Op Twitter het Anele nie teruggehou nie en ouers wat dit in hul huise moontlik gemaak het, gekap. Die mediapersoonlikheid het gesê ouers wie se kinders agter die voorval sit, moet oppak en Mzansi verlaat.
"Dit is maklik Hoërskool Jan Viljoen, as jou kinders nie met swart kinders skool toe wil gaan nie, pak jou k*k en verlaat SA. Ons gaan nie meer met rassiste onderhandel nie. P**s off".
*
Bheki Cele, minister van onderdrukking, sê Julius Malema, EFF-leier, het 'n komplot met Khehla Sitole, nasionale polisiekommissaris, probeer beraam om hom uit sy pos te laat verwyder.
Cele het dié bom laat val aan die begin van sy bydrae tot die debat oor president Cyril Ramaphosa se staatsrede (SONA) Maandag. Dit was nie deel van sy voorbereide toespraak nie.
*
Hy (John Steenhuizen) het gesê as die mosie verwerp word, sal dit as afdoende bewys staan dat Ramaphosa 'n "eensame president" is en niks meer as 'n "gerieflike front wat 'n gevoel van legitimiteit en ordentlikheid verleen aan 'n geheel en al selfdienende, nuttelose, korrupte regerende party nie".
*
JOHANNESBURG – Die jongste kwartaallikse misdaadsyfers, wat Vrydag bekend gemaak is, het onthul dat vrouemoord en kindermoorde steeds die hele Suid-Afrika teister.
Polisiebestuur en minister Bheki Cele het tussen Oktober en Desember 'n inligtingsessie gehou oor gerapporteerde misdade. Van die byna 6 900 mense wat vermoor is, was meer as 900 vroue en ongeveer 350 kinders.
*
Robyn het haar donkerste langbroek, swart bloes, en donkerblou baadjie aangetrek, die rewolwer in haar gordel, haelgeweer oor haar skouer en met ‘n paar geel (dis sigbaar, maar al wat sy het) handskoene en haar man se weermag balaklawa oor haar kop getrek, die huis net na donker verlaat. Sy het ‘n klein, flouerige Maglite flitsie en ‘n leë rugsak.
Vanoggend het sy al die beskikbare bure – dié wat nog hier aangebly het – vir al die polistireen gevra wat hulle het en kan spaar. Sy het ontwykend geantwoord en geglimlag as hulle haar vra wat die doel daarmee is. Daar was minder as wat ‘n mens verwag, miskien so ‘n halwe 210 liter drom vol. Dis nie genoeg nie en sy sien geen ander opsie nie, as om te gaan soek nie.
Met die diere in die huis toegemaak en net die ou hond, Bella, by haar, sluip sy deur die strate, op soek na ou polistireen. Bella is ongemaklik en grom effens elke keer as sy iets sien roer of wat net agterdogtig voorkom. Robyn is geskok oor die hoeveelheid rotte en muise wat ongehinded in die halfdonker rondskarrel. As sy stilstaan kan sy die fyn gepiep van die diertjies selfs hoor. Soos enige mens, man of vrou, is sy maar grillerig vir die goed en sy hoop net hulle hou hulle afstand.
Die huis van die Steenkamps is al vir weke ontruim en staan wydoop, die vensters en deure al verwyder deur informele bouers, en natuurlik is alles wat binnekant was, weggedra, behalwe vir ‘n ou TV-stel, ‘n boekrak boeke wat uitgegooi is en op die grond lê, ‘n stukkende stoof en ‘n ou staaldak - weermaghelm.
Die klein kombuis-asblikkie is uitgegooi en al wat daarin is, is ‘n paar stukkies plastiek en papier. Nie ‘n flentertjie kos of selfs bene nie, nie ‘n groente of vrugteskil nie. Na ‘n huiwering tel sy die rommel op, sit die asblikkie regop en gooi dit terug daarin. Robyn weet dit nie werklik nie en dit registreer nie nou al by haar nie, maar sy het die eerste treë gegee na die herstel en opbou van die land, wat iewers ver in die toekoms met ywer sal plaasvind.
Sy hoef uiteraard nie die deur oop te maak na die agterplaas toe nie, want daar is nie meer een nie en sy sien sommer dadelik dat die groot asblik ook uitgegooi is en behalwe vir ‘n paar stukkies polistireen-bakkies, is daar ook net plastiek en papier, met twee enkele leë boontjie-blikkies. Sy sit die polistireen in haar rugsak, gooi die rommel terug in die asblik en begin uitloop. Iets kriewel teen haar voet, onder haar skoensool, terwyl ‘n piepskreeu opklink. Sy skrik, en geskok pluk sy haar voet van die rot af wat sy raakgetrap het. Die skrik gaan oor in gril en sy is dankbaar dat sy die kort steweltjies aan het, anders sou die diertjie haar sekerlik aan die enkel gebyt het.
