Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Swak volksleiers probeer altyd om eerbare burgers in die modderpoel van onreg te versmoor. Hulle word gedwing om parasiet-kulture te huisves wie se behoeftes groter is as hul vermoë om dit te bevredig. Mense word gedwing om voorregte waarvoor hulle hard gewerk het met ander te deel wat feitlik niks gedoen het. Dit laat ‘n gewoonte om iets vir niks te verwag ontstaan.
KULTUUR- DAGBOEK 12 AUGUSTUS
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. 1992: Suid-Afrika en Rusland onderteken op hierdie dag 'n voorneme van wedersydse samewerking in mineraaltegnologie.
2. Lees in verskeie hoofartikels oor CJ Langenhoven se geboorte, waarna sy moeder gesterf het, hoe hy by sy oom en tante (sy vader se broer en sy moeder se suster) opgegroei het, asook sy eie kostelike lewensskets.
1873: CJ LANGENHOVEN VERJAAR
KULTUURDAGBOEK 12 AUGUSTUS
Lees volledig by Kultuurdagboek
Cornelis Jakob Langenhoven is op Hoeko in die distrik Ladismith, Kaap, gebore. Kort na sy geboorte is sy moeder oorlede. Sy vader se broer, getroud met sy moeder se suster, het hom aangeneem en hulle het hom as hul eie kind grootgemaak.
Hy het skoolgegaan op Hoeko, op Ladismith en Riversdal, waar hy gemaktrikuleer het. Aan die Victoria College op Stellenbosch verwerf hy in 1895 die graad BA en daarna deur private studie die LLB 1899, terwyl hy by 'n prokureur op Ladismith werk.
In Augustus 1899 verhuis hy en 'Vroutjie' met wie hy in 1897 getroud is, na Oudtshoorn, waar hy 'n prokureurspraktyk open.
1961: FEDERASIE VAN RAPPORTRYERS- KORPSE GESTIG
KULTUURDAGBOEK 12 AUGUSTUS
Lees volledig by Kultuurdagboek
Vroeg in die jare vyftig het mnr Hennie Roux van Johannesburg, 'n reünie gehou van rapportryers wat in 1949 met die inwyding van die Voortrekkermonument, boodskappers na die monument gedra het, en is die eerste Rapportryerskorps gestig.
Hierdie gedagte het landwyd posgevat, en op 12 Augustus 1961 het 35 korpse in Pretoria kongres gehou en is die Federasie van Rapportryerskorpse gestig. Dit was die begin van 'n landwye Afrikaanse kultuurorganisasie wat tot 'n Afrikaanse volksdiensorganisasie ontwikkel het.
BROKKIES UIT DIE BOEK BELLA VOS (30)
“Ons gaan hierdie oorlog wen,” sê Nicodemus skielik. Hy verhef nie sy stem, praat hard of emfaties nie, maar so asof dit net ‘n gedagte is wat skielik oor sy lippe loop.
Die vyand het vir eers teruggetrek, na waar hulle met ander groepe kan saamsmelt, hulle dapperheid kan gaan herwin, miskien ‘n sangoma of twee gaan raadpleeg om hulle muti weer sterk te maak, mekaar moed in te praat en uiteindelik in groot getalle sal terugkom. Maar dis anderdag.
“Hoe so?”
“Daar is sekerlik baie redes. Het ek al genoem dat my pa, behalwe sy werk as ambagsman, ook vir ‘n tyd ons kerk se koster was? Een aand, na aanddiens het iemand geroep dat daar by sy kar ingebreek is en die radio gesteel is. My pa was baie kwaad en het genoem dat as hy die ou op heterdaad betrap het, hy hom sou laat les opsê. Ek het hom gevra, sê nou die ou was groot en sterk of het karate of so-iets geken? Hy het my geantwoord dat die reg aan sy kant was en daarom sou hy nie so ‘n geveg verloor het nie.”
KULTUUR- DAGBOEK 11 AUGUSTUS
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. 1946: Die Stellenbosch Musiekvereniging, op hierdie dag gestig, het destyds 'n maksimum ledetal van vyftig gehad en het jaarliks agt of nege huiskonserte gehou waarin lede self die musiek gemaak het. Deur die jare het verskeie beroemde kunstenaars hier opgetree en menige jong student sy eerste openbare optrede gegee.
2. 1771: Lees in hoofartikel oor Rijk Tulbagh, beminde goewerneur aan die Kaap.
1771: RIJK TULBAGH
KULTUURDAGBOEK 11 AUGUSTUS
Lees volledig by Kultuurdagboek
Twintig jaar lank was Rijk Tulbagh 'n beminde en gerespekteerde goewerneur aan die Kaap - tussen 1751 en 1771. Hy is op 14 Mei 1699 in Utrecht, Nederland, gebore en kom as sestienjarige in diens van die VOC na die Kaap waar hy deur sy ywer en pligsbesef vinnig vordering gemaak het.
