Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Meestal roem ons op onsself wanneer ons groot hoogtes bereik het. Eintlik weet ons dat die Here daardie talente en vermoëns aan ons geskenk het maar ons dink nie veel daaraan nie en word graag voor ander mense vereer. God sê in Exodus 28 aan Moses om met die kunsvaardige mense te reël om vir Aäron heilige klere te maak waarin hy die Priesteramp sal beklee; en dan maak God dit duidelik wie daardie kunsvaardige mense is: ...wat Ék met die gees van wysheid vervul het..." Laat ons deurentyd die eer aan God gee vir al ons prestasies, dit kom Hom toe.
BROKKIES UIT DIE BOEK KLEINSKEER (17)
KLEINSKEER
geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
(Die storie volg in Afrikaans onder die inligtingstuk)
If you ask how these next waves can be avoided, the most compelling answer now is the complete defeat of the ANC so that it is out of government. Short of such an outcome, and short of a sincere effort to jail the corrupt in its ranks, our assessment is ever more that the ANC in government will repeat the cycle of state capture time and again, simply changing the source of finance ahead of each new wave.
*
A senior ANC leader once told me that what the party desired was a model of ‘sustainable wealth extraction’ in which the party, through the state, could draw wealth out of the country without driving investment out of the country – but bemoaned that greed and infighting among cadres was so great that they could not help but destroy the institutions they were deployed to lead.
*
Business Unity SA (Busa) has called for the Unemployment Insurance Fund (UIF) to be placed under immediate administration, citing systemic dysfunction and deep corruption within the organisation. Cosatu said it supported the call by business and that it would be seeking an urgent meeting with the presidency.
*
Soos ‘n seuntjie wat met sy pa se vuurhoutjies ‘n graspol aansteek en nie verwag dat hy die hele omgewing sal afbrand nie, net so min het Rob en Bert voorsien dat dit wat hulle begin het, sulke geweldige gevolge sal hê.
Jos Pieterse se liggaam was nog nie koud nie, of sy volgelinge het die naaste bende tromp-op geloop met al wat beskikbare snellervinger is. Hulle volg die ou “struggle”-slagspreuk van “an injury to one, I an injury to all” en binne ‘n halfuur se frenetiese uitruil van skote, is daar nege van die Bounty Boys in plasse bloed agtergelaat. Petie “Dogface” April het ‘n vleiswond aan sy arm opgedoen, maar dis al. Nog vol van ‘n andrenalienbruis, laggend en bewend na die opwinding van skiet en doodmaak, word die voordeur van Jos se huis, waar hulle nou bymekaar is en die slag met ‘n glasie elk Johnnie Walker vier, oopgeskop en vyf manne, gewapen met vol-outomatiese gewere storm binne en sonder enige diskriminasie, skiet hulle in die bondel manne en een vrou in.
Dousie, wat op pad na die voorhuis was met ‘n skinkbord Salty Cracks, met margarien en kreefhappies, laat val die hele lot en hardloop badkamer toe, waar sy die deur sluit en die leier van die Neversweats haastig bel. Hulle lê die vyf Bounty Boys voor sodra hulle by die voorhek uithardloop.
Die eerste polisievoertuie daag drie ure later op – hulle glo die gevaar moet eers self sy loop neem en uitwoed voordat hulle inmeng – gevolg deur nog nege ander, wat drie Nyalas insluit. Taakmaglede maak mense, skuldig of onskuldig bymekaar, maar onttrek strategies sodra vier ander bendes op mekaar begin skiet, met hulle, die dienaars van die gereg, in die kruisvuur gevang en hulle wag eerder in die veiligheid van die stasie op die koms van nòg polisiebeamptes en ‘n kompenie soldate vanaf Kaapstad.
Kruitrook meng met die steenkoolrook van koolstowe en kaggels, met skote wat dwarsdeur die nag klap, dwarsoor die hele Kaapse Vlakte. Van die ontvoerders, of mense wat saam met hulle geëien kan word, sterf elf voor dagbreek. Almal van hulle is op die lys wat Rob en sy kennisse saamgestel het en op Facebook geplaas het.
Natuurlik kry stories stertjies en oral op sosiale media word die gebeure opgeblaas, totdat selfs mense oorsee daarvan bewus is. Met ‘n lang draai, dit wil sê vanaf ‘n oord baie Facebookmure weg van die oorspronklike plasing af, kry Bert se vriend, Ricus, ‘n boodskap waarin berig word dat die twee kleintjies by die polisiestasie op Claremont afgelaai is, fisies ongedeerd, maar baie getraumatiseerd.
