Nuutste bydraes

GEDAGTES VIR ELKE DAG - druk f5 op u rekenaar vir 'n nuwe gedagte

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Volharding maak die onmoontlike moontlik, die moontlike waarskynlik en die waarskynlike ‘n feit.  Geen waterdruppel kan deur geweld ‘n gaatjie in ‘n rots maak nie; slegs deur ‘n aanhoudende gedrup daarop.

HISTORIESE MYLPALE IN ONS GESKIEDENIS

Hierdie opsomming van Suid-Afrikaanse gebeure vanaf 1485 dui baie duidelik die hoogtepunte sowel as die verraad, verval en chaos in ons land aan. Dit is ook ‘n handige verwysingsbron indien gebeure en/of datums vinnig nageslaan moet word.

1485 Diego Căo land by Kruiskaap noord van Walvisbaai.

1487 Bartolomeu Dias land op 8 Desember by Walvisbaai en kort daarna by Lüderitz.

1488 Bartolomeu Dias seil om die Kaap

1497 Vasco da Gama land by St Helenabaaiop 7 November. In die eerste skermutseling tussen Blankes en die Khoikhoin (Hottentotte) word Da Gama en drie van sy makkers gewond. Op 26 November gooi Da Gama anker by Mosselbaai, Doen by Pondoland aan en gee op Kersdag aan Natal sy naam.

1498 Op 6 Januarie land Da Gama by die mond van die Limpoporivier. Daar sien die Portugese vir die eerste keer Swartmense.

1503 Saldanha ontdek Tafelbaai en bestyg Tafelberg.

1510 D'Almeida, eerste onderkoning van die nuwe Portugese besittings in Indië, en 65 van sy manne word op Tafelbaaistrand in ‘n skermutseling met die Khoikhoin doodgemaak. Na hierdie voorval vermy die Portugese vloot die Kaap en seil regstreeks na Mosambiek.

1580 Sir Francis Drake seil om die Kaap.

1595 Houtman lei die eerste reis deur Nederlanders na Indië.

1602 Nederlandse Oos-Indiese Konpanjie (Vereenighde Oostindische Compagnie) gestig.

1652 Op 6 April land Jan van Riebeeck aan die Kaap om die eerste Blanke nedersetting te stig.

1654 Die ontstaan van Suid-Afrika se nywerheid met 60 000 gebakte stene.

1657 Eerste vryburgers begin by Rondebosch boer. Eerste navigasiehulpmiddels op Robbeneiland geïnstalleer.

1658 Sowat 400 slawe uit Wes-Afrika ingevoer.

1659 Op 2 Februarie word die eerste wyn gemaak. Kort daarna word wyn na Batavia uitgevoer. Die eerste bier word gebrou.

1666 'n Aanvang word gemaak met die bou van die Kasteel in Kaapstad.

1679 Simon van der Stel stig Stellenbosch.

1685 Koper in Namakwaland ontdek. Die eerste sterrekundige waarnemings word gemaak deur vader Tachard, 'n Jesuïtiese sendeling na Siam.

1688 Die eerste Hugenotesetlaars stap aan wal.

1713 Eerste pokke-epidemie.

1760 Coetzee steek die Oranjerivier oor. Ekspedisies onder leiding van Hendrik Hop en Willem van Reenen dring Namakwaland tot by Walvisbaai en Keetmanshoop binne.

1774 Eerste sendingstasie suid van die Limpopo, Genadendal, deur Georg Schmidt van die Morawiese Sendinggenootskap gestig.

1778 Visrivier tot oosgrens van die Kaapkolonie verklaar.

1779 Xhosas wat die Visrivier oorgesteek en die Kaapkolonie binnegeval het, word in die Eerste Grensoorlog teruggedryf.

1780-83 Oorlog tussen Holland en Engeland. Die Nederlandse Oos-Indiese Kompanjie begin kwyn.

1781 Eerste Britse poging om die Kaap te annekseer. Franse troepe land om die Kaap teen die Engelse te beskerm. Hulle word in 1784 onttrek.

1782 Die eerste papierriksdaalders uitgereik. Die skip, die Grosvenor, strand.

1789 Eerste Spaanse merinoskape — vier ooie en twee ramme — ingevoer. Eerste amptelike oorsese posdiens ingestel.

1795-1803 Eerste Britse besetting van die Kaap.

1803-06 Die Kaap word aan die Bataafse Republiek teruggegee. Janssens en De Mist word gesamentlik goewerneurs. Eerste binnelandse posdiens tot by Algoabaai ingestel.

1806 Tweede Britse besetting van die Kaap.

1814 Holland sedeer die Kaap aan Brittanje.

1819 Die grens van die Kaap word tot by die Keiskammarivier uitgebrei.

1820 Aankoms van 5 000 Britse setlaars. Port Elizabeth deur hulle gestig. Die Kaapse Sterrewag kom tot stand.

1821 Samuel en Richard Bradshaw, twee 1820-setlaars, en die skrynwerker, Isaac Wiggall, bou die eerste wewery naby Bathurst. Dit word in 1835 deur Xhosas verwoes.

1825 Eerste stoomskip kom in Tafelbaai aan. Geboorte van president Paul Kruger, later president van die ZAR.

1826 Eerste woordelys van 'n inheemse taal (Xhosa) word deur die sendeling John Bennie uitgegee.

1827 Die eerste mediese vereniging in Kaapstad gestig.

1828 Dood van die Zoeloekoning Tsjaka. Engels tot amptelike taal van die Kaap verklaar. Passe vir Khoikhoin (Hottentotte) afgeskaf. Alle vry Swartes aan die Kaap word polities met die Blankes gelykgestel.

1829 Die Suid-Afrikaanse Kollege word op 1 Oktober in Kaapstad geopen.

1834 Slawerny afgeskaf. Eerste grammatika van 'n inheemse taal (Xhosa) word deur William B Boyce geskryf en deur die Wesleyaanse Sendingpers, Grahamstad, uitgegee.

1835 Durban gestig. Die begin van Trichardt se trek.

1837 Die Ndebele wat deur die Voortrekkers verslaan is, steek die Limpoporivier oor na Rhodesië. Retief trek na Natal.

1838 Die Groot Trek uit die Kaapkolonie. Retief sluit 'n verdrag met Dingane, die opvolger van Tsjaka. Boere onder Retief word deur Dingane vermoor. Trekkers onder Andries Pretorius wen die Slag van Bloedrivier. Dingane word verslaan en die Republiek van Natal gestig.

