16 MAART 2021

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ons sien oral om ons hoe mens onder die spreekwoordelike broodlyn leef; vroeƫr jare het ons feitlik nooit 'n blanke bedelaar gesien nie, vandag het elke straathoek een of meer. En ons gee dikwels 'n geldjie of iets anders om hulle te help, maar dink ons ooit aan hulle geestelike broodlyn, daardie groter behoefte wat dikwels nie raakgesien word nie? Gebruik die geleentheid om met hierdie mense oor hulle emosionele en geestelike welstand te praat en u sal verbaas wees hoe groot behoefte hulle daaraan openbaar!