NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Daar sál weer 'n Nuwe-nuwe Suid-Afrika met 'n Christen-regering kom; hou vas aan hierdie belofte: "Hulle kom in die skande, omdat hulle gruwel bedryf het, tog skaam hulle hul nie in die minste nie en weet nie om te bloos nie. Daarom sal hulle val onder dié wat val; in die tyd van hulle besoeking sal hulle struikel, sê die HERE" – Jeremia 8:12.

JAAP MARAIS

ONS EIE HELDE (SLOT)

Lees reeks by Ons eie helde

Dr JP Botha

" Ons wou so graag aan julle 'n Christelike Blanke Suid-Afrika nalaat ... Ons het NEE gestem:
NEE vir magsdeling tussen Christendom en nie-Christendom.
NEE vir verloëning van Christus op staatkundige terrein.
NEE vir 'n regering wat nie meer spesifiek Christelik sal kan
regeer nie... As julle in die felheid van die stryd besieling soek, mag julle dan ook iets daarvan put uit die wete wat ons aan julle nalaat, naamlik dat ons op 2 November 1983 NEE gesê het."

Met hierdie laaste aflewering van van ONS EIE HELDE  bring ons hulde aan die nagedagtenis van Bittereinderhelde wat gedurende die afgelope twee eeue elkeen op sy beurt die Afrikanervolk met oorgawe en toewyding gedien en gelei het.  Die almagtige God wat oor die lotgevalle van nasies en individue beskik, het in sy alwysheid elke keer wanneer hierdie volk dit nodig gehad het, net soos vir Israel in die Rigtertyd,  leiers voorsien het wat gelowig en roepingsbewus die volkstaak wat hulle ten deel geval het, volbring het.

  Hy het aan hulle die nodige toerusting voorsien vir elkeen se aandeel aan die opbou van die Afrikanernasie, waar hy geplaas is om te dien.

Maar hierdie geloftevolk van Bloedrivier het na twee eeue van stryd, neerlaag en oorwinning, voor die valse lokstem van liberalistiese verleiding geswig en afgedwaal van sy Godgegewe roeping van Afrikanernasionalisme en in 'n chaotiese maalstroom beland, waar valse leiers hom met die leuen bedien en hom verwar, verstrooi, verdeel en sy voortbestaan bedreig.  Maar soos vir Israel van ouds weerklink die genadige stem van God nog steeds helder en duidelik deur ons besoedelde volkswees heen:

"As my volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig
en bid en my aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde
weë, dan sal Ek uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en
hulle land genees."

Op daardie blye dag wanneer die son van geregtigheid weer oor ons geteisterde vaderland sal opkom en die duistere newels van liberalistiese aanbidding sal verdryf en die onheilige kommunistiese wonde genees, sal God aan ons weer 'n Bittereinder-leier voorsien wat sy geloftevolk sal uitlei na die sondeurdrenkte hoogtes van 'n nuwe vryheidsdag!  Laat daardie sielsdeursoekende vraag van die Bittereinder Daniël Malan deur jou siel weerklink:  "Afrikaner, Quo Vadis, waar gaan jy heen?  Staan dan nou stil en draai terug, terug na jou volk, terug na jou Christelike geloof, terug na jou kerk en terug na jou God!

JAAP MARAIS
Ek is op 2 November 1922 op Vryburg gebore, waar my ouers in daardie dae met ons huisgesin gewoon het.  My vader was 'n oudstryder van die Tweede Vryheidsoorlog en sou ook 'n bittereinder gewees het indien generaal Piet Cronjé nie op 27 Februarie 1900 by Paardenberg aan die Engelse oorgegee het nie.  Hy is as krygsgevangene na St Helena gestuur.  My moeder het later die ellende van die oorlog in die konsentrasiekamp te Klerksdorp deurgemaak.

Ek was die sesde kind in ons huisgesin van agt kinders wat daar op die plaas groot geword het en in die dertigerjare in die ou plaasskooltjie Hartbeespan skoolgegaan het.  Dit was 'n eenman-skooltjie met net een onderwyser wat vir ons twintig kinders vanaf graad een tot standerd ses almal saam in een klaskamer skoolgehou het.  Daarna is ek na die hoërskool op Vryburg waar ek gematrikuleer het.

As hoërskoolseun het ek reeds al 'n lewendige belangstelling in die politiek van die dag ontwikkel en  in wat besig was om rondom ons te gebeur, want Jan Smuts se ongeregverdigde oorlog aan die kant van Engeland was aan die gang en ons het deel gevoel van die algemene gees van Afrikanerverset teen die Smutsregering.  Ons het in 1940 op Krugerdag geweier om klasse by te woon omdat 10 Oktober nie as 'n vakansiedag erken is nie.

Ek het, kan jy maar sê, in 'n politieke huis groot geword, want my pa was na die stigting van die Nasionale Partry in 1914 deur generaal Hertzog, die stigter en eerste voorsitter van die NP-tak in sy omgewing en het hard gewerk om die oorwinning van 1924 moontlik te maak.  Ek het my hiermee volkome vereenselwig, want ek het besef dat ek langs die politieke weg die meeste geleentheid sou vind om vir die belange van die Afrikanervolk te stry.

