Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Mense is maar net soos die seisoene: ná 'n koue winter kom daar weer tere ontwaking wat blydskap bring oor die warm son en ontluikende aarde. Mense gaan ook deur seisoene van vernietigende winter maar kom deur die genade van God weer in die lente van hulle lewe by ontwaking, vernuwing groei...en die ontdekking van liefde in hul verharde harte.
BROKKIES UIT DIE BOEK “DIE VERONTREGTES” (22)
083 444 7672)
Nothing in life is so exhilarating as to be shot at without result.
-Winston Churchill
*
We know you are gatvol of negativity and outright loathsome behaviour by your political leaders. You’ve told us so for several years running. And while the DA’s flag-burning ad generates a buzz, it also beats a dull hammer against that wall of pessimism hanging over much of SA. Combine this with Helen Zille’s "Rescue SA or die" video, and we begin to enter the realm of the bizarre.
*
“Amoured Nyala Police Vehicle attacked today on the R1 near Okavango Drive,
transporting a Load of R5 Rifles which have all been taken.”
I think it was an accident???
*
“You have to generate your own electricity; the trains are not working properly; you have to deal with the construction mafia and wait forever for licences if you want to prosper in South Africa,”
-Dawie Roodt
*
Depleted SANDF troops in northern Mozambique battle Islamic State insurgents in Macomia. There have been fierce battles in Macomia after Islamic State-linked insurgents on Friday attacked the town, where only a depleted SANDF force remained.
-Daily Maverick
*
Hulle het grootliks ongemerk, een-een, in groepies van twee en nooit meer as drie nie die land binnegesypel. Die grensposte is baie porieus, maar die groot stukke ongewaakte grens aan die Noorde en die Ooste, by die Nasionale Krugerwildtuin, maak toegang in werklikheid baie eenvoudig.
Die betrokkenheid van die SANW in die Noorde van Mosambiek, in Cabo Delgado, in samewerking met die Mosambiekse weermag, werp vir alle praktiese doeleindes geen vrug af nie.
Die regerings van beide Suid-Afrika en Mosambiek ervaar nou hoe lastig terrrorisme is, aangesien hulle nou aan die ontvangkant daarvan is en nie mee self terroriste nie. Dis erg frustrerend, soos ‘n muskiet in die nag, wat nêrens te sien is as die lig aangeskakel word nie, maar begin met sy aanvalle sodra dit donker word. In beide die gevalle, met terreur en die byt van die muskiete, word niemand vrede gegun nie.
Sommige militêre kommentators vra die vraag of die insurgente werklik daar is om die klein nedersettingkies in Mosambiek lastig te val, of is daar ‘n rede agter die rede?
Soos kleiner stroompies bymekaar vloei en metteryd ‘n hele rivier maak, so beweeg hierdie Moslem-ekstremiste na ‘n paar sentrale punte toe, waar hulle voorberei, opgelei, en ingelig word ten opsigte van hulle doelwitte en uiteindelik bewapen word. Hierdie wapens wissel van handwapens, karabyne, semi en vol-outomatiese gewere, handgranate, springstof en hier en daar vuurpyngelanseerde granate, algemeen bekend as die PRG-reeks, waarvan die RPG-7 die algemeenste is.
Hulle assimileer een-een in die algemene samelewing in en word nêrens as ‘n bedreiging gesien nie. Geleidelik raak die al moskees voller en die vreemde gesigte meer. Sommige begin werk in bestaande winkels en hulle gesigte raak vriendelik en bekend. Met die miljoene immigrante wat Suid-Afrika binnekom, sommige wettig as “asielsoekers”, ander as wettige toeriste, maar wat nooit teruggaan nie, die grootste hoeveelheid onwettig; is hulle rustig, totdat die oproep kom.
