Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Diegene wat deur God verwerp word verdien sy straf want Hy is nie partydig nie; en diegene wat gered word verdien NIE daardie genade nie maar is deur Hom uitverkies met 'n spesifieke rede.
1899: GEVEG BY ELANDSLAAGTE
KULTUURDAGBOEK 21 OKTOBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Genl JHM Kock, met die Johannesburg-kommando en die Duitse en die Hollandse korps onder hom, het op 19 Oktober daarin geslaag om die Britse spoorverbinding tussen Ladysmith en Glencoe gedeeltelik te ontwrig. Daarna het Kock so oormoedig geraak dat hy besluit het om die spoorwegstasie Elandslaagte, sowat 24 km noord van Ladysmith, te beset.
Dit was 'n growwe flater want sy mag was hiervoor veels te swak. Lt-genl sir George White, bevelvoerder van die Britse mag by Ladysmith, het na ontvangs van die tyding van Kock se aantog 'n sterk afdeling onder genl-maj JPD French gestuur om die Boeremag tegemoet te gaan.
1915: 2e ALGEMENE VERKIESING IN DIE UNIE
KULTUURDAGBOEK 20 OKTOBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die verkiesingstryd wat hierdie algemene verkiesing voorafgegaan het was buitengewoon heftig. Dit het geskied teen die agtergrond van die 1914-Rebellie en die opbloei van die Afrikaanse taalbeweging, wat gesamentlik meegewerk het tot 'n opstuwing van Afrikanernasionalisme en steun vir die Nasionale Party.
In die verkiesingstryd het die Nasionale Party veral die Botha-bewind gekritiseer oor sy steun aan die Britse oorlogspoging en die regering se eenstroombeleid wat, volgens die Nasionale Party, die Afrikaner nog steeds in 'n posisie van ongelykheid gehou het. Die regering se optrede met die Rebellie het ook tot groot ontevredenheid gelei.
1907: DR ERIK HOLM – VOLKS- NASIONALIS, BITTEREINDER!
Lees volledig by Kultuurdagboek
KULTUURDAGBOEK 19 OKTOBER
Dr Erik Holm, vandag nog 'n wydbekende naam (waarvan een van sy nasate, 'n baie aantreklike donkerkopman en naamgenoot, Erik Holm, akteur en nie lank gelede nie in 'n fratsongeluk verlam) is op hierdie dag in 1907 in Bethulie gebore.
In 1924 gaan dr Erik Holm ná sy matriekeksamen na Duitsland waar hy die klassieke argeologie bestudeer en daarna sy doktorsgraad daarin behaal. Daar maak hy kennis met Adolf Hitler en doen deeglike kennis op van die Nasionaal-sosialisme in Duitsland – dieselfde begeestering wat ons land vir 'n baie lang tyd gered het van die liberalistiese en kommunistiese ondergang wat ons vandag beleef.
In 1933 keer dr Holm na Suid-Afrika terug en vind met veel moeite 'n betrekking as hoof van 'n Duitse skooltjie in Natal. Hy vertrek egter verstaanbaar weer na Duitsland, en in 1933 aanvaar hy 'n pos as deeltydse omroeper in die Duitse uitsaaidiens, waarvandaan hy gedurende die eerste jare van die Tweede Wêreldoorlog in Afrikaans uitsaai ( 'n onontbeerlike radiodiens wat gepoog het om onskuldige lewens te red in sy kontak met die Ossewa-Brandwag wat 'n sterk rol in spioenasie teen Smuts se verraderlike optrede vertolk het.)
1904: STIGTING SA VROUE- FEDERASIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
KULTUURDAGBOEK 19 OKTOBER
Die oorlogsjare het Transvaal en die Vrystaat verander in 'n woesteny. Die stoflike bestaansmiddele was grotendeels vernietig en die deel van die Boerevolk wat nie op die slagvelde en in die Konsentrasiekamp-kerkhowe begrawe is nie, was vasgesak in armoede en maatskaplike ellende. Onder hierdie omstandighede word daar onder aansporing van Georgina Solonom, eggenote van 'n Britse pro-Boere parlementariër, en onder leiding van die vrou van genl Louis Botha, uiteindelik in Pretoria gestig: die SA Vrouefederasie, op 19 Oktober 1904, deur 43 vooraanstaande vroue, en wel met die volgende oogmerke:
WEIDING OF VERMAAK?
Ds A.E. van den Berg
“ Toe hulle klaar was ..... vra Jesus vir Simon Petrus: Simon, seun van Jona, het jy My waarlik lief, meer as hulle hier? Hy antwoord Hom: Ja, Here, U weet dat ek U liefhet. Hy sê vir hom: Laat my lammers wei”(Joh.21:15).
