Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Dit is vanaand weer Ou Kersaand wanneer ons graag 'n Kersboom met mooi liggies en persentjies daaronder in die meeste van ons huise het. Maak seker dat jy vanaand weet waarom die persent-uitruilery gaan: die geskenk van God aan die mensdom – sy Seun; en die geskenk van die mens aan God – wanneer ons ons harte vir Hom gee.
BROKKIES UIT DIE BOEK BELLA VOS (20)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Juan Mentz sit vir meer as ‘n halfuur en dink. Wanneer hy dit doen, word sy kop seer en hy moet konsentreer om te ontspan, wat ook maak dat hy hoofpyn kry. Hy kyk na die geweer en die pistool, asof die goed vir hom vreemdelinge is. Stadig kyk hy na sy omgewing en probeer dink waar hy is en wat maak hy daar.
As hy aan sy kop vat, is daar ‘n bloederige seerplek. Waar kom dit vandaan? Dis asof iets vaagweg by hom registreer oor mense wat kwaad is, maar hy kan die gedagte nie heeltemal vasvat nie.
‘n Ent van hom af is die uitgebrande wrak van ‘n bakkie. Daar langsaan lê ‘n spieël wat gebreek is, maar steeds ‘n heel genoeg stuk het wat hy kan gebruik om die wond teen sy kop te kan sien.
BROKKIES UIT DIE BOEK BELLA VOS (19)
“Dis iets soos ‘n kombinasie van Ebola, Marburg en Slenkdalkoors, gemeng met Miltsiekte - Antraks. En dis geneties gemanipuleerd om net sekere rasse te teiken.”
*
Deur die eeue het tallose manne en vroue so gelê, gestaan of gesit en wag.
Onwillekeurig het die meeste van hulle – dié wat nugterdenkend en helder van verstand is – min of meer dieselfde gedagtes gekoeser. Is hierdie die laaste geveg, of is dit een van nog baie wat gaan volg? Gaan ek en my makkers, familie, vriende ongeskonde hieruit kom? Hoe groot is die vyand werklik, is die noodlot aan hulle kant, of ons s’n? Was daar nie ‘n manier om hierdie te voorkom nie? Kan ons nie dit keer nie?
Nicodemus druk die R1 se veiligheidsknip versigtig oor na “R” met sy regterduim. Hoeveel maal het hy dit nie presies so gedoen hierdie afgelope jare nie? Hy maak homself weereens so gemaklik moontlik agter die ou geweer, in ag genome die ongelyktheid van die veld, die klippe en graspolle; elmboë stewig in ‘n driehoek onder die wapen, bene wyd, effens na links, tone kante toe, om ‘n sterk fondasie te skep.
1509: JOHANNES CALVYN
KULTUURDAGBOEK 10 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Jean Cauvin, of dan Johannes Calvyn, is op hierdie dag in Noyon in Frankryk gebore. Hy studeer vanaf 1525 teologie in Parys, maar word in 1528 regstudent in Orleans en later in Bourges waar hy onder invloed van die Protestantisme en Franse Humanisme kom.
In 1533 word hy Protestants merendeels deur die lees van Luther se werk. Hy sien hierna sy roeping om die kerk te hervorm na die suiwer Bybelse model.
KULTUUR- DAGBOEK 10 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. 1509: Lees in hoofartikels oor Johannes Calvyn en meer oor Calvinisme.
2. 1797: Piet Uys (Petrus Lafras) is op hierdie dag op die plaas Potteberg, distrik Swellendam in die Wes-Kaap gebore. Hy en sy seun Dirkie, het saam in 1838 aan die hand van Zoeloes by die Slag van Italeni in Natal gesneuwel.
KULTUUR- DAGBOEK 9 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. 1856: Die Voortrekkerrepubliek Natalia word op hierdie dag tot 'n Britse kroonkolonie verklaar en kry 'n parlement.
2. 1915: Lees in hoofartikel oor die Duitse magte op Khorab wat hulself in Duits-Suidwes-Afrika oorgegee het aan die Suid-Afrikaanse magte onder bevel van genl Louis Botha tydens die Eerste Wêreldoorlog.
3. 1991: Suid-Afrika word op hierdie dag tot die Olimpiese beweging hertoegelaat. Dit kom ná 30 jaar van sport-isolasie as gevolg van die Suid-Afrikaanse apartheidsbeleid – ons was toé reeds, nog drie jaar vóór die ANC as terroristiese regime die land heeltemal oorgeneem het, so diep verraai en oorgelewer...
