Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Hoe gelukkig is die mens uit wie se mond geen bitter woorde kom nie en met ‘n bietjie humor van distels rose kan maak!
BROKKIES UIT DIE BOEK “DIE VERONTREGTES” (2)
083 444 7672)
Die storie volg onder die inligtingstuk
Die Reg Op Lewe
Ingevolge artikel 12 (1) (c) van die Grondwet van die Nuwe Suid Afrika, wet 108 van 1996, het elke persoon die reg “om vry te wees van geweld, hetsy openbare, hetsy private oorsprong”.
-Genl Roland de Vries
*
Cape Town - Seventeen SA National Defence Force bases will be put on the market from January, Public Works Minister Stella Sigcau has announced in Parliament.
The disused bases, worth a few million rand, should attract private buyers because many border urban areas and can be converted for business, industrial or residential use. Some run to hundreds of hectares.
Answering a question, Sigcau said comprehensive guidelines were being drawn up by private consultants, funded by the World Bank with a view to civilian applications.
Guidelines have already been completed for 11 bases: Pomfret and Klippan in North West; Langefontein base, George Women’s Army College and Saldanha’s Tooth Rock shooting range in the Western Cape; Hoedspruit and Bourke’s Luck in Mpumalanga; Zwartkop and Devon in Gauteng; Soekmekaar in Northern Province; and Port St Johns in the Eastern Cape.
Guidelines for the other six should be finalised next week, along with the overall programme for privatising the properties. These bases are Camden in Mpumalanga, Mmabatho in North West, Thaba Nchu in the Free State, Waterkloof in Gauteng and Ysterplaat and Wingfield in the Western Cape.
Sigcau said the bases would be put out to tender from January.
*
“Wanneer gaan ons kan ophou hiermee en teruggaan huis toe?”
“Eers wanneer die laaste skote geskiet is, Tamar.”
“Dink jy dit gaan binnekort wees?”
“Nee. Ek dink ons onderlinge gevegte, noem dit ‘n burgeroorlog as jy wil, sal binnekort eindig. Die aggressors is dood, het gevlug, of is te bang. Vir eers, in elk geval. Maar ek dink daar is iets ergers aan die kom.”
“Hoe bedoel jy iets erger? Was hierdie hele konflik nie erg genoeg nie?”
“Dit was en later, as mense hieroor gaan nadink en navorsing doen, gaan dit vir ‘n lang tyd as ‘n aaklige tydperk onthou word, maar soos die jare verbygaan, sal die ergste grusaamheid begin vervaag en sal die historici dit maar in vae terme beskryf, as ‘n interne konflik. Dink maar aan die konsentrasiekampe gedurende die Boereoorlog. Daar word in die boeke bloot geskryf dat dit die gevolg was van Kitchener se verskroeide aarde-beleid en dat tussen ses en twintig en twee en veertig duisend vroue en kinders in die kampe gesterf het. Dat hulle gemartel is, die vroue wreed en soms herhaaldelik verkrag is, dat die daaropvolgende swangerskappe verberg is en die babatjies gesterf het, die hongersnood en gebrek aan mediese versorging – daarvan wil niemand meer weet nie.”
“Ja, maar was hierdie nie baie erger nie? Die afgelope jare het honderde duisende mense, miskien miljoene, omgekom, nie net van geweld nie, maar ook van honger en siektes.”
“Ja, natuurlik was dit baie erger, in dié sin dat dit baie meer mense geraak het, maar dis nie die punt nie.”
“Nou wat wil jy sê?”
“Tamar, jy moet mos teen hierdie tyd weet dat ek ‘n doemprofeet is. Ek het vir baie jare gewaarsku dat hierdie ineenstorting gaan gebeur, en elke nugtere, regdenkende mens wat hom of haarself van die situasie kon distansieer en dit van ‘n afstand af dophou, kon sien wat aan die gebeur is. Nog voordat die algemene verkiesing in 1994 plaasgevind het, maar die onvermydelike gesien is vanaf die referendum in 1992, kon ‘n mens maar net gekyk het wat Noord van die Limpopo gebeur het en hiermee bedoel ek nie net Zimbabwe en Zambië nie, maar Kenia, Zaïre, Uganda, Nigerië, noem maar op, die lys is feitlik eindeloos. Waar die kolonialiste padgegee het, het ordeloosheid en verval met daardie selfde pad aangeloop gekom en dit was nie net tydelik nie, maar permanent.”
“Ja, maar nou is jy reg bewys en ons het die algehele ineenstorting beleef. Hoe dan nou, soos jy gesê het, is ons op die rantjie daarvan om weer vrede te hê?”
“Tamar, ek het ook aanvanklik so gedink, maar die afgelope tyd het ek weer gedink. Wat as daar iets agter die hele gemors was, of dat ek so stel: wat as daar ‘n organisasie of ‘n vereniging was wat dit voorsien het en daarop wil kapitaliseer?”