1839 Tydelike Britse besetting van Durban. Pietermaritzburg en Potchefstroom gestig.

1843 Natal tot Britse kolonie geproklameer.

1844 Die meeste Voortrekkers verlaat Natal, wat by die Kaapkolonie ingelyf word.

1845 Natal word van die Kaapkolonie geskei.

1846 Bloemfontein gestig.

1847 Oos-Londen gestig en die Britse bewind oor Kaffrarie (Ciskei) uitgebrei. Gasligte in Kaapstad aangebring.

1848 Britse soewereiniteit oor die gebied tussen die Oranje- en Vaalrivier geproklameer. Skermutseling tussen Britse troepe en Boere by Boomplaats.

1850 Pogings om van die Kaap 'n strafkolonie te maak, met welslae teengestaan. Rustenburg gestig.

1852 Kopermynbou by Springbokfontein. Brittanje erken die onafhanklikheid van die ZAR met die Sandrivierkonvensie. Edmund More-wood gee in Januarie aan die redakteur van die Times of Natal, Port Natal, 'n pakkie suiker wat hy gemaak het van riet wat uit Réunion afkomstig is. Koffiebome in Natal ingevoer.

1853 Eerste posseel in die Kaapkolonie uitgereik.

1854 Brittanje erken die onafhanklikheid van die Oranje-Vrystaat (OVS) met die Bloemfonteinse Konvensie. Die eerste sitting van die eerste Kaapse Parlement.

1855 Pretoria gestig.

1856 Natal word 'n afsonderlike kolonie. Lydenburg stig of van die ZAR. Hongersnood onder Xhosastamme ná al hul vee op aandrang van 'n `profeet' geslag is.

1857-59 Die Duitse Legioen in Kaffrarië gevestig.

1858 Eerste oorlog tussen die OVS en die Basoeto' s.

1860 Eerste treinspoor in gebruik geneem — 'n trajek van 3 km tussen die Punt en die dorp Port Natal (Durban). Die eerste telegraaflyn — tussen Kaapstad en Simonstad – in gebruik geneem. ‘n Vuurtoring by Kaappunt gebou – destyds die hoogste ter wêreld. Pretoria word die setel van die Transvaalse regering. Die eerste Indiërarbeiders vir die suikerplantasies van Natal word ingevoer. Die Kaapse dokke ingewy. Instelling van die erste werdien op 26 Oktober.

1961 Griekwagebied deur die OVS aangekoop en Adam Kok en sy mense trek na Griekwaland-Oos.

1963 Die spoorlyn tussen Kaapstad en Wellington geopen.

1865 Kaffrarië by die Kaapkolonie ingelyf. Chroomerts deur Carl Mauch in die distrik Rustenburg ontdek.

1868 Brittanje tree tussenbeide in Basoeloland en annekseer die gebied.

1869 Diamante naby Kimberley ontdek. Die Verdrag van Aliwal-Noord stel die grense tussen die OVS en Basoeloland vas.

1870 Die diamantvelde deur Brittanje geannekseer. Goud in die Murchisonbergreeks ontdek.

1871 Goud by Eersteling, Pietersburg, ontdek. Goodman Household van Karkloof, Natal, vlieg byna 1,5 km in ‘n sweeftuig wat hy self gebou het.

1872 Verantwoordelike parlementêre regering word aan die Kaapkolonie toegestaan.

1873 Goud in die distrik Lydenburg ontdek. Griekwaland-Wes word kroonkolonie.

1875 Stigting van die Genootskap van Regte Afrikaanders (GRA) in die Kaap om hom te beywer vir die volle erkenning van die Afrikaanse taal. President Burgers neem monsters van ystererts van Pretoria na Europa, maar slaag nie daarin om belangstelling uit te lok nie.

1876 Eerste Afrikaanse tydskrif, Di Afrikaanse Patriot, uitgegee. Eerste bloekomplantasie deur Joseph Store Lister by Worcester aangeplant.

1877 Die ZAR deur Shepstone tot Britse gebied geproklameer.

1878 Walvisbaai word Britse gebied.

1879 Anglo-Zoeloe-oorlog: Cetshwayo word verband en Brittanje beset Zoeloeland. Op 31 Julie word die eerste kabelverbinding tussen Suid-Afrika en Europa via Aden ingewy.

1880 Afrikanerbond gestig. Eerste Vryheidsoorlog Brit teen Boer in Transvaal.

1881 Die ZAR herwin sy vryheid onder Britse susereiniteit. Die gebruik van Nederlands word in die Kaapse Parlement toegelaat.

1882 Eerste telefoonsentrale op 1 Mei in Port Elizabeth geopen. Kimberley word die eerste stedelike gemeenskap wat elektrisiteit gebruik.

1883 Paul Kruger ingesweer as President van die ZAR. Die republieke van Stellaland en Gosen word gestig langs westelike grens van die ZAR.

1884 Suidwes-Afrika word 'n protektoraat van Duitsland. Die Barbertonse goudvelde geopen. Die Verdrag van Londen (27 Februarie) verleen aan die ZAR volle onafhanklikheid behalwe vir die reg om verdrae met vreemde moondhede te sluit. Basoetoland word 'n Britse protektoraat. Nederlands as amptelike taal deur Kaapse Parlement erken.

1885 Republieke Stellaland en Gosen kom tot ‘n einde. Suid-Betsjoeanaland word ‘n kroonkolonie en Noord-Betsjoeanaland word ‘n Britse protektoraat. St Lucia deur Brittanje geannekseer. Spoorlyn tussen Kaapstad en oopgestel.

1886 Johannesburg gestig en Witwaterrandse goudvelde oopgestel.

1887 Johannesburgse Effektebeurs gestig. Zoeloeland en Tongaland tot Britse gebiede verklaar.

1888 Die British South Africa Company gestig. Die eerste mynkonsessies deur Lobengula toegestaan. Matabeleland en Masjonaland onder Britse invloedsfeer.

1889 Defensiewe verbond tussen die ZAR en die OVS gesluit.

1890 Cecil Rhodes word Eerste Mininister in die Kaapkolonie. Britse troepe beset Masjonaland. Verdrag tussen Duitsland en Brittanje stel grense van SWA vas.

1892 Spoorlyn tussen Kaapstad en Johannesburg voltooi.

1893 Selfregering vir Natal.

1894 Pondoland geannekseer en by die Kaapkolonie ingelyf. Afsonderlike administrasie vir Transkei ingestel kragtens die Glen Grey-wet.

