... Bill Gates wil die wêreld op sintetiese gifkos plaas
Sedert Gates heel voor stap in die vervaardiging van plante om sintetiese vleis te vervaardig, bedryf Gates ook 'n maatskappy wat swamme gebruik om wors en jogurt te maak, wat dié miljardêr “redelik verstommend” noem. Die mikrobe of te wel swamme, is aanvanklik in die grond in 'n geiser in Yellowstone National ontdek. Dit kan sonder grond of kunsmis gekweek word om ‘n voedingsproteïen te produseer, wat dan in verskillende voedselsoorte met 'n klein koolstofvoetspoor verander kan word na ‘n “aanvaarbare vleisproteïn.''
Gates sê in sy boek: How to Avoid a Climate Disaster: The Solutions We Have and the Breakthroughs We Need, dat “Die idee is dat deur vee uit te skakel, ons die uitstoot van metaan, 'n kweekhuisgas, sal verminder.” Gates stel nie voor dat die VSA die vleisverbruik met 'n bietjie verminder nie. Hy wil hê dat Amerikaners en ALLE ander Westerse lande volledig moet oorskakel na 'n dieet van 100% sintetiese beesvleis.
Inderdaad, Gates wil hê dat welgestelde Westerse lande geheel en al oorskakel na sintetiese beesvleis wat in sy laboratoriums gekweek word met watse gifstowwe ookal daarin is, soos sy sogenaamde Covid-entstowwe wat binne 3 jaar talle lewens sal eis, en hy veg tans teen wetgewende pogings om hom te keer om te verseker dat sy kunsmatige vleis goedgekeur sal word.
Met sy grondbesit is Gates duidelik in 'n monopolistiese posisie om landbou en voedselproduksie in watter rigting hy ook al wil te dryf – Bill Gates het landbougrond in 18 Amerikaanse state deur verskillende filiaalmaatskappye opgekoop. In totaal besit hy nou ongeveer 242,000 hektaar landbougrond en dit is nie waar dit eindig nie; hy beur voort om alles waarop hy sy kloue kan lê aan te skaf, natuurlik onregmatig meeste van die tyd. En Gates se filantro-kapitalistiese pogings is nog veel meer kommerwekkend – dit is die beheer van wêreldwye voedselvoorrade deur 'n magsbehepte grootmens met 'n Napoleon-kompleks.
In ‘n artikel in The Defender word Gates se "langtermyn-strategie van beheer oor landbou en voedselproduksie wêreldwyd" uiteengesit, en het dit begin met sy steun aan GMO's in 1994. Sedertdien is Gates se "filantropiese" benadering tot honger en voedselproduksie gevorm rondom sy tegnologie-, chemiese-, farmaseutiese- en oliebedryfvennote, om sodoende te verseker dat hy skatryk word vir elke sogenaamde mislukte reddingsonderneming wat hy aanvoer. So koop hy kilometers hektare goeie landbougrond op en plaas die boer gewetenloos uit produksie.
“Soos met Gates se Afrika-entstofonderneming, was daar geen interne evaluering of openbare aanspreeklikheid nie”, skryf The Defender.
Daar is ook ‘n ondersoek geloods met ‘n verslag uitgereik oor Gates en sy kartel-aksies van die afgelope 14 jaar op navorsing genaamd 2020 False Promises: The Alliance for a Green Revolution in Africa (AGRA).
Met dié ondersoek is daar tot die gevolgtrekking gekom dat die aantal ‘Afrikane’ wat hongerly, met 30 persent toegeneem het in die lande wat Gates geteiken het. Landelike armoede het glo dramaties vererger .
Volgens die navorsing van Gates het die landelike bevolking van Afrika, slawe op hul eie grond geword as gevolg van 'n tirannieke onderdanigheid van hoë-tegnologiese insette, meganisasie, rigiede skedules, moeilike voorwaardes, krediete, subsidies en someer.
Intussen is die enigste entiteite wat by die Gates-program, EAT Forum, baat die internasionale korporatiewe ondernemingsvennote. Gates se beleggingsgeskiedenis dui duidelik daarop dat die klimaatkrisis vir Gates en sy makkers niks meer as 'n alibi is vir indringende sosiale oorname nie. Die grootste inisiatief van die EAT Forum, waarvan die doel is om die voedselstelsel as geheel te transformeer, sal ons binnekort bekend maak. Projekvennote in hierdie onderneming sluit in Bayer, Amazon.com, Jeff Bezos, Cargill, Syngenta, Unilever en Google.
As ons hierdie nagmerrie-skemas in 'n konteks plaas langs die eksperimentele entstowwe wat hy jare lank reeds jaarliks op 161 miljoen Afrika- kinders afdwing, is dit redelik duidelik dat Gates ons almal as sy laboratoriumrotte beskou.