*
Natuurlik was Sonja bekommerd, selfs meer as gewoonlik. Terwyl hulle op die plaas was, sou Beyers uiteraard soms alleen dorp toe ry, langer daar vertoef as wat hy beplan het, maar dan kon hy haar skakel op sy selfoon en gerusstel as hy nie betyds huistoe kom vir middagete of aandete nie. Nou weet sy egter nie waar hy hom kan begewe nie. Hy is nêrens nie, niemand weet iets daarvan nie en as sy uiteindelik die twee jong wagte by die Oostelike uitgang van die dorp vra of hulle hom gesien het, antwoord hulle bevestigend, maar kan nie sê of hy met hulle gepraat het, aangedui het waarheen hy gaan nie, niks.
Hetsy ‘n pa, ma, vrou of man, as ‘n mens bekommerd is, maal ‘n magdom gedagtes en emosies deur jou kop. Aan die een kant is jy natuurlik bekommerd, wat onsekerheid net nog meer maak, en neem jy jouself voor om, as daardie man, vrou of kind terugkom, gaan jy hom of haar deeglik voor stok kry. Later bid jy tog net dat hulle veilig gaan terugkom en dryf die negatiewe gedagtes uit jou kop, wat maar nie heeltemal hulle ry kry nie. Sonja ervaar al hierdie dinge terwyl sy wag.
Netso skiet al hierdie reaksies deur jou as jy sien wie-ookal is veilig en Sonja is verlig, dankbaar, kwaad en baie bly as die ligbruin Land Cruiser voor hulle tydelike tuiste stilhou. Sy vlieg woedend by die voordeur uit, maar het nog nie vyf treë geneem nie, voordat die trane van blydskap vanself kom. Tog moet sy ‘n front voorhou.
“En waar was jy, meneer Conradie?” vra sy terwyl sy trane met ‘n kwaai gebaar afvee.
Beyers ken al vir Sonja en as sy hom op sy titel en van aanspreek, weet hy daar is moeilikheid. Hy weet ook dat paai en mooipraat gaan nie help nie, sy moet self daaroor kom. Soms vat dit ook maar lank.
“Kyk wie het ek saamgebring!”
Meisie spring self uit die bakkie, maar haar ou, swak voorbene gee effens mee en sy val met haar ken op die pad. Tog staan sy dadelik op en begin stertswaaiend nader hardloop as sy Sonja se stem hoor.
Sonja vergeet alle ander emosies en reaksies as sy die hond sien.
“Ounooi se hondjie!”
En as Beyers half-skaam naderkom.
“Waar kry jy haar? Moet tog nie vir my sê jy het al die pad plaas toe gery vir haar nie?”
Later, as Meisie versorg is en op ‘n ou baadjie by Sonja se voete lê, vra sy hom uit na die plaas.
“Ai Lief, die huis staan nog, maar alles binnekant is verwoes. Ons sal weer van vooraf moet opbou. Die vee is ook dood, opgevreet, of dalk net verwilder, ek weet nie.”
“En as jy sit en geweer skoonmaak – wat het jy geskiet?”
Beyers huiwer om te antwoord. Die geweld is nog vars in sy geheue. Hy sug diep.
“Twee, miskien drie van die plunderaars. Ek weet ek moes nie, maar ek was so kwaad toe ek sien hoe het hulle verniel en verbrand, dat ek net rooi gesien het en geskiet het.”
“Is hulle dood?”
“Natuurlik.”
“Goed so!”
*
“Hier was ‘n helse fight!”
“Inderdaad.”
Die witgeverfde pleister van die huis se vooraansig is vol koeëlgate, soos pokmerke. Hier en daar blink nog ‘n leë geweerdoppie, wat nog nie opgetel is nie.
Sodra hulle stilhou en uitklim, is die vraag op beide Dons en Maya se gesigte duidelik.
“Kom, ons gaan eers binne en kry iets vir die maag, dan vertel ek julle, maar kom dat ek ons eers aan julle voorstel. Ek is John Maynier, my vrou, Tertia en my kinders, John junior, en Das, my dogter. Dons en Maya?”
“Ja, dis reg. Maar John, ons mense wag daar op die berg. Ons moenie te lank bly nie, maar ons sal graag wil hoor wat hier gebeur het.”