1895 Brits-Betsjoeanaland geannekseer en by die Kaapkolonie gevoeg. Jameson se inval in die ZAR.

1896 Jameson gee hom oor en word verhoor. Rhodes bedank as Eerste Minister van dieKaapkolonie. Runderpes breek uit.

1897 Spoorlyn tussen Kaapstad en Bulawayo geopen.

1898 Paul Kruger vir die vierde keer tot president van die ZAR verkies.

1899-1902 Oorlog tussen Brittanje Boererepublieke — Tweede Vryheidsoorlog Brit teen Boer

1902 Die Vrede van Vereeniging word op 31 Mei gesluit. Transvaal (voorheen die ZAR) en die OVS word Britse kolonies. Die opening van die Premierdiamant-myn naby Pretoria.

1904 Dood van President Kruger in Clarens, Switserland. Chinese arbeiders vir vaalse goudmyne ingevoer.

1905 Abdullah Abdurahman word president van die African Political (later People’s) Organisation (APO) wat in 1902 gestig is. Aanvang van die Tweede Afrikaanse Taalbeweging. Die Cullinandiamant (3 106 kt) word by die Premiermyn ontdek.

1906 Victoria Falls Power Company gestig. Transvaal kry selfregering en 'n Kabinet word onder genl Louis Botha saamgestel. Rebellie onder Bambata in Natal. Koper word by Messina ontgin.

1907 Die Oranjerivierkolonie kry selfregering. Die invoer van Chinese arbeiders vir die myne word gestaak. Eerste oliemaatskappy, Vacuum Oil, gestig en eerste klerefabriek word in Kaapstad gebou. Industry and Trade as eerste mondstuk van die Suid-Afrikaanse nywerhede in Kaapstad uitgegee. South African Native Congress vergader in Queenstown om Swart reaksie teen voorgestelde Unie te bespreek.

1908 Nasionale Konvensie vergader in Durban en in 1909 in Kaapstad en Bloemfontein. Die laboratorium wat deur die ou ZAR vir Arnold Theiler by Daspoort opgerig is, word na Onderstepoort verskuif. Dit is die begin van SuidAfrika se bekende veeartsenykundige dienste.

1909 Die Native Congress van die OVS vra 'n konvensie vir Swartes. Die South African Native Convention vergader in Bloemfontein. Agt Kleurling- en Swart politici besoek Londen om beswaar aan te teken teen die voorgestelde Suid-Afrikawet. Die Suid-Afrikawet word deur die Britse Parlement aanvaar. Die eerste vlug met 'n masjienaangedrewe vliegtuig deur Albert Kimmerling van Oos-Londen (28 Desember).

1910 Die Unie van Suid-Afrika kom tot stand (31 Mei). Lord Gladstone word Goewerneurgeneraal en genl Louis Botha Eerste Minister. Mahatma Gandhi bekom Tolstoy Farm in Transvaal om gesinne van protesteerders te huisves. Die Hertog van Connaught lê die hoeksteen van die Uniegebou in Pretoria. 'n Draadloostelegraafstasie in Durban opgerig. Eerste sensus word opgeneem. Die bevolking van die Unie: 1,2 miljoen Blankes en 4,6 miljoen Swartmense, Kleurlinge en Asiers.

1911 Draadloostelegraafstasie by Slangkop in die Kaapse Skiereiland geopen. Suid-Afrikaanse Party (SAP) gestig.

1912 Die South African Native National Congress (SANNC) in Bloemfontein gestig. Die verdedigingstelsel van die Unie kry beslag in die Verdedigingswet. Genl Botha bedank en stel 'n nuwe Kabinet sonder genl J B M Hertzog saam. Die Unie Land- en Landboubank en Union Steel Corporation gestig.

1913 Stakings en onluste deur Blanke en Swart mynwerkers aan die Witwatersrand. Indier-onluste in Natal. Indiers uit Natal marsjeer Transvaal binne. Die Nasionale Vrouemonument in Bloemfontein word op 16 Desember onthul ter gedagtenis aan 26 251 Afrikaanse vroue en kinders wat gedurende die Tweede Vryheidsoorlog tussen Brit en Boer (1899-1902) in konsentrasiekampe omgekom het. Wet op Swart Grond word deurgevoer om Swartmense se tradisionele gebiede te bewaar en die grootste deel van die land vir Blankes.

1914 Nywerheidsonluste aan die Witwatersrand en elders: krygswet word afgekondig. Genl Hertzog stig die Nasionale Party (NP). Eerste Wêreldoorlog breek uit en Suid-Afrika aanvaar verantwoordelikheid vir sy eie verdediging. Imperiale troepe word vir diens in Europa ontplooi. Op 10 September besluit die Parlement met 91 stemme teen 12 dat Suid-Afrika aan die oorlog sal deelneem. Magte van die Unie val Duits-SWA binne en beset Lüderitzbucht. Die rebellie teen deelname aan die oorlog word onderdruk. SANNC-afvaardiging besoek Londen om beswaar aan te teken teen die Wet op Swart Grond. Gandhi keer terug na Indië.

1915 Duitse magte in SWA gee oor aan genl Botha. Die Unieregering werf vrywilligers vir diens in Europa.

1916 'n Ekspedisiemag van die Unie word onder bevel van genl Smuts na Duits-Oos-Afrika gestuur. Slag van Delvillebos. South African Native College (later Universiteit Fort Hare) geopen.

1917 Genl Smuts keer terug uit Oos-Afrika en vertrek na Londen om die vergadering van die Imperiale Oorlogskabinet by te woon. Stigting van die Anglo American Corporation, vandag een van Suid-Afrika se grootste maatskappye.

1918 Die universiteite van Suid-Afrika, Kaapstad en Stellenbosch opgerig. Wapenstilstand op 11 November aangekondig. In 'n griepepidemie (met longontsteking) sterf na raming 11 726 Blankes en 127 745 gekleurde mense. Stigting van Afrikaner Broederbond.

1919 Departement van Gesondheid gestig. 'n Mandaat vir die protektoraat SWA aan die Unie toegeken. Die Vredesverdrag van Versailles op 28 Junie met Duitsland gesluit. Genl Botha en genl Smuts teken die verdrag namens die Unie om die Eerste Wereldoorlog te beëindig. Ná die dood van genl Botha word genl Smuts Eerste Minister. Die Industrial and Commercial Workers' Union (ICU) gestig deur Clements Kadalie.

1920 Staking deur Swart werkers aan die Witwatersrand. Die Transvaal Native Congress stuur veldtog van stapel teen die dra van pasboeke. Suksesvolle vlug van Kaïro na die Kaap deur kol (later sir) Pierre van Ryneveld en maj (later sir) Quintin Brand.

