Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Selfkennis is groter as alle wetenskap. Om jouself te ken soos jy werklik is, is die sleutel na feitlik elke sukses. Die meeste huwelike misluk nie omdat eggenotes met mekaar ontevrede is nie maar omdat hulle hulself nie ken nie. Om te weet presies wat jou sterkpunte en jou tekortkominge is, is om te weet wat jou lewensdoel is, en dít is die grootste skat wat 'n mens in hierdie wêreld kan verwerf. Dán alleen kan jy seker wees dat jy Godvrugtige besluite dwarsdeur jou lewe sal neem.
BROKKIES UIT DIE BOEK “DIE VERONTREGTES” (28)
083 444 7672)
Die storie volg in Afrikaans onder die Engelse bronne
A handful of South African soldiers recently had to help their allies in Mozambique when Islamic insurgents launched their boldest attack of the war yet, targeting Macomia, a town in Cabo Delgado.
The renewed attacks in Mozambique’s northernmost province come after the departure of troops from the Southern African regional force (called Samim). It’s a clear indication that the insurgency, which Samim had meant to suppress, has not been quelled. The insurgents were biding their time, knowing that the regional force could not be deployed indefinitely...
*
Chaka het ‘n rewolusionêre manier van oorlogvoering na sy mense gebring. Dit het bestaan uit die kop van ‘n bul, naamlik met die kopgedeelte van die skedel as die hoofmag van die krygers en die horings as die omsirkelende flanke wat aanval, die vyand op ‘n hoop jaag en dan sodoende vernietig, terwyl hulle keer dat niemand ontsnap nie.
Vir dekades was dit die manier waarop die Zulu’s oorlog gevoer het, selfs tot by Bloedrivier, waar die hoofleier van die Voortrekkers, Andries Pretorius, die terrein so gekies het, dat hierdie strategie nutteloos geword het. Die “horings”het hulle vasgeloop in die diep donga en die Ncomerivier, later herdoop as “Bloedrivier”. Die hoof is destyds afgemaai met voorlaaiers en kanonne.
Heinz von Kleibel is ‘n briljante strateeg, wat die geskiedenis van Afrika aan die Duitse Krygskool bestudeer het. Hy het nooit gedink dat hy enigsins in sy loopbaan daarmee te doene sal kry nie, maar nou besef hy die waarde daarvan.
Sy aanvanklike leër het ontwikkel vanaf ‘n klein, maar bekwame bende, wat naam gemaak het deur kragdadigheid, sadisme en ongevoeligheid. Stadigaan het die getal aangegroei met manne – slegs manne – wat ewe bekwaam en geweldadig is.
Vanuit Mosambiek en Natal het ISIS-lede by hom aangesluit en alhoewel hy hulle nie altyd volkome kon vertrou het nie, het druk vanuit Saudi-Arabië en Iran hom verplig om hulle in te neem.
Saam met die toegewings vanaf sy kant, is wapens verskaf, baie hiervan is in 2022 in Simonstad afgelaai vanuit die “Lady R” en verskeep na Phalaborwa, waar dit onder toesig van die SANW geberg is. Alhoewel dit nooit amptelik erken sou word nie, bestaan ‘n beduidende deel van Heinz se mag ook uit Spesmagtelede.
Die ironie is dat Heinz von Kleibel se leër aanvanklik te staan gekom het teen lojale SANW-magte. Alhoewel ‘n tekort aan finansies en logistieke ondersteuning hulle kniehalter, is daar ‘n getalle-oorwig aan die bestaande leër se kant. Wat hulle tekort skiet aan pantser, kanonne en selfs diensbare gewere, en ‘n totale afwesigheid van lugsteun, maak hulle op met lywe.
In plaas daarvan om sy hoofmag te konsentreer in Chaka se kopgedeelte en flanke te maak van sy verkenningsmagte en mees betroubare infanterie, volg Heinz ‘n baie meer direkte strategie, waar sy mees gesoute en geharde soldate bloot die sentrum van die vyand bestorm, verdeel en in twee groepe opbreek. Waar hierdie bres geslaan word, stuur hy sy tweede groep in om ‘n beskerming vir hierdie “tregter” te bied, waardeur sy hoofmag beweeg, die vyand vanuit die middel en agterkant verslaan.
