Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Selfkennis is groter as alle wetenskap. Om jouself te ken soos jy werklik is, is die sleutel na feitlik elke sukses. Die meeste huwelike misluk nie omdat eggenotes met mekaar ontevrede is nie maar omdat hulle hulself nie ken nie. Om te weet presies wat jou sterkpunte en jou tekortkominge is, is om te weet wat jou lewensdoel is, en dít is die grootste skat wat 'n mens in hierdie wêreld kan verwerf. Dán alleen kan jy seker wees dat jy Godvrugtige besluite dwarsdeur jou lewe sal neem.
BROKKIES UIT DIE BOEK PANIEKLAND (18)
083 444 7672)
“Julle weet nie hoe welkom julle is nie.”
Maxim en sy makkers het oor die heining gespring en wag nou saam met die ou man en sy mense daaragter. Hulle was gelukkig om net ses manne aan die dood af te staan, met nog vier lig gewond.
“Wat nou?”
“Ons het een van twee opsies: ons kan hulle aanval, of ons kan wag.”
“En aanval is nie regtig ‘n opsie nie?”
“Nee.”
“Nou is hulle weer agter die huise en heinings, waar ons hulle nie kan raaksien nie. Miskien kan ons vanaand in ‘n klein groepie uitbeweeg onder dekmantel van die donker en hulle getalle minder maak.”
“Ons kan. Die beste sou wees as ons iemand agter hulle kan kry.”
‘n Skoot knal ver weg, maar duidelik. Die klap van die skoot teen vel en been is ‘n fraksie van ‘n sekonde voor die knal, wat eggo teen die berg. ‘n Geskokte uitroep klink van voor af, by die huise, tussen die knal en waar hulle staan.
“Jy bedoel so iets?”
“Presies net so iets.”
*
Butch Radebe is nie ‘n opgeleide soldaat nie, maar hy weet dat hulle situasie slegs een werkbare oplossing het en dis om die vyand met mag en getalle te oorweldig. Daar kan nie weer omgedraai word nie, en soos hy dit sien, met die flanke geblok, is daar net een pad en dis vorentoe, nie verby die mense by die huis nie, maar deur hulle.
Hy weet ook genoeg van die swart kultuur en dat sy en sy suster se “medisyne” te lig bevind is, en genoeg van die swartmens se psige om te besef dat hulle op die nippertjie is om hom en Dorkas dood te maak. Net so hoog as wat hulle ‘n leier sal respekteer en blindelings volg as hulle meen hy lei hulle na oorwinning, net so vinnig sal hulle hul rug op hom draai – nadat sy lyk vermink is.
Sonder om te huiwer, hardloop hy en Dorkas langs die huis waar hulle wag uit, volg die pad vir twintig meter en dan is hulle op die veld. Aan die uitroepe, skote en klap van skoene, stewels en kaal voete, weet hy dat die hele klomp hom volg.
Hy druk die R5 styf teen sy skouer en al het hy telkens sy volgelinge daarteen gewaarsku, druk hy die veiligheidsknip net een merkie ondertoe, na “A” en trek los. Die geweer ratel en knetter teen sy skouer en die leë doppies vlieg met ‘n boog skuins na die regterkant.
Die drie en dertigskoot magasyn is amper dadelik leeg, maar hy breek nie eens ritme nie, soos hy ‘n vars een indruk, die spangreep ‘n entjie terugpluk en hoor hoe die sluitstuk ‘n nuwe rondte optel. Oral langs en skuins agter hom hoor hy die aanmekaar gedreun van geweervuur.
*
“Hier kom hulle!”
Die ou man skiet sy Mauser se vyf rondte magasyn uit so vinnig as wat hy die slothandvatsel kan werk. Op, agtertoe, vorentoe, af, teiken, skiet. Weer en weer. Hy laat val nie die geweer nie, maar sit dit vinnig langs hom neer en tel die haelgeweer op.
Die magasyn is met een rondte LG, soliede “slug”, weer LG en so afwisselend gelaai. Daar is op hierdie afstand nie veel verskil tussen die soliede ding en die bolletjies wat nog nie veel gesprei het nie. Die agt skote volg so vinnig as wat hy die sneller kan trek.
Langs hom klink die sarsies vinnig op mekaar en hy kan sien hoe dit lyk of die aanvallers in hulle spore stuit, om net weer aan te kom. Hy sit die leë haelgeweer vinnig neer, trek die .45 Glock en met ‘n gemaklike, geoefende twee-hand houding skiet hy weereens so vinnig as hy kan.
Nadat hy die tweede magasyn leeg het, is die eerste aanvaller by hom. Tot sy verbasing sien hy dat, al het sy mansklere aan en opgerygde stewels, al dra sy ‘n geweer – nou leeg – en kom sy net so vinnig as die manne aangestorm. Sy is glad en rats op haar voete en is oor die lae muurtjie voordat hy die Glock kan herlaai.
Sy swaai die leë AK 47 na hom toe, maar hy blok die hou en pluk die geweer uit haar hande, gooi dit eenkant en dan is sy by en op hom. Hy ervaar ‘n skielike paniek as sy na sy gesig byt. Haar tande is wit en skerp, maar haar asem ruik asof iets lankal daarbinne doodgegaan het.