1915: OORGAWE VAN KOL VON FRANKE IN DUITS-SUIDWES- AFRIKA
KULTUURDAGBOEK 9 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Nadat Groot-Brittanje in 1914 oorlog teen Duitsland verklaar het, is die Unie van Suid-Afrika direk by die Eerste Wêreldoorlog betrek. Dit was die Unie-verdedigingsmag se taak om Duits-Suidwes-Afrika aan te val. Vier invalsmagte sou die inval onderneem: 'n suidelike mag onder kol JL van Deventer om Keetmanshoop te beset, 'n sentrale mag onder brig-genl Duncan McKenzie, wat van Lüderitzbucht na Aus en ooswaarts sou trek; 'n oostelike mag onder kol CAL Berrangé, wat van Kuruman na Keetmanshoop sou opruk, en 'n noordelike mag onder bevel van genl Louis Botha, wat van Swakopmund na Windhoek sou beweeg.
Windhoek vál op 12 Mei 1915, en die Duitse bevelvoerder, lt-kol Von Franke, wyk na Tsumeb uit. Nogtans word hy deur knyptangbewegings van die Unie-magte vasgetrek en tot oorgawe gedwing.
HÝ BEPAAL ONS TOEKOMS
Hannes Ollewagen
Gén. 26:1-35
“En die HERE het aan hom verskyn en gesê: Moenie aftrek na Egipte nie; woon in die land wat Ek jou sal aanwys. Vertoef as vreemdeling in hierdie land, en Ek sal met jou wees en jou seën; want aan jou en jou nageslag sal Ek al hierdie lande gee: Ek sal die eed bevestig wat Ek vir jou vader Abraham gesweer het.” (:2&3).
“Isak het toe in dié land gesaai en daardie jaar honderdvoudig gewen, want die HERE het hom geseën.” (:12).
Ek dink dat die meeste van ons menigmaal oor die toekoms dink. En wat meer is, is dat ons uit ons menslike posisie sukkel om ’n rooskleurige toekoms te sien onder die hande van die huidige goddelose regering. Die land is nie alleen besig om onder hierdie regering se hand te verval nie, maar die gesindheid jeens ons volk is alles behalwe liefderyk en vredeliewend. En dit is dalk vir ons nog moontlik om hierin met moeite voort te beur, maar wanneer ons aan ons kinders se toekoms dink, is hierdie saak vir ons nog swaarder. Ons sal ook, soos Petrus, deur die vrees vir die omstandighede rondom ons oorweldig word en totaal ondergaan indien ons die oë op die moontlike gevare hou in plaas daarvan dat ons ons oog op Hom gerig hou.
1957: CM VAN DEN HEEVER
KULTUURDAGBOEK 8 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Christiaan Maurits van den Heever is op 27 Februarie 1902 in die Konsentrasiekamp by Norvalspont gebore – hy was van die min babas wat hierdie traumatiese omstandighede gedurende die Tweede Vryheidsoorlog oorleef het. Hy is op hierdie dag in 1957 oorlede.
In 1924 verwerf hy sy MA-graad in Nederlands met lof aan die Grey-Universiteitskollege.
In 1929 slaag hy in sy doktorale eksamen aan Utrecht waarna hy in 1932 sy doktorsgraad aan Unisa behaal met 'n proefskrif oor Totius.
1908: VAN RENSBURGTREK NA MOMBASSA
KULTUURDAGBOEK 8 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Op hierdie dag het waarskynlik die grootste georganiseerde trek na Oos-Afrika, bestaande uit ongeveer 70 gesinne met 47 waens en 70 perde onder die leiding van Jan van Rensburg in Mombassa op die Duitse skip Windhuk geland.
Die groep is 400 myl per spoor vervoer na die binneland van Nakuru, waar hulle deur Frans Arnoldi ontmoet is en op sy plaas Pampoenkraal gekampeer het.
Die laaste deel van die reis is per ossewa onderneem. Dit het die trekkers meer as drie weke gekos om die afstand van 160 km met die swaar gelaaide waens deur die oerwoud, bamboes en moerasse af te lê.
Die trekkers het land op die hoogland van Uasin Gishu gekry, onder kontrak met die regering van Kenia. Spoedig het 'n gevestigde gemeenskap daar ontstaan.
