Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Dit is vreemd dat mense lank wil leef, maar niemand wil oud word nie.
BROKKIES UIT DIE BOEK PANIEKLAND (15)
083 444 7672)
Dorkas Radebe gaan staan stil, met haar rug na die groep manne. Die klomp raak stil, soos hulle wag. Sy lig haar hande op, amper soos iemand wat ‘n kerklike seën uitspreek en skreeu ‘n onverstaanbare paar sinne na die hemel. Haar hele gespierde lyf begin na ’n paar sekondes spasmodies ruk en sidder, soos ‘n mens sou maak as jy deur ‘n hoë elektriese stroom geskok word.
Dit begin by haar uitgestrekte vingerpunte, wat krap in die lug, met die lang, vuil naels wat in haar handpalms grawe, totdat die bloed teen haar polse afloop, af van haar hande wat oop en toe flap, arms wat sidder, tot die ekstase uiteindelik haar skouers, bolyf en selfs bene in ‘n groteske, makabere dans laat beweeg.
Sy val op die grond en kriewel, aanvanklik soos ‘n vis wat droë grond tref; dit gaan oor in die geseil van ‘n slang en dan beweeg haar tong in en uit soos dié van ‘n likkewaan. Uiteindelik staan sy hande-viervoet en brul in ‘n diep, onderaardse basstem, onmoontlik vir ‘n gewone vrou se stembande. Skuim loop vryelik uit haar mond, terwyl sy omdraai en op haar rug val, dit so krom trek dat elke werwel kraak en sy gevaar loop om haar rugstring te breek.
Net haar kop en voete raak grond, terwyl sy amper ‘n volmaakte halfsirkel met haar lyf en bene maak; arms en hande presies horisontaal uitgestrek, terwyl die bloed steeds van die diep snye in haar palms afdrup. Haar oë dop heeltemal om in die kaste, sodat net die groot, geel-witte daarvan sigbaar is. In ‘n hoë, gemartelde stem roep sy uit in Mosambiekse Portugees:
“Eu vejoosespíritos dos ancestrais. Eles dizemesperaraté o amanhecer. O sangue dos mortos será muito e terrível!”
Sy slaan oor na Zulu: “Hamba, hamba, hamba”, die enkele woord, oor en oor, todat sy neerslaan, slap, uitgeput, in ‘n diepe beswyming.
“What did she say?”
“Something about the spirits of the ancestors telling her we must not dare attack after dark, in the night. It will mean death.”
“Surely death to the white people?”
“No, death to us. We must wait until dawn.”
Dorkas haal vir ‘n volle drie minute nie asem nie, asof sy dood is. ‘n Hortende siddering trek skielik deur haar lyf en sy suig die koel lug van die berg diep in haar longe in.
“The horns of the bull! We must make like our forefathers and do the horns of the bull!” skreeusy, maar in haar normale stem.
“We have to do the strategy of UChaka the Zulu. The main body of our force must stay intact, but a quarter must flank on the right hand side and another on the left. We must fold them into our midst and slaughter them!”
“Yehbo, yehbo, yehbo – zhu, zhu, zhu,” klink dit uit honderde kele. Die AK’s paar R4’s en R5’e word hoog die lug ingesteek en voordat die leiers kan keer, word sarsies vol-outomaties afgevuur. Eers wanneer vuiste, sambokke, kieries en voete ingelê word, staak die vermorsing van ammunisie wat nie vervangbaar is nie.
Die vure brand vanaand hoog teen die hang van die berg. Die laaste kos word gaargemaak en dit wat nie geëet word nie, word vermors, met gedeeltes in die sissende vure gegooi, amper soos ‘n offerhande aan die geeste wat hulle netnou nog in aksie gesien het.
Dis soos die skepe wat die Romeinse offisiere verbrand het met die inval in Brittanje, sodat die soldate moes weet daar is net een pad en dis vorentoe, want hulle kan nie terug na hulle eie land vlug nie. Dis veg en oorwin, of sterf. As hulle nie môre kos kan afvat by die blankes nie, is hongersnood hulle voorland. Maar niemand het gekom om te verloor nie en met die voorvadergeeste wat deur Dorkas gepraat het, en met hulle aan die aanvallers se kant, kan hulle nie anders as om te wen nie.
*
Demas hou die spulletjie deur die teleskoop dop. Waar hy nou is, kan hy die groot Mosambieker en sy suster duidelik sien in die namiddag se lig en met die vreemde ding wat sy aanvang, is hy seker hy kan hulle albei skiet voordat een van die twee kan wegkom. Daarmee kan hy sy belofte nakom en padgee, al is dit teen ‘n skuifelgang.
Met pure wilskrag druk hy die veiligheidsknip weer op en haal diep asem, wat hy ingehou het vir die eerste skoot.
Sy enkel pyn ondraaglik en met die wete dat hy dalk nie weer sy stewels hoef aan te trek nie, maak hy die veters los en trek hulle uit. Sy voet en enkel is blou en geswel. Die verligting om die swelsel letterlik vrye teuels te gee, maak dat hy daarvan diep en inniglik sug. Hy drink die voorlaaste twee pynpille met ‘n paar slukke water af, eet die laaste stukkie beskuit en biltong, lê agteroor op die ongelyke, harde grond en raak feitlik onmiddellik aan die slaap.
*
Nie die ou man of enigeen by hom slaap nie. So af en toe sal een ‘n bietjie indut, maar skielik weer helder wakker skrik. En “skrik” is die regte woord. Niemand praat nie, maar luister na die gerumoer net ‘n paar honderd meter van hulle af.
