Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Die dood is nie verskriklik nie; dis die gedagte aan die dood wat verskriklik is. Baie ouers staan skuldig aan hierdie gevoel van verskrikking wat ons kinders ervaar omdat dit by hulle gesien word. Die dood is nie die vyand nie; om in konstante vrees daarvoor te lewe, is wel.
BROKKIES UIT DIE BOEK KLEINSKEER (14)
KLEINSKEER
geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
(Die storie volg in Afrikaans onder die inligtingstuk)
Colonel Frans Mathipa was shot in the head and killed by unknown assassins on Sunday, 6 August. Who are the skilled shooters who murdered a seasoned investigator in the Hawks’ Crimes Against the State Unit? Is there a link to a SANDF Special Forces unit that is alleged to have abducted civilians suspected of being Isis terrorists? What was this unit of Special Forces operatives doing on the quay in Simon’s Town when containers were loaded off and on the Russian vessel the Lady R in December 2022? Open Secrets investigates.
*
Swart skryf onder meer dat twee vraghouers vol AK47’s en meer as ’n miljoen rondtes ammunisie wat in Julie laas jaar gesteel is, nooit teruggevind is nie. Sy sê die toerusting wat toe by gemeenskapsradiostasies gesteel is, gaan in die voorspelde nuwe anargie gebruik word. Daar is boonop meer as R120 miljoen by kitsbanke gesteel wat nou as finansiering gebruik kan word.
*
On 7 December 2022, the Russian-registered Lady R cargo ship docked in South Africa’s most important naval base — Simon’s Town. What was loaded on and off the vessel in the middle of the night under armed guard is the source of an international mystery and at the centre of a rift between the governments of South Africa and the United States. It has also caused more hardship for our working people battered by the ensuing storm of currency depreciation and rising fuel and food prices.
We don’t yet know what was loaded on and off the vessel. However, while all attention has focused on the Lady R, there has been far less scrutiny of what was happening dockside. A day after the ship docked in Simon’s Town, on 8 December, keen observers spotted two large commercial trucks carrying containers, a motorised crane belonging to a private contractor and three luxury German vehicles parked opposite a sports field in Simon’s Town. A convoy of these vehicles would move by the cover of load shedding after 8pm to move containers off and then on to the Lady R.
The shipping containers that were loaded on to the Lady R were transported by a large Gauteng-based company, Jacobs Transport. Its social media pages are awash with images of big trucks and branding with a distinctly American muscle car edge. Jacobs Transport’s services include what its website calls “explosives transport” and UN Class 1 freight. This category of cargo is generally dangerous and includes explosives that are a mass explosion hazard. Typically, such cargo would be transported for a small group of customers such as the mines and the military. Jacobs Transport also boasts on its websites that its trucks are all fitted with trackers and live cameras.
Parked next to the trucks and their cargo are three vehicles: two Mercedes-Benz Kombis — one white, one silver — and a black BMW. Open Secrets can confirm that at least one of these vehicles, the white Mercedes-Benz, is registered to an SANDF-controlled front company. The front company is a cover for operations conducted by the SANDF 5 Special Forces Regiment based in Phalaborwa in Limpopo.
*
“Verbrande Engelse gemors!”
“Hoekom vloek Oom so?”
Die hittemeter op die voertuig het stadig maar seker verby die halfpadmerkie beweeg en raak aan die rooi as Skeer by die vulstasie intrek. Die joggie maak die verkoeler byna vol water, gooi anti-vriesmiddel in en beveel aan dat Skeer eerder na die kar laat kyk.
“Meneer, hierdie is een allemintige lorrie, hoor! Maar as ekke jou kan advice gooi, vat hom eerder terug na die Kaap toe. Hier is nie specialists nie. Ek sal vir jou een van myse tjommies se nommer gee. Hy ken hierdie mouters baie goed.”
Skeer, soos baie ander manne, gee nie om om te ry nie, maar haat dit om terug te ry. Nadat hulle weereens ontbyt gehad het, draai hy die Land Rover Kaap se kant toe. Met die nommer van die joggie se tjommie op ‘n stukkie karton uit ‘n sigaretpakkie geskryf in sy hempsak, twee vyfliter kanne water en met baie ongeduld in sy houding, ry hulle stadig terug. Elke paar minute hou hulle stil om die kar af te koel.
*
Daar is iets anders aan die ou Duitse pistole soos Lugers en Walthers. Miskien die feit dat die loop in geheel voor by die wapen uitsteek, die soliede gevoel van die greep, die hoek waarmee veral die ou Lugers se greep teenoor die loop lê; iemand wat hulle ken sal vertel dit is bloot net anders. Miskien nie beter nie, maar anders. Op ‘n manier is daar die gevoel van sekuriteit wat die ou wapens verskaf, die inherente akkuraatheid, niemand kan met sekerheid sê nie. Rob het al duisende skote met die wapen getrek en hy is seker hy sal nie mis skiet nie, al verberg die dik knaldemper die voorste visier en maak dat die agterste een totaal en al nutteloos is.
