Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Ons hoor so dikwels iemand getuig van God of van sy Wonderdade. Indien so 'n getuienis meer tot eie eer van die persoon strek (wat dikwels die geval is omdat mense so graag hulle eie beuel blaas) as wat dit 'n opregte getuienis oor ons Lewende Drie-enige God is, is dit eerder 'n subtiewe wyse van laster.
BROKKIES UIT DIE BOEK –OUMANSLAND (2)
)
Dis amptelik: die Suid-Afrikaanse staat is bankrot. President Cyril Ramaphosa het dit weke gelede bevestig toe hy vrae in die parlement beantwoord het.
Ramaphosa se presiese woorde was: "Ons hulpbronne is nou uitgeput."
In eenvoudige terme beteken dit dat die regering nie meer geld het nie.
-Prins Mashele*
“My haat groei met 'n woede wat onbekend is en wat in my siel gebrand is. 'n Hartseer wat in woorde van stilte uitgespreek word terwyl my liefde vir die mensdom in vlak walging gesterf het!” Kopiereg: Retha Kelly
'n Perfekte storm. Selfstandige naamwoord...
'n Besonder hewige storm wat voortspruit uit 'n seldsame kombinasie van ongunstige meteorologiese faktore. 'n Besonder slegte situasie wat veroorsaak word deur 'n kombinasie van ongunstige omstandighede. "Die afgelope twee jaar was 'n perfekte storm vir die reisbedryf".
Wat beteken die frase "perfekte storm"?
'n Perfekte storm is 'n gebeurtenis waarin 'n seldsame kombinasie van omstandighede die gebeurtenis drasties vererger. Die term word analogies gebruik vir 'n buitengewoon hewige storm wat voortspruit uit 'n seldsame kombinasie van meteorologiese verskynsels.
*
Die stuk stomp wat Dawie op die kole gooi, maak ‘n klomp vonke wat vir ‘n vlietende paar sekondes die omgewing verlig. Dan bedaar dit en voordat die eerste vlamtonge aan die stuk hout begin lek, is daar ‘n paar oomblikke wat op eienaardige wyse lyk of dit vyf en dertig jaar van die manne afvat. Die plooie en bleskoppe, die grys hare en stewige pense verdwyn vir ‘n oomblik in die donker. Dan staan Dawie op en hy en die ander manne om die vuur lyk weer wat hulle is: middeljariges wat, soos elke jaar vandat die Kommando in 2003 ontbind het, bymekaarkom vir die aand. Niemand praat nou nie – die nostalgie wat die paar sekondes opgeroep het is oorweldigend.
‘n Buitestaander sou gou opmerk dat die manne min of meer dieselfde aangetrek is. Hulle het dit nie so beplan nie; dis nie ‘n informele uniform nie, dis bloot praktiese klere. Feitlik almal van hulle het kortbroeke aan, nie voetbal-tipe broekies nie, maar van sterk materiaal, met lussies waardeur ‘n leerbelt geryg is, donker groen of bruin, niks helder kleure nie, al is dit nog laat-winter en die aandluggie het nog ‘n byt in.
Die sterk bene is deur die bank bruingebrand, al is dit nog nie somer nie. Die meeste van hulle het ‘n warm baadjie aan van bruin, groen of kamoefleer-materiaal, maar nie met die SANW-patroon nie. Deur die bank dra hulle enkel-hoogte stewels. Die meeste van hulle gaan jag nog soms, vang vis en gaan skiet skyf op die ou kommando-skietbaan. Dis nie ‘n reël nie, selfs nie eens ‘n ongeskrewe een nie.
Indien jy verder sou oplet, sal jy kan sien dat op die meeste se regterheup, onder die baadjie, ‘n handwapen rus. Oor die algemeen het hulle nege millimeters, en die een wat die meeste verkies is ‘n CZ 75, maar hier en daar is ook ‘n ou .38 of ‘n .357 rewolwer. Hulle sal nooit die goed uithaal, daarmee spog of rondswaai nie. Daarvoor is die dissipline wat so lank gelede by hulle ingedril het, nog te sterk.
Nie een van die manne is ryk nie, maar almal van hulle is harde werkers. Dié onder hulle wat die afgelope tyd ekstra swaar getrek het, se vleis en dop is deur die ander verskaf. Die vleis en pap is reeds lankal opgeëet (niemand het slaai gebring nie; dis net vir wanneer die vroue saam kuier).
