Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Inbors is soos reukwater vir vroue en naskeermiddel vir mans. Diegene wat dit gebruik, is beswaarlik bewus daarvan, maar ander wel.
BROKKIES UIT DIE BOEK “DIE VERONTREGTES” (18)
083 444 7672)
(Die storie volg in Afrikaans onder die Engelse inligting)
“The best argument against democracy is a five-minute conversation with the average voter.”
― Winston S. Churchill
*
The ANC suffered another setback in its case against the DA after a court found the governing party was in contempt of court for failing to hand over all documents related to its cadre deployment committee.
The ANC was ordered to release unredacted records including draft minutes, notes, attendance registers, communications and decisions of the deployment committee within 15 working days.
The party and its secretary-general, Fikile Mbalula, were found to be in contempt of court by the Johannesburg high court on Wednesday for failure to hand over all the documents relating to the period Cyril Ramaphosa chaired the deployment committee.
“The ruling confirms beyond all doubt that the ANC is a lawless criminal syndicate that is prepared to trigger a constitutional crisis to hide the fact that its corrupt cadre deployment committee is the root cause of state capture, corruption and service delivery failure,”
-Leon Schreiber.
*
A demagogue is a political leader who seeks support by appealing to the desires and prejudices of ordinary people rather than by using rational argument.
"A gifted demagogue with particular skill in manipulating the press."
He would rhetorically exploit (an issue) for political purposes in a way calculated to appeal to the desires and prejudices of ordinary people.
"He seems more interested in demagoguing the issue in media interviews than in dialogue."
*
‘n Moderne samelewing is die kulminasie van baie millenia se eksperimentering met wette, normes, emosionele intelligensie, die uitwan van onaanvaarbare gedrag en oorlewing, nie net van die individu nie, maar ook die gemeenskap.
Natuurlik het die omgewingsfaktore ‘n bydraende invloed op sekere gemeenskappe, wat deur lange proefnemings aangepas het by hulle omgewing, kultuurvorming, godsdiensbeoefening, invloed van leiersfigure, die oordrag van samelewingsnorme, bewustelik en onbewustelik van een geslag na die volgende.
Sodra die gaatjie in die dyk van die aanvaarbare gedrag gemaak word en nie betyds en hardhandig gestop word nie, sal die dyk mettertyd meegee. In Europa het die stadige insypeling van immigrante met ‘n ander stel waardes as die bestaande orde, eers ‘n half-onsigbare stukkie onbeskaafdheid ingebring, maar later het die syferstroompie al groter begin word, bestaande waardes is bevraagteken en stukkie vir stukkie meegegee onder die steedsgroeiende druk van mense met ‘n stel heel ander waardes en sisteme.
Kultuurbotsings is onder die vaandel van progressie en humanitêre toleransie onder die mat gevee asof dit bloot van verbygaande aard is en dit sal oorgaan sodra die kulture meer homogeen raak. Dit het nie gebeur nie, inteendeel – hoe meer dit verdra is, hoe sterker het die aandrang geword om te oorheers.
Nie net Europa nie, maar ook die VSA, Australië tot ’n mate, Nieu Zeeland en ander lande waar ‘n Westerse kultuur gelei het tot vooruitgang, het die neiging om skaam te kry vir ‘n eie beskawing en innoverende denke, hoë lewensstandaard en gewoonweg ordentlikheid, lynreg gebots met die gevolge van lae intellek, onbeskaafde optrede en die gevolglike haglikheid wat dit meegebring het.
Wanneer beskawing toelaat, tolereer en ‘n treë agteruitgee om die teenoorgestelde te akkommodeer, sal laasgenoemde nie ook akkomodeer nie, maar net ‘n treë nader gee en nuwe grond toeëien, letterlik en figuurlik gesproke. Geen assimilasie vind uiteindelik plaas nie, maar die toegeeflike word mettertyd oorheers.
Wat niemand wil erken nie, want dit is polities-onaanvaarbaar, is dat dit nie die hoogsbeskaafde se skuld is dat hy vooruitboer nie. Dis ook nie sy skuld dat mense wat geen vermoë toon om hulleself op te hef nie, hetsy as gevolg van gebreklike intellek, die wil om by bestaande en aangepasde samelewingseise in tye val, gebrek aan arbeidsetiek afbreek in plaas van bou, in ellende verval nie.
Die groot inploffing vind plaas as die onvermoë van die verwoester gekonfronteer word met die laaste oorblyfsels van die intellektueel-begaafde samelewing, sy eise en verantwoordelikhede. Wat oorbly is anargie, chaos en ‘n omgewing wat deur totale verval gekenmerk word.
*
Dons kan sommer sien die drie voertuie ry oor die ruwe veld. Die ligte skyn nooit gelyk vorentoe nie, maar skuins die lug in, kant toe, soos iemand uitdraai vir ‘n gat, sloot of groot klip. Twee van die karre se ligte sit na aanmekaar, soos sy Jeep s’n, maar een is meer modern, met die ligte baie verder uitmekaar. Die middelste een, wat hy raai ‘n nuwerige bakkie moet wees, volg in die voorste een se spore. Hy sit vir ‘n hele paar minute die konvooi en dophou, klim dan uit, neem sy pistool en gaan staan agter ‘n lae bult, waar die karre verby moet kom.