Na my skoolloopbaan het ek op Potchefstroom die Nasionale Diploma in 1942 aan die Hoër Handelskool behaal en my ook in snelskrif bekwaam.  Dit was later vir my baie werd om toesprake wat gehou is af te neem.  In 1943 het ek as sekretaris van die beheerliggaam van die Heidelbergse Hoër Volkskool gedien en daarna was ek ses maande lank die assistent-sekretaris van die kaasfabriek op Reivilo, voordat ek in diens van Nigel se stadsraad getree het.  In 1950 het ek by die Buitestedelike Gesondheidsraad van Transvaal aangesluit en in 1955 het ek as hoof-administratiewe beampte by die Nasionale Fisiese Laboratorium van die WNNR gewerk, voordat ek in 1958 tot die aktiewe politiek toegetree het.  Ek het buitemuurs aan UP 'n BA-graad in regte en tale behaal en was in die goeie dae van die NP lid van die Raad van Kuratore van die Transvaal-museum en later van die Nasionale Kultuurhistoriese en Opelugmuseum.

In 1962 het ek 'n maandelange en verbete stryd gevoer teen die oprigting van gebouekomplekse in die Pretoriase Fonteinedal.  Ek het 'n stuk in versvorm onder alle belanghebbendes versprei, wat saam met dr Hertzog se pleidooie, en ons beroep op die sentrale regering, die gewenste uitwerking gehad het, sodat hierdie natuuroord nie geskend is nie, maar vir Pretoria behoue gebly het.  Die opskrif was:

VAARWEL AAN DIE FONTEINE
Ons Stadsraad sê
Hy wil belastings hê.
"Die buro het 14 000 Rand per jaar beloof;
en as ons dit hoor klink,
is ons vir alles doof."
Jy hoor, my maat, hul wil belastings hê
en ek en jy kan op die Plein gaan lê
as daar die dag nie meer Fonteine is nie, nè.
Maar laat die Stadsraad eers sy storie praat.
Ons moet nou maar die Fonteine groet, dis laat.
Ons gee nie om vir bos en rant.
Ons soek belastings, sent en rand.
Ons sorg nie vir die monument,
Ons soek belastings, rant en sent.
Ons dink nie aan die kwart-miljoen
Pretorianers wat oor twintig jaar
ook hier sal woon; die een miljoen
oor vyftig jaar, die vier miljoen
oor honderd jaar - hul kan op straat baljaar.
Ons sny ons erfgoed op in paaiemente;
Daaruit kry ons dan belasting-sente.

My toetrede tot die politiek het eintlik al in 1941 plaasgevind toe ek by die Nasionale Jeugbond aangesluit het.  Onderwyl ek in Nigel was, het ek in die glorieryke oorwinningsjaar van 1948 met die verkiesingstryd gehelp.  In 1954 is ek alreeds as lid van die hoofbestuur van die Nasionale Party gekies.  Ek het in my eerste kandidatuur vir die NP in Sunnyside waar ek in 1958 gestaan het, verloor maar in dieselfde jaar is ek in Innesdal in 'n tussenverkiesing verkies en na die Volksraad gestuur.

'n Jaar later het ek met my nooientjie Marie Rautenbach in die huwelik getree. Ons is geseën twee dogters en 'n seun.

Die agt jaar wat ek bevoorreg was om as volksraadslid saam met dr Verwoerd as Eerste Minister van ons land vir die vooruitgang van ons Afrikanervolk, die ander blankes en al die swartes te werk, was goue jare vir my en vir almal wat hul persoonlike welsyn en dié van die Republiek van Suid-Afrika op die hart gedra het.  Die VP-opposisie in die parlement het saam met ons op die golf van voorspoed wat Suid-Afrika beleef het, gery, as gevolg van dr Verwoerd se geniale staatsmanskap. Maar hulle het as lakeie van ons land se tradisionele vyande oorsee, saamgesmee om hom uit die weg te ruim.  Hy het my weens my kennis van ons landsomstandighede en my redenaarsvermoëns dikwels teen die VP-swaargewigte ingespan om hulle te antwoord.  Saam met dr Albert Hertzog, Minister van Gesondheid en Poswese, het ons 'n driemanskap in die Parlement gevorm wat die opposisie en Suid-Afrika se ander vyande dwars in die krop gesteek het.  Hulle het geweet dr Hertzog is die aangewese opvolger van dr Verwoerd en het toe 'n leuenagtige slegmaakkampanje teen hom losgelaat, hulle eie man, John Vorster, bewierook en dr Verwoerd laat vermoor.

Dit het ek alles beleef maar kon daar niks aan doen nie, maar toe Vorster eerste minister word en verklaar dat sy pad Hendrik Verwoerd s'n sou wees en toe net daar omdraai en alles begin afbreek wat Verwoerd opgebou het, het ek saam met dr Albert Hertzog daarteen beswaar gemaak.  Ons is saam met Willie Marais en Louis Stoffberg uit die party geskop, want Vorster het nie kans gesien om met sulke mense in die Nasionale Party wat besig was om van gedaante te verander, verder saam te werk nie.  Binne die party was daar dosyne volksraadslede wat voordat die krisis voltrek is, volkome met my en dr Hertzog saamgestem het.  Hulle was almal goeie Afrikanernasionaliste wat egter, toe die saak op die punt gedryf word, nie kans gesien het om hul parlementêre salarisse in te boet nie en toe maar gebuk het onder Vorster se liberale regering en later deur breinspoeling volkome na sy kant oorgehaal is..