Behalwe vir Dawie, wat stilswyend by die vuur staan, sit die ander in ‘n kring om die vuur. Party manne het diep in die seilstoele ingesak, maar hier en daar sit een op die punt van die stoel, om nog ‘n bietjie hitte te kry. By Willie se stoel staan sy twee krukke. Hy het die afgelope drie jaar reeds twee knie-vervangings gekry. Dawie het ‘n hartoperasie gehad en hy sukkel nog om sy arms hoog te lig.
Die lighartige gesprekke is oor. Die goed wat maar gewoonlik by sulke byeenkomste is soos:
- “Wie van julle onthou die kompenie-sammajoor by 2SAI, die ou met die vals tande?”
- “Ek doen, AO Markram, dink ek.”
- “Het julle agtergekom dat al die opse blommename gehad het? Hoe skattiger die blom hoe bloediger was die ops?”
- “Wie van julle het ou Ernie Schiller geken?”
- “Hoekom het hulle majoor Rose die ‘KGB’ genoem?”
Niemand sal vanaand dronk of half-besope huis toe gaan nie, maar die brandewyn en Coke of die paar biere het net genoeg alkohol deur die brein gestuur dat die manne half melankolies word. En onvermydelik gaan die gesprek uiteindelik oor politiek.
“Ek het saam met ou Stofstrepie ‘n ops gedoen. Ek is maar bietjie teleurgsteld in die ou.”
“Ja, hy was deel van die uitverkopers”.
“Dink jy regtig so?”
“Wat dink jy? Ons het ons gatte af baklei sodat Pik en Frikkie en Roelfie ons in die rug kon steek. Hy kon dit in vier en negentig keer. Ons was reg vir as hy ons net laat weet het. Ek het my kit al in die bakkie gehad, my vrou gesoen en net gewag vir die opdrag.”
“Ja, en wat kan ons daarvoor wys? Willie het hoeveel spronge gedoen agter die lyne? En nou is sy knieë vodde.”
“Wat bedoel jy?” vra Willie. “Ek het nou nuwes. Dit het my nou wel my bakkie gekos, maar gee my nog twee maande en ek loop soos ‘n jong troep.”
“Ja, Willie. En waar was die Army toe jy hulle nodig gekry het?”
Daar is ‘n ruk stilte.
“Manne, ek voel aan my agterent, dis amper alweer sulke tyd.”
“Hoe bedoel jy, Manie?”
“Ek bedoel, Tim, kyk ‘n bietjie om jou rond. Nie een van ons is amper wel-af nie. Ons het vandat ons diensplig begin het, nog nooit loodgeswaai nie. Joe het sy werk verloor, Piet het twee besighede verloor, Manie se vrou het hom gelos. Herman se pa is hier anderkant doodgeskiet. So kan ek aangaan. Barries, wie se plaas hierdie is, gee nie eens om as die regering dit onteien nie, hy is eintlik uitgeboer. Maar gaan kyk daar in die nuwe uitbreiding – hoeveel dubbelverdieping huise is daar? Hoeveel Range Rovers en Benz’e? Ons kinders kry nie werk nie, al het hulle grade. Die ryk ouens het land-uit gevlug. Waar los dit ons? Met ‘n ronde vet nul.”
Dawie hou sy regterduim en wysvinger in ‘n “O”, of ‘n nul.
“So, waar los dit ons?”
“Wel, boys, ons is die ou reaksiemag van die Kommando. Een van die dae sal ons weer moet reageer.”
“Dawie, wat kan ons doen? Ons is oud, het ons oorlog gehad en wil nou net aftree en ons kinders sien voorspoedig wees en ons kleinkinders sien grootword. Oorlogspeletjies is vir jongmanne.”
“So, Tim, jy sal eerder jou seun en jou skoonseuns laat doodgaan?”
“Wie het gepraat van doodgaan. Wat jy nou praat het hulle in die ou dae ‘sedisie’ genoem, boet. Hulle kan jou toesluit vir wat jy sê.”
“En wie gaan uitpraat, Tim? Ons ouens het saamgekom van net na die Grenstyd af. Ek en Cas het saam basies gedoen. Ons het vir Lou op die Grens gekry. As ons mekaar teen dié tyd nie kan vertrou nie, weet ek darem nie.”
“Ek dink niks gaan gebeur nie. Ons sal soos Zimbabwe net al verder in die gemors afsak, maar niks meer nie. Die regering sal net meer geld in die put afgooi om Eskom, SAL, SABC, Denel en al die ander ANC-mislukkings te finansier. Ons rand sal in sy maai val, ons gaan al meer vir petrol betaal, ons gaan werkloos raak en ons pensioene raak niks werd nie. Maar dis al. Die regering weet hoe om ons wit ouens te melk, maar hulle sal nie oorlog maak nie.”