Hy druk sy voorarm teen haar keel om die mond ten alle koste van hom af weg te hou. Die momentum waarmee sy aangeharloop kom, het hom laat stuikel teen die skuins helling van die grond aan duskant van die muur en hy val agteroor, met haar bo-op hom. Sy val met haar knie in sy solar plexus en hy voel die lamheid as sy wind uit is.
*
Len het sy swaar geweer leeggeskiet, sit dit eenkant en staan op, die CZ 75 9mmP in sy regterhand en ‘n vol magasyn in sy linker.
‘n Groot man, vreemd genoeg aangetrek met skoon klere en lang, rystewels en ‘n swart beret op sy kop, pyl reg op hom af. Die ou het sy R5 leeggeskiet, eenkant gegooi en hy pluk ‘n pistool uit die holster aan sy bobeen. Die afstand is minder as vyftien meter as hy die een skoot na die ander op die man se middelrif skiet.
Dis baie maklik om in ‘n gemakstoel te sit en jou verbeel in die paar gedeelde sekondes tot jou beskikking, sal jy tyd neem om na die kop te skiet, maar in die praktyk werk dit nooit so nie. Hy weet ook dat die meeste van hierdie klomp het dagga of Nyope of albei gerook en dit maak hulle nie net dapper nie, maar demp ook gevoel.
Dis dus nie vir hom verbasend nie, as die ou aanstorm, al het hy hom ten minste al vyf keer in die romp geskiet. As die man minder as twee meter van hom is, sien hy die lyfpanster en probeer die laaste skoot na sy kop mik. Diep in sy onderbewussyn weet hy dis te laat en hy probeer nog met die pistool ‘n laaste hou slaan na die kop, maar weet ook die man is te groot en swaar, sy momentum te veel en hy gaan nie veel uitrig nie. Hy val agteroor, soos hy probeer om die aanvalle te ontwyk.
*
Demas sien hoe sy eerste skoot tref. Hy kon net sowel ‘n miernes oopgeskop het. Van oral stroom die mense uit, uit huise, agter mure en bosse, oor heinings. Hy verstel sy teikenprentjie en skiet in die bondel in.
Al is hy meer as twee honderd en vyftig meter van die naastes, is dit moeilik om mis te skiet. Hy skiet ‘n halwe magasyn leeg op die naastes aan hom, lig die loop effens en begin skiet na dié wat die naaste aan die verdedigers se huis is.
Hy ruil magasyne as die sluitstuk teen die leë een stop, druk die knippie langs die magasyn af laai ‘n vol magasyn en voel hoe die geweer ‘n vars een in die loop kry.
Hy besef dat hy in die harwar nie sy doelwit moet mis nie, soek die groot lyf van die Mosambieker en sien hom uiteindelik, as hy feitlik op die lae muurtjie is. Die skoot weergalm teen die lae krans aan sy onderkant en die klowe agter hom.
*
Net voor ‘n geveg is altyd die slegste deel. Dis wanneer ‘n mens se verbeelding die slegste begin insien, jou vrese dit aanjaag en jou hartklop verhoog. Sodra die geveg begin, sal die eeste mense begin kalmeer en jou lyf, instinkte en gevegsdrils neem oor.
Nie veel van die mense by die huis is opgeleide soldate nie, maar almal het al deel gehad aan ‘n geveg. Drie van die vroue het hefboom-aksie gewere – twee met Rossi-Puma .357’s gewapen en een, die oudste dogter, met ‘n ou Winchester Model 1892 in .44-40. Die drie gewere is op dieselfde patent gebou, maar die ou Winchester is baie gladder as die ander twee.
‘n Vrou het ‘n ingeboude weersin in geweld en baie sal nie ooit die hekkie daarvan kan oorkom nie. Nou is daar egter nie die luukse van aarsel nie, hulle byt die aaklige besef van geweldadige dood weg en skiet, laai, skiet, laai.
Die geveg het nou ‘n stadium bereik waar vyand teenaan vyand is, waar daar nie meer ruimte is vir dink of besluite neem nie, maar die twee groepe is feitlik by mekaar.
Maxim en sy manne skiet so vinnig, dit klink asof hulle met vol-outomatiese wapens besig is. Gewere word vervang met handwapens en uiteindelik is daar selfs hier en daar ‘n meslem wat flits in die helder son. Die vrou wat die kinders moet versorg het hulle in die binnekamer toegesluit en selfs sy skiet vanaf die buitedeur na die malende swart lywe.
Die ou man gryp vir Dorkas aan haar linkeroor, hou haar kop van hom af weg en met sy regterhand soek hy na die klein 6,35 millimeter pistooltjie in sy geldsakkie. Hy kry dit nie dadelik in die hande nie, en soek dan met ‘n angstigheid daarna.
Hy kry uiteindelik die klein grepie in die hande, bring die wapentjie op en met dieselfde beweging druk hy die veiligheidsknip vorentoe en boontoe. In die geraas van die gevegte langs en rondom hom is die klap van die pistool baie gedemp en dit lyk nie asof dit enige uitwerking het nie.
Radeloos druk hy die kort loop teen haar tande en trek die skoot. Die klein, 45 grein koeëltjie slaan ‘n ronde gaatjie deur die wit tande en trek tot in haar brein. Sy word onmiddellik slap bo-op hom en met ‘n krag gebore uit paniek, gooi hy haar eenkant, sit die leë wapen in sy broeksak en soek sy .45 Glock. Nuwe magasyn in, sluitstuk vorentoe en hy skiet in die malende, geswete, stinkende lywe voor hom in.