In 'n staatsrede wat swaar op die ekonomie was, was president Cyril Ramaphosa meer presies oor hervorming van reguleerders as oor veiligheids- en teenkorrupsiemaatreëls wat flou beloftes gebly het. Dit dui op 'n ver van die verenigde front regoor die regering.
*
"Uiteindelik sou die winste van die demokratiese era verlore gaan. Die wye hek gaan oop na 'n pad van bankrotskap. 'n Soewereine skuldkrisis is wanneer 'n land nie meer die rente of hoofsom op sy lenings kan terugbetaal nie. Ons is nog 'n entjie daarvan af. Maar as ons nie nou optree nie, sal ons binnekort daar uitkom."
*
“Daar is nie geld nie, maar die president is die staatshoof en sy plig is om die rigting te skets wat ons vanjaar gaan inslaan. Daarom sal ons hulpbronne in ooreenstemming met daardie rigting moet vind,” het hy gesê.
*
Staatskorrupsie, 'n kwynende ekonomie, verbysterende werkloosheid en ongebreidelde misdaad boaan 'n lang lys ellende wat die voormalige vakbondaktivis wat 'n magnaat geword het, in die gesig staar. In ’n simbool van die nasie se probleme sal Ramaphosa sy jaarlikse toespraak vanuit Kaapstad se stadsaal, pleks van die tradisionele parlementsgebou, lewer. 'n Brand wat op 2 Januarie deur 'n brandstigter gestig is, het die Nasionale Vergadering, die simbool van Suid-Afrikaanse demokrasie, vernietig.
In die verlede was die Staat van die Nasie 'n glansryke viering van Suid-Afrika se vooruitgang weg van sy wit oppergesagsverlede. Wetgewers het dit bygewoon in fynheid wat meer geskik is vir 'n Hollywood-rooi tapyt.
Staatsrede 'was ‘n massiewe skuif', maar ander sê ‘weer slegs leë beloftes’.
*
Nou is albei raffinaderye in Durban gesluit.
*
Twaalf duisend polisiemanne sal nie anargie keer nie - Maroela Media
*
McKaiser waarsku egter daarteen om die politieke leierskapbalk te laag te stel. Hy stoot terug teen diegene wat die president prys vir sy "eerlikheid", en vir die neem van verantwoordelikheid vir die verskillende regeringswakhede onder sy leierskap.
*
Robyn loop om die kragopwekker se diesel aan te vul. Daar is gelukkig nog vyf kanne brandstof en as sy mooi werk, met net ‘n uur elke dag, is dit dus ‘n honderd dae, oftewel drie maande en tien dae. Min of meer. Die kan die naaste aan haar is vol en sy sukkel effens met die gewig daarvan. Sodra sy die tuit aan die bokant vasmaak, ruik sy dis nie diesel nie, maar die oorweldigende reuk van petrol maak dat sy wil nies. Wat ‘n teleurstelling! Dit maak haar aantal dae met twintig minder, tensy sy haar tyd elke dag na ‘n driekwartier of selfs ‘n halfuur verkort.
Dit tref haar dat die ander kanne dalk ook petrol kan bevat en sy maak hulle een vir een oop. Nee, dis net hierdie een kan, maar sy onthou ook dat haar man nog ‘n twintig liter kan in die pakkamer gehou het vir die grassnyer. Sy maak die kragopwekker vol met diesel en is dankbaar dat hy net so tien of elf liter neem voordat hy vol is. Sy hou die petrolkan eenkant en hoop sy kan dit iewers ruil vir diesel. Met dié gedagte in haar kop, loop sy pakkamer toe en gaan soek die ander kan, wat inderdaad amper vol is met petrol.
Na ‘n eenvoudige middagete van koffie en beskuit, met nagereg van drie blokkies sjokolade, die huis weereens suiwerskoon, gaan sit sy en die honde in die voorhuis. Met haar voete gemaklik gerus op die voetbankie, begin sy ontspan en daarmee saam loop haar gedagtes ook.