Sodra die voertuie, wat teen nie veel meer as ’n looppas aankom nie, veertig meter van hom af is, gaan staan Dons regop, met sy pistool nie op die groep gerig nie, maar effens die lug op, sodat hy dit net kan afbring as dit nodig sou blyk te wees. Wanneer die voorste voertuig, hy kan nou uitmaak dis ‘n ou Land Cruiser en nie ‘n Jeep nie, se ligte op hom val, kom dit tot stilstand. Die Ranger, kan hy nou sien, kom ‘n treë en ‘n half nader, maar stop ook. Daar is ‘n effense stofwolkie wat in die voertuie se spore hang en dan vorentoe beweeg, ‘n verbywolkie maak oor die Cruiser se ligte.
‘n Ouer man klim uit die Land Cruiser, sy hande effens gelig, maar ‘n handwapen sigbaar aan sy sy. Hy sê niks, maar ‘n vrou klim aan die anderkant uit en aan haar houding en die wapen wat sy op hom rig, besef Dons dat hy nie maklik hieruit gaan kom as daar geskiet word nie.
“Dis nie nodig nie. Ek het julle gesien aankom en wil net seker maak ons is aan dieselfde kant.”
Nie Dons of die groep is heeltemal seker van mekaar nie. Selfs onder normale omstandighede sou ‘n alleenlopende man, in die middel tussen niks en nêrens verdag voor kom en hierdie omstandighede en tyd is alles behalwe normaal. Hier is nie wette om optrede te beheer en te bepaal nie, maar eerder is dit ‘n situasie waar oorlewing bepaal word deur die oorhand oor die ander party te kry.
Uiteindelik loop Skeer nader en steek sy hand uit. Dons neem dit en daar is krag, maar ook verligting in sy greep. Hy het nog nie die volle verwerkliking van die polisie se optrede teen hom, en natuurlik ook nie die voorafgaande geweld, heeltemal verwerk nie. Hierdie ontmoeting is die eerste maal dat hy met mense te doene kry nadat hy weg is uit die dorp. Iewers, diep in sy onderbewuste, het hy ‘n geweldige skuldgevoel wat hy nog nie verwerk het nie en die feit dat hierdie mense letterlik ‘n hand na hom uitsteek, al is dit net simbolies, laat ‘n groot gevoel van verligting oor hom spoel.
“Waar gaan julle heen?”
“Ons is nie seker nie. Dullstroom se kant toe.”
“Om? Ek is jammer. Dit het niks met my te doen nie.”
“En jy, waar gaan jy heen?”
“Weg. Ek is nie seker waarheen nie, maar waar ek was, kan ek nie na teruggaan nie.”
“Mag ons weet waarom?”
“Later. Mag ek saam met julle gaan?”
Skeer oorweeg die opsies. Uiteraard weet hy niks van die man af nie en hy kan netsowel ‘n ongurige karakter wees, wat hulle kan inloop of erger as hy die kans kry, maar aan die ander kant is daar iets aan hom wat vir Skeer gerus stel.
“Wat dink julle?”
Johan en Janah is onseker, maar Arno en Maya gee hulle goedkeuring.
“Het jy genoeg brandstof?”
“Ek het.”
“Petrol, of diesel?”
Die blote feit dat Skeer belangstel in die voertuig, ontlont die hele saak. Hy loop nader aan die Jeep en as hy die ding van nader sien, is hy nogal beïndruk.
“Dis ‘n ou Jeep CJ7, wat ek opgebou het, met Nissan aste en ‘n Land Cruiser diesel, met ‘n vyfspoed ratkas.”
“Dit klink asof jy mooi by ons sal inpas.”
*
Tyd is geld. Nie net is ‘n mens se tyd op aarde beperk nie, maar sy insette per uur maak dat hy of sy vooruitboer, of agtertoe. ’n Plaasboer is afhanklik van die seisoene waarin geploeg, geplant en geoes moet word. ‘n Fabriekseienaar moet binne ‘n beperkte tyd ‘n sekere hoeveelheid produksie lewer om sy fabriek lewensvatbaar te hou. Die normale werknemer is gebonde aan die rente op sy skuld, hetsy langtermyn, soos sy huis en kortermyn soos sy voertuig, kredietkaart en oortrokke rekening.
Taxidrywers moet ‘n sekere hoeveelheid ritte binne ‘n beperkte tyd aflê om lonend te wees en daarom word padhoflikheid verruil vir padongeskiktheid. Lorriedrywers ry lang ure om ‘n stuk pad binne ‘n sekere tyd klaar te maak. Selfs skoolkinders word nie gevrywaar nie, met sillabusse wat binne ‘n kwartaal baasgeraak moet word. Afgetredenes moet ‘n stukkie rus inkry na jare se werk, voordat die lang rus kom.
Sodra stelsels verval, is tyd anders. Niemand is meer bekommerd oor die bank wat op sy nek lê of oor sy skouer loer nie. Dis vir baie ‘n vreemde ervaring en dit neem ‘n tyd vir elkeen om dit te verwerk. Uiteindelik bring dit ‘n ongekende stuk vryheid vir diegene wat die aanpassing maak.
Niemand is seker wanneer hierdie onnatuurlikheid verby sal gaan en hulle weer die swaar jas van tydsbeperking gaan aantrek nie. Met die alomteenwoordigheid van gevaar en meegaande dood, is niemand seker wat môre bring nie.