Toe hy in April 1751 sy swaer, Hendrik Swellengrebel as goewerneur van die Kaapkolonie opvolg het hy reeds waardevolle ondervinding van bestuursake aan die Kaap gehad. Die jare van Tulbagh se bestuur was 'n tyd van rustige uitbreiding. Op sy inisiatief vind daar verskeie ekspedisies na die binneland plaas.
1920: SA RESERWEBANK GESTIG
KULTUURDAGBOEK 10 AUGUSTUS
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die vroegste voorstelle vir die oprigting van 'n Suid-Afrikaanse sentrale bank is reeds in 1879 gedoen deur die Afrikanerbond, destyds 'n belangrike pro-Afrikaner politieke organisasie in die Kaapkolonie – minder as 'n eeu later is dit soos alle ander suiwer volksorganisasies deur die Afrikaner se volksvyande infiltreer en is dit grootliks die oorsaak van die Afrikanervolk se verknegting vandag.
Die uiteindelike stigting van 'n sentrale bank in Suid-Afrika was in 'n groot mate 'n regstreekse uitvloeisel van die ekonomiese en finansiële ontwikkeling wat deur die Eerste Wêreldoorlog veroorsaak is.
1866: EERSTE VERWYSING NA ANTJIE SOMERS
KULTUURDAGBOEK 10 AUGUSTUS
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die vroegste bekende verwysing na Antjie Somers verskyn op hierdie dag in The Friend in Bloemfontein. Hierin word vermeld dat Antjie Somers tydens die bewind van lord Charles Somerset 'n berugte struikrower in Kaapland was: 'n manspersoon – Kleurling of nie-blanke – wat vroueklere aangetrek en die Kapenaars snags aangerand en beroof het oppad huistoe.
Die 18e en 19e eeu was 'n baie onveilige tyd in ons land se geskiedenis – soos dit nou weer in 2011 is – en in die besondere lewensomstandighede van destyds het 'n historiese figuur geleidelik 'n sagefiguur in ons volksoorlewering geword. Daar is vertel dat Antjie Somers kinders ontvoer wat alleen of ontydig buite loop, dat hy by huise aanklop wanneer die mans weg is en die vroue en kinders aanrand, dat hy as 'n bediende werk soek en die kinders met 'n handbyltjie doodkap – en altyd was hy vermom in vroueklere.
1783: LOUIS TRICHARDT
KULTUURDAGBOEK 10 AUGUSTUS
Lees volledig by Kultuurdagboek
Louis Trichardt (Tregardt) is op hierdie dag op Oudsthoorn, in die distrik Swellendam gebore. Later het hy op verskillende plekke in die Graaff-Reinet distrik geboer, en teen 1834 was hy in die omgewing van die Wit Kei gevestig.
Ontevrede oor die voortdurende Xhosa-strooptogte, die Britse filantropiese beleid en die vrystelling van die slawe, het hy die Kaapkolonie vroeg in 1835 met 'n aantal medeburgers verlaat. Naby Bethulie het hy oor die Oranjeriveir getrek, en daarna het hy die Caledonrivier bereik waar die trek van Johannes J Janse van Rensburg by hom aangesluit het. Gesamentlik, maar afsonderlik, het die twee geselskappe noordwaarts getrek tot by die Strydpoortberge waar hulle geskei het.
VROUEDAG
Ek gaan nou in alle liefde, deernis en opregtheid in God se waarheid aan elke vriendin en geliefde familielid my ‘lesing’ aangaande VROUEDAG in kort aanbied:
Ek waardeer die liefdevolle gebaar om mooi wense rond te stuur in die naam van Vrouedag, maar daar moet besef word dat Vrouedag niks met blanke vroue te make het nie en ons as christene nie pas nie.
Dit het ontstaan toe 20,000 swart vroue in 1956 ‘n enorme protesoptog na die Uniegebou in Pretoria gemaak het om teen apartheid en sg passe wat hulle moes dra te protesteer. Vandag dra elkeen van ons ‘passe’, ons ID’s is niks anders nie, en ons blanke vroue kom nie in opstand daarteen nie, ons verduur dit maar. En as enigiemand vandag verklaar dat apartheid beter toestande vir almal in hierdie land meegebring het as die gemors waarin ons volk vandag verkeer, dan behoort ons nie hierdie protes van swartvroue te ondersteun nie.