Vorster se liberale manewales het in 1967 begin toe hy die NP se tradisionele sportbeleid verander het sodat gekleurde spanne ook Suid-Afrika kon besoek.  Ek het gewaarsku en gesê dit is die begin van die afbreek van die blankes van Suid-Afrika se weerstand teen die gedagte van rasse-integrasie en die gemoedstemming wat geskep word dat daar toegegee moet word aan die buitelandse druk om ander lande se lewenswyses op Suid-Afrika af te druk, ten koste van die voortbestaan van die blankedom.  Hoe is my voorspellings later nie letterlik bewaarheid nie!

Omdat ek voor 1966 reeds 'n baie invloedryke posisie in die NP beklee het, het ons parlementêre vyande my saam met dr Albert Hertzog uitgesonder om hulle leuenagtige aanvalle en haatlike venyn op  uit te stort.  Ons en die Herstigte Nasionale Party wat ons in 1969 opgerig het, moes ten alle koste doodgesmoor word.  In die algemene verkiesing wat in 1970 gevolg het, het die Vorsterboewe ons op vergaderings met vrot eiers en tamaties bestook en enigiets gedoen om te verhoed dat ons daarin sou slaag om aan die Afrikanervolk die boodskap oor te dra dat sy nuwe leier besig was om hom suutjies na die afgrond toe te lei.  Maar hulle kon nie daarin slaag om die HNP te breek nie.

Eweneens kon hulle my proteste ook nie gesmoor kry nie.  Vorster het naderhand opdrag gegee dat my telefoon getap en my gesprekke afgeluister moes word.  Hy het so 'n vrees oor die vordering van die HNP ontwikkel dat hy ons later gedwing het om 300 handtekeninge te versamel voordat 'n kandidaat van die HNP aan 'n verkiesing kon deelneem.  Selfs die registrasie van die HNP as politieke party is in 'n stadium geweier om die party te probeer uitskakel.

In die jare wat gevolg het, het Vorster voortgegaan om die vestingmure van afsonderlike ontwikkeling en apartheid wat so suksesvol en stewig deur dr Malan, meneer Strydom en dr Verwoerd opgebou en gevestig is, een vir een af te breek, tot groot voldoening van die vyand. Onderwyl het die grootste deel van die  Afrikanervolk nie besef en nie geglo dat sy parlementêre leier besig was om die fondamente van sy volksbestaan te ondergrawe nie, ten spyte van die aanskouing en ervaring daarvan.

In hierdie proses het hy 'n magtige bondgenoot gehad wie se bevele hy maar net besig was om uit te voer.  Die geweldige geldmag wat hom eeue gelede al in die Iluminati openbaar het, het deur middel van organisasies soos die Coucil on Foreign Relations, die Bilderbergergroep en die Trilateral Commission, sy seekatarms reeds ferm om Amerika en Engeland geslaan.  Hy het al die media in Suid-Afrika, soos die radio, televisie en koerante gebruik om Vorster se slap en vals liberalistiese maatreëls te vergoelik en ons blankes stadig maar seker deur middel van hierdie dodelike breinspoelingsprosesse gunstig te stem vir aanvaarding van 'n kommunisties-gefundeerde veelrassige samelewing onder swart bewind.

Die onheil wat jare lank vanuit Londen teen Suid-Afrika aangestig is, het na New York verskuif, waar die Council on Foreign Relations die Amerikaanse regering se buitelandse beleid voorskryf en volkome beheer, ook hul voortdurende inmenging en vertroebeling van Suid-Afrika se huishoudelike sake.  Vorster het gesê:  "America is the leader of the world and he is my leader also."  Hy was grootliks daarvoor verantwoordelik dat Suidwes-Afrika, wat in die goue tydperk van dr Verwoerd se regering feitlik beskou is as die vyfde provinsie van die Republiek, en ons besitreg op hierdie landstreek deur die uitspraak van die wêreldhof erken is, vir die wolwe gegooi is en aan 'n swart terroristiese bende oorhandig is.

Dieselfde het met Rhodesië gebeur, waar Ian Smith so'n heldhaftige stryd gevoer het en waarna Vorster in die laat sestigerjare alreeds na verwys het as "die vlieg in die salf."  Ek het toe reeds gesê hy en sy NP-regering gaan die blankes van Rhodesië uitverkoop.  Hy het dit toe ook in 1976 gedoen toe hy op 'n heilige Sondagmiddag in Libertas saam met die kommunistiese Jood, Henry Kissinger, Minister van Buitelandse Sake van Amerika, vir Ian Smith forseer het om sy land aan die swart terroriste te oorhandig.