“Tim, sterker, beter lande het al geval. Wat maak ons so anders?”
“Nee, jy sal sien, iemand het ‘n plan.”
“Watse plan? Nee, boet, jy droom van koekies in die weeshuis. So seker as wat ek en julle vanaand hier sit, so seker is ons op die randjie van oorlog.”
“Goed, Dawie. Sê jy is reg. wat kan ons doen? Kyk daar sit Willie. Hy kan skaars loop. Driekwart van julle het rug of knie of heup probleme. Helfte van ons het suikersiekte. Jy het ‘n hartoperasie gehad en jy kan skaars jou geweer optel, never-mind mik met die ding. Ons beteken niks, my maat. Nie een van ons kan ‘n twee komma vier loop nie, laat staan nog hardloop. Nie een van ons het ‘n outomatiese geweer soos ‘n R4 of R1 nie. Wat gaan ons doen teen die polisie of weermag wat honderde duisende van die goed het?”
Lang Koos van Deventer het met ‘n stok in die kole gesit en krap terwyl die gesprek hetig raak. Nou staan hy op, rek sy lang lyf uit en dan begin hy praat.
“Tim kom laat ek jou iets vertel. Het jy geweet, in die Tweede Wêreldoorlog, toe die spul lekker aan die gang was, het die Engelse vir die ou SAW gevra om vir hulle skerpskutters te voorsien? Toe het hulle skielik onthou hoe ons oupa-grootjies hulle laat les opsê het in die Boere-oorlog. Ek kan nie onthou wie die kolonel was wat toe ‘n klomp ouens opleiding in vér-skiet gegee het nie, maar een van die voorvereistes was dat hierdie ouens ten minste veertig jaar oud moes wees. Jong manne raak verveeld, dink te veel aan seks en het nie die senuwees om stil te lê en ordentlik te skiet nie. Dink maar aan ons tyd: wie was die beste skuts? Nie jong outjies nie, nee, ou manne! Daar word in elk geval hopeloos te veel waarde op fiksheid en hardloop gestel.”
“Maar dit bring ons steeds by ‘n klomp ou kroks, ek en julle. Ons beteken nie eintlik iets nie.”
“Nee, Tim. Dis nie waar nie. Ons het opleiding en meer as dit: ons het ervaring. En jy praat van semi-outomatiese of outomatiese wapens. Het jy al met ‘n R1 op Afrikaans geskiet? Dis net in flieks waar die manne vol-outmaties kan skiet en elke skoot tref. In die werklike lewe werk dit nie so nie. Hy klim na die eerste skoot al so hoog dat jy alles die lug in skiet. R4’s is baie beter met hulle klein kaliber, maar ook nie so erg nie. Ons het vir ‘n hele dag op die skietbaan proewe gedoen. As jy teikens vier meter uit mekaar sit en die magasyn leegmaak, van een kant na die ander, hoeveel skote dink jy tref die teiken?”
“Ja, Koos. Ek was daar. Minder as tien persent, as ek reg onthou.”
“Ja. Dit wil sê een uit elke tien. Met ‘n R1? Een uit twintig. Dis anders as jy ‘n MAG het of so iets, wat gebou is om die terugskop sò te hanteer dat dit op teiken bly. Maar vat nou vir Dawie. Hy het ‘n ou drie-nul-drie. Die ding het ‘n tien-rondte magasyn en as hy een in die loop los, elf. Maar as hy op drie honderd gaan lê, skiet hy ten minste agt op teiken. Ek wed jou die moderne SANW-troep skiet zero raak op drie honderd. So, dis beter om iemand een skoot met ‘n stadige geweer raak te skiet as dertig mis met ‘n vinnige een?”
“Okay. Sê jy is reg. Wat kan ons doen? En hoe kom ons naby genoeg aan die vyand as ons almal oud en kruppel is?”
“Baie. Eerstens, ons het vierwieldryf voertuie, bakkies en skoeters. Dit behoort ons naby te bring – en weer ver genoeg weg as dit moet. Die voordeel van ouer wees - en die jongste van ons is Pokkel, wat agt en veertig is – is dat ons nie bang is nie, want ons is amper al dood, daar is op elkeen van ons al geskiet, ons weet dus wat om te verwag, ons het nie veel om te verloor nie, ons het baie opleidingsjare tussen ons en die grootste voordeel is dat ons moerig is. Dit tel die meeste.”