GEDAGTES VIR ELKE DAG - druk f5 op u rekenaar vir 'n nuwe gedagte
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag As jy dink geluk en optimisme is net illusies, moet jy die blinddoek van jou oë verwyder sodat jy die vreugde rondom jou kan raaksien. Hoe? Vertrou op die HERE, en kyk deur God se oë na die sin en skoonheid wat Hy geskep het – dit verskaf groot vreugde! |
1959: DIE WONDER VAN AFRIKAANS-FEES
KULTUURDAGBOEK 24 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Before taking prescription drugs, inform your doctor in the event you side effects. The medication is one of several so-called class of phosphodiesterase type inhibitors PDE-i, this includes Cialis and Levitraaw palmetto must be taken with food to scale back indigestion cialis generic india. ome youth have thoughts about suicide when first taking an antidepressant buy cialis over the counter.
Die aanvangsfees was op 6 April in Kaapstad, asook by die Van Riebeeckskool by Thomson's Falls in Kenia en feesvieringe het hiervandaan noord- en suidwaarts feitlik van dorp tot dorp plaasgevind tot by die hoogtepunt op 30 Mei by die Voortrekkermonument in Pretoria. In die Kaapstadse stadsaal het prof. H.B. Thom, voorsitter van die FAK, die feesvieringe ingelui met 'n huldiging aan dr. D. F. Malan wat kort tevore op 7 Februarie 1959 oorlede is. 'n Feesembleem van mnre. H.N. Tredoux en M. Lohkamp is op verskeie wyses versprei. Lapelwapens is op 'n wedstrydgrondslag verkoop en binne vier maande het die bestellings van 10 000 tot 20 000 tot 30 000 en uiteindelik tot 72 000 gestyg. Van die gemonteerde embleme op 'n houtvoetstuk is 1 200 versprei. Dit was nie net die Afrikaners wat fees gevier het nie: Engelsmedium en Kleurlingskole het duisende mense na hul vieringe getrek. Langs die feespad het skares van tot 8 000 mense op plekke deel aan die vieringe gehad. In Johannesburg het Afrikaanse verpleegsters hul eie Emily Hobhouse-eed in Afrikaans in gebruik geneem. Op Welkom is 'n taalfeesmonument onthul. Op 29 Mei het op die straatplakkate van 'n Engelse koerant gepryk: “Vandagpraat ons Afrikaans", en was die koerant se hoofartikel die eerste keer in Afrikaans.
Die Wonder van Afrikaans-fees het ook ver oor die landsgrense gestrek, tot in Holland, Amerika, Wes-Duitsland, Engeland, België, Australië, Swede, Kanada, Portugal, Belgiese Kongo, Egipte, Spanje, Griekeland, Oostenryk, Italië, Switserland en Frankryk.
Met Bantoe-taalfeeste het die swartmense hulle welwillendheid teenoor Afrikaans getoon.
Die hoogtepunt van die vieringe op 30 Mei in die Amfiteater van die Voortrekkermonument is deur 60 000 bygewoon waar 'n indrukwekkende geleentheidstuk, geskryf deur mnr. Douglas Fuchs, opgevoer is en die Eerste Minister, dr. H.F. Verwoerd, in sy geleentheidstoespraak na Afrikaans verwys het as “die taal van ons wonderlike toekoms".