1921 Raad vir Handel en Nywerheid gestig. Reserwebank gestig. Verdediging van Suid-Afrika word algehele verantwoordelikheid van Unieregering. Diamantmyne by Kimberley word gesluit; ekonomiese depressie neem ernstige afmetings aan. Die Comrades-marathon, vandag een van die land se grootste sportbyeenkomste, vir die eerste keer gehou.

1922 Stakings by die goud- en steenkoolmyne, in die staalbedryf en by die Victoria Falls Power Company aan die Witwatersrand, word gevolg deur gewelddadige onluste op verskeie plekke. 'n Algemene staking word uitgeroep, gevolg deur uitgebreide revolusionêre ontwrigting in die myndistrikte; krygswet word afgekondig en troepe gemobiliseer (214 ongevalle); die Universiteit van die Witwatersrand op 4 Oktober ingewy. Eskom gestig. Die Bondelswartsrebellie in Suidwes-Afrika word onderdruk.

1923 Platina ontdek in die distrik Waterberg, Transvaal. Op 18 Desember vind die eerste radio-uitsending plaas. Afsonderlike ontwikkeling word met die Swartes (Stadsgebieden) Wet na stedelike gebiede uitgebrei. SANNC verander naam na African National Congress (ANC).

1924 'n Militere vliegtuig lê die afstand tussen Kaapstad en Pretoria in een dag af. Algemene verkiesing (17 Junie) gewen deur Nasionale Party/Arbeidersparty Pakt. Genl Hertzog word Eerste Minister. Die Nijverheid Verzoenings Wet lê streng prosedures neer vir kollektiewe bedinging.

1925 Die Unie keer terug na die goudstandaard. Afrikaans as amptelike taal erken, gelykwaardig aan Engels en Nederlands. Ryk platina-afsettings ontdek. Werkboikot deur sowat 25 000 ICU-ondersteuners in Bloemfontein.

1926 Nuwe ooreenkoms vir die repatriasie van Indiërs gesluit tussen Suid-Afrika en Indië. Die dominiums verkry gelyke status met Brittanje. Die Wet op Myne en Bedrywe word aangepas om Minister van Myne in staat te stel om werkreservering uit te brei.

1927 Radiotelegrafiese kommunikasie met Brittanje ingestel. Mothvliegtuig, met It R Bently as vlieënier, vlieg van Engeland tot in Johannesburg in 26 dae. Diamante in Klein Namakwaland ontdek. Departement van Buitelandse Sake gestig. Verpligte segregasie in 26 stedelike gebiede aangekondig; 64 gebiede geproklameer ingevolge die Swartes (Stadsgebieden) Wet. Yskor gestig.

1928 'n Diamantbewerkingsbedryf in Kimberley opgerig. Handels- en doeanekonvensie tussen die Unie en Mosambiek onderteken.

1929 Alfred Beitbrug (spoor en pad) oor die Limpopo geopen om die Unie en Suid-Rhodesië te verbind. Lugposdiens ingestel. Die vier evangelies en Psalms in Afrikaans uitgegee. Kommuniste stig die African League of Rights, probeer om twee setels in die Parlement te bekom maar word verslaan.

1930 Universiteit van Pretoria vekry onafhanklike status. Blanke vroue kry stemreg. Kommuniste stuur veldtog van stapel om pasboeke te verbrand; tydens Durbanse protes is kommunisteleier, Johannes Nkosi, gedood.

1931 Pretoria tot stad verklaar. Statuut van Westminster deur Britse Parlement aanvaar. Suid-Afrika word gemagtig om wetgwing oor alle sake te aanvaar.

1932 Diamantmynbedryf tydelik gesluit as gevolg van die depressie. Lugposdiens tussen Unie en Brittanje ingewy. Radiotelefoonverbinding met Brittanje ingestel. Suid-Afrika af van die goudstandaard.

1933 Ernstige droogte gebreek. Afrikaanse Bybel uitgegee. Kooksoond aangesteek by Yskor, Pretoria.

1934 Unielugdiens deur regering oorgeneem. Ontdekking van goud by Odendaalsrus. Hertzog en Smuts stig die United South African Party; D F Malan stig sy eie Gesuiwerde Nasionale Party; ontevrede voormalige lede van die Parlement stig die Dominionparty.

1935 Pan-African-poskonferensie in Pretoria gehou. All-African Convention gestig.

1936 Swart-Trust en Grond-Wet aanvaar om meer grond vir die Swartmense te reserveer. Die Swart Verteenwoordigingswet beëindig Kaapse stemreg. Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie (SAUK) gestig.

1937 Sir Patrick Duncan word eerste Afrikaanse burger wat as Goewerneuraangestel word. SAUK stel eerste gereelde Afrikaanse diens in. Council for Non-European Trade Unions gestig.

1938 Suid-Afrikaanse Persassosiasie (Sapa) gestig om 'n algemene nuusdiens in Unie te lewer. Spoorlyn tussen Randfontein en Springs en tussen Germiston en Pretoria geëlektrifiseer. Hoeksteen van die Voortrekkermonument op 16 Desember in Pretoria gelê. Die Stem van Afrika en God Save the King word beide aanvaar as amptelike volksliedere. Eeufeesviering van die Groot Trek met die simboliese ossewatrek.

1939 Genl Hertzog bedank nadat sy mosie dat Suid-Afrika in die Tweede Wêreldoorlog neutraal bly in die Parlement afgestem word. Nuwe Kabinet met genl Smuts as Eerste Minister ingehuldig. Suid-Afrika verklaar oorlog teen Duitsland. Altesaam 334 324 Suid-Afrikaners het tot die oorlog toegetree, van wie 12 046 gesterf het. Ossewabrandwag gestig.

1940 Burgermag gereorganiseer op grondslag van vrywilligers wat bereid is om enige plek in Afrika te veg. Suid-Afrika verklaar oorlog teen Italië (12 Junie). Alfred Xuma word president van die ANC.

1941 Wet op Suid-Afrikaanse Munt afgekondig. Beheerraad vir in- en uitvoer ingestel. Unie verklaar oorlog teen Japan (8 Desember). Die African Mineworkers' Union gestig.

1942 Petrolrantsoenering ingestel asook beheer oor sekere verbruiksgoedere. Genl Hertzog oorlede. Regering verslap instromingsbeheermaatreëls.

1943 Algemene verkiesing gewen deur die Verenigde Party. Parlement keur aanwending van Suid-Afrikaanse magte op 'n vrywillige grondslag buite grense van die vasteland goed. Swart middelklasleiers formuleer Swart politieke eise in 'n dokument getiteld ‘African claims in South Africa'. Die ANC Youth League of Congress Youth League (CYL) gestig.