ROOF, ROWERS EN ONREG
Ds. A.E van den Berg
Suid-Afrika gaan sedert die volksplanting (1652) onder roof gebuk. Die eerste koloniste was duisende seemyle van mense met wie hulle 'n erfenis gedeel het geskei en het na die plaaslike bevolking probeer uitreik. Hierdie mense se roofsug het hulle egter gou laat besef dat hulle in die gees ligjare van hulle geskei was en goeie rasseverhoudinge nooit sou verwerklik nie.
Dit het die koloniste genoodsaak om vir hulself 'n veilig afstand in 'n onveilige wêreld te skep. Niks het sedertdien verander nie. Roof en swak rasseverhoudinge is steeds aan die orde van die dag en maak dat ons in slegter omstandighede leef as dié waarin ons gebore is.
1940: FEDERALE VOLKS- BELEGGINGS BPK (FVB) GEREGISTREER
KULTUURDAGBOEK 7 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
"'n Volk red homself" was die wekroep wat wyle Vader Kestell laat in die dertigerjare tot die Afrikaanssprekendes gerig het. Hierdie wekroep is gebore uit die nood van die Afrikaner, voorspruitende uit droogtes en die depressie-jare.
Daar is tot in daardie stadium in 'n groot mate aanvaar dat die Afrikaner nie geskik is vir die handel en nywerheid nie. Toe kom die eerste Ekonomiese Volkskongres van 1939, wat deur die FAK georganiseer is, waar die toetrede van die Afrikaner tot die handel en nywerheid bepleit is. Ingevolge 'n besluit van die kongres word Federale Volksbeleggings Beperk op 8 Julie 1940 finaal geregistreer.
KULTUUR- DAGBOEK 7 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. 1501: Joas da Nova, Portugese seevaarder, vind 'n skoen met briewe daarin wat 'n ander Portugese seevaarder in 1500 aan 'n melkhoutboom (later bekend as die Poskantoorboom) by Mosselbaai in die Suid-Kaap gehang het. Meer hieroor in hoofartikel.
2. 1901: Pres MT Steyn en die regering van die Republiek van die Oranje-Vrijstaat kom in Fouriesburg, die laaste hoofsetel van die Republiek, aan.
3. 1940: Federale Volksbeleggings Bpk word geregistreer. Lees daaroor in hoofartikel.
1501: OUDSTE "POSKANTOOR" IN SA
KULTUURDAGBOEK 7 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Joas da Nova was 'n Portugese seevaarder oppad na Indië toe hy op hierdie dag in 1501 briewe en dokumente in 'n skoen wat aan 'n groot melkhoutboom naby die huidige Mosselbaai gehang het, gevind het. Die briewe is deur een van die bevelvoerders van die boot van Pedro Alvares Gabral in die jaar 1500 in daardie skoen aan die historiese boom geplaas om daardeur boodskappe en inligting aan verbygaande skepe oor te dra.
Die Portugese het toe reeds om die suidpunt van Afrika geseil nadat Bartholomeu Dias en Vasco da Gama die seeweg na die Ooste vasgestel het.
Die melkhoutboom moet derhalwe as die oudste poskantoor in Suid-Afrika beskou word. Dit staan klaarblyklik vandag nog daar en is seker meer as 'n duisend jaar oud want dit was toe reeds 'n groot boom.
BROKKIES UIT DIE BOEK BELLA VOS (18)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Die kamp word te klein. Dis seker te verwagte, want al is daar geen amptelike kommunikasie meer oor nie, vertel mense vir ander, wat dit weer oor sal vertel. Net soos kos en water, is ‘n veilige skuilplek van uiterste belang en mense sal van ver af daarheen stroom. Natuurlik is daar ook ander plekke, soos dié in en naby Upington, maar nie almal kan daarheen reis nie en ook daar is die fasiliteite maar beperk.
“Dooms, ons kan nie nog meer mense huisves nie. Daar is eenvoudig nie meer plek nie, kos word te min en die jagters en boere kan nie meer byhou nie. Ons toiletgeriewe is beperk, en ons kry mense wat nie hier hoort nie en moeilikheid maak, soos met die Swardt-outjie van eergister. Ons kan eenvoudig nie almal se agtergrond nagaan nie en nie elke liegstorie klink na een nie.”
1865: PRETORIA RIFLE CORPS GESTIG
KULTUURDAGBOEK 6 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die Pretoria Rifle Corps onder leiding van Stephanus Schoeman, wat met die rang van kaptein die eerste hoof daarvan was, is as 'n vrywilligerkorps gestig.