Sy dink daaraan dat haar ammunisie nie vir altyd sal hou nie en dat sy vir Jaap moet vra om haar touwys te maak met die sewe millimeter Mauser. Maar selfs dan is daar perke aan haar rondtes en tensy sy iets iewers kan ruil vir die drie kalibers, sal sy mettertyd haarself nie meer kan verdedig nie en niemand weet hoe lank hierdie anargie gaan aanhou nie. Sy moet een of ander plan bedink om die stropers skrik op die lyf te jag, sò erg dat hulle twee keer sal dink voordat hulle weer kom.
Dit druis teen haar beginsels van ‘n paar maande gelede in, toe sy geglo het aan leef en laat leef, maar dis nou sy of hulle en sy is nie die een wat moeilikheid soek nie. Wat haar aan die kan petrol laat dink, weet sy nie.
Lank gelede, toe sy nog op laerskool was, was daar ‘n boek oor mense wat in die Amasone probeer oorleef het. Hulle het meeste krisisse met roofdiere, slange en ander wrede goed oorleef, maar op ‘n plek in die boek is hulle bedreig deur ‘n soort kommandomier. Nie een nie, maar miljoene der miljoene wat alles in hulle pad doodgemaak en verswelg het. Na ‘n klompie mislukte pogings, het hulle uiteindelik ‘n sloot gegrawe, met petrol gevul en ‘n muur van vuur rondom hulle gemaak, wat so baie miere verbrand het, dat hulle weggetrek het.
Natuurlik kan sy wat Robyn is, nie ‘n sloot, al is dit hoe vlak en smal, oor haar hele grens met petrol vul nie, want sy het eenvoudig nie genoeg nie, in die eerste plek, maar ook tweedens dit sal in die grond wegsak of vinnig verdamp. En hoe moet sy weet wanneer daar weer ‘n aanval kom? Sy moet iets anders kry wat gaan werk. Sy wil van die plan afsien, maar iets in haar onderbewuste knaag aan die idee.
Dis vreemd hoe ‘n idee, wat, as dit eers in ‘n mens se onderbewuste vasgeval is, later tot verwerkliking kom as jy ophou om doelbewus daaraan te dink. Dis amper soos ‘n naam wat jou ontgaan, maar as jy later aan iets anders dink, dit skielik uit jou geheue op pop. Vir Robyn het dit ‘n dut in die namiddag en ‘n halwe nag se slap geneem. In die middel van die vroeë oggend, word sy skielik helder wakker.
Soos ‘n mens maar sou dink as jy in sulke ongurige omstandighede jou bevind, dink sy dadelik dis dalk iemand wat wil inbreek, of erger nog; iemand wat klaar in die huis is. Sy trek haar gordel styf, druk die rewolwer in die belt, vat die haelgeweer en flits, begin die huis deursoek, elke venster, elke deur, word versigtig, maar vining nagegaan. Niks, en as dit nie was vir die feit dat sy hulle wakker gemaak het nie, sou die honde steeds geslaap het. Sy gaan sit weer op die stoel, trek die kombers oor haar en dan besef sy wat haar wakker gemaak het: die petrol en die sloot.
*
Hermaans trek swaar. Dis maklik om in jou huis by ‘n verwarmer of lugreëling te sit, afhangende van die seisoen, op ‘n gemakstoel met ‘n bier of ‘n koppie koffie in die hand, weereens afhangende van die weer en te filosofeer oor die politiek en terugbaklei en selfs om te fantaseer oor die heldedade wat jy gaan aanvang as jy net die geleentheid kry; dis totaal iets anders as jy in die bosse of berg rondsluip, in koue of hitte, sonder veiligheid, sonder behoorlike kos of selfs water, laat staan nog iets lekker om te drink.
Hy is nie meer jonk nie en die min slaap wat hy kry, as gevolg van waaksaamheid wat noodgedwonge is, die hitte wat hom bedags tap en die koue wat laatnag oor hom sluip, put hom uit. Hy verloor gewig en sy lyf voel asof daar nêrens ‘n plek is wat nie seer is nie. Soms dink hy aan oorgee, maar hy weet nie eens waar om te gaan om dit te doen nie en aan wie? Daar is mos nie ‘n vorm wat ‘n mens kan gaan invul iewers om te sê jy het nou genoeg gehad nie?
