Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Ongelowiges is nie goeie politici nie, veral nie as hulle belang by heidense rituele het nie. Daarom is Afrika agterlik. Sy leiers verskil slegs in grade van boosheid van mekaar! Politici wat egter voor die Koning van alle konings buig en sy Woord liefhet, is 'n volk se juwele.
BROKKIES UIT DIE BOEK KLEINSKEER (5)
KLEINSKEER
geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
(Die storie volg in Afrikaans onder die inligtingstuk
The Durban High Court on Wednesday heard how police did not respond to a disturbance call from a neighbour in Phoenix before a family died after being set alight in their home.Picture: Durban — The police were called but never pitched to diffuse the situation at the Chetty house before five people died in a house that was set alight. This was the testimony of Kista Chetty’s
His neighbour Vikash Singh said that police only arrived when the fire had almost been put out by residents.
‘’Had the police come, none of this would have happened. I was hoping the police would come and calm the situation down. If they had come, the accused and his family could still be together. I called the police because it was the first time I had heard them (Chetty and his wife) fight like they were that night.’’
Singh said he phoned the police for the safety of the children and family, but they never arrived.
*
Natuurlik is Clifton Rambadi, die tolhekwerker, soos sy medewerkers, dopgehou. En uiteraard het die polisie verslag daarvan gekry dat hy met iemand gepraat het, daar is ‘n beskrywing van die betrokke voertuig gegee en is Clifton gearresteer, gemaak praat – nie dat hy veel waarde kon toevoeg nie – en is hy nooit weer gesien nie.
Skeer het daarop staatgemaak dat die Land-Rover nie op sy naam is nie, of was, maar hy het nie daarmee rekening gehou dat daar nie meer veel 1962 model Series 2A’s op die pad was nie.
Tussen Johannesburg en die afdraai na Vereeniging, Bloemfontein en Kroonstad het hy die blouligkonvooi in sy truspieël sien aankom. Die rebel in hom wou eers maak dat hy bly waar hy is, dit is op die regterkantse, vinnige baan, siende dat hy self ‘n rapsie oor honderd en twintig ry, maar uiteindelik het hy besluit daar is ‘n tyd vir alles, en het oorbeweeg na die linkerbaan, sodat die spul maar kan verbykom.
Dit gebeur baie teensinnig, want hy is, net soos nege en negentig persent van alle padgebruikers, allergies vir hierdie blouligboelies, veral na die eskapades van ‘n ruk gelede, waar drie weemaglede uit hulle voertuig geruk en aangerand is.
Die konvooi, bestaande uit een nuwe, swart Range Rover en vier BMW X5’e, volg hom egter na die stadige baan en sodra een reg agter hom is, gaan ‘n ander een, een van die BMW’s, hom verby, terwyl die ander drie langs hom kom en snelheid verminder, om by die Land Rover te bly. Die voorste een verminder spoed, en die agterste een kom ry teenaan sy agterkant, sodat Skeer ingeboks is tussen die karre. Reg langs hom gaan die twee getinte kantruite van die Range Rover oop, en ‘n variant van die AKM, die KS 74U, ook bekend as die “Krinkov”, verskyn by die voorste venster en ‘n Scorpion masjienpistool by die agterste een.
Skeer trap instinktief rem en voel hoe die voertuig agter hom teen die Land-Rover se fris kanaalyster-buffer vasry. Die twee wapens begin met vol-outomatise vuur, maar dit alles trek voor by die Land-Rover verby, en as die Range Rover ook rem, om die volgende sarsie in te kry, en hopelik raak hierdie keer, stamp die BMW aan sy agterkant hom voordat die drywer betyds kan reageer. Teen en as gevolg van die snelheid waarmee die voertuie beweeg, verloor die drywer van die Range Rover vir ‘n paar sekondes beheer oor sy voertuig, maar dis genoeg om ook die heel voorste BMW ‘n effense stampie te gee, uit te swaai terwyl hy rem trap, ‘n paar swaaie gee soos die drywer oor-korrigeer en weer, en dan dwars in die pad te draai en begin rol.