Na vier ure se gekrap in asblikke, loop deur leë en halfgebrande huise, is sy net bly dat daar nie lyke is waaroor sy hoef te klim nie. Sy sien egter dat daar heelwat rondloper katte is en op pad terug huis toe, sien sy in die verte ‘n klompie honde wat saamtrop. Dit gaan ‘n groot probleem word. Haar rugsak is volgeprop met die polistireen, wat ander mense soms “Styrofoam” genoem het. Sy het nie genoeg nie, maar dis ‘n begin.
*
Calvyn voel so swak soos ‘n pasgebore baba. Die drie dae se gesweet en rondrol, dikwels in ‘n halfbeswymende dwaling in die verlede, het die koors bedaar en hy word wakker met ‘n geweldige dors. Hy probeer opstaan, maar sy lyf is pap en sielloos swak. Die bottel water wat hy byderhand het, is feitlik leeg en hy vat die laaste paar slukkies sonder om sy mond weg te neem van die bek. Waar is hy? Die plek lyk vir ‘n paar verwarrende sekondes vir hom heeltemal vreemd, maar dan begin die herinneringe terugkom, eers vaag, maar dan eensklaps. Hy voel-voel vir sy wapens en is verlig as albei nog by hom is.
Dis asof die skok van die afgelope tyd se gebeure skielik ‘n adrenalienbruis deur hom jaag en hy kan genoeg krag bymekaar skraap om regop te sit en na twintig minute wankelrig op te staan.
Sy skouer is bitterlik seer, maar as hy die wond oopmaak, is dit wel rooi en geswel, maar lyk nie etterig en vol infeksie nie. Hy besef dat hy baie gelukkig is, want dit kan maklik ‘n man se dood veroorsaak binne dae.
Sy hande bewe as hy eers die Colt en dan die CZ se sluitstukke agtertoe trek om seker te maak daar is ‘n rondte in die loop van elkeen. Hy kyk ook of die magasyne vol is en die moeite om dit te kan doen, laat hom vir eers terugsak op sy slaapplek.
Dit neem nog ‘n volle halfuur voordat hy weer kan opstaan, en stadig na die voertuig terugstap. By die deur van die geboutjie raak hy duiselig en moet gryp na die kosyn om nie te val nie. Sy arms bewe soos ‘n baie ou man s’n, totdat hy beheer herwin. Die paar meter na die kar toe gaan al makliker, maar as hy kos en water gekry het en terugloop na binne, haal hy net-net die komberse, voordat hy gaan sit, op sy sy draai met sy knieë opgekrul teen sy bors en homself oorgee aan die swakheid.
Uiteindelik draai hy op sy rug en vat ‘n slukkie water uit die nuwe bottel, maar dit loop in sy keel af en hy verstik. Hy hoes en ruk en die beweging skeur deur sy skouer. Hy moet op sy tande byt om nie hardop uit te roep van die pyn nie. Hy kom weer effens regop, neem ‘n volgende slukkie water en dan moet hy uiterste selfdissipline aan die dag lê om nie die hele vyf honderd milliliter eensklaps op te drink nie. Na vyf minute neem hy ‘n happie sjoklade. Dit lê swaar in sy maag en hy ervaar ‘n erge kramp, maar dit bly darem af.
Na ‘n halfuur van vasbyt het hy die stafie opgeëet, nog ‘n bietjie water gedrink en, ten spyte van die pyn in sy skouer, raak hy aan die slaap. Hierdie keer rustig en sonder nagmerries.
*
Cas Blake het vir eers sy les geleer. Hy bly van die hoofroetes af en uiteindelik selfs van die grondpaaie af. Die pyn in sy bors is intens, maar hy ry aan. Soms laat sak hy sy linkerhand van die handvatsels af en druk met sy bo-arm en elmboog teen sy bors, as dit te erg word. Die fiets is gelukkig baie goed geveerd en die meeste hobbels en ongelykhede word deur die soepele suspensie opgesuig, maar daar is steeds ‘n terugvoering daarvan na sy beseerde lyf.
Na twee ure se versigtig ry, sien hy ‘n half-ineengestorte geboutjie aan sy regterkant en so ‘n halwe kilometer verder. Sodra hy naderkom, sien hy ‘n ouerige Land Cruiser buite die deur staan. Op die ingewing van die oomblik ry hy daarheen, klim versigtig van die fiets af en loop nader. Hy hou sy wapen so stil as moontlik in sy bewerige hande en loop binne.
Op ‘n bed van slaapsak en komberse lê ‘n man, doodsbleek en uitgeput. In sy hand hou hy egter ‘n pistool vas en die groot, ronde tromp wys reguit na Cas toe. Terwyl hy in die deur versteen staan, hoor hy die klik-geluid as die veiligheidsknip afgedruk word.
*
“Kan ek saam met Tannie gaan?”
Stef is meer as gereed. Hy het ‘n pistool aan sy heup, ‘n ouerige, maar heel bruikbare, goed-geoliede en gelaaide Brno .22 geweer in sy hande. Op sy rug is ‘n rugsak en Robyn kan sien dis plat en leeg.
“As jy graag wil, sal luister as ek praat en as jou ouers nie omgee nie.”