Ek het op 'n openbare vergadering 'n striemende aanval hieroor op Vorster gemaak.  Die vergadering het daarna 'n mosie opgestel en aanvaar en versoek dat ek en 'n aantal HNP-ondersteuners dit persoonlik aan Vorster by Libertas moes gaan oorhandig.  Ons is op die terrein deur Vorster se polisie voorgekeer en gearresteer en 'n naweek lank in die polisieselle aangehou.  Daarna het Vorster 'n wet laat maak om hulle te vrywaar van skadevergoeding weens onwettige arrestasie en aanhouding.

Die haat van die teëparty teen die HNP is op sy leiers gesentreer.  Toe dr Hertzog in 1977 uittree en ek as leier verkies word, het ek die skyf geword van al hul leuenagtige en lasterlike aanvalle.  Die geldmagnate wat vanuit die skemer al hierdie laakbare beswaddering in hul media inisieer, sien Afrikanernasionalisme as 'n bedreiging vir hul belange.  Daarom is die HNP-leier hul vyand nommer een in die Suid-Afrikaanse politiek, omdat die leier 'n politiek van beginselvastheid, ideaalgerigtheid en sedelike omgang met sy volk se waardes verteenwoordig.  Dit moet afgebreek word en vervang word deur beginselloosheid, valse versekerings, gebreekte beloftes en geheime agendas, soos die NP dit in Vorster se tyd en daarna beoefen het.  Daarom moes my verworwe beeld van eerbaarheid, betroubaarheid en volksverbondenheid afgebreek en vernietig word.

Hulle het in 'n mate hierin geslaag, want die HNP het in die algemene verkiesing van 1977 nie goed gevaar nie.  Vorster se streke het daartoe bygedra, want hy het gesê hulle veg die verkiesing teen buitelandse inmenging in die huishoudelike sake van Suid-Afrika en die volk het hierdie leuen geglo en vir hom gestem en hom in staat gestel om daarna sonder teenkanting sy driekamer-parlement met Indiërs en Kleurlinge in  te stel en sodoende Suid-Afrika 'n stappie verder op die integrasiepad aan te stoot.

Ek was verplig om 'n paar persoonlike hofsake teen die kwaadstekers te maak en het almal gewen.  Ek het dié wat politieke wanklanke teen my laat hoor het, gereeld uitgedaag om met my in die openbaar daaroor in debat te tree, maar nie een het ooit die moed daartoe gehad nie en het verkies om met sluipaanvalle, sonder enige grondige argumente, my karakter te belaster, meesal by wyse van naamlose briewe.

Maar die herlewing van Afrikanernasionalisme het stadigaan weer sigbaar geword, ten spyte van al die terugslae wat ons ondervind het.  John Vorster het in 1978 van die baan afgegaan en PW Botha wat hom opgevolg het, het in 1981 'n algemene verkiesing laat plaasvind waarvan die uitslag vir hom en sy regering só diep verontrus het dat hulle genoodsaak was om iets drasties daaraan te doen.  Die HNP het in dosyne kiesafdelings, veral op die platteland, sy stemmetal so hoog langs die verkose NP-lede s'n opgestoot dat hulle almal gewis met 'n volgende verkiesing verslaan sou word.

Om die HNP in sy merkwaardige opmars te stuit, is toe van die ou berugte metode van verdeel en heers gebruik gemaak.  Al die LV's wie se setels toe in gedrang was en nog 'n paar meer, is in 1982 aangesê om onder aanvoering van Andries Treurnicht 'n paar vermeende regse griewe teen PW Botha en sy NP-regering te ontwikkel en 'n ander party te stig, naamlik die Konserwatiewe Party.  Hierdie paddastoel moes veral aan die begin van sy bestaan sterk regse geluide laat hoor en skerp teen PW Botha met sy voorgenome magsdelingsplanne te velde trek.  Dit was nodig om die valse waan te wek dat hierdie nuwe party gestig is in opposisie met die Nasionale Party, om sodoende die ware rede daarvoor te verbloem, naamlik om die HNP in die wiele te ry en sy vordering te neutraliseer.

Die volgende klompie jare is gekenmerk deur my vergeefse pogings om met die KP in algemene en tussenverkiesings saam te werk. So is in alle gevalle die regse stemme verdeel tot voordeel van die NP, sodat PW Botha rustig kon voortgaan met die verdere uitbou van Vorster se integrasiebeleid.

Ferdi Hartzenberg het in Junie1982 erken dat die KP nooit van plan was om 'n ooreenkoms met die HNP aan te gaan nie, maar hy het jare later nog steeds die werklike rede vir die stigting van die KP ontken.  Ek het toe vir hom gesê hulle het nie van die NP weggebreek weens sy beleid van magsdeling nie, maar weens die gevaar wat die opkoms van die HNP ingehou het vir die NP-AB-NG-alliansie se agenda van volksverraad.  Hy en ander moes met behulp van die Broederbond en die regering se spioenasiedienste 'n politieke buffer oprig tussen die HNP en die NP.  Die rede was om te verhoed dat die NP-AB-NG-verraad deur 'n polities verenigde Afrikanerdom gestuit word, soos wat die HNP vinnig op pad was om te doen.  Wat die HNP reggekry het, was om die hele politiek in hierdie land na regs te swaai en Afrikanernasionalisme weer die bewegingsmag van die Suid-Afrikaanse politiek te maak.  Hartzenberg en sy partygenote in die NP, soos Pik Botha, Kobie Coetzee, Hernus Kriel, Piet Koornhof en ander liberaliste het tot 1981 met boewery en skurkstreke en met leuens en laster die HNP probeer stuit, maar kon nie.  Toe is hulle uitgestuur om die NP se Afrikaner-opponente te verdeel, sodat die NP sy beleid van toegee, prysgee, weggee en oorgee kon voortsit.  Hoe ironies is dit nie dat die twee partye, die KP en die NP, wat so begeer het om die HNP te vernietig, sedertdien onstuitbaar afstuur op selfvernietiging, soos wat met alle vroeëre partye gebeur het wat Afrikanernasionalisme tot vyand gekies het.

