Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
'n Ware vriend staan nooit in jou pad nie – net wanneer jy op die afdraande pad is!
BROKKIES UIT DIE BOEK PANIEKLAND (17)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Die klein, goedkoop Chinese tweerigting radiotjie kraak effens.
“Alfa-een, Alfa-een, kom in vir Alfa-twee.”
“Alfa-een, stuur.”
“Ons is in posisie, geen voorvalle.”
“Roger, Alfa-twee.”
“Alfa-drie, Alfa-drie, kom in vir Alfa-een.”
“Alfa-drie stuur.”
“Is julle tien-vier?”
“Positief, Alfa-een.”
Niemand weet hoe lank hulle sal moet wag nie. Elkeen van die agt en dertig manne, negentien aan die Oostekant en negentien aan die Weste, maak hulleself so gemaklik as moontlik, onder die omstandighede. Niemand rook nie en praat word tot ‘n minimum beperk.
Daar is uiteraard geen selfoonopvangs nie, maar ‘n paar manne het hulle s’n uitgehaal, lê versigitg in die skaduwees en kyk na fotos van familie, vriende, kollegas en sommer alles wat in die selfoon se geheue geberg is. Herinnerings van ‘n tyd, nie in maande so lank gelede nie, maar dit kon net sowel tien jaar gelede en op ‘n ander planeet wees. Hulle hou dit maar kort, want niemand weet wanneer hulle weer die geleentheid sal kry om die fone te herlaai nie.
Elkeen is besig met sy eie gedagtes, een of twee het begin indut en Maxim los hulle. Hy weet dat gedurende ‘n oorlog is daar ‘n ongeskrewe reël wat sê jy moet eet as daar kos is, drink as daar water is en slaap as daar geleentheid is, want jy weet nie wanneer gaan hy hom weer voordoen nie.
*
“It is time.”
“If you say so.”
Butch ignoreer die sarkasme in die man se stem en gaan aan. Hulle sit weer by die model van die omgewing wat hy vantevore opgestel het.
“We, as the main body, or the head of the bull, will attack here, in front. However, we must be careful not to lose as many friends as last time. We have to make use of the natural cover, the trees and dongas, the walls and the cars. All we really have to do, is divert their attention, until the flanks get into position.”
Hy hou op praat om die Zulu- en Pedi-tolke kans te geen om die bevele te vertaal. Hy weet egter dat al die betrokke tolke nie Engels regtig magtig is nie en hy verwag ook nie dat elkeen die bevele sal verstaan nie, maar hy hoop darem dat die meeste van hulle gehoor sal kan gee.
“Then we will send in our flankers, the horns of the bull. They will insert here,” hy wys na ‘n straat na die oostekant, sowat ‘n honderd meter van die ou man se huis af.
“And here,” hy wys na ‘n stuk ongerepte veld, nie meer as sewentig meter van die huis af nie.
“Boytjie, you will lead the main attack. Jeff, the East.”
Net om seker te maak hulle verstaan hom reg, wys hy na die kant waar die son opgekom het.
“Seth, you will insert at the West.”
“Eh?” vra Seth.
“That side, Seth. You and seventy-five men go down this road,” hy wys vir Seth waar die straat begin. “Then at the first corner, you turn left and go to the big road. From there you attack the white people at the house. Do you understand me?”
“Yebho. And where do you be?”
“My sister, myself and the other leaders will lead from the rear. It is our duty not to get killed.”
Dit maak nie vir Seth sin uit nie - hoe kan jy van die agterkant af lei? Hy lug sy beswaar hardop. Waarom moet hulle hulle lewens in gevaar stel, terwyl die leiers gemaklik agter die mure sit en wag? Na tien minute, waarin die ander leiers nou sy punt insien, is hulle op die punt om te muit. Butch laat hang sy dik skouers vir ‘n oomblik, trek sy pistool uit sy gordel en skiet vir Seth op trompafstand in die voorkop.
“Anybody else who doesn’t understand?”
Nee, wys die ander manne. Hulle verstaan nou mooi wat om te doen. Seth se tweede in bevel ook.
Butch sug weer. Hy begin nou verstaan waarom die blankes dalk net hierdie geveg sal wen.
*
Baie min mense weet hoe hulle in ‘n tyd van krisis sal optree. Die grootste persentasie van die mensdom leef binne ‘n bekende omgewing, met bekende uitdagings, probleme en vereistes ten opsigte van gedrag en optrede.
Haal so ‘n mens uit sy bekende milieu met die ewe-bekende gerieflikheidsvlakke, aanvaarbare gedrag, en semi-outomatiese en onwillekeurige reaksies, plaas hom of haar in ‘n nuwe, onverkende, vreemde omgewing, met gerealiseerde gevare en vyande, maar met onverwerkte teenreaksies en jy het in meeste gevalle ‘n ander mens.
