Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Soos wat die leeu in die diereryk eerbied van ander diere afdwing, dwing die oorblyfsel in God se ryk eerbied vir Jesus af. God maak van hulle geloofsreuse wat leuenaars beskaam.
BROKKIES UIT DIE BOEK: POENA (14)
083 444 7672)
Terwyl Bouts op die bak rondgrawe vir sy kamp en slaapgoed, sien hy iets uit die hoek van sy oog. ‘n Groep mense kom deur die veld gehardloop. Dit bestaan uit vyf mans en daar is nie vrou of kind naby hulle nie. Hy kan nie uitmaak watse wapens hulle het nie, maar hy is seker daar is nie vuurwapens by nie, want dan sou hulle al begin skiet het. Hy het twee keuses: hy kan weghardloop en al sy goed net so los, of hulle verskrik of doodmaak. Hy besluit op laasgenoemde, loop oor sy goed agter-op die bak en gryp die haelgeweer van die sitplek af.
“Gee pad, ek sal skiet!” skreeu hy. Hy besef nie dat hy een van die kardinale reëls van ‘n skietgeveg oortree nie – ‘n mens sê nie jy het ‘n wapen nie en as jou lewe onvermydelik in gevaar is, waarsku jy nie jy gaan skiet nie.
Die manne lyk net asof hulle meer spoed kry. Hulle verstaan nie, maak staat op getalle, of gee bloot nie om nie, miskien gedryf deur honger of haat. Met die wete dat hy net twee keer kan skiet, voordat hy moet herlaai, rig Bouts die wapen op die aankomende manne en as hulle dertig meter van hom is, skiet hy in die bondel in.
Die meeste mense sou dink op daardie afstand sal ‘n haelheweer se verspreiding so groot soos ‘n kombi se agterkant wees, maar dis nie waar nie. Dis eerder so groot soos die kombi se stuurwiel. Die sestien 7,65 millimeter grootte balletjies tref twee van die manne gelyk, en alhoewel hulle nie dodelik gewond is nie, is dit tog erg genoeg dat hulle nie verder belangstel in die geveg nie. Hy trek die tweede skoot en dit tref een van hulle vol op die maag.
Bouts knak die wapen, laai met haastige vingers nog twee rondtes en skiet die oomblik as hulle by hom is. Eers die een en dan die ander. Die wapen is op hierdie afstand skrikwekkend effektief en nie een van die twee beweeg weer nie. Hy herlaai weer, loop na die eerste twee en as hy aankom, staan een van die twee op en met ‘n kruppel-swaai van sy been hardloop hy weg, terwyl hy sy hand op die wond druk. Die tweede een het ‘n hele paar van die balletjies hoog op sy bo-been gekry en as Bouts naby genoeg is, sien hy dat daar ‘n oormaat bloed uit die wond klop en pols. Hy weet nie so baie van medisyne af nie, maar genoeg om te weet die femorale atrerie is afgeskiet. Daar is niks wat hy kan doen nie. Hy het die eerste geveg baie traumaties belewe, maar nou is hy half koud in sy binneste.
“Pleks daarvan dat julle net aangeloop het, dan was julle nie nou dood nie!”
“Ekke hy gaan doodgaan?”
“Jy sal. Is dit seer?”
“Hy is seer, maar nie so baie nie. Jy kan hom neks vir my doen nie?”
“Nee, ek is nie ‘n dokter nie, en selfs as was, kan ek niks doen nie.”
“Witman, hoekom jy helle haat vir ons so baie?”
“Haat? Nee, ek haat jou nie. As ek in ‘n bol hondemis trap wanneer ek loop, help dit nie ek haat die hond of die mis nie. Ek vee dit net van my skoen af, loop aan en hoop ek bestink nie die wêreld nie.”
“Wat jy meen?”
“Niks”.
Bouts staan op, draai om en loop terug na sy bakkie toe.
*
‘n 7,62x39 koeël het iets getref, weggeskram en vir Uys langs die kant van sy bors getref. Die wond is lelik – dit het die dikvleis langs sy ribbes getref en oopgeskeur, soos net ‘n verwronge stuk lood en brons kan doen. Dit bloei baie, is baie pynlik, maar tans nie dodelik nie. Hulle sal egter hulp moet kry, voordat infeksie intree, of dat hy meer bloed verloor.
Die Jeep is onherstelbaar beskadig. Die vooras het gebuig en die enjin het van sy monterings afgeskeur. Twee van die ander voertuie, ‘n Fortuner en ‘n Navara bakkie, se verkoelers en enjinkontrolering-sisteme is stukkend geskiet. Die ander voertuie het ook onder die koeëls deurgeloop, maar is nie sodanig beskadig dat hulle nie meer kan ry nie.
“Ons sal ten minste drie ander karre moet kry.”
Gert, Piet en Jack verdwyn sonder spesifieke bevele. Piet se naam van lankal was nie verniet “Piet Orgenize” nie. Na ‘n uur en ‘n half is hulle terug met ‘n baie ou Mercedes Geländewagen, ‘n nuwerige Jeep Wrangler twee-deur en ‘n Ford Everest.
“Ek sal eerder nie vra waar julle dit gekry het nie.”
“Maar ons sal in elk geval sê. Hier agter die vulstasie is ‘n plek wat karre heelmaak. Die ou het gesê ons kan vat wat ons wil, in ruil vir die drie AK’s wat ons toevallig by ons gehad het.”
“En julle is seker hy gaan nie die goed teen ons gebruik nie?”
“Nee. Hy is meer moerig as enigiemand wat ek nog ooit gesien het. Voor ons ons oë uitvee, het hy die hele swart nasie uitgeroei.”