Die bedenklike rol wat die KP sedert sy stigting in 1982 tot 1994 in die Suid-Afrikaanse politiek gespeel het, het Afrikanerkragte só verdeel dat PW Botha, en later FW de Klerk sonder effektiewe teenkanting met hulle liberalistiese integrasiebeleid kon voortgaan en daarin kon slaag om ons land sonder slag of stoot op 'n verraderlike wyse aan 'n kommunistiese terroristiese bende te oorhandig.  Ek het met die verkiesings van 1987 en 1989 en latere tussenverkiesings tevergeefs probeer om met die KP 'n samewerkingsooreenkoms te sluit, met die gevolg dat FW de Klerk ongeskonde aan bewind gebly het en in staat was om op 2 Februarie 1990 in sy "Rooi-Vrydag"-toespraak wat Tienie Groenewald vir hom geskryf het, sy voornemens om aan die ANC oor te gee, aangekondig het.

In die referendum wat hy in1992 onder valse voorwendsels laat hou het, het hy van die blankes slegs toestemming tot onderhandeling gevra en het dus sonder enige mandaat daartoe oorgegaan om ons land aan die swart terroristiese bende te oorhandig.  Hierdie linkse kommunistiese magte van die duisternis, wat in die ANC en SAKP saamgetrek is, sou nooit in staat kon wees om ons in 'n oorlog te oorweldig nie.  Hulle was 'n swakgeorganiseerde ondergrondse groepie aan wie De Klerk nou besig was om oor te gee.

Die enigste moontlikheid om hom te stuit het daarin gelê om 'n poging aan te wend om alle regse groepe in ons land tot 'n verenigde volksfront te organiseer in eendragtige verset teen De Klerk se onheilsplanne.  Met die oog hierop, het ek die "regse" KP weer genader, maar Treurnicht en sy party het nie die minste belangstelling daarin getoon nie.  Na De Klerk se Rooi-Vrydag-toespraak op 2 Februarie 1990 het ek aan die KP voorgestel dat alle verteenwoordigers van regse groepe in die parlement en ander gekose liggame gelyktydig moet bedank en tussenverkiesings afdwing, waarin De Klerk sy verraad sou moes verdedig en 'n gekonsolideerde regse falanks gevolglik sy getalle met groot houe sou weggekap het om te toon dat hy nie 'n mandaat vir sy verraad gehad het nie.  Dit sou die gang van die Suid-Afrikaanse politiek ingrypend verander het.

Die KP-leiding het geweier om hierdie taktiese set te oorweeg, onder andere omdat as sy verteenwoordigers in die parlement sou bedank het, hulle hul salarisse sou moes prysgee totdat hulle herkies sou word.  Die vryheid en die vaderland kon verloor word, solank 39 LP's hulle salarisse behou!

Die KP se weiering om in 1991 met die HNP saam te werk en 'n verenigde volksfront teen De Klerk te organiseer, en die party se lustelose, halfhartige geploeter in De Klerk se referendum van 1992, het grootliks daartoe bygedra dat die nee-stem verloor het.  Die KP het weer eens die begeerde Afrikanereenheid teen De Klerk in die wiele gery.  Maar De Klerk en sy trawante was bewus van die groeiende weerstand, veral onder boeregeledere, en het gevrees dat die volk onder leiding van die Boere Krisis Aksie met geweld teen hulle planne in opstand sou kom.  Dit moes ten alle koste verhoed word, want dit sou die uitvoering van De Klerk se verraderlike planne die nek ingeslaan het.  Daar is toe onder suspisieuse omstandighede deur Van Zyl-Slabbert, die voormalige leier van die PFP, die organisasie IDASA gestig (Institute for Democratic Alternatives in SA).  Hierdie organisasie het sy onheilige werksaamhede met kapitaal uit die buiteland bedryf en sy komplot teen die Afrikanervolk het in 1992 begin toe Ivor Jenkins vanuit IDASA die "Conservative Dialogue Programme" geloods het.  Die doel daarvan was om te verhoed dat die ANC-SAKP se onderhandelingsproses in die wiele gery word deur Afrikaner-opposisie.  Groepe en persone aan die politieke regterkant moes gekondisioneer word om aan die vredesonderhandelings met die ANC-SAKP deel te neem en die geweldsopsie te laat vaar.

