Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Vir talle mense is SIEN wel GLO; tog glo almal wat sien NIE, want slegs diegene wat bereid is om hulle harte te verander sal glo wat hulle sien. So sal groot getalle siele verlore gaan ten spyte daarvan dat hulle God se wonderwerke aanskou het.
BROKKIES UIT DIE BOEK KLEINSKEER (25)
geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
(Die storie volg in Afrikaans onder die inligtingstuk)
Die demokratiese Suid-Afrika kan dit nie bekostig om ’n weermag te hê wat soos ’n Gestapo-mag van ouds burgers “straffeloos vermoor en ontvoer nie,” sê die DA.
*
It’s a good thing that Ricardo Hausmann, the eminent economics professor and head of Harvard University’s Growth Lab, said what he said last week: South Africa will stay doggedly on the road to collapse unless it scraps the ANC’s cadre deployment and dumps BEE as we’ve practised it.
He was not saying anything new. Every South African knows that the collapse of Transnet, Eskom, SAA, our municipalities, and so much else, is because of these twin troubles. Just say “Jacob Zuma and Dudu Myeni at SAA” and you’ve told the whole story...
*
In umpteenth promise, 'shocked' Ramaphosa punts turnaround amid Stage 6 load shedding, Transnet crises.
*
AfriForum eis dié minister se afdanking nadat Cele se ongeskiktheid vir hierdie pos verder bevestig is. Dit volg nadat hy vandeesweek aangekondig het dat meer as 7 000 polisiebeamptes oor die afgelope vyf jaar in hegtenis geneem is vir misdade wat moord, ontvoering, verkragting en transitorooftogte insluit.
*
SKOKKEND. Drie vroulike veiligheidswagte is verkrag toe daar Maandag by die kantoor van die KwaZulu-Natalse vervoerdepartement in Durban ingebreek is.
*
Indien ‘n mens ‘n klomp oudsoldate bymekaar kan kry, oud en jonk, middeljarig en bejaard, gesond of sieklik, met of sonder werkende ledemate, en jy vir hulle sou vra of hulle weer oorlog wil hê, sal hulle almal, miskien met enkele uitsonderings, sê nooit weer nie. Probeer alles, maar moenie weer oorlog maak nie.
Indien jy ook ‘n scenario skets waar hulle familie, vriende, kennisse en ander dierbares se lewens daarvan afhang, sou hulle weereens, met enkele uitsonderings na, sê hulle is reg om te veg.
Indien jy sou gaan kyk, sal hulle elkeen wettig of onwettig, een of meer vuurwapens hê en hulle sal weet hoe om dit te gebruik.
Ten spyte daarvan dat die regering alles probeer om die mense van Suid-Afrika te polariseer, is almal, wit en swart huiwerig om totaal en al gehoor te gee daaraan. En teen die kante wag die ander minderhede met ingehoue asems om te sien wat gebeur.
Elke mens het ‘n gemaksone, waar hulle in ‘n mindere of meerdere mate veilig en geborge voel, hetsy wanneer hy of sy haar duur multi-verdieping huis, binne ‘n veiligheidskompleks, agter die stuur van ‘n ewe luukse motor verlaat en of dit met verslonsde skoene is op pad na die winkel met ‘n paar munte in die sak of hand. Vanaand kan ‘n dubbele houtdeur met ‘n stewige veiligheidshek toegetrek word en die inwoner sien die gloed van die veiligheidswag by die hek, of hy maak ‘n stuk sinkplaat of laaghout pas oor die opening van sy sink kaya en stut dit met ‘n houtplank, gaan lê met ‘n stuk yster of ‘n goedkoop mes in die hand en wag vir enige onvriendelike geluid, maar albei is in ‘n plek waaruit hulle nie wil vertrek na ‘n onbekende situasie nie.
