INGRENDELING ‘N MOORDWAPEN

Deesdae begin ons amper vergeet van die ellendige Covid-19-sage en gemors waarin regerings hulle lande ekonomies laat beland het. Dit is hoofsaaklik te wyte aan die feit dat ons nie meer tot ons huise ingeperk is nie maar vryelik kan beweeg. Maar ons moet nie dink dit kan nie weer gebeur nie. En hopelik sal daar volgende keer ‘n baie groot protes daarteen opgaan sodat ons nie weer ons gesondheid en ons ekonomie oor die afgrond stuur nie. Met die kennis wat tydens die krisistyd opgedoen is, kan die wêreld nou met reg in opstand kom teen enige poging van inperking. Nie net het dit ons ekonomies geruïneer nie maar is dit ook die grootste oorsaak van dood wêreldwyd. Soos ons oumas hulle kinders na ‘n kindjie wat met pampoentjies of masels gediagnoseer is, gebring het om aan te steek en dan immuun daarteen te wees, so moes ons met die Covid-19-virus gehandel het. Dit is nou wetenskaplik bewys dat daar nie naastenby soveel sterfgevalle sou wees nie.

Wanneer ‘n hele bevolking aan ‘n nuwe virus blootgestel word, ontwikkel daar uiteindelik genoeg natuurlike immuniteit wat die virus die hoof kan bied. In die begin van die Covid-19-blootstelling het kenners beweer dat minstens 70% van die wêreldbevolking nie natuurlike immuniteit teen die virus het nie (mens wonder hoe hulle hierdie aanname kon maak!) Nou, maande later, vertel dieselfde slimmanne ‘n ander storie, dat daardie persentasie nou tot so laag as 10% kan wees. Dit beteken dat die “herd immunity threshold” (HIT) of dan die natuurlike groepsimmuniteitvlak tot sowat 90% mense in die wêreld kon beskerm teen die virus. Ter wille van duidelikheid sal ons in hierdie artikel verwys na die HIT.

Die aanvanklike siening was dat alle mense dieselfde weerstand teen virusse het. Nadat werklike gevalle bestudeer is kon die doemprofete nie langer wilde skote skiet nie en word daar nou erken dat dit beter sou wees indien mense reg in die begin van die virus se ontstaan aan mekaar blootgestel was soos Swede dan ook gedoen het, en daar by hulle nou nie meer sprake van ‘n epidemie is nie.

Volgens The New York Times is daar nou dosyne wetenskaplikes wat die konserwatiewe mening huldig dat die getal persone sonder natuurlike weerstand baie laer as 50% moet wees as gevolg van blootstelling wat meebring dat die virus baie vinniger in sy spore gestop kan word selfs sonder ‘n entstof.

Alhoewel natuurlike immuniteit van baie faktore afhang soos gene, ouderdom, gesondheidstoestand, geografie en andere, het die algehele HIT geweldig vinnig begin sak en is dit volgens sekere kenners nou tussen 10% en 20%. Navorsers van Oxford, Virginia Tech en die Liverpool Skool vir Tropiese Medisyne, meen dat die HIT in sekere dele van Amerika nou selfs onder 10% is. In Swede het navorsers die vlak nou op 17% bepaal. Nog gerespekteerde wetenskaplikes in die VSA en in Engeland se navorsing word deur dr Andrew Bostom van die Brown Universiteit so beskryf:

“ Betroubare wetenskaplikes van die VSA en Engeland het die situasie so saamgevat: ‘Natuurlike immuniteit teen SARS-CoV-2 het die HIT tot tussen10% en 20% verlaag. Dit sal mense nou baie meer baat om op hierdie wyse weerstand teen die virus te bied as om met ‘n sinnelose massa-inentingsproses te begin. Die strategie is suksesvol in Malmo, Swede, geïmplimenteer waar daar min sterftes as gevolg van die virus was terwyl bejaardes wel beskerm is maar die skole oopgebly, kafees en kroeë , haarkappers en gimnasiums almal deurentyd gefunksioneer het.’ “

Navorsing het ook getoon dat waar mense aan ‘n groot verskeidenheid siekte blootgestel word, hulle ‘n sterk immuniteit daarteen ontwikkel. So is vasgestel dat inwoners van die armmoedige woonbuurtes in Mumbai 40% meer teenliggaampies teen Covid-19 het as die res van die stadsmense.

Dr Gilbert Berdine, ‘n professor in medisyne aan die Texas Tech Universiteit, meen nou dat inperking soos die meeste lande toegepas het, die grootste oorsaak van sterftes was. Hy voel sterk daaroor dat skole en die hele ekonomie oopgestel moes wees sodat natuurlike groepsimmuniteit kon ontwikkel. Dit is wel so dat blootstelling reg in die begin die sterftesyfer kon opjaag maar dat immuniteit vinnig sou ontwikkel soos dit met elke griepvirus gewoonlik die geval is. Hy glo dat die geskiedenis die ingrendeling sal veroordeel as die grootste fout van hierdie generasie. (Ons korrigeer hom graag: die grootste fout van regerings!) Berdine beveel aan dat individue in die toekoms self moet besluit hoe hulle so ‘n situasie wil hanteer en uit hulle eie foute sal leer.

Hopelik sal regerings in die toekoms nie so aan Bill Gates en Kie se lippe hang en hulle sakke so groot oopmaak vir die miljarde rande omkoopgeld nie – ‘n mens mag droom!