Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
‘n Goeie volksleier gee voorkeur aan burgerlike veiligheid omdat ‘n veilige volk ook ‘n gelukkige volk is. Hy is ‘n herder en nie ‘n laksman nie. Daarom slag hy nie sy skape nie, maar laat hulle eerder veilig wei.
BROKKIES UIT DIE BOEK VRYBURGER (4)
geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Skielik is die Engelse kamp nie ver onder hom nie, waar hulle, onbewus van enige gevaar, reg maak om menasie toe te loop vir aandete. Die twee wagte sien hom kom, rig hulle wapens, moderne Martini-Henri gewere, op hom en hy trek vir Goliat in.
“And where are you in such a hurry, mate?”
Jan druk die Snider terug in sy skede en hou sy hande waar die wagte dit kan sien.
“I want to see your commanding officer!”
“So you do eh? That would be Colonel Chelmsford.”
“Listen to me! There is a whole regiment coming. Maybe ten thousand or more!”
“So you say. Could you count that far, Boertjie?” Die twee lag lekker vir die grappie.
Jan is verstom. Hoe kan die manne so onnosel wees, of is dit bloot arrogansie?
“Listen!...”
“No, boy. You listen! You get on your horse and bugger off the way you came!”
Hy lig die Martini dreigend. Jan huiwer net ‘n verdere oomblik, dan kap hy sy haksene in Goliat se sye. Die groot perd is nie gewoond aan hierdie tipe behandeling nie, spring vorentoe en stamp met sy breë bors die twee gelyktydig. Jan spring af, gryp die een soldaat se geweer en slaan hulle albei daarmee oor die kop. Tevrede dat hulle tydelik buite aksie sal wees, spring hy in die saal en jaag na die kamp toe.
Dis die nag van 21 Januarie 1879.
*
Dis steil berg-af en Jan is baie bang dat Goliat seerkry, maar daar is ‘n dringendheid by hom. Hy onthou die verhale wat sy pa, Flip, vertel het aangaande die aanloop tot die slag van Bloedrivier – die moorde by Weenen en Bloukrans, die terugveg by Vegkop, die verraad van Dingaan, toe Piet Retief vermoor is. Ten spyte van die gevaar van die oomblik en dit wat aan die kom is, dink hy ook daaraan dat sy pa vertel het die volk is deurspek met verraaiers.
Skielik is die Engelse kamp voor hom en hy spring van Goliat af, gooi die teuels oor die groot perd se kop en gee hom ‘n klap op die boud, dat hy moet wegdraf. Hy sal wel kom as Jan vir hom fluit. Terwyl hy die laaste vyftig tree na die Engelse toe loop, dink hy daaraan dat hy sy twee langgewere in die skedes gelaat het en hy is bloot gewapen met die twee Howdah-pistole.
Die Zulu-magte was reeds gereed om aan te val. Cetshwayao het hulle beveel: “Marsjeer stadig, val aan met dagbreek en eet die rooi soldate op.”
Hulle het beplan om op die 23ste Januarie aan te val, maar het die man wat deur Jan in die been geskiet is, laataand van die 21ste gekry, wat hulle vertel het van die witman wat die rooisoldate gaan waarsku het. Hierdie was slegte nuus en al het die bevelvoerder, Ntsigwayo kaMmahole nog nie al sy soldate bygekry nie, was hulle reeds meer as 20 000 en kon hy die 1800 Engelse aanval. Hulle moes dit egter dadelik doen, voordat die Engelse alles gereed het.
Chelmsford was oorgerus, sodanig dat dat hy nie eens sy soldate beveel het om in te grawe nie. Hulle was immers met die moderne agterlaaier Martini-Henri’s gewapen, het ‘n seweponder kanon en ‘n Hale missielbattery gehad. Hemlik het hy gehoopdie Zulu’z val aan – hy was lus om die inboorlinge ‘n les te leer.
