Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
God beskik oor elke duimbreedte van ons bestaan – ook in al ons lewensverbande naamlik familie, volke en nasies. En in die uitvoering van sy Raadsplan gaan Hy nie misterieus te werk buite om hierdie lewensverbande nie, maar juis in en deur die indelings daarvan waarmee ons bekend is. Hiervan is Abraham se hele nageslag 'n voorbeeld. As trotse Afrikaners en patriotiese volk behoort ons hiervan kennis te dra.
BROKKIES UIT DIE BOEK “DIE VERONTREGTES” (9)
083 444 7672)
The financial collapse of the state and its inability to pay out social grants to impoverished citizens.
-Genl Roland de Vries
Courage is the ladder on which all other virtues mount. He who is not courageous enough to take risks will accomplish nothing in life. Only those who will risk going too far can possibly find out how far one can go.
-Winston Churchill
*
Daar is ‘n ervaring van erge frustrasie wanneer ‘n mens nugter en eerlik na ‘n situasie kyk, kan sien dat dit gevaar en verval inhou en jy kan niks daaraan doen nie. Dit voel amper asof jy staan en ‘n stormwind met uitgestrekte arms probeer keer, wetende dat die wind groot verwoesting gaan saai.
Elke mens het ‘n behoefte aan sosiale aanvaarding en in ‘n groot mate hang sy selfbeeld ook darvan af. Baie mense sal maklik sê dit maak nie saak wat ander van hom of haar dink nie, maar dis in werklikheid nie waar nie. In die post-moderne era word ‘n mens grootliks gemeet aan voorkoms en rykdom en daarom sal meeste mense doelbewus of onbewus ‘n smagting daarna hê dat ander hulle sal respekteer en selfs bewonder. Hierdie sugte na erkenning word groter namate ‘n mens die vreugde daarvan smaak, en dit kan selfs in baie gevalle ‘n obsessie raak. Een sprekende voorbeeld is dat motoreienaars ‘n groot vierwieldryf voertuig sal verkies, nieteenstaande die feit dat dit dikwels onprakties is, swaar op brandstof en onbehendig. Navorsing toon dat 93% eienaars van vierwieldrywe nooit eens na die vierwieldryf skakel nie en nie van die teerpad sal beweeg nie. Dis bloot indrukwekkend en oor die algemeen duur genoeg om bewondering uit te lok.
Die ander nadelige uitwerking hiervan is dat baie min mense teen die heersende en sosiaal-aanvaarbare mening sal ingaan. Wat die meerderheid oor ‘n saak dink, sal onwillekeurig ook die gevoel wees van die indiwidu. Baie min mense sal objektief na ‘n saak kyk en die gevaar loop om uit die binnekring van sosiale aanvaarding geskuif word. Daarom word die hoofstroommedia geglo en enigiemand wat anders dink, word as ‘n samesweringsteoris geëtiketteer. Hierby word snedig verwys na ‘n rebel se gebrek aan intelligensie en kennis aangaande die saak. Die groot gevaar daarvan is dat mense sal sien gevaar is aan die kom, maar dit moedswillig sal ignoreer om nie verstoot te word nie.
Met die aanvang van die oorlog in Oos-Europa het mense kant gekies vir die slagoffer, naamlik Oekraïne en onmiddellik Rusland as agressor uitgekryt. So ook met die aanval deur Hamas op Israel. Min mense het die breër werklikheid gesien, naamlik dat al hierdie konflikte van agter skerms georkestreer word. Binnekort het die wêreld gesit met die moontlikheid dat die hele samelewing in duie kan stort as gevolg van anargie en chaos.
In Suid-Afrika het die inwoners hulleself geïsoleerd ervaar vanaf die voortgaande en eskalerende probleme in die Noordelike halfrond, min wetende dat ook hierdie land ‘n integrale deel van die groter werklikheid vorm. Inderdaad het hierdie plek se probleme al vastrapplek gekry met die oorgawe aan ‘n rewolusionêre organisasie aan die einde van die 1980’s.