Die konvooilede is vir ‘n paar oomblikke onseker wat om te doen, maar dan rem al vier die voertuie en kom tot stilstand, met Skeer se Land Rover nog steeds ingeperk tussen hulle. Aan sy linkerkant is ‘n sterk, staalversperring wat vir nog meer as vyftig meter vorentoe aanhou en daar is geen manier hoe hy daarheen kan padgee nie.
Die oomblik as hy stilhou, begin die deure van die voertuie langs hom oopgaan en manne in donker pakke, donker brille op hulle gesigte en outomatiese wapens in die hande peul oral uit. Skeer weet daar is nie kans om oor te gee of om sy pad oop te praat nie, selfs met sy aanstellingskaart by hom. Hy sluit die voertuig se oordragkas-ewenaar, sodat die voorste en agterste aste ewe veel krag kry, skakel laestrek (low-range) en druk die voorste buffer teen die BMW aan sy agterkant. Die groot Coopers-bande huil op die teer, terwyl die BMW, met sy remme stewig aan, rook maak soos dit teen die gesluite wiele op die teer gestoot word.
Die manne met die wapens is bang om te skiet, want tussen die geraas van enjins, banderook en planne wat deurmekaarloop, is hulle vir die wyle verward. Na ‘n paar sekondes druk die voorste drywer sy kar in tru-rat, laat die remme gaan en probeer die Land-Rover terugdruk, maar al is hy swaarder, is die kombinasie van die twee karre en die padbande van die BMW, nie in staat om die momentum te stuit nie en hulle beweeg meer as vyftig meter so, totdat die versperring aan die linkerkant ophou.
Die BMW se drywer sien die terugdruk gaan nie werk nie en trap weer rem, maar ook dit is nie genoeg nie.
Skeer rem vir ‘n oomblik en ‘n groot genoeg gaping ontstaan tussen hom en die voorste kar, dat hy die Land Rover daardeur kan druk. Hy jaag teen die walletjie langs die N1 uit, en as hy bo kom, pak ‘n wilde woede hom. Onder die sitplek haal hy die R6 uit, pluk die deur oop en skiet die magasyn leeg in die rigting van die konvooi. Sonder om te kyk wat die skade is, spring hy terug en ry ‘n honderd meter bo-op die wal aan, voordat daar ‘n sementsloot is en hy moet afjaag na die teerpad toe. Die Land -Rover bokspring as hulle die grootpad tref, maar dan is hulle verby en ver genoeg om buite skootafstand te wees.
“Is jy okay, Bulletjie?” vra hy vir Ezra.
“Sjoe, Oom, dit was nou intens!” antwoord hy met groot oë.
“Waar hoor jy daardie woord?”
“My ma het dit altyd gesê as iets kwaai gebeur.”
Skeer kyk skrams na die outjie en wonder wanneer hy gaan begin huil. Dit gebeur nie.
*
Wanneer jy iets ondersoek, of oor ‘n onderwerp navorsing doen, moet jy iewers begin en dit is by jou feite. Daarna kan jy twee of drie of meer feite langs mekaar plaas, kyk of hulle in tyd en ruimte verband het, en begin om ‘n hipotese te vorm. Daarna soek jy nog feite wat jou hipotese ondersteun en uiteindelik is daar iets om mee te werk. Soms verdwaal so ‘n ondersoeker of navorser en wag dan vir iets om op te duik, soos die verlore stukkie in ‘n legkaart.
Terwyl die groot bande en fris enjn weereens vir Ezra aan die slaap dreun, sit Skeer en feite in sy kop bymekaar maak.
Met John Steenhuizen se maanskoot (moonshot) het hy iets uitgerig gekry, wat niemand vantevore gewaag het nie en dit is om die DA en van die kleiner partye in een kraal te jaag teen die ANC.