Miskien nog ‘n dag, ‘n week, ‘n maand … tot die volgende verkiesing of opstand. ‘n Vol maag, hetsy van ongesoute pap en ‘n snerfie hoender of opgekookte bees, of een wat oorvol is van luukshede waarvan die oorskiet in die asblik gekrap word, niemand is heeltemal seker van sy volgende maaltyd nie. Die een sal die lugreëling of verwarmer aanskakel om die ongemak van die nagluggie weg te hou en die ander sal komberse ophoop of afhaal, maar beide sal wag vir wat die nuwe dag bring.
Cornelius sal op sy opleiding, opgegaarde geld en besittings staatmaak om hom van die ergste gebeure te beskerm en Klaas sal op sy beurt slaan, skop, kap of weghardloop as dit gebeur.
Almal is ontevrede. Of dit nou is oor die slaggate wat die Mercedes se bande verniel, of die feit dat daar nie ‘n kraan binne gemaklike loopafstand is nie. Die prys van ‘n bruinbrood, ‘n kilogram mieliemeel of die onredelike prys van ‘n nuwe Land Cruiser VX300. Die mense wat ‘n eie huis belowe is, is ontevrede, want daar is niks. Die ander is ongelukkig, want die munisipale dienste laat veel te wense oor.
Die blankes wat in dieselfde huis moet bly wat hulle oupa destyds by die spoor gekoop het, is ongelukkig, want hulle kon nie ‘n nuwer huis bekostig nie. Die swartman wat sy drieverdiepinghuis op skuldbult gebou het, is ongelukkig omdat die tenders opgedroog het en hy nie hierdie jaar oorsee kan gaan vakansie hou nie en hy kan nie vir sy vrou hierdie jaar ‘n Lexus koop nie.
Niemand is gelukkig nie, maar niemand is bereid om te sê hy het nou genoeg gehad nie en dié wat dit wel sê, skreeu dit magteloos teen die ongevoelige omstandighede uit.
Die blanke is ongelukkig oor die feit dat so baie ongelisensieerde en onwettige wapens in die hande van rowers en ander swartmense is. Hulle is woedend vir die manier waarop die taxi’s hulle gedra en die nie-blanke noveau riche hulle nie steur aan verkeersligte en stopstrate nie. Hulle beskou elke ambulante donker mens as ‘n potensiële rower en dief, as iemand wat altyd met agterdog bejeen moet word.
En die swartmense sê dit nie hardop nie, maar hulle is bang vir die dag as die witmense hulle ou .303’s of Mausers skoonmaak en laai.
*
Drie sticks van tien man elk is op verskillende plekke afgelaai. Die inligtingsdiens van die weermag weet nie presies waar Skeer en sy mense hulle bevind nie, maar alle aanduidings is dat dit nie té ver vanaf sy huis sal wees nie. Die bevelvoerder het ‘n sirkel getrek, rofweg sowat tien kilometer in deursnit, waar hulle glo die beste plek sou wees om te begin soek. Natuurlik is tyd nie aan hulle kant nie, nie met die algemene verkiesing wat maar slegs ses na agt maande in die toekoms lê nie.
Natuurlik is daar moderne maniere om meer inligting te bekom, soos hommeltuie (UAV’s of Unmanned Aerial Vehicles), maar ten spyte van die gevorderdheid van buitelandse items, is dié wat deur die SANW gebruik word, verouderd en nie veel werd nie. Hulle kan ook nie op inligting vanuit die plattelandse gemeenskappe staatmaak nie, aangesien die mense mettertyd hulle respek vir uniformmagte verloor het, weens veral die korrupsie in die polisie. Die uiteinde is dat hulle verkenners moet instuur om die “vyand” te gaan opspoor en, indien moontlik, uit te wis.
Maya is nie deel van enige van hierdie drie groepe nie. Sy is maar te bewus van die swak dissipline, selfs onder hierdie elite groepe van die weermag, en weet dat een of meer van hulle onvermydelik verveeld sal raak en hulle posisie sal weggee. Sy kan dit nie bekostig nie. Daarby weet sy daar is sekere manne, al is hulle uiters streng opgelei en gekeur, al moet hulle op hulle doelwit gefokus wees, wat maar nie ‘n vrou kan weerstaan nie en hier, ver van die basis af, in die berge, waar niemand kan sien of aan gerapporteer kan word nie, is sy as vrou kwesbaar, ook teen haar eie eenheid se manne.
