Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Ons tragedie is nie dat ons swaarkry nie, maar wel dat ons die swaarkry vermors. Ons vermors dikwels die geleentheid om in medelye met ander te groei.
BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM (15)
RAUTEM, geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
(Die storie volg in Afrikaans onder die inligtingstuk)
The Afrikaner Broederbond continued to act in secret, infiltrating and gaining control of the few organisations, such as the South African Agricultural Union (SAAU), which had political power and were opposed to a further escalation of Apartheid policies.
Members of political parties right of the National party were not welcome and 200 members were expelled by 1972.
In 1983 when the Conservative Party was founded with Andries Treurnicht as leader, all Broederbond members who belonged to the newly formed party were no longer welcome in the Bond. Treurnicht, C.W.H. Boshoff and HJ Klopper previous chairmen left the organization. Other members like General Lang Hendrik van den Bergh, left too.
In 1985 the Afrikaner Broederbond realised that change needed to take place in South African Politics. Although the government did not talk openly with the banned ANC, it was decided by the organization they should start negotiating. On 8 June 1986 JP de Lange, the then chairman met Thabo Mbeki in New York for a five-hour meeting. It was a meeting held at a conference organised by the Ford Foundation. The meeting was just between de Lange and Mbeki, but at the conference other ANC members Mac Maharaj, Seretse Choabi, Charles Villa-Vicencio, and Peggy Dulany were present. P. W. Botha also left the Broederbond after his retirement.
*
But, because of a descerment in the system the accused knows more about his transgression than what his accusers accuse him of, or they will ever know.
The court can only act upon what is visible on the surface and is inadequate to reach into the living body of the crime itself, as it is barred from doing so by the membrane of the conscious and unconscious existence of both perpetrator and victim. Keep in mind that the antagonist is not just a criminal and the protagonist is not merely a victim.
*
Vyf en twintig manne neem rondom en binne die huis posisie in. Dis gevaarlik om weer ‘n RPG te gebruik en die deur is koeëlvas. Die eenvoudige oplossing is ‘n vyftig gram blokkie PC4, in ‘n wurm gerol en in die gleuf tussen die twee deure geplaas. ‘n Eenvoudige, militêre ontsteker en met die manne wat onder en langs die trap skuil word die springstof ontsteek. Die deure swaai van die ontploffing oop, en die regterkantste een skeur van sy swaar skarnier af. Dit neem die aanvallers net drie sekondes om by die deur in te bars, maar hulle loop hulle vas in ‘n swaar sarsie klein-kaliber rondtes.
‘n Tweede skokgranaat vlieg deur die lug en val ‘n halfmeter van John McDougal se voet. Instinktief skop hy dit by die deur uit en dit gaan af, nog voordat dit die vloer tref.
“Kom!”
Die ou manne bly sit, maar Arno, Leona, Priester en John volg vir Skeer by die deur uit. Voor hulle, bokant die trap, by die deur en teen die helling van die trap uit is daar ses manne. Die aanvallers het nie hulle eie skokgranaat verwag nie en nog voordat hulle daarvan kan herstel, is elkeen dood – nie van die granaat nie, maar die onsimpatieke koeëlreën.
Leona sit haar handwapen terug in sy skede, loop kalm, asof sy blomme pluk na die gesneuwelde aanvallers, vat een van die MP5’s, haal die magasyn uit en ruil dit met ‘n vars een uit die man se seiluitrusting. Sy neem nog drie magasyne en druk dit in haar gordel.
Iemand skiet van langs en onder die trap na hulle en hulle val terug teen die muur, buite bereik van die koeëls.
“Wat ons nou nodig het is ‘n regte handgranaat.”
John buk af oor een van die dooies, rol hom om. Hy het nie een in sy uitrusting nie en hy soek by ‘n volgende gevalle man.
“Jy bedoel soos hierdie een?”
Hy hou ‘n M26 handgraanaat uit na Skeer, wat die ringetjie met die pennetjie uittrek, die handvatsel los, wag vir vyf sekondes en dit dan oor die reling van die trap gooi.
“Dekking!”
Die handgranaat rol oor die vloer en onder ‘n groot gemakstoel in die voorportaal in. Een van die swartgekledes skop die swaar stoel gemaklik weg en gryp die handgraanaat om dit terug te gooi. Dis gaan in sy hand af en die man, lyfpantser en helm ten spyt, sterf oombliklik en vier van sy makkers is sleg gewond.
“Kom!”
Skeer, met John en Leona kort op sy hakke hardloop die trap af, al skietende na alles wat soos ‘n aanvaller lyk. Met die huis beveilig van mense aan die binnekant, is hulle nog ver van klaar. Daar is ten minste nog tien na vyftien buite die huis en ‘n helikopter draai in die verte, sy soeklig soos ‘n verligte vinger wat dit oor die grond trek. Dit lyk aanvanklik asof hy wegvlieg, maar dan draai hy om en die lig wys beskuldigend vorentoe. Sodra die soeklig oor die groot erf skyn, knal ‘n skoot langs Skeer en hy sien ‘n swartgeklede figuur effens strompel en dan kant toe val.
“Het hom!” sê Leona koud en sonder emosie. Sy haal die slot van haar lang geweer oor. Oor haar skouer hang die MP5.