Met die aantog tot die BRICS-beraad, het president Ramaphosa na Rusland gereis, waar hy met president Putin beraadslag het. Wat in privaatheid tussen hulle gesê is, kan ‘n mens maar net oor bespiegel, maar Ramaphosa het teruggekom en in ‘n toespraak direk daarna die Indiërs, Kleurlinge en Blankes om verskoning gevra dat die ANC hulle tegnies uit die reënboog gehaal het van 1994 af. Miskien het die Russe hom vertel hulle is ook nie net Blank nie, maar inderwaarheid grootliks Kaukasiërs.
Gedurende die BRICS-beraad het die Chinese president, Xi Jinping, die ANC aangesê om alle vorme van BEE, BBB-EE, Transformasie en Regstellende Aksie te laat vaar. Die 2,8 miljard rand wat ge-oormerk is om die Lesotho Hooglandskema te verbeter, mag dus nie per abuis weer in die kaders se sakke land nie. Daar is ook die groenlig gegee vir die Chinese stad in Limpopo.
Indien ‘n mens objektief na al hierdie gebeure gaan staan en kyk, besef jy in watter netelige posisie die ANC verkeer. Dis glad nie meer ‘n uitgemaakte saak dat hulle, selfs met die hulp van die EFF, die verkiesing van 2024 gaan wen nie. Met die oë van die buiteland hierop gerig, is verkiesingsbedrog ook nie meer so maklik nie en kan hulle dalk net die mag afstaan aan ‘n ander party, oftewel ‘n koalisie van partye. Die gevolge daarvan is te erg om te bedink: die regbank kan dalk net teruggetransformeer word en die mense, om mee te begin, wat in die verslag van die Zondokommissie genoem is, kan vervolg word. Die krane na korrupsie en tendergeld kan toegedraai word, die polisie en die weermag kan onder opgeleide en ongekorrupteerde bevel kom, so ook die Valke.
Die sake rondom die VBS-bank kan weer ondersoek word. Die SOE’s kan mettertyd weer begin werk.
Aan die ander kant het die ANC in werklikheid hulle rug op hul grootste handelsvennote, naamlik Europa en die VSA gedraai en kan daar nie in ‘n krisis op hulle staatgemaak word nie. Met Amerika nou afgesê en die BRICS-manne wat voorwaardes stel, bevind die regering hom nou in ‘n knyptang en enigeen kan die druk begin uitoefen.
Indien BEE en ander raswette afgeskaf word, sal dit net ‘n paar maande neem, of die Blankes begin weer terugsypel waar hulle vantevore weggestoot is. Dis verskriklik in die oë van die agtergeblewenes dat die Boere nie die afgelope dertig jaar gaan lê het nie!
Die grootste probleem egter, is dat hoë poste, posisies, toelae aan koninklikes en hoofmanne, tenders en uiteindelik korrupsiegeld nie meer oorbetaal kan word nie en dit sal veroorsaak dat die massas hulle rùe op hulle eertydse “bevryders” sal draai. Uiteindelik beteken dit nie net dat die hoi polloi nie meer nie vir hulle gaan stem nie, maar diesulkes het dwarsdeur die geskiedenis die neiging getoon om geweldadig te raak.
Wat is die voor-die-hand-liggende oplossing? Vlug of veg, natuurlik. Hulle kan die laaste vliegtuie landuit neem na Dubai of Abu Dhabi, maar ‘n nuwe regering kan dalk net, met meer kundigheid en die steun van die Weste hierdie keer, uitlewering bewerk.
Die enigste ander oplossing is veg en daarvoor het jy ‘n leër nodig. En indien ‘n mens in ag sou neem dat die SANW en SAPD doelbewus of bloot weens wanbestuur vir alle praktiese doeleindes nie meer kan funksioneer in so ‘n geval nie, moet jy altenatiewe hê. Daarvoor moet ‘n mens ‘n privaatleër hê en om een te bewapen, moet jy dalk net by jou nuwe bondgenote ‘n paar vraghouers vol daarvan kry – wat in die nag, onder streng sekuriteit afgelaai en vervoer word… soos vanuit ‘n Russiese vragskip in Simonsbaai?
Skeer besef dat hierdie gedagtes dalk erg vergesog is, maar hy gaan kyk of hy enige bewyse kan kry om sy hipotese te ondersteun.