Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Die Here het dit so beskik dat ons sy Woord het, daardie Handboek waarin nie net alles opgeteken is wat ons nodig het vir ons saligheid nie, maar ook elke enkele reël wat ons nodig het om hier op aarde 'n 'suksesvolle' lewe te lei – of ons nou 'n sake-onderneming wil begin, of ons kinders reg wil opvoed, of enige ander saak, ALLE VOORSKRIFTE is in sy Woord beskikbaar.
BROKKIES UIT DIE BOEK KLEINSKEER (24)
geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
(Die storie volg in Afrikaans onder die inligtingstuk)
Eight officers, part of Deputy President Paul Mashatile’s protection detail, appeared in the Randburg Magistrate’s Court. Eight SAPS VIP Protection officers who were attached to Deputy President Paul Mashatile’s security detail will spend Christmas with their loved ones despite facing serious charges including assault and pointing a firearm at someone.
The disgraced officers were recorded assaulting a driver and passengers on the N1 near Fourways in July. They were suspended by their employer amid revelations that they had been charged with several counts of assault, causing malicious damage to property and unlawfully pointing a firearm at someone. They were granted R10 000 bail in August.
“In our statistics as NPA, we record matters against government officials as a whole. Most of the matters against government officials will be that of corruption.
“We can confirm that matters against police officials are on the increase,” said Mjonondwane.
-The Star
*
Kaptein Paul Nkosi het as kind die eskapades en avonture van “Airwolf” verslind. Hy het hom elke week ingelewe in die swart helikopter se vlieënier, die heldedade en die half ondenkbare wat die man met sy helikopter kon uitrig. Hy het na skool by die SAPD aangesluit, met die uitsluitlike doel om te vlieg.
Na baie opleiding en vele toetse (waarvan hy elkeen moes herhaal), is hy uiteindelik aangestel as die amptelike vlieënier van ‘n Bell Jetranger (anders as die regte Bell 222 van die reeks). Hy het ‘n Jan-Michael Vincent-tipe dromerige uitdrukking in sy oë probeer ontwikkel, maar die hare was ‘n probleem. Dit maak nie saak hoeveel haarversagmiddel, reguitmakers en bleikmiddel hy probeer het nie (die verskillende chemiese middels het soms teenmekaar gewerk), sy hare wou maar net nie saamspeel nie. Uiteindelik het hy sy toevlug geneem tot ‘n bofbalpet en natuurlik, waneer hy vlieg, die helm. Die Ray-Ban weerkaatsende sonbril was egter eg.
Vanoggend jaag hulle die stofwolk van die ligbruin Mahindra dubbelkajuitbakkie, waar dit op die grondpad naby Merweville teen bekwame snelheid ry. Die selfoon het iewers in ‘n hoekie gaan lê en die battery is naby aan pap wees, maar steeds kan dit opgespoor word en die naaste selfoontoring daaraan is nie meer as ses kilometer na die Noord-Weste toe nie.
Die elektroniese ingenieur, met sy apparaat agter in die Bell, praat opgewonde deur die mikrofoon met Paul. Die voertuig wat hulle probeer opspoor is aan die voorkant van die stofwolk skuins onderkant hulle.
Iemand anders sou dalk net op die bakkie se spoor bly en wag vir bystand, maar nie Airwolf Paul Nkosi nie. Hy druk die neus van die helikopter af, en met bloot ‘n paar meter spaar bokant die bakkie, vlieg dit letterlik verby die Mahindra, waar dit drie honderd meter verder om sy eie aksis draai en dreigend neus eerste vir die bakkie wag, hangende in sy eie stofwolk. Hy skakel die radio af – hy het nie nodig dat iemand vir hom bevele gee nie.
Langs Paul, aan die regterkant, hang ‘n taakmag polisielid uit en skiet ‘n sarsie waarskuwingskote voor die aankomende bakkie, in die pad vas. Miskien het hy nie daarop gereken nie, of het hy nie verstaan van opskramkoeëls nie, maar vier van die vol-outomatiese sarsie nege millimeters, tref die bakkie; twee net aan die voorkant van die enjinkap, een aan die agterkant daarvan en nog een deur die windskerm, tussen Boelie en Eckardt Molendorf verby.
Net soos Paul Nkosi verwag het, skuur die bakkie tot stilstand, so skielik, dat dit effens skuins tot stilstand kom. Wat hy nie verwag het nie, is dat die twee manne met jaggewere uitspring en op die helikopter begin skiet. Paul trek aan die collective om die vliegmasjien buite gevaar te bring, maar dis te laat. Boelie se eerste skoot tref die taakmaglid skrams teen die voorarm en skouer. Hy laat val die MP5 waarmee hy geskiet het, en tuimel uit die helikopter. Eckardt se skoot is deur die voorvenster en tref vir Paul in die maag. Onwillekeurig druk hy die neus vorentoe en af en die tuig slaan die grond met rotors wat steeds maal.
Die twee jagters spring terug in die Mahindra, skakel vierwieldryf aan en jaag langs die pad by die brandende helikopter verby. As hulle drie honderd meter verby die ding is, sien Boelie hoe dit in vlamme uitslaan en sekondes later ontplof, as die brandstof kritiese massa bereik.
Aangesien die radio afgeskakel is en die opsporingseenheid daarmee saam, neem dit die SAPD meer as ‘n uur voordat iemand die brand aanmeld. Aangesien hulle aanvaar het dis ‘n boer se plaas wat brand, is hulle nie hoogs gemotiveer om dit aan te meld nie.
