Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Tyd; dis ‘n belangrike woord. Jy moet dit hê om te kan regmaak. Wie dit nie het nie, kan nie regmaak nie. Meer mense sterf sonder Christus as met Hom; mense wat nie met Hom reggemaak het nietoe hulle die tyd gehad het.
OPSTANDE IN DUITS-WES-AFRIKA (6)
EJG Norval
Hoeveel Boere deur die Namas tydens die oorlog vermoor was, is nie bekend nie, maar plaasboere, transportryers en Duitse koloniste was geteiken. Elders was C van Lei, B Kotze en twee Knouwd-mans, twee Van der Westhuizen-seuns en ene Van Jaarsveld, ook vermoor. Jan van Jaarsveld en Barend van der Westhuizen se seuns was beide in die veld om vee op te pas, maar die twee het spoorloos verdwyn en was nooit weer gesien nie.
Die kombuisvrou van weduwee Ester Maritz het haar vertel dat Witbooi beplan het om alle Boere en Duitsers te vermoor. ‘n Aantal plaasboere het na Kub se skoolgebou gevlug en het met 800 beeste en 15000 stuks kleinvee daar aangekom. Op 4 Oktober het die Witkams die polisiepos se wapens geplunder, die gevangenes bevry en die geboutjie aan die brand gesteek. Die volgende dag het Andries Piek, die dwerg van die Dorslandtrek saam met ‘n paar oudstryders uit die Engelse oorlog, Koos Spies, Van Deventer en ene Van Zyl ook by hulle aaangeluit.
Op 7 Oktober het nog ‘n paar gesinne by die mense in die skoolgebou aangesluit. Mev. Maritz het saam met haar seun, 4 kleinkinders, Mev Hester Coetzee en 2 kinders deur die nag langs die Visrivier na Kub gevlug. Daar was toe 31 weerbare manne, waaronder twee Duitse heliografiste, maar pokke het onder die mense uitgebreek en hul veewagters het weggehardloop. Twee van die manne, Hendrik Lubbe en Stoffel Coetzee het deur die omringende Namas na Keetmanshoop gejaag en by die Duitsers opdrag gekry om na Gibeon te jaag om die mense aldaar te waarsku. Daarna het hulle snags gery en sodoende deur die Nama-bendes na Kub deurgekom.
By Gibeon (suid-wes van Marienthal) was die winkels van Van Krabbenhof en Lampe, Kreiss en Heselman. ‘n Laer was rondom ‘n klein steenhuisie gevorm en sandsakke gepak, waar die vrouens (w.o. Mev. Brand, Mieta Booysen, Mev C Brink, weduwees van die vermoorde manne en Mev. Melchior) en kinders kon skuil. Die Boere by die laer was Jan Lambrecht, Jan Jurgens, Harry Gird, Adriaan Cruse, Willem Dreyer, Albertus Rooy, Piet- en Fritz Brand, Jan Coetzee en een Duitse soldaat, Andries-, Jan- en Koos de Wet, Van Alphen, Dawid Maritz en gesin, Van der LInde, die Mosterts, Barend- en Abraham Burger met hul gesinne, Jospeh Jooste, Koos Hugo, Jan Hefer, die Van Heerden-gesinne, aook Piet Van der Westhuizen as veldkornet. Die mans het die dinamietkaste in die klipgebou buite die gehuggie verwyder om rede die Namas daarvan kennis gedra het.
Een van Witbooi se bendelede het landdros Von Burgdorf in die rug naby Gibeon doodgesksiet. Na die moord, het Samuel Izak Witbooi en sy Namas die lae koppies om Gibeon beset. Interressant was die feit dat ‘n hewige onnatuurlike hael- en donderstorm oor Izak se bende losgebars het. Nie een haelkorrel het op Gibeon geval nie en Izak was so verwonderd hieroor dat hy die aanval afgelas het. Twee weke later het Hendrik Witbooi en sy bende rondom Gibeon stelling ingeneem. Iemand in Gibeon het dinamiet in die Namakerkie by Gibeon aan die brand gesteek en die daaropvolgende ontplofffing het die geboutjie totaal verwoes. Witbooi het ook verskrik met sy bende padgegee.
