Collette Martin, 'n praktiserende verpleegster wat reeds sewentien jaar in die VSA in hospitale werk, het vroeër hierdie maand tydens 'n Louisiana Health & Welfare-verhoor gepraat oor wat sy tydens die COVID-plandemie in die hospitaalstelsel gesien het.
Collette sê sy en haar kollegas het angswekkende reaksies op die COVID-gifinspuitings gesien, maar hul kommer oor die ‘entstowwe’ word geïgnoreer.
Collete het vertel dat databasisse vir entstofbeseringsverslae soos VAERS so min gebruik word dat die meeste dokters en verpleegkundiges nie eers weet dat dit bestaan nie, wat nog te sê hoe om 'n verslag in te dien.
“Die meerderheid van ons verpleegsters, verpleegbestuurders en sommige dokters weet nie eers wat VAERS is nie. Ek het met ons hoof-medisynebestuurders en ander verpleegkundiges gepraat oor hoekom ons nie aan VAERS rapporteer nie, en die mees algemene reaksie is: ‘Wat is VAERS?’.”
Asof dit nie alreeds erg genoeg was nie, het sy vertel dat nie een van die hospitale enige data rapporteer nie, wat beteken dat selfs al stel iemand ondersoek in, daar geen data sal wees om te ondersoek nie.
“Dit is nie net waar ek werk nie. Ek ken baie verpleegsters, vriende en ander plaaslike hospitale in Suidoos-Louisiana wat dieselfde sê.”
Wat sy oor die potensiële langtermyn-effekte van die inspuitings sê is nie meer skokkend nie, ons almal het al kennis geneem daarvan.
“Ons sien nie net ernstige akute reaksies met hierdie entstof nie, maar ons het geen idee hoe erg die langtermynreaksies gaan wees nie. Kankers, outo-immuun-afwykings, onvrugbaarheid. Ons gaan verstom staan wanneer die dinge ontplooi. Ons offer ons kinders op uit vrees om dalk dood te gaan, siek te word van 'n virus, 'n virus met 'n oorlewingsyfer van 99% terwyl die inspuiting hulle doodmaak!”
Collete sluit af deur te sê dat hierdie newe-effekte van die inspuitings toegesmeer word.
“Ons het nou meer kinders wat aan die COVID-entstof gesterf het as van COVID self. Dit is mal, en ek verstaan nie hoekom meer mense dit nie sien nie. Ek dink hulle doen, maar hulle vrees om uit te praat en, nog erger, om afgedank te word.”
Ja, talle van ons wonder ook waarom nie meer mense dit kan sien nie. Daar is een groot waarskynlikheid, en dit is dat God self sommige se oë sluit met redes wat Hy alleen ken.