1944 James Mpanza stig die Sofasonke-plakkersbeweging in Johannesburg.

1945 Suid-Afrikaanse Lugraad en Raad vir Burgerlugvaart aangestel.

1946 Gideon Brand van Zyl word eerste Goewerneur-generaal wat in Suid-Afrika gebore is. Staking deur Swart mynwerkers aan die Witwatersrand. Nog goud in OVS ontdek. Die Wet op Grondbesit van Asiate en Verteenwoordiging van Indiërs word aanvaar wat voortgesette grondverkryging deur Indiërs in Natal en Transvaal belet.

1947 Die Britse koningspaar en prinsesse Elizabeth en Margaret besoek die Unie.

1948 Die eilande Marion en Prince Edward deur die Unie geannekseer. Algemene verkiesing. Nasionale Party kom aan die bewind. Dr D F Malan word Eerste Minister.

1949 Die Universiteit van Natal geproklameer. Voortrekkermonument by Pretoria ingewy. Invoerbeheer ingestel. Die militante CYL inspireer die aksieprogram wat op die ANC-kongres aanvaar is.

1950 Die Universiteit van die Oranje-Vrystaat kom tot stand. Dood van veldmaarskalk J C Smuts. Springbok Radio (handelsdiens) ingestel. Stigting van Suid-Afrikaanse Steenkool-, Olie- en Gaskorporasie (Sasol). SAKP ontbind in afwagting van die Wet op die Onderdrukking van Kommunisme. Die Bevolkingsregistrasiewet, die Ontugwet, die Wet op Groepsgebiede en die Wet op die Onderdrukking van Kommunisme word aanvaar.

1951 Dr E G Jansen as Goewerneur-generaal aangestel. Eerste twee Vrystaatse goudmyne begin produseer. Die Unie onttrek horn tydelik aan die VN. Die Wet op Afsonderlike Verteenwoordiging van Kiesers word in werking gestel en in die hof betwis. Torch Commando hou verskeie byeenkomste ter ondersteuning van Kleurlingkiesers.

1952 Onluste in Swart woonbuurte van Port Elizabeth en Oos-Londen; landwye versetveldtog volg op die aanvaarding van die wet waarkragtens pasboeke vir Swartes afgeskaf en bewysboeke ingestel word. Ontdekking van selakant nadat die vis na bewering 70 miljoen jaar vantevore uitgesterf het. Unie se eerste uraanaanleg aan Wes-Rand geopen.

1953 Die Wet op Swart Onderwys word aanvaar om 'n afsonderlike onderwysstelsel vir Swartes te skep. Regering wen verkiesing met mandaat om Kleurlingkiesers van die algemene kieserslys te verwyder. Die Wet op Aanwysing van Aparte Geriewe en die Wet op Swart Onderwys word aanvaar. Jan Smutslughawe in bedryf gestel.

1954 Mnr J G Strijdom word Eerste Minister. Eerste olieraffinadery by Wentworth, Durban. 1955 Sasol vervaardig sy eerste petrol uit steenkool. Eerste fosfaatkonsentraat by Phalaborwa vervaardig. Senaatwet aanvaar om die getal senatore van 49 tot 89 te verhoog. Die Vryheidsmanifes (Freedom Charter) aanvaar deur die Congress of the People. Landwye optrede teen buite-parlementere groepe deur die Veiligheidspolisie.

1956 Gesamentlike sitting van albei huise van die Parlement aanvaar wetsontwerp ingevolge waarvan Kleurlinge op aparte kieserslys geplaas word. Sluiting van Suezkanaal veroorsaak 'n buitengewone drukte in hawens van die Unie.

1957 Die Unievlag word die enigste amptelike vlag en Die Stem van Suid-Afrika die enigste nasionale volkslied. Vlootbasis by Simonstad amptelik aan Unieregering oorhandig.

1958 Suid-Afrika hervat volle deelname aan die werksaamhede van die VN. Heengaan van mnr J G Strijdom, Eerste Minister. Dr H F Verwoerd tot sesde Eerste Minister verkies.

1959 Mnr C R Swart aangestel as Goewerneurgeneraal. Die Wet op Uitbreiding van Universiteitsopleiding berei die pad voor vir `nie-Blanke' universiteite.

1960 'n Groot getal Swartmense wat teen 'paswette' betoog, bedreig polisiestasie by Sharpeville. Polisie skiet 69 dood. Parlement neem Wet op Onwettige Organisasies aan om die ANC en die PAC onwettig te verklaar. Grootste mynramp in Suid-Afrika se geskiedenis vind op Coalbrook by noordelike skag van Clydesdalesteenkoolmyn plaas. Besoek van Britse eerste minister, mnr H Macmillan. Aanslag op lewe van dr Verwoerd in Johannesburg. In referendum stem 850 458 kiesers ten gunste van republkeinse regeringsvorm, 775 878 daarteen. 1961 Nuwe desimale muntstelsel in omloop gebring. Republiek van Suid-Afrika buite die Statebond gestig. Mnr C R Swart tot 1e Staatspresident verkies. Nelson Mandela stel wapende stryd voor; aanvang van sabotasietog. Albert Luthuli ontvang Nobel-vredesprys

1963 Transkei by selfregering. Die 90-dae Aanhoudingswet word aanvaar om bedrywighede deur Poqo en Unzkhonto we Sizwe (militêre vleuel van die ANC) te onderdruk. Polisieklopjag op Umkhonto se basis in Rivonia; begin van Rivoniaverhoor.

1964 Regering kondig instelling van Verteenwoordigende Kleurlingraad aan om beperkte selfbestuur aan die Kleurlinggemeenskap te gee. National African Federated Chamber of Commerce (Nafcoc) kom tot stand om Swart sakeondememings te bevorder.

1965 Atlasvliegtuigkorporasie ges tig. Registrasie van die Suidelike Olie-eksplorasie korporasie (Soekor).

1966 Wêreldhof verwerp saak wat deur Ethiopië en Liberië teen Suid-Afrika se beheer oor SWA aanhangig gemaak is. Dr Verwoerd word deur die geestesversteurde parlementêre bode, Dimitri Tsafendas, in die Volksraad vermoor. Mnr Vorster word Eerste Minister. Distrik Ses Kaapstad, 'n Kleurlingwoonbuurt, word as Blanke gebied geproklameer.

1967 Prof Chris Barnard voer wêreld se eerste hartoorplantingsoperasie in Groote Schuur hospitaal uit op mnr Louis Washkansky.