*
Maya bevind haarself skielik as ‘n hoogsopgeleide spesmagte operateur, bewapen met puik wapens, in haar element, maar sonder ‘n vyand. Dis erg frustrerend aan die een kant, maar ook moet sy ‘n sogenaamde metanoia ervaar; dit beteken sy moet haar gedagtes omswaai na iets nuut. As die vyand nie meer na haar wou kom nie, dan sal sy daarheen gaan.
Met die ghiliepak in haar grootsak op haar rug, begin sy die lang tog na die naaste nedersetting. Daar verby, met ‘n duidelike verwarring onder die mense te bespeur, loop sy vinnig en ongesiens aan die onderkant van die plek verby, in die rigting van die naaste groot dorp. Wat sy daar sal vind, weet sy glad nie, maar sy sal dit hanteer soos dit oor haar pad loop.
In plaas daarvan om met die teerpad te loop, vat sy koers skuins oor die berg, om twee redes. Instinktief besef sy dat sy die plek moet leer ken, want dit is ‘n braakland waar meer as een konflik kan voorkom. Die tweede is dat sy nie gesien wil word nie en die kanse daarvoor teen en op die berg is baie minder as waar mense die weg sou vind op die meer gelyktes. Wanneer sy inderdaad by ‘n plek kom waar sy tussen die klowe en bome kan deursien, sien sy honderde, miskien duisende mense aan die beweeg. Wat vreemd is, is dat sommige in die een rigting loop en ander in die teenoorgestelde. Dis asof niemand werklik weet waarheen nie en wat die rede daarvoor is nie. Al die mense dra bagasie, wat wissel vanaf kleretasse tot plastiekkanne en selfs swart, plastiek asbliksakke.
Wat verder opvallend is, is dat daar na sononder geen lig te bespeur is nie, behalwe die maan, sterre en hier en daar die duidelike weerkaatsing van vlamme. Die rook daaruit is nie normaal nie, in die sin dat dit nie ruik na hout of veldbrand nie, maar daar is iets smerig daaraan, soos chemiese stowwe en natuurlik die onmiskenbare reuk van brandende rubber. Maar waarom?
*
“Ek sien dit, maar ek kan dit steeds nie glo nie.”
“Dat ‘n man soveel gate in hom het en steeds nie bes gee nie?”
“Hy moes lankal dood gewees het, maar dis asof hy nie wil doodgaan nie.”
Cor het inderdaad baie bloed verloor. Hy het steeds sy ou “dogtags” om sy nek en die dokter merk met verligting op dis die mees algemene O-positief bloedgroep. Daar is heelwat mense wat bereid is om bloed te skenk en uiteindelik lyk dit asof Cor meer bloed in hom het as op die vloer van die impromptu noodkamer in die apteek. Uiteindelik begin die twee medici hoop kry dat hulle hom gaan deurhaal. Die meeste skote is deur sy bene en een skuins onder in sy sy. Die een in sy nek het die slagaar met etlike millimeters gemis.
“Liza, sien jy kans daarvoor dat ons op hom kan opereer?”
“As dit die kanse sal vergroot dat hy lewendig anderkant kan uitkom, natuurlik,” sê sy met ‘n gemaakte sekerheid in haar stem, selfversekerdheid wat sy nie werklik voel nie.
Na vier ure waarin hulle hulle uiterse kennis opraap uit die diepste van hulle geheue, maak die twee die laaste wonde toe.
“Nou sal tyd en geloof hulle plek moet inneem.”
“Hoekom dink jy lewe hy nog? Nege en negentig present van alle ander manne sou al dood gewees het.”
“Daar is net twee dinge wat ‘n man so sterk laat vashou aan ‘n lewensgarinkie – liefde en die drang na vergelding. En in sy geval sou ek sê laasgenoemde.”
“Waar het daardie twee manne hom gekry?”
“So ‘n ent buite die dorp. Hulle sê hy het alles geskiet tussen hier en daar.”
WP, Giel en Janah was half onseker oor die ontvangs wat hulle in Vuilbaardsvlei sou kry, maar hulle is met ope arms verwelkom, veral met Cor wat hulle opgelaai het. En natuurlik is elke man en vrou, gewapen of nie, welkom. Die feit dat hulle, dis nou die twee manne, hulle wapens saamgebring het, maak dat die gulhartigheid net meer is.