Ek het tien jaar lank, vanaf 1982 tot 1992 vergeefse pogings aangewend om die KP se samewerking te verkry in ons stryd teen die liberalistiese vloedgolf wat Vorster, PW Botha en De Klerk oor Suid-Afrika laat spoel het.  Die vreemde optrede wat die KP telkens openbaar het, word verklaar deur die dinge wat later agter die skerms van IDASA aangegaan het, toe die linkse Abraham Viljoen, Constand se broer, namens Van Zyl-Slabbert en Alex Borraine se IDASA, begin het om gesprek te voer met KP-leiers, soos dr Harzenberg, Dries Bruwer en Piet Gouws, met die doel om die KP te oorreed om aan die vredesonderhandelinge met die ANC-SAKP deel te neem, wat toe ook gebeur het.

Die verraderlike rol wat Constand Viljoen gespeel het deur eers te poseer as leier en aanvoerder van die BKA in gewapende verset teen De Klerk en toe omgespring en met die ANC gaan onderhandel het, was alles deel van IDASA se program.

Uit hierdie IDASA-komplot is die Afrikaner-volksfront (AVF)  in Mei 1993 gebore, met die skrywer van die Rooi-Vrydag-toespraak, generaal Tienie Groenewald, as "die baasbrein van die AVF".  Hierdie AVF was dus die produk van die geknoei tussen IDASA, die Intelligensiedienste en die KP, want laasgenoemde het in 1994 verklaar dat die AVF op sy inisiatief gestig is.

'n Groter in-sonde-ontvange-en-gebore organisasie het nooit in Suid-Afrika tot stand gekom nie.  By die stigting van die AVF wou die "generaals" en die KP se volle koukus niks weet van die gedagte om 'n volksfront te stig om De Klerk te stuit nie.  Nee, die AVF moet 'n volksfront wees wat aan die vredesonderhandelinge met die ANC-SAKP gaan deelneem om 'n "volkstaat" van die vyande te vra!  Die lewe van hierdie politieke mismaaksel wat dan "Afrikanereenheid" sou bring, was só kortstondig dat dit binne tien maande geskeur het en toe nóg 'n politieke party, die Vryheidsfront, as resultaat gelaat het.  Dit was die bydrae van die organisasie wat op inisiatief van die KP gestig is om uitvoering te gee aan die IDASA-komplot, wat in die hart van die linkse knoeikamers met
behulp van die ANC-SAKP en die "generaals" uitgebroei is.  Die stigting van die AVF as 'n teenvoeter vir die HNP se aandrang op 'n volksfront om De Klerk te stuit, was net so 'n groot verraad as De Klerk se oorgawe aan die ANC-SAKP.

En nou in die laat negentigerjare probeer die KP in sy doodsnikke om weer 'n sogenaamde "Afrikanereenheid" te bewerkstellig met die stigting van die politieke slenter, die AEB, waarmee hy sy geskiedenis van opgehoopte misvatting, verraderlike optredes en ondiens aan die Afrikanervolk wil ontkom.  Dit sal tevergeefs wees.

Die enigste sinvolle en kragtige Afrikanereenheid kan net groei uit ons volk se verset teen die verraad en onreg wat teen ons gepleeg is deur die verraaiers, die oorgeërs en die vredepraters, uit die gees van die Bittereinders, die geloof van die Afrikanernasionaliste van die era van Malan, Strydom en Verwoerd, en uit die beginsels van Afrikanernasionalisme, wat deur die HNP gehandhaaf en oor 'n tydperk van meer as dertig jaar beskerm is teen die felste en vurigste aanslae wat daar ooit teen 'n party gemaak is.  Afrikanernasionalisme is die groot vyand van die Kommuniste.  Afrikanereenheid wat daarop gebou is, sal krag, vertroue en duursaamheid gee.

Na De Klerk se oorgawe in 1994 aan die mag van die duisternis, het die NP, die PFP en al die ander paddastoelpartye feitlik oormekaar geval om aan die swart bewind se verkiesings deel te neem en seker te maak dat daar vir hulle tog 'n ou plekkie op die soustrein sou wees.  Die HNP handhaaf egter deurgaans die standpunt dat ons met 'n daad van verset weier om aan sulke verkiesings deel te neem, want deelname daaraan beteken dat ons ons goedkeuring en ondersteuning en medewerking gee aan hierdie bestel wat die ondergang van die Afrikaner in die oog het.  Deur nie-deelname daaraan berus ons nie in die huidige toestand nie en toon dat ons daarteen in verset is.  Hierdie verset moet groei en uitgebou word totdat ons 'n toestand van gereedheid bereik om weerstand te bied en ons land terug te vat wanneer hulle in duie stort weens hulle volslae primitiewe onmag om 'n moderne, beskaafde land te regeer.

Dit beteken nie dat ons sommer na die wapen moet gryp nie.  Eers moet daar verset in die gemoed van die Afrikaner gekweek word teen die vernederende oorgawe aan 'n terroristebende wat nie 'n enkele veldslag teen die Suid-Afrikaanse magte kon wen nie.  Dit moet begin by nie-deelname aan die politieke prosesse van die onregmatige ANC-regime.  Hulle wil hê ons moet deel word van die huidige bestel, aan hulle verkiesings deelneem en in hulle strukture opereer.  Ons beskik nie oor die getalle om hulle by die stembus te verslaan en ons vryheid so te herwin nie en moet dus daar buite bly en langs ander weë ons vryheid nastreef.