*
Na ‘n vinnige maaltyd by die Wimpy en die brandstoftenks weer volgepomp, ry hulle vanaf Vryburg oor Northam, Thabazimbi, Lephalale (Ellisras), Beauty, Alldays – die pad is uiters sleg – en daarna links na Waterpoort. By Wileyspoort regs vir ‘n aantal kilometer en naby die Rhodes inmaakfabriek oor die berg, tot hulle by die Witvlagaansluitingspad kom. Hier loop die pad na Sterkstroom, deur die heining naby Roodewal. Net na agtuur die aand hou hulle by Arno van Deventer se huis stil. Ezra het die laaste uur van die rit gesit en slaap.
Skeer besef skielik dat hy tot die dood toe moeg is. Die voertuig se enjin en ratkas is puik, die kragstuur net reg gelaai om bestuur te vergemaklik, maar die aanhoudende gefluit van die groot, knobbelrige bande, die ewige gesuis van wind by die seil en elke oop gleufie en spasietjie maak dat dit ‘n mens op die langduur totaal en al uitput en hulle was meer as dertig ure aan die ry. Hy het ook nie, soos Rob en Bert, kon bestuurders ruil nie. Sy oë is seer van uitputting en sy bene, wat maar nie gemaklik kan raak in die bekrompe kajuit van die Land Rover nie, is vol krampe as hy uiteindelik uitklim. Hy dra vir Ezra die huis binne, groet vir Arno en sy vrou, Bessie.
“Kan julle hom net vir die aand hier hou? Ek en die ander gaan by my eie huis slaap.”
“Naand Skeer. Ja, natuurlik, maar ek sou aanbeveel dat julle nie na huis toe gaan nie.”
“Waarom nie?”
“Want jou huis word dopgehou, dis waarom.”
“Deur wie? Waarom?”
“As ek moet raai, sou ek sê as gevolg van wat julle ookal daar anderkant aangevang het.”
Skeer staan ‘n minuut lank stil. Hy besef die implikasies van wat Arno sê. Al het hulle hulle spore mooi probeer doodvee, met die selfoon en die opsporingstoestel, weet iemand genoeg om sy huis te wil dophou en daardie iemand hou baie gevaar in.
“Ek dink dis dan miskien nie so ‘n goeie plan om hier te bly nie. Daar is baie mense wat weet dat ons vriende is en hulle sal sekerlik hier ook ‘n oog gooi.”
“Dit is so. Ek gee nie vir myself om nie, maar Bessie is ook hier en ek wil haar nie in gevaar stel nie. Ek sou voorstel dat julle na my houthuis by Entabeni toe gaan en daar gaan laaglê vir ‘n paar dae. Ek sal julle daar kom kry. Ek wil weet wat julle weet – of dink – en dan kan ons besluit in hoeveel gevaar julle is. Dit gesê, ek dink dit sal in die haak wees as Bert en die twee kindertjies hier bly. Ek kan nie dink iemand weet van hulle nie.”
“En hulle weet nie van jou hut nie?”
“Nee. Dis nie op my naam nie en ek het dit self ‘n paar jaar gelede gebou, toe ek op langverlof by die universiteit was. Daar is nie Eskomkrag nie, maar water word deur ‘n pyp gevoer vanaf ‘n fontein. Daar is ses sonkragpanele en batterye, met ‘n omskakelaar. Daar is ook nie selfoon of internetsein nie, maar as julle na die spitskoppie Noord-Oos gaan, sal julle daar opvangs kry. Dis moeilik om daar te kom en julle sal beslis wierwieldryf nodig hê. Ek weet nie hoe goed daardie Volksie is in die veld nie, maar julle moet maar kyk.”
“Bert? Julle gaan dit net vir ons moeilik maak as julle saamgaan. Wil julle hier bly?”
“Wat van Kleinskeer – Ezra?”
“Nee, hy is al deur soveel dinge en ek dink hy sal nie ‘n oorlas wees nie. Dis nou nie dat julle…”
“Nee, ek neem nie aanstoot nie. As Arno en Bessie ons kan akkommodeer, dan dink ek ook dis beter.”
“Is die deurnagwinkel nog oop in die dorp? Ons sal kosvoorraad moet kry?”
“Sover ek weet ja.”
Arno begin ongemaklik lyk en Skeer aanvaar dis omdat hy bang is hulle word hier opgemerk. Skeer en die ander begin aanstaltes maak om te loop. Dan onthou hy iets.
“Arno, daardie punt twee-twee Hornet. Het jy hom nog?”
“Ek het. Dis ‘n graslêertjie, so ek sal hom gou gaan kry. Hy is nie in die kluis nie.”
Ezra slaap steeds as Skeer hom weer vasmaak in die passasiersitplek van die Land Rover. Hulle ry na die winkel, waar hulle genoeg kosvoorraad kry om ‘n maand te hou. Dis baie duur, want die eienaar besef mense sal deur hulle nekke betaal vir iets wat hulle laatnag net by hom kan kry, maar Skeer en Rob betaal met kontant. By die vulstasie oorkant maak hulle die karre se tenks vol en ry dan ‘n ent terug soos hulle gekom het, uit by die plantasiehek en dan berg-op in die rigting van die bosbou plantasie.