Spanning begin onder hulle oplaai en elkeen gaan sy en haar wapens elke kort-kort na. Ja, die ding is nog gelaai, die veiligheidsknip is op en elkeen weet presies waar dit aan die wapen sit, of dit op of af of vorentoe geskuif moet word, hoeveel ammunisie daar is, hoeveel magasyne en watse wapens is byderhand.
Net na twee uur staan die ou man se vrou op, loop styf-styf die huis in en maak koffie op die gasstofie. Dis vir almal dieselfde, ten spyte van die klomp se eie voorkeure: sterk, swart en soet. Die kondensmelk spaar sy vir môre, wanneer alles verby is en hulle dit gaan nodig hê.
Sy is vir geen oomblik bekommerd dat hulle die geveg sal verloor nie. Sy loop van een na die ander, stomende koffie in bekers, met haar eie hande. Sy gaan sit agter die muurtjie langs die ou man.
“Hier is jou koffie.”
“Dankie.”
“Jy het ons nog nooit in die steek gelaat nie, my man, en ek weet jy sal ook nie hierdie keer nie.”
Hy kyk na haar in die baie effense lig van die sterre. Haar hare het gryser geword die afgelope tyd en miskien die plooie effens meer, maar die sterk, verbete uitdrukking waaraan hy deur al die jare gewoond geraak het, is steeds daar.
“Ja, ons sal dit ook hierdie keer saam maak.”
*
Demas skrik wakker net na elfuur die aand. Hy het vir vyf ure vas geslaap, so vas, dat die geraas hier onder hom nie gepla het nie. Hy is baie dors, maar rantsoeneer die laaste paar mondevol water. Miskien gaan môre ‘n lang dag wees. Hy sal maar moet wag en sien wat gebeur. Sy enkel is minder seer, noudat die drukking van die stewel verlig is, maar hy weet vir seker dat hy nie sommer weer die stewel sal aankry nie. Maar dit maak nie saak nie.
*
“Just how many white people are there?”
“Many millions, I think, but here – maybe twenty, maybe less.”
“And how many have we killed thus far?”
“I’m not sure. Five or six maybe.”
“I think nothing. We have killed nobody so far. Maybe we should just leave, it is not worthwhile.”
“If we leave now, we have not lost this battle, but have lost the entire war. Only a few of these men will stick to us when we lose. They will say our medicine is bad, the leadership is no good, and they will seek another group with a better leader, or worse.”
“Worse?”
“Yehbo. They can just as easily kill us for being useless.”
Die nare waarheid begin by Butch Radebe insink. Hy het nog nooit daaraan gedink nie, maar besef dit is waar. Mense wat so maklik opgestook kan word en gemanipuleer om ander dood te maak, kan net so maklik omdraai en sonder enige meegevoel hulle ook pak.
‘n Ongemaklike gevoel begin diep binne in hom op te stoot. Hy kyk oor die “krygers” onder sy leiding. Hulle is ongewas, hulle klere is onversorg, rondom hulle lê stukke plastiek, papier, die meeste van hulle het skoene of stewels aan, maar baie min daarvan is vasgemaak; die veters is òf los, òf nie meer daar nie.
Wanneer hulle lag, is dit sonder enige inhibisie, met of sonder kos in die mond. Daar is ‘n totale afwesigheid van twee dinge: selfrespek en respek vir ander. Daar is geen snars trots onder hulle nie. Indien hy ooit ongeskaad deur hierdie oorlog kom, sal hy dit ‘n persoonlike doelwit maak om homself so ver as moontlik te distansieer van hierdie soort mense.
Hy kyk af na waar die blankes bly. Ten spyte van die hope grond wat hulle voor hulle heinings gegooi het om die koeëls te keer, is daar netheid, ‘n gemaklikheid met hulleself en hulle omgewing, ja, selfrespek, trots.
Hy besef dat dit ‘n onwillekeurige behoefte by sy mense is om so naby as moontlik aan die beskawing te kom wat die Europiërs met hulle saamgebring het, maar sodra hulle dit kan bekostig, dan trek hulle die standaard af na hulle toe, sonder om self opgehef te word. Hulle sal alles in die stryd werp om tussen die blankes te kan gaan bly, en dan maak hulle ‘n lokasie van die buurt.
Butch Radebe is skaam vir wie hy is en dit veroorsaak ‘n diepe frustrasie om te besef dat hy en sy mense nooit in honderde jare ‘n totale beskawingpunt sal bereik nie. Kyk maar Noord van die Limpopo. Hy was mos al daar, het geveg in meer as een rebellegroep en die uiteinde was altyd dieselfde – chaos, moord, marteling en afbrand van daardie dinge wat hulle nie self kan bou, maak, of heelmaak nie.
Daarna neem die een na die ander rewolusionêre krygsheer beheer oor, maak sy vyande dood, en regeer met vrees eerder as deur voorbeeld.
In plaas daarvan dat Afrika homself ophef en uitsleep uit die ellende waarin hy hom bevind, is dit altyd makliker om die slagoffermentaliteit oop te gooi en ander vir sy mislukkings te blameer. Op nog nie één plek, in één land in Afrika is die beskawing herbou na rewolusionêre mense dit oorgeneem het nie, selfs dekades later. En dit veroorsaak dat hy die blankes soveel te meer haat.
Dorkas het opgestaan vanwaar sy weens uitputting bloot inmekaar gesak het en ure rusteloos geslaap het. Die demone was miskien uit haar lyf en gestel, maar nog nie uit haar drome nie. Sy kom staan langs haar broer en praat dan sag, dog indringend met hom.
“Hojenòsmorremos.”
“What did you say?”
“Today we die.”