Priester het ‘n donkerbruin broek en baadjie aan. Hy kyk tussen die gewondes en dooies en kry ‘n lyfpantser en ‘n helm wat hom pas en wat sonder te veel bloed is.
“En nou?”
“Ek gaan probeer omsluip na die bakkie toe.”
“Om te?”
“Omdat die MacMillan en die Browning agterop is.”
Terwyl Skeer, Leona, Arno en John by die voordeur uit skiet, glip hy by die sydeur van die huis uit. Langs die kant van die huis, by die hoek na die voorkant, hurk hy en kyk uit vir moeilikheid. Skielik is daar iemand agter hom.
“Hey, wêna, u-yaphi?”
Priester weet genoeg van Zulu om te weet dis wat die man praat, en hy moet kopkrap tussen die bietjie Pedi, ShiVenda en fanakalô om ‘n paar woorde by te kom.
“Aikona. Mina hamba lô Cruiser.”
“Ehhh?”
Priester kan sien dis nie ‘n taalkundig-korrekte antwoord nie, maar die twee manne is lank genoeg uit die veld geslaan, dat hy met die R6 se loop een op die krop van sy maag kan stamp en die ander een met die kolf deur die mond. Hy hardloop gebukkend deur die blomtuine, tussen die bome en struike, oral waar hy genoeg skuiling kan kry. Die twee agter hom het van die skok van die aanval (en die Zulu) herstel en skiet na waar hulle dink hy behoort te wees.
Van die ander aanvallers meen daar word op hulle geskiet en hulle skiet terug. Na ‘n minuut of twee se oor-en-weer geskiet tussen dieselfde groep, dring die “stop firing!” bevel uiteindelik deur en na een of twee verdwaalde skote staak-vuur die manne. Dit het egter vir Priester genoeg tyd gegee om in die Land Cruiser te klim, aan te skakel en agteruit weg te trek, oor ‘n deel van die randsteen, verby die Jaguar van Verdoorn, oor die plaveisel en nog steeds in tru-rat teen die tien trappe van die stoep op, totdat hy reg voor die dubbel buite-deur tot stilstand kom.
Die aanvallers is verlig om uiteindelik ‘n teiken te hê en hulle skiet vol-outomaties na die Land Cruiser. Die voorligte, sierrooster en verkoeler word aan flarde geskiet, voordat hulle die kantspieëltjies en die vooruit stukkend skiet. Dit gee aan John en Priester genoeg tyd om die MacMillan aan Skeer te gee en die Browning op sy driepoot te monteer. Die loop van die masjiengeweer steek net bokant die kajuit uit en die stukkende ruite bied nie juis beskerming nie.
Die helikopter het weer ‘n sirkel gevlieg en kom dreigend aan, met die lig wat voor hom uit skyn. Skeer lig die swaar geweer op en skiet bokant die lig, na waar die kajuit behoort te wees. Die koeël moes òf getref het, òf baie naby gekom het, want die tuig swenk na regs en klim terselfdertyd. Priester pluk die lang spangreep van die Browning agteruit en laat gaan, terwyl hy deur die visiere die helikopter soek. Sodra die visiere en die helikopter effens opgelyn is, trek hy die sneller. Weereens is dit nie die benoude broek-skeur geluid van ‘n ligter masjiengeweer nie, maar die afgemete doef-doef-doef wat enige soldaat ken. Die vliegtuig is te ver en in die donker om te kan sien waar die koeëls tref, maar die enjingeluid verander en die rewolusies klim as die ratkas getref word en uitgeskakel raak. Die ding val amper dadelik en land skuins van die buite-hek af, waar dit in vlamme uitbars. ‘n Hele paar van die aanvallers is skielik in die lig van die vlamme en Skeer, Arno en Leona trek los met hulle wapens, terwyl Priester en John die .50 Browning bedien. Die oorblywende ses aanvallers voel oorweldig en storm hek toe, waar hulle so vinnig moontlik oorklim.
“Kom!” roep Skeer en hardloop na sy bakkie toe. Leona spring langs hom in. In die verte is daar nog ‘n paar skote wat na hulle afgetrek word. Priester hardloop na sy Cortina met Arno by hom, maar John spring in die bestuurdersitplek van die Land Cruiser. Ten spyte van die stukkende verkoeler en ligte, vat die voertuig dadelik en hy jaag om die ander karre hek toe. Hy tref die hek hard genoeg dat dit uit die muur breek en die lugsakke van die Cruiser pop uit. Eers dan vrek die voertuig. Stoom trek die stukkende verkoeler en rubber pype uit. Met die bestuurderdeur vasgeklem van die botsing, pluk hy die passasiersdeur oop, seil daaruit en is net betyds om agter op die Mercedes se bak te spring, waar hy plat gaan lê.
‘n Paar verdwaalde skote volg hulle pad-af, maar maak geen beduidende skade nie.
Eers as hulle veilig is, merk Skeer dat Leona gebukkend sit.
“Is jy okay?”
Hy vat haar aan die skouer en druk haar saggies agtertoe teen die rugleuning van die sitplek. Haar hele voorkant is vol bloed. Een van die skote het haar reg onder die hart getref.