Ons moet in verset kom daarteen dat ons Afrikaner-volkskap onderdruk word deur ons in een burgerskap te wil indwing. Die gronde van verset vir die Afrikaner vandag is dat hy sy vryheid verloor het, dat hy veronreg is en dat sy taal, kultuur en geskiedenis verkrag word.  Ons moet in verset kom teen die afbreek van ons rasse-identiteit.  Die doel van ons verset moet wees om ons vryheidstrewe lewendig te hou en om georganiseerd te raak, want dan kan doeltreffende verset gepleeg word.  Ons moet 'n politieke guerillastryd voer en die vyand op sy swakste plekke aanval, maar eers die verraaiers uitskakel.

Hierdie verraaiers van die Afrikanerdom het ek die afgelope paar jaar duidelik met bewyse geïdentifiseer en ontmasker.  Afgesien van De Klerk en sy trawante, het ander geopereer in organisasies soos die KP, die AVF, die IDASA-komplot en nou weer in die AEB.  Oor die rol wat die AB en die NG-kerk gespeel het, kan 'n mens net die kop skud.  Dit is die liberaliste wat deur die vyand misbruik word en uit wie se geledere die verraaiers, die hensoppers en die vredepraters kom.  Dit is hulle, in die persone van generaals Botha en Smuts, wat die verlamming ingedra het en die Bittereinders uitverkoop het.  Dit is hulle wat 'n rede soek om oor te stap na die vyand en dan word hierdie verraaiers inderdaad die vyand self, deur weg te beweeg van Afrikanernasionalisme en allerhande onheilige alliansies aan te gaan.  As mens eers jou beginsel verlaat, word jy meegesleur deur omstandighede.

Die Bittereinders tydens die oorlog was nie net die burgers te velde nie, maar ook die vroue en kinders in die konsentrasiekampe.  Oor die volksmoord van 28,000 vroue en kinders deur Groot-Brittanje gedurende die Tweede Vryheidsoorlog, het ek in 1995 van die Britse koningin en haar premier, John Major geëis dat hulle vir hierdie misdaad vir die Afrikanervolk verskoning moes vra.  Ek het dit weer in 1999 van Tony Blair, Major se opvolger geëis.  Nodeloos om te sê, die Britse Ryk sien nie kans om vir sy oorlogsmisdade van 'n eeu gelede teen 'n klein volkie wat amper weerloos was, verskoning te vra nie.

In die Afrikaner se vryheidstryd van die verlede het die klein minderheid altyd die geskiedenis gemaak.  Beginsels is belangriker as getalle.  Daarom is deelname aan ANC-verkiesings sinloos.  Ons moet gewillig wees om tot aksie oor te gaan en tot lydelike verset te organiseer.  Die hele blank Suid-Afrika moet herower word, want hierdie land is ons land.

Die finale stryd sal tussen nasionalisme en kommunisme wees.  Die vyand sal voortgaan om die Afrikaners as "misdadigers teen die mensheid" voor te hou met die doel om die Afrikanervolk simbolies as die skurke van die beskaafde wêreld te brandmerk en die terroristeleiers as die verontregtes en onskuldiges op te hemel.  Ons volk wat in hierdie land gebore is, staan nou voortdurend in die brandpunt van verguising, verarming, verdrukking en vermoording, net soos aan die Kaapse Oosgrens destyds.  Die stryd teen ons het nie gister begin nie en eindig nie môre nie.  Ons het al drie keer ons vryheid verloor en dit twee keer weer herwin, want die Bittereinders het geweier om te berus in die onreg van die verowering.  Vyandelike magte van buite kon die Afrikanervolk nog nooit onder hou nie.  Na elke terugslag het ons sterker opgestaan.  Ons moet net weer die wil toon om terug te veg teen die vyand.  Ons God, wat ons nog nooit in die steek gelaat het nie, sal ons in staat stel om ons vryheid weer 'n derde keer te herwin, want Hy het nie drie-en-'n-half eeue gelede hierdie Afrikanervolkie aan die suidpunt van Afrika geplant om nou al onder te gaan en in die niet te verdwyn nie.  Daar wag nog 'n grootse roeping om te vervul.

Ek glo met my ganse hart dat hierdie voorspelling bewaarheid gaan word, net soos ander vooruitskouings van my ook alreeds in vervulling gegaan het.  Ek het met vertroue en geloof in ons Afrikanersaak, soos beliggaam in die Herstigte Nasionale Party, onvermoeid probeer voortwerk tot verwesenliking van ons vryheidsideaal, maar dit was my nie beskore om die dag te beleef wanneer die Afrikanervolk weer vry sal wees nie.  Ek was die aand van 8 Augustus 2000 met werk in my studeerkamer besig, toe ek skielik baie sleg begin voel het.  Ek is daardie nag in die hospitaal oorlede.  So het my lewe na 77 jaar tot 'n einde gekom en so ook my stryd vir die welsyn van my geliefde Afrikanervolk, wat ek tot die bitter einde bly voer het en volgehou het in die wete dat na my dood daar weer leiers sal wees wat die vaandel van Afrikanernasionalisme sal opneem en weer seëvierend oor ons vertroebelde volksakker sal dra, na die hoogtes waar die winkende vryheidsvure brand.  Die God van ons vaders, wat die lotgevalle van ons volk in sy hand hou, sal dit doen.  Aan Hom die eer!