“Wat het ons om te bied, waarvoor hulle soveel lewens sal opoffer? Minerale?”
“Ja, maar nie net dit nie. Wat het ons wat die res van die wêreld nie het nie? Die seeroete rondom Kaapstad.”
“Dis waarom die Suezkanaal daar is. Sodat dit nie meer nodig is om daarom te gaan nie.”
“Dis baie waar. Onthou die kanaal is reeds in 1859 gebou en het destyds nie-amptelik aan Engeland en Amerika behoort. Vanaf 1950 behoort dit aan die Suezkanaal Outoriteit, wat op sy beurt deur Egipte besit word. Dis in 1956 deur President Abdel Nasser genasionaliseer. Jy moet ook onthou dat Egipte, al is dit ‘n soewereine staat, feitlik omring is deur Arabiese en dit wil sê Moslemlande. Wat uiteindelik deur sy bure besluit word, sal maak dat Egipte by die besluit moet inval.”
“So, as hulle die kanaal beheer en ook die seeroete rondom die Kaap van Goeie Hoop, beheer hulle die skeepsvaart?”
“Nee, nie heeltemal nie. Skeepsvaart tussen Engeland, Europa en die Amerikas word nie daardeur geraak nie, maar wel met die Ooste en Oos-Afrika.”
“Wat van die roete bo-om, die Behringsee of Arktiese Oseaan?”
“Die Arktiese Oseaan. En dit word beheer deur Rusland.”
Nicodemus en Tamar sit en kyk na die dorp, of te wel sover as wat hulle kan sien, voordat hulle uitsig versper word deur huise wat net halfgebrand is, die paartjies wat die brand en verwoesting vrygespring het en platgeslaande ruïnes. Dis ‘n droewige gesig, wat vir hom half simbolies is van wat in die res van die land gebeur het. Sun Tzu het immers gesê daar is mense wat ‘n land sal afbrand net om oor die ashoop koning te wees.
Nou, na die maande en maande se baklei, soms vlug, in haglike toestande leef, opknoop met ander versetgroepe, een slag op die volgende, huil en treur oor vriende en familie, die onsekerheid oor waar sommige is – lewe hulle, of is hulle in ‘n eensame graf, of dalk selfs nooit eens begrawe nie – ‘n ewe onsekere toekoms… hoe het hulle hier gekom?”
Tamar kyk skuinsweg op na Nicodemus. Hy het die afgelope jare skielik baie ouer geword. Die bietjie donker wat in sy hare was, is nou alles weg en net sy snor is nog half donker. Plooie is diepgegrawe langs sy oë en op sy voorkop. Soms, as hy lank gesit het, loop hy half mank wanneer hy opstaan, ‘n oorblyfsel van te veel keer plat val op sy knieë en maag as hy skielik dekking moet slaan. ‘n Lang litteken staan uit op sy wang, waar ‘n opslagkoeël hom lank gelede getref het. Was dit die keer by Matoks, of daar naby Kranspoort se kant?
“Wat sien jy, Tamar?”
“Ek sien ’n simbool van ons ou landjie. Ouer, seer, gekwes, wys…”
“Gekwes?”
“Ja. Sê my nou eers net – wat het die skielike inploffing van ons land veroorsaak? Ek weet van die Staatsbeheerde entiteite soos Denel, die Spoorweë, Poskantoor, Eskom, SARS, die Staatskas…of is dit die Tesourie, wat leeggesuig is. Dit het ek mos nou al baie by jou gehoor. Ook dat die ekonomie in duie gestort het. Maar die ANC het dit vir baie langer regop gehou as wat ons gedink het. Miskien vyftien jaar, waarin hulle krisisbestuur toegepas het en van een mislukking na die ander voortgeploeter het, maar nog steeds aan bewind gebly het, die een verkiesing van die ander. Wat was uiteindelik die lont wat die dinamiet laat afgaan het?”
“Daar is soveel faktore. Eendag, as alles begin regkom, sal die slim en geleerde manne en vroue seker agter die kap van die byl kom. Soos jy gesê het, al hierdie dinge wat ineengestort het. Ek het dikwels gehoor die mense praat dat ons seker nou al ‘rock bottom’ getref het, of sal ons dit in Afrikaans die klipbodem noem? Waar die Westerse wêreld dit as heel onder beskou, is Afrika baie meer polities vergewend en sal al die mislukkings wat die regering aanvang vergewe en nuwe beloftes geglo word. By ons het die mense hulle hoop en drome op die Nuwe Suid-Afrika, onder bewind van ‘n rewolusionêre party gebou. Dis soos ‘n kind wat van kleintyd af geleer is dat Kaïn se rokie, anders as sy broer Abel s’n, nie opgestyg het nie, maar laag rond bly hang het. Hy wil nie anders glo nie, want sy ouma het so gesê. Om nie vir die ANC te stem nie, maak dat jy jou drome vaarwel moet toeroep, al is hulle die spul wat dit juis vernietig.”