Stef is nog jonk, in sy middel-twintigs, korterig, maar baie fris en sterk gebou – spiere wat vir jare in ‘n gimnasium gekweek is en verhard deur harde werk. Hy lyk ywerig en dankbaar-bly om iets te kan doen, behalwe om takies in en rondom die huis te verrig. Dit val Robyn op dat hierdie tye baie moeilik moet wees vir jongmense, waar hulle nie meer elektroniese kommunikasie met hulle vriende kan hê nie, geen internet, geen speletjies nie. Die frustrasie moet uiteraard erger by hulle wees as by die volwassenes, wat darem in ‘n era grootgeword het voordat dit die norm was.
“Nee, dis fine by hulle, Tannie.”
“Nou kom.”
Daar is ‘n spreukwoord wat lui dat een man se gemors ‘n ander se skat is en Robyn sien dit meer sprekend as ooit vantevore. Waar die asblikke maande gelede sommer net uitgegooi is en rommel lukraak gestrooi is, soms om bloot ‘n punt te bewys deur ongelukkiges, word daardieselfde rommel nou elke dag deurgegaan, vir nog ietsie bruikbaar of om te eet. Ou bene is bymekaargemaak vir sop, die vrot blare en skille ook, plastiek, hetsy bottels of sakkies om skuilings mee te maak, klere te weef of wat ookal.
“Ons moet daar by die kaffee gaan kyk, Tannie. Ek sou dink dis al plek waar nog polistireen kan wees.”
Dis nie ver daarheen nie, miskien ‘n bietjie meer as ‘n kilometer van haar huis af, maar hulle loop versigtig, sover as moontlik in skaduwees, wat natuurlik volop is, noudat daar nie meer straatligte is nie. Die maan is egter vol en die twee moet pasop om nie daardeur verlig te word nie.
Wanneer daar ‘n geluid is, ‘n hond wat veraf blaf, ‘n kat wat iewers ritsel agter ‘n knaagdier aan, die windjie wat effens stoot, staan hulle stil en wag om die oorsprong te identifiseer. Dit neem hulle meer as ‘n uur om uiteindelik by die supermark aan te kom. Uiteraard is al die venters gebreek, die deure afgehaal en die plek gestroop. Daar is net leë rak na leë rak en sommiges is selfs afgebreek vir boumateriaal. Onwillekeurig wonder Robyn waar die plakkerhuisies opgerig word, want dis nêrens te sien nie.
Polistireen is baie bruikbaar, nie net vir verpakkings en vir Robyn se doeleindes nie, maar ook vir isolasie. Dit brand wel goed en kan vir vuurmaak dien, maar dit stink en maak baie rook. Dis grootliks agtergelaat en vertrap, maar sy en Stef kry genoeg om sy rugsak vol te maak. Die gewig daaraan is amper onvoelbaar.
By die kitskoswinkel langsaan is drie sakke vol houers waarin hamburgers, skyfies, vis en ander kos in verpak moes wees en alhoewel dit van die rakke afgepluk is, is dit nog ongeskonde. Robyn pak soveel as moontlik in haar rugsak, met die idee om môre-aand weer te kom haal. Stef staan by die deur wag en hy besef skielik iets.
“Tannie Robyn, kom gou hierheen!”
Robyn sit die vol, maar ligte rugsak op haar skouers en kom kyk wat aangaan.
“As ons agterom loop, kan ons op die dak klim en dan kan ons beter sien,” fluister Stef.
“Wat is dit?” vra sy effens verskrik.
“Kom!”
In die klein erfie agter die sentrum is ‘n skuins muur wat nog staan en ‘n leë, maar halfverbrande JoJo-tenk lê skeef daarteen. Stef klim rats op die tenk, die muur en dan die dak en steek sy hand uit om Robyn op te help. Sy gee eers die haelgeweer vir hom aan, vat sy hand en klouter agterna tot op die dak, waar hulle gebukkend loop tot op die verste punt. Van hier af kan hulle ver sien, tot by die plek waar die robot eens gestaan het, ver aan hulle linkerkant, by die ouetehuis en na die ander kant toe, teen die bult op wat berg toe gaan.
Die gesig wat hulle begroet is soos iets uit ‘n rillerfliek, “Zombies”, of “Walking Dead”, of so iets. Die hele teeroppervlak lyk asof dit lewendig is. Robyn neem ‘n paar sekondes om haar verstand rondom die besigheid te plaas. Tienduisende, miskien honderde duisende mense loop op die N1 in die rigting van Messina en Beitbrug, een honderd kilometer van hier af. Dis spookagtig stil, met net hier en daar ‘n gedempte grootmensstem, ‘n baba wat begin huil en dan stilgemaak word, voete wat te hard neergesit word as iemand effens struikel.
Stef beweeg tot teenaan haar, draai sy kop na haar toe, sodat hy in haar oor kan fluister.
“Waarheen gaan al die swartes, Tannie?”
“Ek sou sê hulle verlaat ons land. As ons swaarkry wat huise het, gewere en kos en water, hoe erg dink jy sal hulle gemors wees?”
“Is dit beter in Zim?”
“Ek weet nie, maar hier wag net ontbering, honger en dood op hulle.”
“Maar waarom?”
“Omdat hulle die regering vertrou het, net soos baie van ons in 1992.”