083 444 7672)
In die toekoms mag historici terugkyk op die tyd waarin ons nou lewe en dit moontlik beskryf as die tyd van die groot leuen. Soos die gesegde loop: In tye van oorlog (en ons staan in hierdie tye) is die waarheid die eerste slagoffer. Meer en meer getuienis dui daarop dat COVID-19 verkeerd gelees en geinterpreteer is of dalk selfs van die begin af ‘n doelbewuste, fynbeplande oefening met verskuilde politieke motiewe was. Hoe ookal, die aard van die mens-gemaakte krisis is tans reeds beduidend groter as die slegte-saak-scenario ten opsigte van die uitspeel van die virus. Dit kan vorentoe nog slegter word. Selfs al was daar nie politieke beplanning ter sprake nie, word dit toenemend die gevegsterrein vir politici met uitkomstes wat ons almal tot ernstige kommer behoort te stem. In die omgewing van die internasionale politiek gaan dit ongetwyfeld bydra tot ‘n eskelasie van konflik en word daar selfs in kringe bespiegel oor die moontlike eskalasie tot die vlak van ‘n wêreld-oorlog.
Dit is egter die Suid-Afrikaanse dinamika wat my tot uiterste kommer strek – meer so as die internasionale scenario. Die aankondiging van onder meer NDZ en andere in ‘n poging om Grendel 4 te struktureer is met verbasing, skok en ongeloof begroet. Duidelik het Suid-Afrikaners ‘n kantelpunt bereik wat die regering se hantering van die virus-kwessie betref.
So hewig is die gevegte skynbaar dat pogings selfs aangewend word om Julius terug te bring na die ANC, op die kaartjie van die Magashules van die wêreld. Dit handel steeds oor die verwydering van CR en waarin die EFF ‘n belangrike rolspeler kan wees. Wat’ n politieke scenario vir wetgehoorsame burgers waarvan sommige van die mees lojales (en diegene wat meeste tot die staatskas bydrae) nou wetlik die teiken word van rassediskriminasie? Hier gaan baie hofsake volg. Wit Suid-Arikaners sluk swaar aan hierdie status van tweede klas burgers in ‘n samelewing en politieke bedeling wat homself as nie-rassig voorhou. Dit net om vir hulp te kwalifiseer tydens krisis! Sal graag die DA se Steenhuizen hieroor wil hoor...
Soos die Corona-dinamika versleg, die regering se onbeholpenheid om die saak te hanteer toeneem, sal die druk op CR en sy regering net verder toeneem. Die implikasies hiervan is verreikend vir demokrasie, stabiliteit en volhoubare ontwikkeling. Om politieke steun te koop (soos tans die geval is) is nie net immoreel nie, maar dra die risiko van eskalerende verwagtinge met die potensiaal vir groot onstabiliteit. Dit is tans op die kaarte. Die eerste tekens hiervan is reeds in Gauteng waarneembaar. Word die terrein voorberei vir die verdere plundery van hulpbronne en is dit waar dat die invoer van Kubaanse dokters ‘n geldmaak- skema is? (Begroot Suid-Afrikaanse salarisse, betaal Kubaanse salarisse en die verskil eindig iewers elders op?) Is dit waar, mnr die President? Dit is tyd vir baie harde en baie moeilike besluite of die waarskuwing van die Britse politikus Lord Acton (Power tends to corrupt and absolute power absolutely) kan hier as rigsnoer gebruik word. Dit is tyd om te erken waar daar verkeerd gegaan is, manmoedige besluite te neem, en die pad te loop om dit uit te voer. Die nasie wag mnr die President en die uurglas loop uit. Mag jou oordeel jou nie in die steek laat nie en jou hand die regte goed vind om vinnig korrek te doen.
Prof André Duwenhage
NWU 2020-05-01
*
"Dit wil voorkom of die regering totaal magsdronk geraak het en vae regulasies word aan wetstoepassers oorgelaat om self in detail te vertolk."
-VF Plus
*
Soos lank gelede kom die skok eers na die tyd. Korff voel asof die hare op sy arms en nek begin regop staan. Dan begin hy bewe. Eers net ‘n rilling wat deur sy lyf gaan, maar dan word dit meer en hy lyk asof hy erge koue koors het, soos iemand met malaria. Sy asemhaling is vlak en vinnig, met sy hartkloppe diep en stadig. Sweet bars op sy voorkop uit, ten spyte van die koue van die winter-laatmiddag. Hy draai die venster oop en suig die koel lug wat inwaai, diep in.
Dit het maar netnou gebeur. Hy ry nie vinnig nie, sowat sewentig kilometer per uur, waar die groot GM V8 gelukkig is en so min as moontlik diesel gebruik. Hy moes vir die oomblik sy waaksaamheid verslap het, want die skielike samedromming van bykans ‘n honderd honger manne en vroue om sy voertuig, het hy glad nie verwag nie. Hy kon sekerlik probeer deurjaag het, maar trap rem, verminder die snelheid en kies eerder die veld binne.
Daar is ‘n skuins bult aan sy regterkant en hy moet noodgedwonge, in plaas van dwars, dit met ‘n hoek opgaan. Dis hoër en langer as wat hy verwag en vir ‘n paar angstige oomblike voel dit asof die Nissan na sy linkerkant wil oorval. Die groot agterste bande maal en skop klosse gras, grond en klippe uit. Skielik is hy bo en die voertuig tel weer spoed op. In sy tru-spieëltjie sien hy die skare agterna kom en hy trap die versneller dieper in. Die bosse en struike gee voor die groot, swaar buffer pad.