Van al die gawes waarmee God die mensdom geseën het, is Evangeliebediening een van die heel grootstes. Die eerste Christengemeentes het dit as ʼn gawe van God beskou waarmee bekeerlinge gewerf en gelowiges opgebou is. Daarvoor was geestelike herders nodig om God se kuddes in die voedsame grasvelde van suiwere Skrifbediening te laat wei:
“Toe hulle klaar was ..... vra Jesus vir Simon Petrus: Simon, seun van Jona, het jy My waarlik lief, meer as hulle hier? Hy antwoord Hom: Ja, Here, U weet dat ek U liefhet. Hy sê vir hom: Laat my lammers wei” (Joh.21:15).
1687: EERSTE KERKGEBOU TE STELLENBOSCH INGEWY
Lees volledig by Kultuurdagboek
KULTUURDAGBOEK 18 OKTOBER
As stigter van die dorp Stellenbosch het goew Simon van der Stel 'n besondere belangstelling in sy "Kolonie" geopenbaar. Ooreenkomstig die beleid van die VOC, besluit hy om 'n kerkgebou en drosdy hier te laat oprig. Hy het ywerig reëlings getref vir die bouery en persoonlik die vordering dopgehou.
Dit is belangrik om te onthou dat hierdie kerkie die eerste volwaardige kerkgebou in Suid-Afrika was – 'n sigbare teken van die Calvinistiese godsdiens wat uit Nederland aan die Kaap oorgeplant is.
1685: HERROEPING VAN EDIK VAN NANTES
Lees volledig by Kultuurdagboek
KULTUURDAGBOEK 18 OKTOBER
Na 'n reeks godsdiensoorloë in Frankryk in die 16e eeu het koning Hendrik IV in 1598 die Edik van Nantes uitgevaardig. Hiervolgens het die Franse Protestante, bekend as Hugenote, 'n groot mate van geloofsvryheid verkry.
Toe Lodewyk XIV in 1685 die edik herroep was daar vir diegene wat hulle protestantse geloofsoortuiging wou uitleef nie meer plek in die Rooms-Katolieke georiënteerde Frankryk nie. Al uitweg was om te vlug.
1911: BYEENKOMS OM UNIALE POLITIEKE PARTY TE STIG
Lees volledig by Kultuurdagboek
KULTUURDAGBOEK 17 OKTOBER
Dit is verbasend hoe gereeld pres MT Steyn deur verskillende politieke partye en kultuurgroepe genader is om sedert 1902 en ook ná 1910 leiding te gee. Toe premier L Botha 'n uniale politieke party wou stig het hy eweneens vir Steyn gevra om teenwoordig te wees, raad te gee en in elke geval vooraf vir Botha met wenke te help.
1948: SA NEEM DEEL AAN BERLYNSE LUGBRUG
Lees volledig by Kultuurdagboek
KULTUURDAGBOEK 17 OKTOBER
Op 24 Junie 1948 het Rusland alle verbindingsweë na Wes-Berlyn gesluit in 'n poging om die Westerse moondhede te dwing om hulle aan die stad te onttrek. As gevolg van die sluiting van die verbindingsweë is die toevoer van voedsel en brandstofvoorrade na 2,3 miljoen Duitsers afgesny. Om 'n gereelde toevoer van hierdie voorrade te verseker het die VSA en Brittanje onmiddellik 'n lugbrug ingestel.
HÝ IS ONS HELPER
Hannes Ollewagen
Jes. 41:8-20
“Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; kyk nie angstig rond nie, want Ek is jou God. Ek versterk jou, ook help Ek jou, ook ondersteun Ek jou met my reddende regterhand. Want Ek, die HERE jou God, gryp jou regterhand aan, Ek wat vir jou sê: Wees nie bevrees nie, Ek help jou. Wees nie bevrees nie, wurmpie Jakob, volkie Israel! Ék help jou, spreek die HERE, en jou Losser is die Heilige van Israel.” (:10, 13 & 14).
Hierdie gedeelte uit die Woord van God bring nie alleen vir ons berusting deur die troosvolle boodskap nie. Dit herinner ons ook waar ons fokus in die lewe behoort te wees. Ons kan maklik die mens die hoosaak in hierdie gedeelte probeer maak. Dit sou egter die diepe en ryke betekenis hierin laat verlore raak.
