Geskryf deur EJG Norval. U kan die boek bekom deur hom te kontak by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het.
Daarna fokus die teks op die verskeie trekke na Duitswes, Mashonaland, Manikaland, Gazaland, Banzailand, Mosambiek, Tanganjika, Kenia en die oorloë in hierdie lande teen die Herero’s, Namas, Matabeles en die 1914 rebellie. Die trekke na Madagaskar, Meksiko, Amerika, en Argentinia word bespreek, wie getrek het en wat hulle deurgemaak het, voordat baie na Suid Afrika teruggekeer het.