Met die Touareg neem dit slegs ‘n kwartier om by die polisiestasie te kom. Die polisiemanne het die kinders so gemaklik as moontlik gemaak en as hulle daar kom, sit ‘n stewiggeboude vrou in uniform met die twee en gesels. Sodra Bert en Rob hulle sien, loop die trane amper ongestoord uit hulle oë. Hulle gee nie om wie hulle so aangedaan sien nie en wat iemand daarvan sou dink nie. Die afgelope tyd se spanning, angs, afwagting, onsekerheid en natuurlik die impak van die geweld, is veral vir Rob op die oomblik net te veel.
Die twee kindertjies wikkel hulle onder die nie-baie-skoon roomkleurige kombersie, wat iewers seker uit ‘n kantoor kom, uit en hardloop na hulle pa en oupa toe. Binne Klein-Bert se handjie is ‘n geheuestokkie met kleefband toegeplak.
*
James Glieck haal in sy boek “Chaos Theory” die ou Chinese spreuk aan dat ‘n skoenlapper sy vlerke klap en aan die anderkant van die wêreld veroorsaak dit ‘n orkaan. Elke gebeurtenis of aksie is nooit op sy eie nie, maar, al is dit ook hoe gering, veroorsaak dit ‘n reeks gebeurtenisse wat uiteindelik ’n geweldige gevolg of gevolge kan hê.
‘n Meesterskaakspeler sal ‘n reeks oënskynlik-onsinnige skuiwe maak, om sy teenstander uiteindelik in ‘n lokval te lei en hom in skaakmat plaas. Netso is daar ‘n hele reeks skynbaar onverwante gebeure die afgelope jare. Dit sluit die hele Covid-19 pandemie in, die feit dat dit honderde miljoene mense se lewens geraak het, besighede laat bankrot gaan, werksverlies, inkomsteverlies, verlies aan ‘n groot deel van regerings se BBP, desperaatheid en uiteindelik die inenting van miljoene der miljoene mense.
Kort op die hakke hiervan volg die oorlog in Oos-Europa, die dreigemente van kernwapenvergelding, die afsny van die Nordstream 2 gaspyplyn na Europa en die daaropvolgende kragkrisis, wat die olieprys laat styg het en baie mense weerloos in ‘n bitterkoue winter gelaat het. Daarna die ongekende hoeveelheid brande wat nie net miljoene hektaar veld, plantasie en weiding vernietig het nie, maar ook huise, geboue en ander eiendom. Die wêreld steier nog onder die vreemde brande in Hawaï, maar veral op die eiland Maui en Lahaina in Wes-Maui. Een duisend kinders is skielik vermis – waarom hou die media ons nie hieroor ingelig nie?
Op 8 Oktober, presies 50 jaar na die Yom-Kippuroorlog van 1973, val Hamas vir Israel aan. Die Israeli weermag, die mees parate en ingeligte weermag in die moderne wêreld, neem meer as ses ure om te mobiliseer. Weereens sit die gewone mens met ‘n magdom onbeantwoorde vrae. Nie net oor wat die aanloop hiervan is nie, maar wie is uiteindelik verantwoordelik? Daarby sit die wêreld angstig en wag op die verloop hiervan. Gaan Iran, Turkye, Libanon, Sirië, Jordanië en die magtige VSA hierby betrek word en op welke manier en skaal?
In Suid-Afrika vra mense weereens vrae rondom die moord op Dr HF Verwoerd, die ommeswaai van die politieke posisie van Suid-Afrika, die moorde op die Smit-egpaar en Robert Smit se besoek aan Genéve. Die verbintenis met hoëprofiel manne soos Lang-Hendrik van den Berg en ander, die inmenging van die CIA, ook wat betref die Grensoorlog. Waarom het PW Botha ‘n beroerte gehad en het hy werklik? Waarom was daar so ‘n angstigheid om hom te vervang met FW de Klerk? Waarom het die Grensoorlog tot ‘n einde gekom, net toe dit duidelik was dat die SAW die oorhand het? Waarom die “Nag van die Generaals”, waarin 23 top-generaals en ‘n aantal kolonelle afgedank is? Waarom word die Afrikaner Broederbond so duidelik by al hierdie onderduimsheid betrek, en daarby ook hulle grootste werktuig, die NG Kerk?