“Maak nie nou saak nie. Laai vir Uys in die Ford. Ek aanvaar die Jeep is om myne te vervang?”
Met al die wapens versamel, die liggaam van Plakkies agter op een van die bakkies, maak Diek ‘n wye draai en mik terug na die sirkel naby Waverley. Dit maak nie sin om deur Pretoria se buitewyke van Hatfield en Brooklyn te ry om aan die suidekant te kom nie.
By die snelweg is die afdraai na Pietersburg versper met ‘n uitgebrande bus en ‘n tenkerlorrie en onder die brug is ‘n groot klomp klippe en karwrakke opgestapel. Hulle ry teen die verkeer in – wat natuurlik nie daar is nie en beweeg regs op die N1 suid. Daar is feitlik geen weerstand op hierdie stuk pad nie en die paar mense wat hulle gesien aankom het, gee betyds pad sodat hulle geen gevaar inhou nie.
Naby die Atterbury-afrit is die pad finaal versper na alle rigtings. Daar is geen ander opsie nie, as om teen die steil helling van die snelweg se kant op te ry nie – ‘n vierwieldryf-laestrek operasie wat gepaard gaan met aanloop, wip, spring; wiele wat gevaarlik aan die voorkant lig, polle gras en stukke sement wat uitgeskop word, maar na ‘n halfuur se gespook is al die voertuie bokant die snelweg en op die pad Waterkloof toe. Die omgewing is vreemd en onheilspelend rustig. Die ambasades wat hulle woonhuise en kantore in die omgewing gehad het, staan leeg, met die personeel wat reeds weke gelede ontruim is en terug is in hulle eie, veilige lande. Die dokters se spreekkamers is donker en leeg.
“Kyk uit vir enige vorm van lewe. Ons moet Uys by ‘n dokter kry, en gou ook!”
“Hoe sal ons weet of dit ‘n dokter is?”
“Ek het geen idee nie. Kyk net uit vir enigiemand wat nog hier iewers is”
Na ‘n minuut se stadig ry en soek, praat Gert, geskok deur die hoeveelheid huise wat gebreek, geplunder en verbrand is. Die afval lê oral in die strate gestapel en hulle moet tussendeur vleg:
“Hoe kan ‘n plek so vinnig, so sleg afgebreek word?”
“Dis een van Afrika se min talente, glo my.”
*
“Hou stil, ek is seker ek het skote gehoor!”
Paul hou stil, skakel die Land Cruiser se enjin af en wys met ‘n snybeweging oor sy keel vir die ander om dit ook te doen.
Veraf, anderkant die koppies, hoor hy nou ook die geknal van ‘n swaar vuurwapen. Dis meer ‘n “doef” geluid as ‘n plat knal. Hy klim oor die eerste bultjie en probeer sien waarvandaan dit kom. Hulle het reeds ‘n paar ure gelede die grondpad agter gelaat en maak hulle weg deur die veld. Dit gaan stadig, maar daar is ook ‘n groot klomp avontuur in, nie heeltemal anders nie as wat die Voortekkers amper twee honderd jaar gelede beleef het. Hannie het ook uitgeklim en staan langs hom en luister.
“Daar! Daar na my linkerkant toe. Twee skote en dan weer.”
Paul staan die situasie en opweeg. Hulle kan daarheen gaan, of aanhou ry soos hulle beplan het. Dis net vreemd dat die skote klink asof dit uit een wapen kom. En twee vinnig op mekaar, ‘n pouse en dan weer twee skote. Dis ook eerder ‘n diep brul as ‘n knal van ‘n vinnige kaliber. Daar is ook nie ‘n tweede klap soos wanneer ‘n geweer skiet en ‘n oomblik daarna klap, soos dit vleis tref nie.
“As jy vir my vra, is dit ‘n dubbelloop haelgeweer. Daarom die twee diep klapgeluide en stilte.”
“Dis ook net een wapen en as ek moet raai, een mens teen ‘n paar.”
“Is dit ons saak?”
“Wat dink jy?”
“Ons weet in elk geval nie waarheen ons gaan nie, so ons kan maar net sowel gaan kyk.”
“En onsself in moeilikheid vasloop.”
“Moet ons nie eers die ander vra wat hulle dink nie?”
“As dit iemand is wat moeilikheid het, het ons nie nou tyd vir ‘n debat nie.”
Terug in die voertuig, draai Paul uit die rigting waarheen hulle gemik het. Vir eers is daar geen teken dat ‘n ander voertuig hier langs was nie, maar as hy in plaas van naby soek, eerder oor die gras kyk, verbeel hy hom hy sien twee spore daardeur loop.
“Kan dit spore wees?”
“Ja, dit lyk so.”
Hannie staan nou regop op haar sitplek en hou die rolstaaf aan die agterkant met haar arm vas.
“Wag bietjie, sit af!”
Sy kan nou duidelik die geskreeu van ‘n groep mense hoor. Sy wys met haar hand net van die roete af waarin hulle ry.
“Daarheen!”
Paul wens hulle kon vinniger ry, maar die veld is te veel besaai met gate en groot klippe om dit veilig te kan doen. Na meer as twintig minute van frustrerende skommel en wip in voertuie wat te vinnig vir die terrein beweeg, kom hulle oor ‘n knoppie. Sowat drie honderd meter van hulle af en laer af in die vallei, staan ‘n wit-bruin bakkie; oftewel ‘n wit bakkie met bruin gekamoefleer langs die kante. Hulle kan een man uitmaak, maar as hulle verder ry, sien hulle die liggame van ‘n paar mense na die een kant van die voertuig toe.