DIE GEREGTIGHEID VAN GOD IN CHRISTUS
Hannes Ollewagen
Rom. 3:21-31
“MAAR nou is die geregtigheid van God geopenbaar sonder die wet, terwyl die wet en die profete daarvan getuig, die geregtigheid naamlik van God deur die geloof in Jesus Christus vir almal en oor almal wat glo, want daar is geen onderskeid nie; want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God, en hulle word deur sy genade sonder verdienste geregverdig deur die verlossing wat in Christus Jesus is. Hom het God voorgestel in sy bloed as ’n versoening deur die geloof, om sy geregtigheid te bewys deurdat Hy die sondes ongestraf laat bly het wat tevore gedoen is onder die verdraagsaamheid van God – om sy geregtigheid te toon in die teenwoordige tyd, sodat Hy self regverdig kan wees en regverdig maak wie uit die geloof in Jesus is.” (:21-26).
1918: TAALFEES RIVERSDAL
KULTUURDAGBOEK 9 AUGUSTUS
Lees volledig by Kultuurdagboek
Op hierdie dag in 1918 het Afrikaners met groot geesdrif op Riversdal in die Kaap saamgetrek om 'n Taalfees te hou in 'n stadium toe Afrikaans nog nie amptelik erken is nie maar op alle terreine van die samelewing veld gewen het.
CJ Langenhoven praat oor Afrikaans in die huis, prof NJ Brümmer praat oor die gebruik van Afrikaans in die staatsdiens, prof JJ Smith oor Afrikaans in die skole, dr DF Malan oor Afrikaans in die kerk en Jan FE Celliers praat oor Afrikaans in die letterkunde.
Ds D Wilcocks bepleit toe die oprigting van Afrikaanse taalmonument waarop Langenhoven die pleidooi geesdriftig toejuig maar voorstel dat die monument die vorm van 'n gedenkfonds moet aanneem wat aan 'n Suid-Afrikaanse universiteit gegee moet word met die opdrag om Jan Celliers in staat te stel om sy talente in diens van die ontwikkeling van die taal en die jeug te gebruik.
KULTUUR- DAGBOEK 9 AUGUSTUS
Lees volledig by Kultuurdagboek
1991: Drie reggesinde blankes sterf in politieke geweld tydens FW de Klerk se toespraak op Ventersdorp. Soos mens kan verwag, De Klerk...
1957: Rentmeester-Versekeraars Beperk vir lewensversekering en pensioene, is gestig met die doel om groter Afrikaanse toetrede tot die sakewêreld te bewerkstellig, en daarmee het die Rentmeestergroep met sy meer as tagtig maatskappye op hierdie dag ontplooi.
1918: In hoofartikel meer oor die taalfees op Riversdal.
KULTUUR- DAGBOEK 8 AUGUSTUS
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. 1873: Die eerste uitgawe van De Volkstem verskyn. Dit was die eerste Afrikaans-Hollandse daaglikse nuusblad wat noord van die Oranjerivier verskyn het. Hierdie pro-regeringsblad (het later soos die meeste onder liberale invloed gekom) is deur Johannes Francois Celliers op versoek van pres Burgers opgerig en het as spreekbuis vir die Afrikanersaak opgetree. In 1927 is die naam verafrikaans tot Die Volkstem. Hierdie koerant het to 1951 voortbestaan.
2.1938: Lees ook in hoofartikel oor die simboliese Ossewatrek wat begin by die Jan van Riebeeck-standbeeld in Kaapstad voor 25 000 mense en wat in Desember 1938 by die Voortrekkermonument buite Pretoria eindig.
3. 1959: Stigting van die Afrikaanse kultuurvereniging in Pretoria: Volk en Verdediging (AKVV): Die doel was enersyds om die gaping wat tussen die volk en lede van sy verdedigingsmag bestaan, te oorbrug, maar ook om die militêre verlede van Suid-Afrika as deel van ons kultuurerfenis behoue te laat bly. Twee naamsveranderings, nl Afrikaanse Weermagskultuurvereniging (AWKV) in 1972 en Afrikaanse Kultuurvereniging Volk en Verdediging (AKVV) in 1975, het gevolg.
1938: BEGIN VAN SIMBOLIESE OSSEWATREK
KULTUURDAGBOEK 8 AUGUSTUS
Lees volledig by Kultuurdagboek
Op 24 Mei 1934 het die Uitvoerende Raad van die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) besluit om 'n spesiale aandeel te neem in die totstandkoming van die Voortrekkermonument. Op 3 Augustus 1936 is in beginsel besluit dat 'n Voortrekkerwa vir die ATKV gebou word om aan 'n simboliese trek in 1938 deel te neem. Uiteindelik het tien waens amptelik deelgeneem en die ATKV het later besluit om die waens soos volg te versprei: Die Johanna van der Merwe staan in die Voortrekkermonument by Pretoria; die Andries Pretorius in sy eie museum op Hartenbos; die Louis Trichardt (Tregardt) by die Universiteit van Pretoria; die Vrou en Moeder by die Meisieskool Oranje in Bloemfontein; Magrietha Prinsloo by die Hoërskool Cillié in Port Elizabeth; die Piet Retief aanvanklik aan die Natalse Voortrekkerbeweging in Durban – later ook na Hartenbos; die Sarel Cilliers aan die Vrystaatse Voortrekkerbeweging en gehuisves op Ciliers se plaas naby Kroonstad; die Dirkie Uys in besit van die Krygsmuseum. die Hendrik Potgieter en die Magdalena de Wet aan die Potchefstroomse en Stellenbosch se Universiteite onderskeidelik.