1840: POTCH, WINBURG EN NATALSE REPUBLIEK VERENIG
Lees volledig by Kultuurdagboek
KULTUURDAGBOEK 16 OKTOBER
Die staatkundige oogmerk van die Groot Trek was om iewers buite die toenmalige Kaapkolonie 'n verenigde Voortrekkerstaat in die lewe te roep. Deurgaans is aan 'n enkele staat gedink, en daarom is ooreengekom dat Trekkergroepe ten noorde van die Oranjerivier bymekaar sou kom waar dan oor die toekoms besluit sou word.
Toe Potgieter en Maritz kort na mekaar in 1836 in die omgewing van Winburg aankom, is die eerste Voortrekkerbestuur op 2 Desember 1836 ingestel – op 'n tydstip toe oor die eindbestemming van die Trek nog geen duidelikheid bestaan het nie. Toe Retief hom in April 1837, en kort daarna ook Uys en sy mense, hulle by die Trekkers aangesluit het, het die kwessie van 'n eindbestemming belangrik geword, en daaroor was daar geen eenstemmigheid nie.
1960: REPUBLIKEINSE DANKFEES
Lees volledig by Kultuurdagboek
KULTUURDAGBOEK 15 OKTOBER
Suid-Afrika het op 5 Oktober 1960 met 'n meerderheid van 74 580 stemme ten gunste van 'n republiek gestem, en twee dae later is die FAK gevra om 'n Republikeinse dankfees te reël. Die FAK het ingestem en binne 'n week 'n dankbare skare van 70 000 in die Amfiteater van die Voortrekkermonument byeengebring.
Die fees het uit twee dele bestaan. Presies om drie-uur die middag het die Eerste Minister, dr HF Verwoerd, lede van sy kabinet, die vier administrateurs en die Uitvoerende Komitee van die FAK in die Sarkofaagsaal van die monument hulde gebring aan die leiers van die Afrikanervolk op die pad na Republiekwording. Van daar af het hulle na die Amfiteater gegaan vir die tweede deel van die feesprogram.
1818: MARTHINUS OOSTHUIZEN, VOORTREKKER- HELD
Lees volledig by Kultuurdagboek
KULTUURDAGBOEK 14 OKTOBER
Min van ons hedendaagse jeug dra kennis van die dapper daad van Marthinus Jacobus Oosthuizen, 'n Voortrekkerheld wat met 'n voorraad ammunisie deur 'n Zoeloe-hinderlaag gebreek het om klomp Voortrekkerfamilies te red. Hy is op hierdie dag op Olifantshoek aan die Boesmansrivier, Uitenhage, gebore, en ons vertel graag van sy heldedaad.
In April 1837 het hy as seun van die Voortrekker Marthinus Oosthuizen sr, met Pieter Retief na Natal getrek en by Doornkop, naby die latere Chieveley, uitgespan. Marthinus sr is saam met Retief en die ander onderhandelaars na Dingaan waar hulle op 6 Februarie 1838 by Mgungundlovu wreedaardig deur die Zoeloes vermoor is.
1867: 1e DIAMANT IN SA GEVIND
Lees volledig by Kultuurdagboek
KULTUURDAGBOEK 13 OKTOBER
Die kinders van die Jacobs-familie van die plaas De Kalk in die omgewing van die latere Hopetown, het met 'n eienaardige klippie gespeel toe 'n boer, Schalk van Niekerk, dit opmerk en vermoed het dat dit 'n diamant is. 'n Verbygaande handelaar, Johan O'Reilly, het dit ondersoek waarna dit geblyk het 'n damant van 21.25 karaat te wees – die eerste wat in Suid-Afrika gevind is.
Verdere ontwikkelings het tot 'n algehele ekonomiese omwenteling in Suid-Afrika aanleiding gegee. Die diamantdraende gebied het die westelike deel van die Vystaatse Republiek uitgemaak, maar soos verwag kon word van die rowende Brittanje het sir Henry Barkly, die Britse Goewerneur en Hoë Kommissaris in Suid-Afrika, dit skaamteloos as deel van die Kaapkolonie opgeëis.
‘N WARE VERHAAL - DIE BOOSAARD
Dr Gustav Norval
Nou en dan lees mens van iemand met ‘n bose siel wat dinge doen wat jou teen die bors stuit. Mens kry regverdige mense, maar daar is ook diegene wat die reg verdraai en onmenslik soos ondiere optree. Manie Maritz skryf oor die selfaangestelde Vdkt. Froneman van Kakamas se distrik wat ‘n rebelle-kommando byeengebring het. Hy was ‘n grootbek wat meer gesuip as nugter was en hy het burgers vir byna geen rede 25 houe met ‘n sambok toegedien. Freddie McDonald skryf in sy boek “Kalahari Mac” van nog so ‘n persoon, indien nie dieselfde man nie. Die gebeure het tydens die Engelse oorlog in 1902 afgespeel op die plaas Dinamietputs in die Noord-Kaap.