In Chaka se tyd was die hoofwapen die kort steekassegaai met die lang, breë lem en die geveg het dus man teen man gebeur. In die moderne tyd, met geweervuur wat die grootste deel van voetsoldaat se aanval en verdediging uitmaak, word net soveel manne gedood deur vriendelike vuur as vyandelike.
In plaas van ‘n eertydse doodsakker in die sentrale deel van die slagveld, het dit ‘n eenheid van volgehoue koeëlreën op die vyand geraak.
Die geveg duur minder as twee en ‘n half uur. Geen krygsgevangenes word deur Heinz von Kleibel geneem nie.
*
“Wat is fout?”
Maya is doodsbleek as sy effens vorentoe sit. Arno merk met skok op dat haar gesig in pyn vertrek en sien dat daar bloed op die sitplek is.
“Het jy seergekry?”
Maya knik effens met haar kop. Die skok en daarmee gepaardgaande adrenalien het uit haar sisteem uitgewerk en sy het baie seer. Arno hou stil en wys die ander voertuie om ook stil te hou. Die Ford het gedurende die geveg ‘n doodskoot gekry toe ‘n koeël die enjinbeheerstelsel uitmekaar geskiet het. Die insittendes is verprei na die ander voertuie vir die tussentyd, totdat ‘n bruikbare plaasvervanger gekry kan word.
Arno wink vir Skeer om te kom help en tussen die twee manne, wat haar versigtig uit die sitplek tel, raak Maya byna flou van die pyn. Sy het die kamoefleerpak uitgetrek en is slegs in haar uniformdragbroek en bruin T-hemp geklee. Die hele agterkant van die hemp is vol bloed.
“Hoekom het jy nie gesê nie?” vra Arno verwytend.
Maya antwoord nie en leun op Skeer se sterk arms. Arno laat haar sit op die bietjie groenigheid langs die Land-Rover, haal sy knipmes uit en versigtig sny hy die hemp rondom die wond weg. Van die bloed het al begin hard word en hy is bang om te hard daaraan te trek.
“Lucille, sal jy ‘n ‘firebucket’ vol water maak en op die gasstofie verhit?”
Die vrou maak soos gevra en binne twee minute het Arno ‘n stukkie verbandgaas geweek in die louwarm water, waarmee hy die bloed versigtig sag maak. Sodra hy die stuk hemp van haar rug afhet, trek hy onwillekeurig sy asem in.
Of dit ‘n direkte skoot, of ‘n opslagkoeël was, kan hy nie sê nie, maar dit het ‘n diep, lang wond in haar rugspier gemaak, voordat dit naby haar ruggraat uit is. Die vel is oopgekloof en die spier self ook. Die wond bloei nog, maar nie so baie as aanvanklik nie. Hy raak bewus van iemand langs hom.
“Arno, weet jy wat om nou te doen?” vra Dons.
“Ek...”
“Gee jy om? Ek was ‘n ops-medic lank gelede, maar ek onthou steeds wat die prosedure is.”
Arno is maar te gewillig om die verantwoordelikheid aan iemand meer bekwaam as hy af te gee.
“Kry vir ons ‘n skoon kombers of laken!”
Wanneer een aangebring word, laat hy vir Maya op haar maag daarop lê, haar rug na bo. Sy hyg van die pyn. Dons kom terug van sy voertuig af, haal ‘n indrukwekkende noodhulpsak tevoorskyn, rits dit oop en haal ‘n paar items daaruit.
“Maya, ek het nie lokale verdowing nie en die ontsmettingsmiddel gaan baie brand. Ek moet ook die bloed gestop kry en die wond toewerk. Sal jy dit kan hanteer?”
“Doen wat jy moet, Ouboet. Ek kan dit vat – ek is mos ‘n soldaat!”
Wanneer Dons klaar is, sit hy ‘n oomblik agteroor om sy handewerk te beskou.
“Die litteken sal nie te erg wees nie, Maya. Jy is werklik baie dapper.”
Sy antwoord nie. Ten spyte van al haar brawade het Maya flou geword.