Op haar eie, met haar geslypte waarnemingsvermoë, bekwaamheid nie net as skut nie, maar ook as ‘n vrou wat weet hoe om skuilplek, kamoeflering en dus onopsigbaarheid te gebruik, sal sy eerder alleen wees, alleen beweeg, minder geraas maak en gefokus wees op haar missie.
Maya is ‘n baie intelligente vrou, en sy weet wat die gevaar daaraan verbonde is as hierdie mense tevoorskyn kom met inligting wat nie net aan die eenheid skade kan doen nie, maaraan die hele weermag en die regering ook. Haar toekoms is immers inmekaar geweef met die welstand van al hierdie instellings. Tog knaag daar iets diep in haar binneste. Sy weet maar te goed dat die weermag werk met die “need to know” beginsel en sy weet net genoeg om te besef dat hierdie manne gevaar inhou vir haar persoonlik, maar ook vir die “demokrasie”. Onwillekeurig wonder sy wat is nié vir haar gesê nie.
*
“Ek bewe te veel.”
“Dis ‘n goeie ding.”
“Hoekom, oom Skeer? As ek so bewe, sal ek niks raakskiet nie.”
“Want as jy bewe, beteken dit jy lewe. Net dooie mense bewe niks.”
Klein Ezra lê weer aan. Die ou Winchester .22 Hornet se kolf is té lank vir hom en hy hou die laaste 75 millimeter daarvan onder sy regterarm deur. Skeermes Hugo het dit al oorweeg om daardie gedeelte van die kolf af te saag, maar soos Ezra nou groei sal dit nie baie maande wees nie, dan kan hy dit in die holte van sy skouer hou.
Die seuntjie hou sy asem in, soos Skeer hom geleer het, probeer die swaaiende loop onder beheer bring en net as hy die skoot afknyp, maak hy sy oë toe en trek hard aan die sneller. Dit is sommer ver mis. Skeer hou sy natuurlike ongeduld in toom en praat egalig.
“Nee, jy was bang vir die geweer. Dis nie nodig nie, hy lawaai mos nie baie nie en skop niks nie. Hy kan jou nie seermaak nie. Kom, ek help jou.”
Skeer trek die geweertjie se slot effens terug sodat die slagpen teen die veer staan, vat Ezra se regterhandjie en hou dit teen die kolf se handgreep.
“Maak jou hand stadig toe, asof jy dit net effens stywer wil vashou.”
Na die derde poging kry Ezra dit reg. Hy druk nou die sneller egalig en dit veroorsaak nie dat die wapen van teiken af gepluk word nie.
“Nou goed, kom ons probeer die teiken weer.”
Hy laai die klein rondte in magasyntjie, laat Ezra self die slot oop en agteruit trek en toemaak. Die seun haal weer diep asem en terwyl hy dit uitblaas, druk hy die sneller egalig. Die klap van die skoot volg en die karton-teiken aan die ander kant van hulle impromptu skietbaan, kry ‘n gaatjie in, so skuins na onder en regs.
“Ek het hom, Oom! Gaan hy vrek?”
“Ons praat nie so, nie, Ezra!”
“Jammer Oom, maar dis wat daardie vieslike ding vir my pa gesê het, net voor hy hom met die mes gekap het.”
“Ek weet, maar ons praat nie so nie, ons is beter mense.”
Die volgende skote is nog nie op teiken nie, maar kom al nader. Dit neem ‘n volle vyf en veertig skote, voordat Ezra die kol met drie skote uit vyf kan raakskiet.
“Dis genoeg vir vandag. Ons kan môre weer probeer.”
“Maar dit was goed, nê, oom Skeer?”
Skeer krap die knapie se hare goediglik deurmekaar.
“Ja, jy is ‘n natural.”
“Wat is dit?”
“Dit beteken jy kan goed skiet.”