Die woord Rifle dui nie op die Engelse begrip van 'n geweer nie maar op die Westley-Richards-doppie-agterlaaier van 1858 – 'n geweer wat gou in Transvaal bekend geword het en spoedig graag gebruik is.
Die doel met die Rifle Corps was om Pretoria en omgewing en ook die staat in die algemeen te beskerm. Daarby sou die lede aan kommando's en noodlydendes voorrade help voorsien.
1976: EERSTE KONFERENSIE VIR KULTUURRADE
KULTUURDAGBOEK 6 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die Hoofbestuur van die FAK besluit op 7 November 1975 dat aangesien daar 'n sterk behoefte bestaan om verteenwoordigers van kultuurrade/skakelkomitees as groep saam te trek en om kultuurrade tot groter doeltreffendheid te lei, daar van 1976 af jaarlik 'n Konferensie vir Kultuurrade ten tye van die Algemene Vergadering gehou word.
Die aanvoeling van die Hoofbestuur het geblyk korrek te wees want die belangstelling van kultuurrade het van toe af met rasse skrede van jaar tot jaar toegeneem. Benewens praktiese aangeleenthede van gemeenskaplike belang, is daar jaarliks besin oor 'n gesamentlike jaartaak, byvoorbeeld die behoefte aan Afrikaanse kleuterskole, die werkende vrou en talle volks- en sosiale aangeleenthede wat by hierdie besprekings en beplannings gebaat het.
1939: FAK KONGRES OOR CNO
KULTUURDAGBOEK 6 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Sedert die stigting van die FAK in 1929 het die vereniging hom uitdruklik uitgespreek vir moedertaalonderwys. Op 'n FAK-kongres wat in Desember 1934 plaasgevind het, het die kultuurvereniging van Hartbeesfontein 'n beskrywingspunt ingedien met die versoek dat die FAK 'n kongres oor Christelik-nasionale onderwys moet hou.
Die Afrikaanse Nasionale Kultuurraad (ANK) het op sy vergadering in 1938 in Bloemfontein besluit om in 1939 'n volkskongres oor die toekoms van die Afrikaner in die handel te hou. Een van die hooftemas sou ook oor Christelik-nasionale onderwys gaan.
DIE LEWE NA DIE DOOD (4)
Ds A.E. van den Berg
“Want ek is versekerd dat geen dood of lewe of engele of owerhede of magte of teenwoordige of toekomende dinge of hoogte of diepte of enige ander skepsel ons sal kan skei van die liefde van God wat daar in Christus Jesus, onse Here, is nie”. (Romeine 8:38,39)
Baie mense glo dat daar nie werklik 'n hel met 'n ewige vuur is nie, Hulle beskou dit bloot simbolies. Wat glo jy? Simboliek of feitlikheid? Die hel is werklik 'n poel van ewige vuur. Hoe verskriklik sal dit nie wees om getroue kerkgangers eendag in die hel te sien nie! Hoe verskriklik vir ouers om hul kinders, of vir kinders om hul ouers daar te sien nie! Ek kan my aan geen groter droefheid indink as iemand wat die hel met sy vader se gebede op sy voetstappe en sy moeder se trane die ewige verderf betree nie.
KULTUUR- DAGBOEK 6 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
1.1822: Lees in hoofartikel toe Engels die enigste amptelike taal geword het.
2. 1836: Lang Hans van Rensburg (Johannes Jacobus), leier van een van die twee groepe van die Groot Trek, asook sy trekgeselskap word by die Djindispruit (Mosambiek) deur 'n impi van Manukozi oorval en vermoor.
3. 1945: Meer in hoofartikel oor die FAK se Volkskongres oor maatskaplike beleid.
1945: FAK HOU VOLKSKONGRES OOR MAATSKAPLIKE BELEID
KULTUURDAGBOEK 5 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Op maatskaplike vlak was daar vir die Afrikaner ná 1929 nog baie probleme om te oorbrug. Verwarring en onvermoë op hierdie sosio-ekonomiese terrein het immers ook kultuurarmoede beteken. Daarom het die FAK dit nodig geag om 'n volkskongres daaroor te reël – met die oog daarop om 'n maatskaplike beleid vir die Afrikaner te bepspreek.
Die betrokkenheid van Suid-Afrika by die Tweede Wêreldoorlog en die gevolglike uitwerking daarvan op die volk op vele terreine het dit soveel te meer noodsaaklik gemaak.