1968 Mnr J J Fouche verkies tot twee Staatspresident.

1969 Petroleumgas op kontinentale plat naby Plettenbergbaai gevind. South African Student Organisation deur Steve Biko gestig. Dr Albert Hertzog stig die Herstigte Nasionale Party.

1970 Nuwe uraanverrykingsproses deur Suid- Afrikaanse wetenskaplikes ontwikkel.

1971 Interne selfregering aan Zoeloevolk gegee.

1972 Die afgevaardigde van die Sekretaris-generaal van die VN, dr A Escher, deurreis SWA en hou samesprekinge met Eerste Minister van Suid-Afrika in 'n poging om die SWA-vraagstuk op te los. Die Hendrik Verwoerddam, grootste dam in Suid-Afrika, word geopen. Black People's Convention gestig om ondersteuners van die Black Consciousness Movement te koördineer.

1973 Swart gebiede Gazankulu en Venda ontvang selfregering. Volksraadsetels word vermeerder van 165 tot 171, met een bykomende setel in die Senaat.

1974 Eerste ontmoeting tussen Eerste Minister John Vorster en leiers van agt selfregerende gebiede. Monument vir Britse setlaars van 1820 in Grahamstad geopen.

1975 Dr N Diederichs volg mnr J J Fouche as Staatspresident op. Minister M C Botha behou Afrikaans as onderrigmedium in Swart skole. Suid-Afrikaanse magte dring Angola diep binne.

1976 Suid-Afrika raak betrokke in die Angolese burgeroorlog nadat onafhanklikheid oorhaastig deur Portugal toegestaan is. Onluste in Soweto brei tot ander Swart gebiede uit; honderde sterf in onluste. Transkei word eerste Swart staat wat onafhanklikheid kry.

1977 Bophuthatswana verkry onafhanklikheid. Veiligheidsraad van VN stel verpligte wapenverbod teen Suid-Afrika in. Die Krygstuigkorporasie van Suid-Afrika (Krygkor) gestig. Steve Biko sterf in aanhouding.

1978 Die vyf Wesmagte kondig hul `finale' voorstelle aan vir die vraagstuk in SWA: Suid-Afrika aanvaar dit, maar Swapo verwerp dit voorwaardelik. Dood van Staatspresident dr N Diederichs. Mnr B J Vorster word Staatspresident en mnr P W Botha nuwe Eerste Minister. Dr C P Mulder bedank kort na die Inligtingskandaal. Sobukwe oorlede.

1979 B J Vorster bedank as Staatspresident en word opgevolg deur mnr Marais Viljoen. Republiek van Venda word onafhanklik.

1980 Die Parlement keur die totstandkoming van Presidentsraad goed om die regering oor grondwetlike hervorming te adviseer. Die regering hef beperkinge mbt die indiensneming van geskoolde Swart werkers in Blanke gebiede op.

1981 Altesaam 790 verouderde wette word uit die wetboek verwyder. Ciskei word die vierde onafhanklike Swart staat. Die SAUK begin die eerste televisie-uitsendings in Swart tale.

1982 Handelsbande tussen Suid-Afrika en die Republiek van China word versterk. Buitelandse Minister RF Botha ontmoet sy Amerikaanse ampsgenoot, mnr George Shultz, in Washington om die onderhandelinge oor SWA te bespreek. Die Wysigingswetsontwerp op Bevolkingsregistrasie, wat voorsiening maak vir eenvormige identiteitsdokumente vir alle Suid-Afrikaners, word aanvaar. Suid-Afrika, die vier onafhanklike state en ses selfregerende gebiede implementeer ‘n nuwe streeknywerheidontwikkelingsbeleid. Die Atoomenergiekorporasie kom tot stand. Sasol 3 by Secunda vervaardig sy eerste bemarkbare brandstof. Dr A P Treurnicht stig die Konserwatiewe Party.

1983 Blanke kiesers keur die nuwe grondwet met tweederde-meerderheid goed. Dood van vormalige Eerste Minister en Staatspresident, B J Vorster. Motorbom van ANC dood 19 en wond 216 in Pretoria. Staatshoofde van die regerings van Suid-Afrika, Transkei, Bophuthatswana, Venda en Ciskei onderteken 'n ooreenkoms wat voorsiening maak vir die totstandkoming van die Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika. Die United Democratic Front (UDF) buite Kaapstad gestig. Kleurling Arbeidersparty besluit om deel te neem aan driekamer-Parlement.

1984 Groepsgebiedewet word aangepas om sentrale sakedistrikte vir alle rasse oop te stel. Die nuwe grondwet wat vir 'n driekamer-Parlement voorsiening maak, word geïmplementeer. Mnr P W Botha word eenparig tot eerste uitvoerende Staatspresident verkies. Wydverspreide onluste kom in verskeie Swart woongebiede voor. Verdrag van Nkomati met Mosambiek onderteken. National Union of Mineworkers gestig.

1985 Die eerste volle sitting van die nuwe driekamer-Parlement word geopen. Die Wet op die Verbod op Gemengde Huwelike en art 16 van die Ontugwet word herroep. Die afskaffing van die vier provinsiale rade word aangekondig. Die Wet op die Verbod op Politieke Inmenging wat veelrassige lidmaatskap van politieke partye verbied het, word afgeskaf. Die RSA word aanvaar as lid van die Vereniging van die Wêreldhandelsentrum. Swart onrus duur voort en noodtoestande word in 36 landdrosdistrikte afgekondig. Die ANC dui aan dat hy in die `gewapende stryd' geen onderskeid sal maak tussen `sagte' (burgerlike) en ander teikens nie. Vier lede van die PAC wat 20 jaar gelede aan hoogverraad skuldig bevind is, word vrygelaat ooreenkomstig die Staatspresident se aanbod van voorwaardelike vrylating. Die Congress of SA Trade Unions (Cosatu) word gestig. Staatsdiensorganisasies vir Swart, Kleurling- en Indiërpersoneel word vir die eerste keer in die Staatsdiensadviesraad verteenwoordig.

1986 Wetgewing word uitgevaardig om alle rassebeperkinge in hotelle, restaurante en verblyfplekke, onderworpe slegs aan die eienaar se reg op behoud van toegang, te herroep. Van die 20 lede van die vier nuwe provinsiale uitvoerende rade wat aangestel is om die ou verkose provinsiale rade en administrasies te vervang, is drie Swartmense, drie Indiërs en vier Kleurlinge. Streekdiensterade word ingestel. As gevolg van voortslepende onrus word 'n nasionale noodtoestand in Junie afgekondig.