“State of the art weaponry, old chap.” sou hy meer as eenmaal opgemerk het. Daarby het hy 4000 manne onder sy bevel gehad en nie 1800, soos Cetshwayo gereken het nie. Chelmsford was meer bekommerd oor sy logistieke probleme as wat hy die Zulu’s ernstig opgeneem het. Inderdaad was die Zulu’s net gewapen met skilde, asegaaie en werpspiese, met ‘n paar outydse (vir 1879) Brown Bess muskette. Die Zulu’s het ook die gevoel gehad dat gewere die wapens van lafaards was.
Chelmsford het nie eens gedink dis die moeite werd om die waens in ‘n laer te trek nie.
“It would take a week, what?”
*
Jan loop die kamp van die Engelse binne, sy hande skouerhoogte.
“I need to see your officer commanding, Lord Chelmsford.”
Een van die wagte wat hy oor die kop geslaan het, het sy bewussyn genoeg herwin dat hy sy geweer kon gryp en agter Jan aan te strompel. As hy hom ver teen die lig van die eerste kookvure sien, trek hy ‘n skoot af, maar hy mis vir Jan, en tref een van die kookpotte met ‘n “klang!” wat almal wakker maak. Voordat Jan nog twee tree kan loop, word hy deur halfaangetrekte soldate omsingel.
“I’m not the enemy! The enemy is the Zulu-nation and their soldiers are on their way.”
‘n Jong luiternant, James Braithwayte, loop tussen die soldate deur, trek sy baadjie en Sam Browne reg.
“And who might you be, Sir?”
“My name is Jan Verwey. I came to warn you – there is more than ten thousand Zulu impi’s on their way here!”
“I’ll relay your concerns to my commanding officer. In the meantime, Sergeant, hold this man as prisoner in the scout’s tent.”
“How…” protesteer Jan, maar hy word hardhandig aan sy elmboë gegryp en na die tent vergesel. Sy baadjie hang oor die twee pistole en niemand maak moeite om hom te deursoek nie. Die Engelse is uiteraard daaraan gewoond dat die Boere slegs gewere dra en Jan het duidelik nie een by hom nie.
Braithwayte staan op aandag voor die bevelvoerder se tent, maar as hy sy keel skoonmaak, hoor hy dat die man reeds op en aan die gang is.
“What is the bother at such an ungodly hour, mister Braithwayte?”
“Sorry to be a bother at this hour, Sir, but this Boer we captured just now, he surmises that a large enemy force is on their way here.”
“Do you believe him, Lieutenant?”
“I have no reason to think otherwise, Sir.”
“Call Colour Sergeant Holmes and Captain Mallory, if you would.”
“Yes Sir!”
James salueer flink en gaan roep die twee betrokke manne. Hulle is nog nie ten volle geklee nie, maar trek, in die loop na die bevelvoerderstent, klaar aan.
“You ordered for us, Sir?”
Chelmsford kyk met afkeer na die offisier wie se baadjie nie ten volle opgeknoop is nie.
“Finish dressing, if you would, Mallory!”
“Yes Sir, sorry, Sir!”
Mallory maak sy boonste knop vas en trek sy tuniek reg.
“Well then, Captain, take the main force with you to the North-East and go and beat the jolly old Zulu into submission, if you would.”
“Now, Sir?”
“Is there a better time than now?”
“No, Sir!”
“Wait a moment. I think I’ll personally lead my men into battle. Call Lieutenant Colonel Pulleine, that’s a good man!”
‘n Uur voor dagbreek vertrek Generaal Chelmsford, Mallory, Holmes en 2800 manne om die Zulu’s te gaan verslaan. Hulle is daaraan gewoond dat inboorlinge in die res van Afrika vantevore vinnig terugval voor die moderne gewere van die koningin se soldate. Hoe moes hulle weet dat die Zulu’s in twee verdeel het en dat hulle met opset die hoofleër weglok, sodat meer as 20 000 Zulu’s die kamp kon aanval, met slegs 1300 man oor om die plek te beskerm?
Met dagbreek val die hoofleër van Cetshwayo die kamp aan...