Die ou geweer het deel van sy bestaan geword. Dis by hom, al loop hy, sit, eet en is selfs saam met hom onder sy komberse, soos lankal in die weermag toe hy diensplig gedoen het. Toe was hulle verplig om met die wapens onder die komberse te slaap. Dis mos hulle enigste en al vrou, meisie en ma in jou lewe, het die korporaal gesê. Nou verstaan hy. Maar behalwe vir al die vroue wat genoem is, is hierdie ook sy swaard, metgesel en beskermengel.
Hy is nie heeltemal seker waar hy is nie. Eergister het hy verby ‘n plaashuis geloop, maar hy het dit effens te naby gewaag en drie vinnige skote vanuit die opstal het hom die hasepad laat kies. Nie iets gevra of gewaarsku nie, nie gekyk na sy velkleur nie, net geskiet. En hy dink ook nie dis waarskuwingskote nie; daarvoor het dit te naby hom verbygetrek of in die grond vasgeskiet. Dit maak aanvanklik nie vir hom sin nie, totdat hy besef in ‘n tyd soos hierdie is niemand jou vriend nie, tensy jy hom of haar baie goed ken. ‘n Blanke kan net sowel jou vyand as vriend wees, elkeen ‘n potensiële vyand.
Teen laatmiddag het hy by ‘n ou boord verbygeloop en is dankbaar vir die drie mango’s wat nog nie gevrot het nie en nie deur bobbejane of ape gevreet is nie. Die een het wel ‘n slegte plek waar ‘n voël daaraan gepik het, maar hy sny dit nie eens uit nie; elke stukkie kos is belangrik en kosbaar.
Nog ‘n uur se stadige loop, met bene wat ouer voel as sy jare, knieë wat lankal so seer is dat hy hulle soms gewoond raak en kan ignoreer, soos kuiergaste wat te lank oorbly, en ‘n heup wat nou ook begin neuk, kry hy ‘n vlak stoompie uit ‘n fontein hoër op, onder ‘n effense groeisel jong bloekompies. Hy het genoeg daglig om ‘n plekkie skoon te maak van takkies en klippe, wat hy dan met blare en gras sagter maak, sy seiltjie oorgooi en sy kombers naby trek. Hy sal ‘n slaapsak of nog komberse moet kry voordat dit winter word, anders verkluim hy, dink hy by homself.
Vanaand waag hy ‘n klein vuurtjie, maak ‘n blikkie water warm en verbeel hom dis koffie. Teen middernag kramp sy maag van die honger en hy drink nog ‘n bietjie koue water uit die fontein. Oorlog is nie vir sissies nie.
*
Twee honderd kilometer suid van Hermaans lê Calvyn in ‘n bad sweet. Die wond is nie heeltemal sleg nie, maar die skok, trauma op sy liggaam en die naarheid van die afgelope weke se gebeure is skielik te veel vir sy liggaam om te hanteer en dit reageer met koors. Daar is niks wat hy daaraan kan doen nie en hy moet dit maar net verduur.
Dit neem hom drie volle dae, waarin hy soms in sy gedagtes begin dwaal, met drome, nagmerries en selfs angsaanvalle. Hy sien nie kans om op te staan en skoon aan te trek nie, selfs nie as sy blaas en maag gaan nie. Dis eers as die son opkom op die vierde dag, dat hy sterk genoeg voel om uit te strompel, homself te was en ook die vuil klere en beddegoed. Hy drink ‘n bietjie van die aanmaak-koeldrank en forseer himself om ietsie te eet. Sy beddegoed is nog lank nie droog nie, maar hy kan met moeite in die Land Rover kom, alhoewel hy ‘n ou plukkrat moes nadersleep om op te staan. Moeg, seer en moedeloos sit hy agteroor op die sitplek en wag. Wag vir die pyn om te bedaar, vir liggaamskrag wat terug moet vloei en sy gedagtes om georden te word.