Hy besef nou eers die malligheid daaraan om die dreigement te maak dat hy een ontvoerder elke uur sal skiet – dis bloot fisies onmoontlik vir een man om dit te doen. Tog staan hy in die diep skaduwees wat die ou Kaapse eikeboom bied en wag. Dis amper sesuur en Jos Pieterse het nog nie opgedaag nie. Hy hou sy horlosie dop, maak seker die Walther is gespan en die haan teruggetrek – immers was die pistole die eerste om ‘n “hammer-drop” funksie te hê, waar die haan veilig op die agterkant van die sluitstuk val as jy die veiligheidsnip afdruk. Die wapen is dubbelaksie, maar met die haan teruggetrek, akkurater.
Asof hy dit gereël het, hou die Porsche Cayenne vier minute na die uur stil by die buitehek van die huis in Bishops Court, een heeltemal uit pas met die res van die minderwaardige wonings van die omgewing. Rob haal diep asem, beweeg effens na sy regterkant toe, hou die wapen reguit voor hom, na waar Jos in die ligte sal afgeëts wees.
Jos is miskien, wat voorkoms betref, heeltemal die onverwagte. Anders as die uitspattigheid waarmee sy kollegas uitgedos is, het hy bloot ‘n rooi T-hemp en denim langbroek aan. Sy skoene is gelerige Nikes en hy het ‘n normale (indien daar so-iets is) haardos. Die enigste uitermate uitrusting is die groot, nagemaakte Duitse Ysterkruis wat aan ‘n dik verchroomde ketting aan sy nek hang.
Wanneer hy uit die kar klim om te kyk waarom die hek nie met die afstandbeheer oopgaan nie, is daar ‘n ewe “normale” CZ PO9 pistool in sy regterhand. Hy kry koud, maar het nie verwag om tyd buite die kar deur te bring nie en die motorhuis is immers verhit om die Porsche te beskerm, met ‘n deur wat direk na die huis lei.
Wanneer hy die ewe dik ketting om die hek en die hekpaal sien, en met die skielike wete dat iemand dit doelbewus daar aangebring het, slaan die koue besef tot hom deur dat hy blootgestel is; ‘n duidelike teiken in sy kar se hoofligte.
Ten spyte daarvan dat hy sy oë inspan om die skemerdonker in te sien, die pistool wat hy wild van een na die ander moontlike teiken swaai en na elkeen ‘n angstige skoot skiet, weet hy dis te laat. Met die bendegevegte wat sporadies uitbreek, is niemand geskok as die skote wild klap nie.
Die 127 grein holpunt 9mmP rondte uit Rob se wapen tref hom reg onder sy ken, in die kuiltjie bokant sy nek.
Sy lyk word nege minute later ontdek as ‘n buurman agterkom die Porsche staan steeds met die bestuurderskant se deur oop. Na ‘n oomblik se huiwering buk hy af oor die lyk, wat geensins vreemd is vir die omgewing nie, en neem die man Jos se pistool, hardloop haastig terug huis toe en sorg dat die deure en gordyne dig toe is.
Nog twee minute later loop Jos se dogter buitentoe om ook te gaan kyk waarom haar pa nie inkom nie, al staan sy kar daar. Sodra sy hom sien lê, met die bloed wat ‘n beduidende plas rondom sy liggaam gemaak het, hardloop sy ewe angstig terug huis toe, en sodra sy die deur agter haar toegeklap het, bel sy Jos se vennoot in sy drankwinkel en snuisteryebesigheid.
“Oompie, hulle het vir dêrrie geskiet!”
“Bedaar, doggie, wie nou is ‘hulle’?”
“Ek sweer dis Esel Janties en sy spul. Ja, nou dat ek daaraan dink – ek het hulle vên gesien wegry, ek sweer!”
Natuurlik het sy niks gesien nie, maar die jarelange vyandigheid tussen haar en die Jantjies-dogter neem rede en nugterheid se plek in.
“Sit neer, Pop en maak sorg dat jy wegkruip. Ek handle dit van hiersô af!”
Bokkie “Blougat” Joubert, wyle Jos se vennoot, bel onmiddelik sy “A-Team”, bestaande uit sewe van die mees gewetenlose bendelede in hulle groep.
“Tiens, Esel Jantjies en sy gespuis het vir Jos geskiet. Hulle wil nou hier onse beesgeit oorvat. Jy weet waar hy dié tyd van die aand is. Vat hom en sy se makkers uit. Nou, dadelik!”
Voor middernag is ‘n grootskaalse bendegeveg aan die gang en agt bendeleiers word geëlimineer deur die opposisie.