“Ja, jong. Dit was presies ses dae gelede. John junior het die honde hoor blaf, net voor sonsopkoms. Hy kon sommer hoor dis nie net ‘n geblaf vir die maan of uit verveeldheid nie. ‘n Mens kan mos hoor as die hond kwaad is. Hy het ons kom roep en almal het hulle wapens gegryp.
“Dit was so skielik. Ek het verwag dat ons, wanneer ons aangeval sou word, hulle sou hoor, ons geleidelik die mense sou gewaar en tyd kry om teikens uit te soek. Maar dit was vinnig en skokwekkend. Hulle was net hier, voor ons en hulle het so vinnig en hard aangekom, dat ek heeltemal verras was. As dit nie vir Das was nie, sou dinge skeef geloop het. Sy is nog maar net ‘n kind, maar ek het nooit geweet my dogter kan so kalm en met opset skiet nie. Die klomp barbare ook nie, glo my. Dit het ons ander die tyd gegee om ook te begin skiet en net so vinnig as wat dit aangekom het, so gou was dit oor.”
“Hoeveel was daar?”
“Nee, ek kan maar net raai, maar ek skat so elf of twaalf. Ons het vier begrawe en as ek aan die bloedpoor moet oordeel, nog ten minste twee gekwes.”
“Jy bedoel ‘gewond’?”
“Nee, Oom. Gekwes. Hulle was soos diere.” Das is kwaad as sy dit sê.
“Ek het net besef ons was baie gelukkig. Dit kon net sowel anders gewees het. Pleks dat ek al lankal in beter en moderner wapens belê het. En baie meer ammunisie, want glo my, dit sal nie die laaste keer wees nie.”
“Kan ons nou gaan kyk na die Land Cruiser?”
“Kom saam.”
Die ou 1982 Toyota staan al lank onder ‘n boom. Die modderskerms is geskeur, soos die ou Cruisers se probleem was, en die gras groei wild rondom die voertuig. Dis duidelik dat hy baie lanklaas gery het.
“Meer as ses honderd duisend kilo’s, Dons. As dit nie was vir die ‘transfer case’ wat geblaas het nie, hy sy nou nog geloop. Ek het beplan om haar heel te maak, maar dit het nie gebeur nie. Die vooras soek julle? Ja, dis nog daar.”
Dons loop nader en hurk om beter onder die voertuig in te kyk. Die as lyk nog heeltemal reg en as hy opstaan, is daar verligting in sy oë.
“Sal julle help dat ons hom kan uithaal? En, ja, wat kan ons vir julle daarvoor gee?”
“Ouboet, onder gewone omstandighede sal ek hom sommer vir julle gegee het, maar nou, soos ek gesê het, ons het wapens en ammo nodig. Is daar iets wat julle kan spaar?”
“Ja, ek is seker ons het iets. Ons het langs die pad ‘n pistool of twee opgetel en ook ‘n AK. Weet jy hoe die ding werk?”
“Ja, natuurlik. Ek was ook mos ‘n diensplig en kommando-soldaat.”
“Ons kan vir Arno, dis nou die ou met die stukkende kar, ook vra. Miskien het hy nog iets.”
“Dan is dit reg. Ding is nou net, die boute en moere is al lankal vasgeroes. Dit gaan ons ‘n hele tyd vat om die as af te haal en dit klink my julle mense daarbo is op naalde en spelde?”
“Ja, hulle wag vir ons.”
“Ek sê julle wat. Maya kan hier bly en help plaas oppas, dan gaan ek en jy en sleep die stukkende bakkie terug hiernatoe.”
“Dit gaan nie maklik wees nie. Die pad is baie steil en glad.”
“Jy vergeet ek het hier grootgeword. Ek ken dardie pad baie goed en het hom in my jongdae met ‘n Volksie gery. Ek is seker ons sal dit maklik kan afkry met die trekker.”
“Die trekker” is toe inderdaad ‘n vierwieldryf Case IH 5240, met groot wiele en ‘n fris enjin.