‘n Tingerige vroutjie raak ‘n tierwyfie as haar baba in gevaar verkeer. ‘n Menseliewende, kerkgetroue gesinsman sal enigiets as wapen gebruik, al is die uitkoms hoe grotesk, om sy familie te beskerm.
Gedragspatrone binne ‘n bekende, vriendelike omgewing, kan handomkeer verander as die situasie dit vereis. Tog weet niemand, hoe voorbereid hy of sy ookal mag wees, hoe hulle optrede sal wees nie as hulle of hulle mense in onmiddellike en onvermydelike gevaar sou verkeer nie, totdat dit plaasvind.
‘n Ewig-afgeknoude kind sal dikwels, in plaas daarvan om na ‘n veilige spasie terug te keer, homself tot heldestatus kan verhef; net soos ‘n ewige boelie ewe maklik in ‘n bondeltjie kan saamtrek en toelaat dat vrees hom verswelg.
Beskawing is die mens se aanvaarbare en beproefde manier om in harmonie met die omgewing en met ander saam te leef. Die mate van opoffering ter wille van ander is dikwels die maatstaf van die diepte van ‘n beskawing. Tog, ten spyte daarvan dat hierdie peil hoë hoogtes kan bereik, is dit dikwels maklik afskaafbaar wanneer nuwe bedreiginge die opwagting maak.
Selfbehoud en die vrees wat daarmee saamgaan, kan die vernislagie wat beskawing aan ‘n mens smeer, eensklaps afskuur en die ruwe, onbeskaafde oerinstinkte na vore bring.
Onbeskofte, ongemanierde optrede is dikwels ‘n verdedigingskans vir lafaards. Gegewe ‘n noodsituasie is hierdie mense gewoonlik dié wat eerste oorgee en vlug. Maar diegene wat as lammetjies eerder as wolwe deur die lewe gaan, is dikwels die mense wat die mees formidabele in ‘n gevaarsituasie is.
*
Butch Radebe het ‘n reputasie om te handhaaf. Fisiese krag, ‘n ongeërgde houding, sterk voorkoms, ‘n gebrek aan simpatie en ‘n bak-arm houding het hom ver gebring. Tog weet hy dat daardie mense wat hom nou omring met klaarblyklike heldeverering, net so maklik teen hom sal draai as hy ‘n greintjie swakheid openbaar, net soos ‘n wolwetrop sal maak wat agter ‘n leier sal aanloop, totdat hy gekwes word. Dan sal hulle hom doodbyt, met ewe min gevoel as wat hierdie bende teen Butch sal draai. En hy weet dit.
Die manier waarop hy netnou bevraagteken is, omdat hy van agter wil lei, het dit duidelik gemaak dat daardie manier van baklei nou vir hom verby is. Al het hy die belhamel geskiet, sal daardie gevoel diep binne sy volgelinge loop. Die besluit is dus namens hom geneem en as hy gereedmaak om van redelik naby aan die voorpunt te lei (héél voor is darem te veel gevra), bewe sy hande so baie dat hy skaars sy baadjie oor die lyfpanster kan trek. Sy kort, dik vingers is amper te lomp om die eenvoudige takie agter die rug te kry. Behalwe die R5 aanvalsgeweer en Z88 pistool, wat met die kolf effens weg van sy lyf af swenk, soos ‘n cowboy se .45 Colt, en sy regterhand wat hy doelbewus naby die wapen hou, het hy ‘n mooi Uzi-bajonet in sy skede aan sy linkersy.
Hy het ‘n swart beret op sy kop, met ‘n doodskedel as eenheidswapen. Die simbool sit nie soos die blankes dit sou doen skuins-vòòr, dit wil sê bokant die linkeroog aan die beret nie, maar op die kant, soos dit ‘n ware rewolusionêr s’n betaam. Die nuwerige, donkergroen langbroek, met baie sakke, breë lyfband met houers vir ekstra magasyne vir beide wapens en die groen en bruin gekamoefleerde baadjie, rond amper sy uitrusting af. Die uitstaande egter, is die knie-hoogte blinkgepoleerde, swart rystewels, wat bo-oor sy broek se pype kom.
Wanneer hy sy verskyning maak, sou sy voorkoms nie minder indrukwekkend wees nie, as ‘n Napoleon Bonaparte, Josef Goebbels of Lord Roberts nie. Ten spyte van die feit dat hy met uiterste wilskrag sy knieë onder beheer moet hou dat dit nie bewe nie, is daar ‘n swierigheid aan sy manier, wat dit duidelik maak wie in beheer is.
Hy het ‘n goed-voorbereide toespraak waaraan hy en Dorkas tot laatnag gewerk het, maar dis nie meer nodig nie. Sy stem breek effens as hy wil praat, maar met wilskrag onderdruk hy dit finaal en sê bloot:
“Come!”
Die enkele woord, met ‘n stem wat die manne verwerk as dié van ‘n beserker eerder as ‘n bang man wat buite sy diepte gevang word, is genoeg.