KULTUUR- DAGBOEK 7 AUGUSTUS
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. 1795: Die Slag by Muizenberg: 'n Britse oormag verslaan op hierdie dag die Bataafsche Republiek (VOC). Die Kaap word hierdeur 'n Britse kolonie.
2. 1884: Walvisbaai word formeel by die Kaapkolonie ingelyf maar Lüderitz en die gebied suid daarvan word deur Duitsland tot protektoraat verklaar.
1883: STIGTING VAN DIE REPUBLIEK STELLALAND
KULTUURDAGBOEK 6 AUGUSTUS
Lees volledig by Kultuurdagboek
As gevolg van inboorlingonrus by die Transvaalse suidwestelike en weslike grens het Paul Kruger, en Rhodes in Kaapland namens Brittanje, bekommerd geraak dat sake sodanig kan vertroebel dat groot ellende kan uitbreek.
Die burgers het egter geweier om NIE by die stryd betrokke te raak nie omdat bepaalde swart kapteins aan hulle grond beloof het as hulle hul inmeng. Van Massouw het hulle dan ook inderdaad 'n grondstreek ontvang en onder Gerrit van Niekerk 'n eie republiek, Stellaland, gestig. Rhodes, toe 'n Kaaplandse LWV, sir Hercules Robinson, die Britse hoë kommissaris, en sendeling John Mackenzie, was erg ontsteld; veral omdat Kruger spoedig die staat by sy Transvaalse gebied wou inlyf.
1863: SEEGEVEG IN TAFELBAAI – DAAR KOM DIE ALABAMA!
KULTUURDAGBOEK 5 AUGUSTUS
Lees volledig by Kultuurdagboek
Op 5 Augustus 1863, die derde jaar van die Amerikaanse Burgeroorlog, het die kruiser Alabama van die Suidelike Konfederasie, Tafelbaai vanuit die noordweste binnegevaar.
Hierdie oorlogskip, onder kaptein R Semmers, het tot in daardie stadium 55 skepe van die Noordelike Federasie gekelder.
'n Federale bark, Sea Bride, onder kaptein C White, wat op 'n handelstog was, het toevallig op dieselfde tydstip as die Alabama Tafelbaai uit die suidooste binnegevaar. Nog voor White se bemanning hul penarie besef, het die Albama net na die middaguur op die vyandelike bark losgebrand.
1915: DE KLEMENTIE BEWEGING
KULTUURDAGBOEK 5 AUGUSTUS
Lees volledig by Kultuurdagboek
Op hierdie dag berig De Burger dat die vroue-optog die vorige middag in Pretoria, om by die Goewerneur-generaal om begenadiging vir die Rebelle-gevangenis, te pleit, "ruim vierduizend vroue sterk" was. "De twee mijlen lange tocht naar het Uniegebouw kenmerkte zich door diepe ernst, kalmte, waardigheid en beslistheid. Vele bejaarde dames waren er onder."
Die Afrikanervroue van regoor die land het in die amfiteater van die Uniegebou vergader. Vooraf is 'n welkomswoord deur die Betogingskomitee uitgespreek. 'n Besielende boodskap van mev Steyn, eggenote van president Steyn, is deur mev Helgaard Steyn voorgelees. Die versoekskrif aan die Goewerneur-generaal is deur mev J Roos van die ACVV in Kaapland voorgelees, eenparige goedgekeur en aan die afvaardiging na die Goewerneur-generaal oorhandig.
1914: EERSTE WêRELDOORLOG BREEK UIT
KULTUURDAGBOEK 4 AUGUSTUS
Lees volledig by Kultuurdagboek
Reeds sedert die sestiende eeu word die verhouding tussen die Europese moondhede deur die beginsel van die magsewewig beïnvloed. Daarvolgens sluit twee of meer moondhede 'n militêre verbond wat ten doel het om 'n moondheid wat so sterk word dat hy vir die veiligheid van die ander 'n gevaar word, teen te gaan.
Aan die einde van die negentiende eeu was dit reeds duidelik dat Duitsland, wat ekonomies en industrieel geweldige opgang gemaak het, so sterk geword het dat hy in staat was om in die politiek 'n oorheersende rol te speel. Dit was met die oog op die groeiende Duitse mag, dat Frankryk en Rusland in 1893 'n verbond gesluit het wat teen Duitsland gerig was.
Brittanje het hom aanvanklik nog in "splendid isolation" teruggetrek,