16 FEBRUARIE 2024

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

God het sy Seun gestuur om elkeen van ons se sondes op Hom, Jesus, te neem en aan die kruis daarvoor te betaal; en Hy het sy Heilige Gees vir ons hier gelaat om ons te versterk en die evangelie in almal se harte te bewerk. Maar mense met harde harte bied weerstand teen die Gees van God, terwyl geesvervulde harte die langverwagte boodskap met blydskap ontvang. As jy een van dié met 'n verharde hart is, gebruik jou laaste geleenthede om die Gees te ontvang, want ons Messias kom ons weer haal om voor die troon van God te staan – ook jý sal daar moet verantwoording doen!