BOEK TE KOOP: VUUR EN VLAM

Vuur en Vlam, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid, Stellaland en Goosen, eerste inwoners van elke dorp (met foto’s), die oorloë teen Nyabel, Magoeba, Magato en Mpefu, die ontdekking van goud op die Witwatersrand, die uitlander-kwessie, die Jameson-inval en die agitasie vir oorlog wat einde 1899 uitgebreek het.  Die ontstaan van die drie Boere-kerke en binnegevegte en hul predikante word ten laaste bespreek.  A5, 400 bladsye, geïllustreerd.  

KONTAK GUSTAV by: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.