“Daarom sal hulle onder die klippe van ‘rock bottom’ grawe, want hulle glo die goud is net ‘n entjie weg?”
“Jy kan dit so stel, ja. Die dinamietstokkies, om jou voorbeeld te gebruik, is een-een aangedra deur die jare: die absolute verknogdheid van die ANC om elke instansie leeg te stroop, die afgelope jare se verkiesings wat nie te rooskleurig vir hulle was nie, die onluste van Julie 2021, natuurlik beurtkrag, die gebrek aan skoon water, steeds meer en meer mense wat hulleself in plakkerkampe bevind, die instroming van omwettige immigrante, die verval van veiligheid en die polisie se onbekwaamheid, toename in misdaad, die hele gekkespul rondom Phala-phala, Zuma se nuwe party, die stadig, maar sekere besef dat dinge nie beter gaan word nie, die onkeerbare styging in basiese voedselsoorte, en natuurlik die onsekerheid oor die SASSA-geld.”
“Jy vergeet van die verval van gehalte-onderwys.”
“Nee, ek doen nie, maar dit is ook net deel van die pakket.”
“Nou ja, Nicodemus Verwey, wat is die ‘bottom-line’?”
“Jy bedoel die vuurhoutjie teen die dinamietstapel?”
“Ja, presies!”
“Ironies genoeg, dit was die ANC se eie toedoen. Hulle het besef dat hulle nasionaal, op grondvlak, maar ook internasionaal baie aansien verloor het. Hulle was diep in die skuld, kon nie hulle honderd en vyftig miljoen rand se rekening betaal nie, asook hulle werknemers se salarisse, agterstallige werksloosheidsversekering en hulle het nie geld in die bank gehad om die nuwe verkiesing te finansier nie. En toe kom die blink idee om Israel na die Internasionale Strafhof te sleep.”
“Wat na raming sowat twee miljard sou kos?”
“Ja, maar onthou dit is nie op hulle rekening nie, maar eerder op dié van die belastingbetaler. Dit is feitlik seker dat Iran hulle gefinansier en geld gegee het om uit hulle benarde geldmoeilikheid te kom. Toe word daar in ‘n mate aan hulle gelyk gegee, maar Israel word bloot ‘n sagte hou oor die kneukels gegee. Soos ‘n ma wat luister as haar een kind oor ‘n ander stories aandra. Sy sê dit was stout van jou en jy kan maar aangaan stout wees, maar moenie so baie nie. Die hof het ook gesê dat Hamas die gyselaars moet vrylaat, wat hulle natuurlik geweier het om te doen. Israel se houding was as Hamas hulle afvee aan die hof, dan doen hulle dit ook.”
“So, dit is uiteindelik ‘n verleentheid vir die ANC?”
“Ja, maar dit is nie die groot moeilikheid nie en Ramaphosa en kie het dit te laat agtergekom.”
“Ag kom nou! Moet ek alles uit jou sleep?”
Nicodemus gaan ongestoord aan.
“Die probleem is dat hulle hulle geskaar het by Iran, Hamas en in ‘n mate by Hezbollah. Nou moet jy in ag neem dat Israel die simbool van vryheid vir al die Jode wêreldwyd is, maar ook ‘n laaste vesting vir hulle. Ook dat Amerika deur die Jode beheer word, al is dit net in naam, maar agter elke Amerikaanse verkiesing sit ‘n klomp geld van die krygstuigvervaardigers, oliemagnate, selfs eiendomsmagnate en die groot banke. Daar word beweer dat hulle opdrag gee aan die Kongres en Senaat, wat op hulle beurt die CIA beheer. Baie mense is seker dat die meeste regeringswisselinge deur die CIA beheer en befonds word. Daar is duidelike spore dat hulle die ou nasionale Party en veral FW de Klerk, Roelf Meyer, Pik Botha, Leon Wessels en andere reeds voor Kodesa omgekoop het om oor te gee aan die ANC. Dit is waarom hulle nie ‘n tweede referendum wou hê na 1992 s’n nie.”
“En toe is Israel die ANC se vyand, wat maak dat hulle die Jode en Amerika se vyande is, en hulle wou ‘n regimeverandering in Suid-Afrika finansier en bewerkstellig?”
“Netso. Dieselfde CIA wat hulle in beheer geplaas het, het hulle verwyder. Dis waarom Ramaphosa in ‘n televisieonderhoud gesê het daar was eksterne magte wat hulle wou ontsetel en daarom sal die ANC van huis na huis, van Oos na Wes, van Noord na Suid gaan om alles in die stryd te werp.”