Tant Bets, ‘n ouerige weduwee wie se kinders oorsee woon, het haar dadelik oor Janah ontferm en mettertyd haar skokkende ervaring uit haar uitgetrek.
“Ai,my kind! Hoe kan mense so wreed wees? Maar sê my, waarom het die twee manne jou kom help? Waarvanaf ken jy hulle?”
“Tannie, ek ken vir WP eintlik glad nie, dis nou van voor gister af nie. Vir Giel ken ek maar net van Facebook, waar hy my dikwels moed en raad gegee het. Ek het hom net vertel van wat die spul met my gedoen het. Niemand wou my help nie, nie die polisie nie en ook nie die mense by wie ek gehuur het nie. As ek terugkyk, dink ek die man, dis nou my landlord, het ‘n soort van obsessie oor my gehad, maar nadat ek verkrag is, het hy ‘n weersin in my gekry en wou my nie help nie. En toe daag die twee manne op – hulle skuld my niks en ken my nie juis nie, maar ek hoor Giel het dadelik na my toe gery, sy broer op pad opgelaai en by my aangekom, net gevra wie en waar die gespuis is. Hulle woord – ‘gespuis’. Toe het hulle die hele klomp afgemaai, asof dit sommer alledaags is vir hulle.”
“En toe?”
“Toe laai hulle my goed op en kom ons hierheen.”
*
Beyers Conradie en sy mense het byna hulle Moses teëgekom in die klein dorpie van Viljoenskroon. Die afdraai na die plekkie is by die T-aansluiting met Potchefstroom aan die een kant, Vereeniging aan die ander en die R76 vanwaar dit uitdraai, is so besaai met slaggate dat dit makliker en veiliger is om op die skouer van die pad te ry as op die teer. ‘n Mens sou amper kon sê “R76” beteken 76 slaggate per tien meter. Aan die breë kant van die T is ‘n plakkerskamp, waaruit ‘n swerm mense spoel in die rigting van die dorp en Beyers en sy mense moet deur ‘n aangrensende plaas ry om hulle te vermy. Aan die hoeveelheid plakkers wat die dorp beset kan hulle weet dat daar geen blanke meer oor kan wees nie. ‘n Paar kilometer verder hou hy stil, sodat hy met die res van die konvooi kan konfedereer.
“Wat dink julle?”
Na ‘n lang, aanvanklike onsekerheid, merk een van die vroue op:
“Ek is nie presies seker waar dit is nie, maar hier êrens is ‘n klein dorpie met die vreemde naam ‘Vuilbaardsvlei’. Ek was daar toe ek klein was. My een oom het daar gewoon. Sy seun, my neef dus, Cornelius Viljoen, het net buite die dorp geboer. Miskien kan ons daarheen gaan?”
“Wat is daar?”
“Nie veel nie. ‘n Koöperasie, algemene handelaar, apteek, kerk, kroeg , hotel en so aan. Tipiese Transvaalse kleindorpie. Hoe dit nou lyk, weet ek nie reg nie, maar ek glo dit bestaan nog. Ek het lanklaas met my neef kontak gehad.”
“Kan jy vir ons op die kaart wys min of meer waar dit is?”
Sy bestudeer die kaart aandagtig en wys met haar vinger op ‘n plek.
“Is dit waar ons nou is?”
“Ja, net hier.”
“Ek dink dit moet hier wees. Waarom is dit nie op die kaart aangedui nie?”
“Want dit is seker te klein. Hoe seker is jy, Carin?”
“Jy moet onthou dat dit baie lank terug was toe ek laas daar was, maar as ek reg onthou, behoort daar ‘n uitdraaipad te wees, ’n grondpad, wat naby die Potch-Johannesburgpad uitdraai daarheen. Hoe ver is ons van die Potch-pad af?”
“So dertien kilometer.”
“As ek reg is, dan nie ver hiervandaan nie. Maar moenie my verkwalik as ek verkeerd is nie. Dit was lank gelede.”
“Wat dink julle?” vra Beyers vir die ander.
“Wat het ons om te verloor? Tyd en brandstof.”
“So, ons probeer dit?”
“Ek stel so voor.”