Waarom is die ANC die volmag gegee om die land te verwoes en daar word nie teen hulle opgetree nie? Is dit bloot ‘n geval van “do not attribute to malice which is adequately explained by stupidity (and greed)”, om Hanlon aan te haal, of is daar iets meer sinister agter die rede? Waarom het die een miljard ondersoek van die Zondo-kommissie nog nie tot gevolg gehad dat iemand in die tronk slaap nie?
Waarom kom daar elke dag meer en meer gevalle van mensehandel en veral kinderontvoerings voor? Wat het werklik by die Lady R in die nag gebeur? Hoekom is die SANW se spesmagte hierby betrokke en ook veral die ontvoering van sakemanne? Is Suid-Afrika belangrik vir eksterne magte bloot oor sy minerale, of gaan dit oor iets baie meer eenvoudig, soos die seeroete rondom die Kaap van Storms?
En dan die “jackpot’-vraag: Hoe pas al hierdie dinge inmekaar?
*
Maya Pentz sou baie mooi gewees het as dit nie vir haar sterk, prominente kakebeen en manlike ken was nie. Dis asof haar onderkaak uit ‘n jong Arnold Schwarzenegger geneem is en aan haar mooi gesig gesit is. Sy het groot, donkerblou oë, ‘n perfekte voorkop, reguit, fyn neus en vol, maar nie dik nie, lippe met ‘n volmaakte Kupido-boog bolip. Kort, maar dik, natuurlike, rooibruin hare, wat sy meer as net gewoonlik onder die Spesmagte beret verberg. Selfs die ure wat sy per dag in die gimnasium deurbring, verpligtend en vrywillig, versteek nie haar vroulike figuur nie. Sy het ‘n treffende voorkoms, maar sy is nie mooi nie – die prominenente onderkaak bederf dìt wat haar beeldskoon sou maak.
Wat haar egter identifiseer is dat sy ‘n “natural” met ‘n geweer is. Sy het sonder een grootgeword, met ‘n pa en ma wat ‘n intense afkeur in vuurwapens gehad het en geen broer of neef wat vir haar kon leer om te skiet nie, selfs sou sy graag wou.
Die feit dat sy by die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag aangesluit het, was meer as toevallig. Haar Hyundai Q10, ‘n agtiende verjaardaggeskenk van haar oupa, het ‘n gebarste agterband gekry nie ver vanaf die Leër Hoofkwartier in Pretoria nie, en twee jong luitenante, op pad daarheen, het haar gehelp wiele ruil. Die gesprek tydens hierdie operasie het haar gedagtes geprikkel en, ten spyte van haar pa en ma se teensinnigheid, het sy aangesluit, besef sy voel tuis daar en het vanaf infanterie-opleiding gaan valskerm spring, en uiteindelik as Spesmagte lid gekwalifiseer – iets wat ‘n paar jaar gelede nog onmoontlik vir ‘n vrou sou wees.
Die langgewere was inderdaad haar beste talent. Aanvanklik het sy, soos al die ander soldate, met ‘n R4 gekwalifiseer, later met ‘n R1 (die weermag het nog daarvan), en nog later met die meer gespesialiseerde wapens, soos Truvelo se skerpskuttersgewere. Haar gunsteling is egter ‘n Steyr SSG (Scharfschutzengewehr) 69 (die jaar wat dit bekend gestel is) met ‘n Oostenrykse teleskoop en in 7,62X51 NATO kaliber. Hierdie geweer was die ander Westerse skerpskuttersgewere ver vooruit, met ‘n polimeer-kolf, ‘n hamergeslaande loop en ‘n kort, sestig grade aksie, wat opvolg skote baie vinnig maak.
Dis met hierdie geweer waarmee sy Luitenand-Kolonel Mathipa op vier honderd sewe en veertig meter, twee skote in die kop kon skiet, deur ‘n kar se windskerm, teen tagtig kilometer per uur.
Om die speurders op ‘n dwaalspoor te bring, het sy twee 7,62X54R doppe – die ammunisie wat die Dragunov SVD gewere gebruik – neergegooi. Die een is deur die polisie self gevind (al het hulle nie so in die media berig nie) en die ander een het Skeer gevind