Na sy dood was daar talle huldeblyke:

"Jaap Marais was die lewende verteenwoordiger van
Afrikanernasionalisme, in 'n tyd wat bykans elke
Afrikanerleier daardie pad byster geraak het."

"Hy het hom in die laaste 31 jaar bewys as die mees
belese en polities kundige openbare figuur met 'n ewe
groot kennis van die geskiedenis.  Hy was 'n briljante
spreker - altyd meester van sy onderwerp - 'n skerp-
sinnige denker en skrywer, 'n kenner van letterkunde
en van die kuns, van musiek, van wyn, van voëls en
diere en van plante.  Sy intelligensie was ver bo die
gemiddelde.  Daarby het hy 'n geheue gehad wat
verstom het."

"As skerpsinnige belese en eerlike debatteerder het
hy  nie sy gelyke in die Suid-Afrikaanse politiek nie."

"Met akkuraatheid het hy gebeure ontrafel en met
sinvolle samehang skokkende feite aan die kaak gstel."

"Hy het geglo:  Stryd is lewe!  Dit was gewortel in sy
diepe geloof in God.  Hieruit ontstaan ook sy groot
nasionalisme."

"Hy het 'n ongeëwenaarde werkvermoë gehad; dit
wat uiteindelik tot sy ontydige dood gelei het."

"Sedert dr Verwoerd se dood was daar geen leier in
Afrikanergeledere wat so suiwer koers gehou het op
die pad van Suid-Afrika nie, geen vonkelender gees,
geen skerper intellek, geen drywender entoesiasme nie."

"Dit was hom nooit beskore om Eerste Minister van
Suid-Afrika te word nie, dog hy was die grootste
Eerste Minister wat Suid-Afrika nooit gehad het nie."

Indien hy hierdie lofuitinge gedurende sy lewe sou ontvang het, sou dit vir hom miskien tot aansporing gedien het om nog harder te stry om ons verlore vryheid weer uit die besmette hande van ons volksvyande te ruk.  Onderwyl hy egter met hierdie stryd besig was, was hy ook voortdurend oor die welsyn van ons Afrikaner-nageslag en van sy eie naasbestaandes begaan, indien die vyand daarin sou slaag om ons te oorrompel.  Daarom het Jaap Marais in 1983 al aan hulle die volgende verklaring en aanmoediging gerig na die noodlottige referendum van daardie jaar, toe PW Botha se Ja-stem gewen het en hy sy gekleurde parlement ingestel het:

Aan ons kinders en kleinkinders en hulle kinders en latere nakomelinge,

Ons wou so graag aan julle 'n Christelike Blanke Suid-Afrika nalaat.  Miskien gebeur dit nog deur die Here se genade.  Maar ons volk het op 2 November 1983 'n besluit geneem wat menslik gesproke op iets anders afstuur.  En nou wil ons aan julle die wete nalaat dat ons ter wille van julle probeer keer het. Ons het NEE gestem:
NEE vir magsdeling tussen Christendom en nie-Christendom.
NEE vir verloëning van Christus op staatkundige terrein.
NEE vir 'n regering wat nie meer spesifiek Christelik sal kan
regeer nie.
NEE vir medewerking aan die ondergang van die Christendom.
NEE vir rassevermenging op politieke gebied wat sal deurwerk
na al die aspekte van ons lewe.
NEE vir 'n daad wat probeer om 'n streep te trek deur ons
geskiedenis.
NEE vir 'n daad wat die gees van die gelofte van 16 Desember
1838 weerspreek.
NEE vir 'n pad wat ons eie ras en nasie na ondergang moet voer.

As God in sy genade sal verhoed dat wat hierbo staan, werklikheid word, moet julle dankbaar voortveg om ons Christelik-Nasionale erfenis te bewaar.  En as die magte van chaos wel kom, moet julle gelowig voortveg om die verlore erfenis te herwin.  As julle in die felheid van die stryd besieling soek, mag julle dan ook iets daarvan put uit die wete wat ons aan julle nalaat, naamlik dat ons op 2 November 1983 NEE gesê het.

Geteken te Pretoria op hierdie 24e dag van November 1983.
J A Marais

Ek wil graag hierdie kort relaas oor Jaap Marais se bittereinderlewe afsluit met die vraag wat gedurende die laaste kommervolle tye voor sy dood so dikwels voor hom kom staan het:

Waarheen Blank Suid-Afrika?

Elke nuwe dag van môre
sal soos gister kom en gaan.
Maar ons dade, goed of euwel,
bly vir nageslagte staan.
As ons lewenswa gekom het
by die uitspan op die pad,
sal ons nageslag dan trots wees
om die tou by ons te vat?
Sal ons weet dat ons getrou was
in die uitvoer van ons plig?
Of sal hul wat ons moet opvolg,
hulle vinger op ons rig?
Sal hul stemme, vol van sorge
hierdie wanhoopsvraag moet vra:
"Waar is nou ons trotse erfenis?
WAAR IS BLANK SUID-AFRIKA?"

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1138 gaste aanlyn