COVID-ENTSTOF ÍS VAN DIE DUIWEL!

Dit gebeur maar min dat ‘n mens met enige iemand of enige aspek van die ANC-regering kan saamstem. Hierdie keer wil dit lyk of “Chief Justice” Mogoeng ‘n Geloftelandleser is... want daar is maar min ander bronne wat die gevare van die voorgenome entstof teen Covid-19 uitgewys het.

Mogoeng het die afgelope week gebede tot sy god gerig dat alle entstof wat van die duiwel is, met vuur verbrand moet word. Sy pleidooie voor ‘n gehoor was so oordrewe toneelspel dat dit mens aan sommige Amerikaanse evangeliste laat dink het. Maar wat sou die man besiel het om so ‘n standpunt in te neem? Sou hy dalk werklik ingelig wees oor wat alles in die entstof opgeneem is?

Die media het juis hierdie week weer ‘n onderhoud gevoer met een van die groot Amerikaanse navorsers wat al baie jare entstowwe teen virusse ontwikkel. Die onderhoudvoerder het direkte vrae gevra en die man het direk “ja”op elke vraag geantwoord waaronder: “Is daar fetusdele in die entstof?; Is daar harte van gesonde fetusse gebruik?; Is daar longe van fetusse gebruik? Is daar breindele van fetusse gebruik?” ens. En die wetenskaplike het ook direk “ja”geantwoord op die vraag of daar net van gesonde fetusse gebruik gemaak word.

Gesonde babas word gemiddeld teen 3 000 000 000 per jaar in Amerika geaborteer. Die verskriklike moordsyfer laat mens stom maar verskaf natuurlik meer as genoeg “stof” vir al die verskeie verpligte inentings in die VSA.   In hierdie kort artikel wil ons nie uitbrei oor al die genetiese manipulasie wat deur middel van die entstof moontlik is en die verskriklike skade wat dit aan die mensdom gaan doen nie. Ons bly by Mogoeng se standpunt dat die entstof van die duiwel is, en hy is heeltemal reg hieroor. As enigiemand wil verskil van die feit dat aborsies op gesonde ongebore babas nié van Satan is nie, staan asb eenkant toe. As kinders van die Here weet ons dat dit moord is, en nou word hierdie vermoorde fetusse in entstowwe verwerk en in ons liggame ingespuit. Maak dit ons nie deel van Satan se werk nie? As u dit nie geweet het nie is dit ‘n saak tussen u en God. Maar indien u betyds geweet het en dit steeds toelaat, dan is u aandadig aan die moorde op miljoene en miljoene babas.

“Chief Justice”Mogoeng mag wees wie hy wil, maar hierdie keer het hy die waarheid beet as hy voel dat die entstof van die duiwel is.

Kom ons bid tot die ware God van hemel en aarde dat die duiwel nie sy sin in Suid-Afrika sal kry deur inenting van gelowiges nie. Laat ons pleit dat ons gespaar sal bly van gedwonge inenting en so saamwerk in Satan se plan om die mensdom na hom oor te win. Mag God ons help!