1987 Twee gekleurde Suid-Afrikaners as ambassadeurs aangestel — dr Frank Quint in Nederland en mnr Bhadra Ranchod by die Europese Gemeenskap in Brussel. Mnr N M Ramodike word na die dood van dr Cedric Phatudi hoofminister van Lebowa. Dertien Portugese en vier Suid-Afrikaanse seemanne vertrek uit Lissabon in 'n replika van die karveel waarin Bartolomeu Dias 500 jaar gelede die seeroete om die Kaap ontdek het. In die algemene verkiesing wen die NP 123 van die 166 setels in die Volksraad, terwyl die KP die nuwe Amptelike Opposisie word. Mnr Govan Mbeki, voormalige algemene voorsitter van die ANC, word op 5 November uit die gevangenis vrygelaat.

1988 Soekor maak sy belowendste olievonds — ongeveer 120 km suidwes van Mosselbaai — tot op datum bekend. Die RSA, Kuba en Angola onderteken die Brazzaville-protokol wat onder meer voorsiening maak vir die inwerkingstelling van resolusie 435 op 1 April 1989.

1989 Die Staatspresident, P W Botha, lê sy amp sonder keuse neer en word opgevolg deur die Minister van Nasionale Opvoeding, F W de Klerk, ná die algemene verkiesing op 6 September. Demokratiese Party gestig as opvolger van die PFP. Die RSA onttrek sy weermag uit SWA met die oog op die inwerkingstelling van resolusie 435 van die VN wat die onafhanklikheid van die streek beoog. Swapo wen in die onafhanklikheidsverkiesing van 6 November.

1990 De Klerk kondig in sy openingsrede van die Parlement op 2 Februarie die vrylating van Nelson Mandela sonder dat hy die besonderhede met die burgers van Suid-Afrika bespreek het. Mandela word verkies tot onderleier van die ANC en woordvoerder van die organisasie. De Klerk besoek skielik talle lande waaronder Spanje, Portugal en Marokko. In September word hy die eerste staatspresident wat amptelik besoek aan die VSA bring. Sy drie besoeke aan Brittanje binne 15 maande verklap sy agenda met die rol wat Brittanje gespeel het in die verkwanseling van Suid-Afrika aan swart kommuniste. Oliver Tambo keer ná 30 jaar as leier van die ANC terug na Suid-Afrika.

1992 FW de Klerk hou ‘n referendum om die volk ‘n rat voor die oë te draai en kry ‘n meerderheid ja-stem op die vraag of hy mag voortgaan met onderhandeling met die kommuniste.

1994 De Klerk oorhandig Suid-Afrika sonder enige verkiesing of mandaat aan die ANC wat die land in groot ellende dompel met hulle onvermoë en korrupsie om ‘n Eerste-wêreldland te probeer regeer en stuur na 18 jaar nou vinnig af op ‘n totale ekonomiese en politiese ineenstorting. Blankes word op groot skaal aangerand, verkrag, vermoor, en duisende het hulle toekoms in ander lande gaan soek. Volgens die Amerikaanse intelligensiediens, die CIA, is daar nou slegs twee miljoen blankes in Suid-Afrika waarvan nagenoeg 800 000 in blanke ‘nedersettings’ of plakkerskampe in haglike toestande probeer oorleef. Jacob Zuma, huidige swart president van Suid-Afrika, het tydens sy Parlementsrede in Februarie gesê die jaar 2013 sal gekenmerk word aan die vat van 87% van blanke grond en eiendom sodat dit aan swartes gegee kan word. Hierdie poging sal met grootskaalse geweld gepaard gaan wat groot bloedvergieting tot gevolg sal hê.

U soek na?

KOM KAMP SAAM!

Lees meer oor die CVO Carolina se uitnoding om saam te kamp by  KOM KAMP SAAM!

___________

 

BOEKE TE KOOP

DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

'n Boek getiteld DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, uit die pen van ds AE van den Berg, het pas in gedrukte vorm verskyn. 
Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.  
DIE
VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme,  bring helder perspektief oor rasseverskille en die natuurlike skeiding van rasse wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte aan geestelike transformasie wat landsburgers van denkrigting sal laat verander en van al die sogenaamde polities-korrekte onregte en gewaande vryheid waarmee hulle belas word, sal bevry.
Lesers word aangemoedig om hulle daadwerklik vir 'n Christen-teokrasie in 'n volmaakte republiek te beywer deur sinvolle besluite te neem in die lig van God se Woord, en onophoudelik te bid dat dit spoedig hier aan die suidpunt van Afrika verwesenlik word. Politiek is 'n saak van erns en harde werk waardeur wet en orde gehandhaaf word en durf nie in eerlose hande gelaat word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel, iets wat op staatkundige gebied slegs in 'n Christen-teokratiese bestel tot sy reg sal kom.

U kan hierdie boek bestel by
ds AE van den Berg
Tel: 083 230 5686  of by vryheidsbediening @gmail.com
Prys: R50-00

 

BOEKE TE KOOP

‘n Nuwe Trek: Terug na u God

Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

J L du Toit & dr L du Toit

('n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 'n Nuwe Trek (Exclusive Books) Prys: ZAR180

Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is by http://tinyurl.com/lx9vrs8

... en loot.co.za dit verkoop teen R169 http://tinyurl.com/l26h6jl

... kan u dit vir so min as R60 per boek direk by josefdutoit@gmail.com. bestel.

Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD


ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

JULIE 2013

Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by vryheidsbediening@gmail.com 

GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2 NOU BESKIKBAAR

Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by vryheidsbediening@gmail.com
 


Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
Volledige besonderhede hier:

Gietoffers van my Siel


vryheidsbediening@gmail.com

 

Kliek op DIE CHARISMATIESE GEVAAR om meer oor hierdie boek te wete te kom
...
 

FILM OOR DR HF VERWOERD

Kyk by hierdie skakel http://youtu.be/TcO3zPF8998

  na die kort film oor dr HF Verwoerd.   
Dit kan ook direk bestel word by Riaan: +27823712682 of by riaan@intellect.org.za

 
 

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

'N BIETJIE LANGENHOVEN:

Ek sê nie al die suur mense is Fariseërs nie, maar naastenby al die Fariseërs is suur. In alle geval, solank hulle onthou om Fariseërs te wees. Want dis ook 'n inspanning.
Verbeel jou 'n wêreld sonder 'n skaterlag, sonder eens 'n glimlag. 'n Hemel op aarde, sal die Fariseër sê. Uit so 'n hemel sou ek wou wegloop hel toe.