Dirk Booysen het die Kub-laer oorkant die Visrivier verkuif waar ‘n paar geboutjies was en daar sooiwalle gemaak. By hulle het die beroofde “Dowe Dirk“ Coetzee en sy 4 seuns, asook ‘n Duitser aangesluit. Die twee heliografiste het na Windhoek geflits en hulp ontbied, waarna 38 soldate en 4 Boere-vrywilligers gereageer het. Op 22 Oktober het die vrywilligers en troepe olv. Lt. Von Brandt in Kub aangekom. ‘n Dag of twee later het ‘n 52-man patrollie te perd by Pakhuisdrif met sowat 500 gewapende Nama-ruiters slaags geraak. Die geveg het 24 uur geduur en 6 Duitsers is gedood. Die week daarna het 15 man vanaf Windoek naby Kub hul vasgery teen ‘n oormag van die vyand en hulle moes haastig na Kub uitwyk. Daarna het die patrollie weereens in geveg geraak met ‘n oormag Namas by Dikdoorn. Vier burgers, byname Fritz Brand jnr., Dirk Booysen, W van der Merwe en N Swarts het gaan ondersoek instel by ‘n verwoeste heliostasie naby Seskameelboom, toe hulle deur ‘n bende Namas voorgelê is. Hier het Willem Lucas, Dirk Booysen en Nicolaas Swart gesneuwel toe die patrollie en Namas bykans handgemeen was.
Op 22 November het die Namas toegeslaan op die perde wat buite die Kub-laer gewei het. Skote het geval en ‘n offisier het met 22 man soontoe gejaag en gevind dat die wag bestaande uit drie soldate en ‘n swart konstabel doodgeskiet was en met 61 perde weggekom het. Tydens die geveg het die manne die Witkams se perde begin doodskiet, waarna die bende vinnig gehardloop het om hul perde te red. Gelukkig het Oberst Deimling met 400 Schutztruppen en een kanon opgedaag en die geveg voortgesit, ten koste van drie soldate wat gedood is. Die volgende dag het ‘n 9-man patrollie, waaronder Lt. Swenecke met 5 Schutstruppen, asook Coenraad Strydom, Hans- en Nicholaas Maritz, uitgestuur om die vee te herwin. Hulle het hul by ‘n nou kloof vasgery teen ‘n bende Namas en in die geveg wat gevolg het, is die offisier en 4 Duitsers gedood. Kpt. Engelhard het daarna vanaf Windhoek aangekom, bevel oor Kub geneem en 11 waens ter beskerming om die sooiwal en loopgraaf getrek. Op 29 Oktober was ‘n aanval op ‘n Duitse konvooi geloots om ammunisie te verkry.
Die Kublaer met sy 72 weerbare manne was omsingel deur 1500 berede Namas en Simon Koper se sowat 1000 voetgangers. Hulle het vanaf ‘n lae koppie op 1600 tree op die laer gevuur. Vuur is beantwoord met 2 klein kanonne en Eduard Mostert het met 6 vrywilligers (meester Kooy, Harry Gird, Fritz Brand, Jan Jurgens, Jan Lampbrecht en skoolseun Adriaan Coetzee) die koppie ongesiens bestorm. Die aanvallers het geskrik toe die 7 man skielik tussen hulle instorm en die vyand het die hasepad na ‘n kliprif gekies, vanwaar hulle op die koppie gevuur het. Die 7 helde het die Namas se perde agter hulle doodgekiet en na ‘n paar uur se geveg het die Witkamme soos hase die loop geneem. Intussen het 7 ander verdedigers agter ‘n skans buite die laer op Koper se voetgangers losgebrand. Die bende het hulle vasgeloop teen Oberst Berthold von Deimling se mag wat vanaf Windhoek oppad was om Kub te ontset.
Die mag het bestaan uit 250 Schutstruppen, 3 Boere en 80 Baster-vrywilligers. 150 troepe het saam met die Basters en 3 Boerevrywilligers die aanvallers bygeloop en hulle met hul waens en al, na drie dae se geveg verwilder. 3 Duitse soldate het in die gevegte omgekom, maar die Kub se laer was ontset. By die koppie het die soldate 40 hoede met koeëlgate daardeur opgetel en daarna het die reuk van ontbindende lyke die lug besmet. Jakkalse en hiënas het vir dae nog elke aand lawaai en gehuil. Die pokke was teen die tyd uitgewoed, maar baie se voorkoms was daardeur verniel.