In plaas van veld is daar net sowat veertig meter droë grond en dan is daar ‘n vlak plaasdam reg voor hom. Daar is geen kans dat hy links of regs verby kan gaan nie.
Met ‘n angstigheid in sy hart en ‘n prewelgebed op sy lippe, ry hy die water binne. Dis dieper as wat hy verwag en die voertuig se enjinkap druk ‘n golf water voor hom uit. Hy skakel na vierwieldryf, maar voel steeds hoe die beweging van die voetuig minder word, al gaan die toere op.
Hy het nooit die voorste vryloop-nawe ingedraai nie en ten spyte daarvan dat die oordrakas na vier-by-vier gekoppel het, draai die voorste ewenaar vry. Dit help nie dat hy die versneller verder intrap nie; dit veroorsaak bloot dat die groot agterwiele dieper in die los modder insak.
In sy tru-spieëltjie sien hy die voorste manne die dam inhardloop. Hulle spoed is natuurlik deur die water verminder, en hulle swaai hulle arms skouerhoogte om hulle lywe te probeer aanhelp en ook balans te hou. Een val in die water neer, maar is gou weer op. Die geskreeu van die klomp is nou duidelik. Die manne fluit tussen hulle gevoude lippe en tande deur in ‘n tipies-Afrika manier.
Korff neem ‘n vinnige besluit. Hy maak die deur oop en sien die water is tot teenaan die onderkant daarvan. Hy vat die groot .44 Desert-Eagle, knip die swaar veiligheidsknip vorentoe en op, vat vinnig korrel op die voorste lyf en dan knal die skoot.
Die dawer van die dik, swaar koeël, drie honderd voet per sekonde vinniger as die snelheid van klank, vul die lug. Dit tref die man vol op sy borsbeen en spandeer sestig persent van die bykans agt honderd voet-ponde energie in sy hart en long, bars by sy rugstring uit en spat die water ‘n paar meter agter hom op.
Die semi-outomatiese wapen, wat as gevolg van die feit dat dit soveel energie onder bedwang moet hou, met gas wat die aksie sirkuleer, is feitlik onmiddellik weer oorgehaal en hy kan die volgende teiken soek. Daaarna klap die skote so vinnig as wat hy die sneller kan trek. Twee skote is mis, maar die ander ses tref hulle teikens, met ewe verwoestende effek. Die opgewonde skare is skielik nie meer so angstig om by hom te kom nie en val terug na die oewer van die dam.
Korff gooi die swaar pistool terug in die voertuig, en loop met die wiel en daarna op die buffer na die ver-kantse wiel. Hy buk af, draai die vryloop-naaf en as hy terugkom, die ander een.
Terug in die kar, koppel hy weer eerste rat en die voertuig spring as’t ware vorentoe as die voorste wiele nou in die modderige bodem byt. Dit word al dieper en hy is bly dat die snorkel hoog bokant die windskerm lug insluk. Water begin insypel by die deure en hy buk sover as wat hy kan, gryp die pistool van die vloer af, en gooi dit op die paneelbord.
Die water spoel nou vrylik oor die enjinkap en selfs met vierwieldryf voel Korff hoe die sneheid weer afneem. In die ry gryp hy die pistool, knip die leë magasyn uit en druk ‘n vars een by die greep in. Hy pluk effens aan die sluitstuk en dit beweeg vorentoe, haal ‘n nuwe rondte uit die magasyn en is weer gelaai.
Vir ‘n paar hartklop-oomblikke staan die voertuig botstil. Korff draai angstig die stuur links en regs en weer links, sodat die groot Coopers meer vasbyt kan kry. In sy tru-spieëltjie sien hy weer die massa mense die water inbeweeg. Dis nou ook vir hulle diep en hulle loop stadiger. Hy gryp die deurhandvatsel om oop te maak, en op daardie oomblik voel hy hoe die swaar kar effens beweeg, dan vinniger en, al is die water nog diep, kan hy sien dat daar weer ‘n golf oor die enjinkap spoel en langs die ruite verby.
Die fris diesel se uitlaat is onder die water en hy kan net aan die toereteller en die dreuning onder die enjinkap hoor hoe dit trek. Meteens is dit asof die water en modder hulle greep op die voertuig verloor en die snelheid neem toe, sodanig dat Korff twee en later derde rat in laestrek kan koppel. Die neus lig en hy is uit.
Korff is skielik kwaad. Hy hou stil, vat die wapen en klim uit. Die mense is nou driekwartpad deur die dam. Die naaste een is sowat vyftig meter weg as hy die skoot trek. Dis mis. Hy haal diep asem, hou die breë voorste visier stil op die man se bors en trek die skoot. Hy verdwyn onder die water in.
Die opgewonde geskreeu van die aanvallers verander weereens in gille van angs. Hulle draai om, beur dan met soveel spoed as wat hulle kan weer terug na die oorkantse wal en spartel, ploeg, val en swem op ‘n manier om weg te kom van die man met die pistool. Baie van hulle is nou erg moeg en val in die water. Sommige verdrink.
Dit was tien minute gelede. Nadat hy weer aan die beweeg kom, en die koue bedaardheid plek maak vir skok, begin hy bewe.