Die man wat ek na soek, is nie dié wat die minste foute maak nie, maar dié wat die meeste foute régmaak.

Slaap laat solank as jy jou eie baas is en daar sal 'n tyd kom wanneer 'n 'n baas jou sal laat vroeg opstaan.

Ontydige vlyt is die merk van die luiaard. Dis sy verskoning vir ontydige rus.

Ons reken ons geluk vir ons loon en ons straf vir ons ongeluk.

Welvaart is die  dogter van matigheid en die moeder van weelde.

My swaarste pad trap ek self vir my plat, en die swaarste is die wat my voete nooit vat.

Daar is geen kuns by sukkel en geen sukkel by kuns.

Die boer wat nie saai nie sal nie misoeste kry nie, maar hy sal geen goeie ook kry nie.

Het die daeraad lief en die dag sal jóu liefhê.

'n Man wat werklik oor homself baas is, is nooit die kneg van 'n ander nie.

Dis die flukse perd wat flou word. Meer moeite as wat die vlytige het vir sy loon, het die luiaard verniet.

Op die ou end werk die vlytige man vir homself, die luiaard vir 'n ander.

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Kla net oor jou kooi as dit 'n ander is wat dit vir jou opgemaak het.

Hoe korter jy jou kuier maak, hoe gouer sal jy weer genooi word.

Om my naaste lief te hê is vir my 'n sware gebod. Met die mense daargunter kry ek dit nog op 'n manier reg.

Jy sê "ja" waar jy moes "nee" gesêhet omdat jy die ander nie wil aanstoot gee nie. Maar eken hoe het hy jou aanstoot gegee met sy versoek!

Aan 'n nuwe wa kan jy sien of dit 'n goeie skilder was; aan 'n oue of dit goeie wamaker was.

Trek liewer vir jou vriend jou broek uit as om vir hom vir 'n baadjie borg te staan. Anders loop julle naderhand albei nakend.

Die vriendskap wat jy moet koop is 'n duur artikel. Jy sal nie weer jou prys kry as jy dit van die hand wil sit nie.

Moenie vriendskap en besigheid meng nie – jy bederf albei.

'n Man wat nie vyande het nie deug nie vir 'n vriend nie.

Maak jou vriendelikheid goedkoop en hou jou vriendskap duur.

Moenie jou vriend vergeet nie; dit sal hom seermaak. Maak jou vyand daarmee seer.

'n Skare is 'n versameling van eensames.

Stuur die luiaard na die miere, en as hy nie te lui is om te gaan nie sal hy te lui wees om weer terug te kom.

Dis net so moeilik om maklikheid in die ou wêreld te kry as wat dit maklik is om moeilikheid te kry.

Waardeer die werk van jou vrou. Jy kan nie op die aarde 'n ander kneg kry vir dieselfde diens en dieselfde prys nie.

Met spaarsaamheid sal jy uit die kleinste inkomste iets oorhou; met verkwistery sal die grootste vir jou te min wees.

Besorg jou eie boodskap en reken die moeite teen dit wat die misverstand jou sou gekos het.

Het die ryk man nodig om so suinig te wees? Maar hy is nie 'n ryk man wat suinig geword het nie; hy is 'n suinige man wat ryk geword het.

Help jou swakke mededinger op die bene bly.  As hy tot niet gaan, kom daar dalk 'n sterke in sy plek.

  AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES (7)

(Lees die reeks by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

  • Die adderbyt van naberou is verskriklik (Naberou is ontstellend.)
  • Hy het hom in 'n addergebroedesel begewe (Hy was tussen 'n groep nydige, aanvallende mense.)
  • Sy het hom adieu toegeroep (Sy het vaarwel gesê.)
  • 'n Adres van adhesie is 'n geskrif waarin instemming betuig word met 'n versoek.
  • Jy is nou by die verkeerde adres (Jy soek die oorsaak van die kwaad by die verkeerde persoon.)
  • Dit was advokatery (Dit was regskundige uitoorlêery.)
  • Hy sal die werk weer afbroddel. (Hy sal knoeiwerk of slordige werk verrig.)
  • Sy wil elke takie afbrom (Sy kla die hele tyd terwyl sy werk.)
  • Jy kan nou maar afdans (Jy kan nou maar skoert.)
  • Moet hom nie op sy verdienste afdwing nie (Moet hom nie verkleineer nie.)
  • Die ou werkie draf ek gou af (Ek sal dit sommer gou afhandel.)
  • Hulle wil die rusie afdrink (Hulle wil vrede maak.)
  • Sy het soms baie affêrinkies (Sy is dikwels vol nukke en nonsens.)
  • Hy sal wel weer geld van haar affutsel (Hy sal dit op 'n oneerlike manier van haar kry.)
  • Daar kan niks van afgaan nie (Dit kan nie ontken word nie.)
  • Hy sal 'n afgehekste loesing kry ('n deeglike pak slae.)
  • Sy is 'n afgelekte meisie (Sy het al baie kêrels gehad.)
  • Jy lyk so afgesak (Jy lyk baie moeg.)
  • Hy het afgetop gelyk (Hy het verleë gelyk.)
  • As jy iets van hom wil hê sal jy dit moet afgoël (Hy is so suinig!)
  • So 'n afhaler is onnodig ('n Onnodige belediging.)
  • As dit afhang moet ons dit maar opbind (Skertsend wanneer iemand gedurig begin met "Dit hang af..."
  • Na elke partytjie is hy babalaas ( dan ly hy aan die gevolge van te veel alkohol).
  • Daar was 'n Babelse gegons van stemme (Almal het gelyktydig gepraat).
  • Dit was 'n Babelse verwarring (Dit was baie deurmekaar).
  • Hy sal weer mooi broodjies kom bak (Hy sal kom vlei en mooipraat om sy doel te bereik),
  • Hulle eet nie uit een bak nie (Hulle is nie vriende nie).
  • Sy het hom 'n bak gewys (Sy het hom onvriendelik tereggewys).
  • Gou by die bak maar lui by die vak (Hy is eerste daar waar iets te ete is maar traag as hy moet werk).
  • Hy maak sy hande bak (Hy kom bedel iets).
  • Ons moes bak staan (Ons moes hard werk).
  • Dit was sommer 'n bakerpraatjie (Dit was 'n skinderstorie).
  • Jerusalem is die bakermat van die Christelike Kerk ( Dis waar dit begin het. 'n Bakermat was 'n mandjie waarin die baker – die vrou wat 'n pasgebore baba versorg het – die kindjie op haar skoot voor die vuur versorg het).

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn:

We have 3061 guests online