1908: UNIFIKASIE- KONGRES IN DURBAN
Lees volledig by Kultuurdagboek
KULTUURDAGBOEK 12 OKTOBER
Op hierdie dag, presies nege jaar nadat die eerste skoot tussen Boer en Brit in die Tweede Vryheidsoorlog geval het, het afgevaardigdes van die vier Britse kolonies in Suid-Afrika en van Rhodesië in Durban vergader om politieke eenwording te bespreek.
Dit was die eerste sitting van die Nasionale Konvensie wat onder voorsitterskap van sir Henry de Villiers tot 5 November byeen was in wat later die Durbanse poskantoor geword het.
1899: EERSTE SKOOT VAN 2e VRYHEIDS- OORLOG
Lees volledig by Kultuurdagboek
KULTUURDAGBOEK 12 OKTOBER
Die heel eerste skoot van die Tweede Vryheidsoorlog is op hierdie dag om ongeveer 22:45 uit die Mauser van veldkornet Coetzee by Kraaipanstasie gevuur nadat 'n spoorstaaf tussen Mafeking en die stasie verwyder is. 'n Lokomotief van die Engelse magte het vroeër die aand daar ontspoor terwyl die Mosquito met twee kanonne wat hy op Vryburg gaan haal het, die lokomotief gevolg het.
Die gepantserde trein, die Mosquito, het tot teenaan die ontspoorde lokomotief gery waarop lt Elliot opdrag gegee het dat sy soldate die spoor moet herstel. Veldkornet Coetzee het die Engelse genoeg kans gebied om met hulle rooi lanterntjies onder die ontspoorde lokomotief in te klim en toe die eerste skoot van die oorlog geskiet.
ONS VADER OF ONSE DAME?
Ds A.E. van den Berg
“Só moet julle dan bid: Onse Vader wat in die hemele is....” (Mt.6:9)
In Parys (Frankryk) is daar ʼn indrukwekkende Middeleeuse katedraal wat meer as 900 jaar oud is en as ʼn Frans-Gotiese argitektoniese wonder beskou word. Dis in die 12 de eeu begin bou en na meer as ʼn eeu voltooi en met kunsskatte belaai. Alles daaraan is fabelagtig behalwe aan wie dit opgedra is – 'n oud-Babiloniese godin wat deur die Roomse Kerk (RK) met die Latynse naam Notre Dame (“Onse dame”) openlik aanbid en op verskeie maniere verheerlik word.
1899: UITBREEK VAN 2e VRYHEIDS- OORLOG
Lees volledig by Kultuurdagboek
KULTUURDAGBOEK 11 OKTOBER
Twee politieke strewe, Britse Imperialisme en Afrikanernasionalisme, het teen die einde van die 19e eeu in Suid-Afrika gebots. Die Britse Imperialisme het die vereniging van die hele Suid-Afrika onder Britse gesag nagestreef. Die Afrikanernasionalisme het na die uitbouing van hul Republieke gestreef en wou nie deel van 'n verenigde Suid-Afrika onder Britse gesag wees nie. 'n Nuwe fase in die stryd breek in 1886 aan as duisende Britse onderdane na die goudvelde aan die Rand stroom.
Die Transvalers ag hulle bedreig en vereis 'n verblyf van 14 jaar om burgerskap te verkry. Die Britse onderdane, nooit van plan om van hulle burgerskap afstand te doen nie, eis seggenskap in die Republiek op grond daarvan dat hulle die meeste tot sy inkomste bygedra het.
In 1892 stig hulle die Transvaal National Union.
BROKKIES UIT DIE BOEK DARIUS PRINS – STAATSVYAND (2)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
“Het jy ontbyt gehad?”
“Nee, Oom. Ek is te vroeg vanoggend by die gastehuis weg.”
“Nou kom saam met my huis toe, dan gee ek jou ‘n stewige een. Ons plaasmense eet vroeg, maar wat nou middagete is, kan vir jou ontbyt wees.”
“Dankie. Dit sal goed wees.”
“Waarom het julle hom ‘Skoene’ genoem?”
“Dis maar ‘n naam wat ek hom mee leer ken het. Ek het later, nadat ek weg was uit die lokasie, dit gehoor by een van die offisiere wat hom geken het. Hy het saam met Skoene basies gedoen. Blykbaar was daar ‘n fout met sy voete en hy wou nooit sy stewels uittrek waar ander mense by was nie.”