalf maande. Die produksie prysindeks (PPI) het tot 8,9% vanaf Julie 2010 toegeneem. Vanaf Junie 2011 tot Julie 2011 het dit van 7,4% tot 8,9% gestyg. Die repokoers, wat deur die Reserwebank vasgestel word, staan tans op 5,5% en ekonome is onseker of dit afwaarts of opwaarts kan beweeg – 'n totale onstabiele ekonomiese toestand.

* Uit die perd se bek: tydens 'n konferensie van die Instituut van Munisipale Personeel het die ANC se Openbare Beskermer, Thuli Madonsela gesê dat korrupsie amper buite beheer is – ons sou die "amper" heeltemal verwyder. Daar is glo nie meer geld vir dienslewering nie – maar dit lyk nie of die partytjiegeld opgeraak het nie.

* Malema se saak sal nou 'moontlik' nie ondersoek kan word nie weens 'n tekort aan fondse. Die OB het kwansuis nou by die Nasionale Tesourie vir R30 miljoen aansoek gedoen vir noodfondse maar dit gaan glo nog baie lank neem om 'n antwoord van hulle te kry. En hier, dames en here, is Suid-Afrika se nuwe president: Malema!